Adriana!
Fokkietoggie! Ek’s bang vir die ene!
Maar ek dink ek is darem so bietjie dapper ook … so here goes … ?!
Enige iets wat jy nog ooit van Dellie wou weet, maar te ordentlik of onordentlik was om te vra, doen dit nou. Speak up! Or forever hold your peace. Jy moet jou vraag / vrae in die kommentaar boksie los en ek moet antwoord – daar, of in ‘n inskrywing as daar baie vrae is. As ek vir een of ander rede nie wil antwoord nie, moet ek ‘n snaakse storie opmaak om te vergoed.
Wel, eintlik klink dit nie so erg nie. So … uhm … go for it, I guess?
Ek gaan net twee mense tag – dapper genoeg om saam te speel ouens?
UPDATE – so ‘n wyle later …
Ek’s so effens chicken – toe sit ek hierdie by …












muffia said,
September 11, 2009 @ 8:55 nm
ek dink ek sien groot akkies kom – lol
Dellie said,
September 11, 2009 @ 9:26 nm
Metti helmet gebore Muff?
Pontius said,
September 11, 2009 @ 8:57 nm
Hi Dellie,
Hoekom die oog ?
Dellie said,
September 11, 2009 @ 9:29 nm
Mmm – die oog is daar omdat ek daarvan hou om mense dop te hou – in die regte lewe, en virtually. Ek leer baie uit mense se lyftaal – of op die interwebs – hulle ’signatures’ in hoe hullle skryf. Baie lekker v my.
Adrie said,
September 11, 2009 @ 10:41 nm
1. Leef jy vir die dag wat jy kan terug trek na Namibie?
2. As jy enige plek oorsee kan gaan, waarheen sal jy gaan?
3. Hoe sien jy jouself as ‘n skoonma?
4. Het jy weer begin rook?
5. Watter huishoudelike take verpes jy?
6. Het jy al ooit in die openbaar gestrip?
7. Wanneer gaan jy vir ‘n ordentlike span soos WP skree?
8. Wou jy al ooit skei? Hoekom?
9. Wat was jou donkerste uur?
10. Wat is jou droom vir jou seun?
Dellie said,
September 11, 2009 @ 11:02 nm
WOW – jy speel nie as jy vrae vra nie né? OK …
1. Nie rerig nie – dit sal nice wees, want ek hou van die land – maar dis nie prioriteit nie.
Dan issit nee
2. Miami
3. Cool – myne het nog nooit ingemeng nie, en ekt geleer by haar – dis hulle lewe, en haar huishouding – ek sal net ‘n gas wees in hulle huis
4. Nee – maar ek vrees vir die naweek wat voorle – kan dalk vergeet dat ek nie meer rook nie.
5. Stryk – ek sal sommer gekreukel rondloop as ek kan
6. Openbaar? Soos in nie by ons eie bar nie?
7. Ordentlik? Jy speel seker! Never! Die enigste span is die BULLE
8. Ja. Omdat ek sekere dinge nie verstaan het nie. Maar ek dink almal wil erens op ‘n stadium. Ek verstaan nou net beter – so ek bly waar ek is
9. ♫ I wanna be a simba chippie ♪
10. My droom vir hom is dat sy drome moet waar word.
boervrou said,
September 12, 2009 @ 10:40 vm
*vee traantjies weg*
demoerin said,
September 14, 2009 @ 7:43 vm
GO BULLS!
En toe verloor die “ordenklike span” teen die Cheetahs!
pluim said,
September 11, 2009 @ 11:25 nm
hoekom spel ek so swak op internet?
Dellie said,
September 11, 2009 @ 11:31 nm
Whahahaha Pluimpie – ek dink dis jou keyboard … myne doen dit ook soms!
pluim said,
September 11, 2009 @ 11:31 nm
hoe voel jy oor egosentriese mense?
sadiste?
narsiste?
boelies
verwarde mense?
Kan jy biltong maak?
Het jy al die con carne probeer op ina paarman se webblad
Dellie said,
September 11, 2009 @ 11:34 nm
Kan ek more antwoord op hierdie? Dis bietjie diep vir die tyd van die nag.
Maar ek sal antwoord, belowe.
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:22 vm
1 – 5. Ek’s nou bly dat ek nie geantwoord het in die middernagterlike ure nie – dit sou dalk bladsye vol gewees het! Maar ek skat die kort antwoord is: ek voel jammer vir hulle
6. Ja
7. Nee, maar ek gaan beslis probeer.
pluim said,
September 12, 2009 @ 2:17 nm
kan ek 6 se resep kry asb?
pluim said,
September 12, 2009 @ 2:18 nm
altyd beter om te dink voor mens antwoord, dan kry mens die “condensed” weergawes… en vir my heelwat minder om te tik
Vlam said,
September 11, 2009 @ 11:36 nm
O nee, poplap, die antwoorde moet ‘n onafhanklike posting wees. Dit gee ons kans om alles op een slag te verteer.
1. Panties or not?
2. Bier of wyn?
3. Hoe voel jy oor die Cheetahs?
4. Het jy enige irriterende gewoontetjies?
5. Skoengrootte?
6. Hoekom le jy so baie innie kroeg en blog nie meer nie?
7. Dink jy nie dis laks om nie meer te blog nie?
8. Mis jy ons nie as jy nie meer blog nie?
9. Lees ooit nog ons ander se blogs?
10. Voel jy nou ‘n bietjie sleg?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 12:24 vm
Nee fokkit – dit sal al klaar ‘n moerse possie moet wees? Ek dink dis makliker om te antwoord inni comments … en joune het darem nie soveel dinkwerk norig soos Pluim s’n nie – so ek antwoord sommer nou (en as enigiemand dalk wonner hoekom die tyd vanni nag – ek kan nie fokken slaap nie OK??? Hier kan ons nog vloek)
1. Not
Ja, ek doen, maar ek weet nie rerig hoekom nie?
2. Bier assit Black Label is
3. Ek bly inni Vrystaat – erens is daar ‘n sagte plekkie, maar dis mos JOU span?
4. Ek blaas my neus elke tien minute – g’n mens sal weet hoekom nie, maar ek vorder nogal deur ‘n hele paar boxe tissues ‘n maand
5. nr 6 vir die linkervoet, nr 5 vir die regter voet
6. Omdat die kommunikasie vinnig vloei en ek lief geword het vir die mense wat daar kuier – en hulle oordeel nie – ek kan net ‘wees’ daar
7. Nee, ek het niks te sê oor my eie lewe nie en ek dink nie ek ’skuld’ iemand iets nie
8. Ja, ek mis julle – veral ons eerste groepie wat so saam begin blog het. Toe alles nog eenvoudig was. Maar dinge verander – dis nie meer dieselfde nie – ons beweeg aan
9. Ja ek doen – miskien nie meer so gereeld nie, maar daar is ‘n paar (soos joune) wat ek so gereeld as moontlik probeer lees – ekt net nie altyd iets om te sê nie
10.
gigi said,
September 11, 2009 @ 11:54 nm
He he he Dellie, ek gaan jou niks vra nie, sien jy het bietjie huiswerk!
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:45 vm
Vra gerus Gigs … open season!
Harry said,
September 12, 2009 @ 6:32 vm
Ek gaan liewer nie vra nie
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:24 vm
Moet dan nie later kla nie? Hier is jou kans Hairry – gryp boet!
Spiertier said,
September 12, 2009 @ 9:41 vm
Droom jy is die aand van my Spiere?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:24 vm
Whahahahaha watter spiere?
boervrou said,
September 12, 2009 @ 10:48 vm
Hi Del
Ek kuier baie lekker met jou. Dankie. Ek dink jys baie sweet. Nou vir die vrae:
Het jy net jou seun?
Werk jy? Wat doen jy? (Wil nie weet wa nie)
Irriteer ek jou partymaal?
Wat se ‘ietsie’ is vir jou moewies sentementeel en hoekom? ‘n Juweliers stuk of so iets, seriously ek wil nie van jou undies of nighties weet nie!
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:30 vm
Dankie Boerie – ek kuier net so lekker saam met jou ook.
1. Ja – net een seun
2. Ja, ek werk (al lyk dit soms nie so nie!) – eie besigheid – doen rekenaaropleiding
3. Nee nooit nie! Jy is baie snaaks vir my en ek geniet jou geselskap vreeslik!
4. ‘n Hangertjie wat seun vir my gekoop het een jaar vir Kersfees. Ek dink hy was 8. Dit het ‘n solitaire cubic sirconia(?) steen (nogal ‘n grote) – maar hy het gereken dis ‘n diamant. Juis daarom is dit vir my baie spesiaal.
Tweelingkind said,
September 12, 2009 @ 11:08 vm
1. As jy gedare word om in die openbaar te strip, sal jy?
2. Is jy impulsief?
3. Wat is die kakste karaktertrek van n mens vir jou?
4. As jy môre op n ander plek kon gaan bly, waar sou dit wees en hoekom juis daai plek?
5. Wat maak jou seriously depro?
6. Wat maak jou in ekstase happy?
7. Dink jy jy gaan n invite vir BP kry?
8. Wil jy n invite vir BP kry?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:40 vm
1. Dit hang af van hoeveel takiela ek inhet!
Maar ek dink nie rerig so nie!
En een van die ander sal dit sekondeer.
2. Ek reageer soms impulsief ja – en is agterna spyt dat ek nie kan terugtrek wat ek gesê of gedoen het nie.
3. Oneerlikheid
4. Enige plek by die see – want die see is daar!
5. Negatiewe mense
6. Elke nuwe dag met nuwe geleenthede – maar veral drukkies van die mense wat vir my lief is
7. Natuurlik! Een van Vriff se 20 persona’s sal my invite
8. Ja
Tweelingkind said,
September 12, 2009 @ 11:09 vm
En ek dink dalk moet iemand vir Harry ook sommer tag!
Dellie said,
September 12, 2009 @ 11:43 vm
Briljante idee! Wat sê jy Hairry? Is jy dapper genoeg?
pluim said,
September 12, 2009 @ 2:27 nm
Skinny dip jy?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 3:32 nm
As daar nie ander mense behalwe ek en liefie is nie – ja!
Harry said,
September 12, 2009 @ 2:46 nm
Hoeveel personae het jy?
Hoeveel mense het jy agterbaks beskinder op jou multiple personae.?
Gaan jy vrede maak met oom kallie?
Het jy die guts om die posting oor oom kallie te print en vir hom te wys?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 3:17 nm
Dankie dat jy darem nou saamspeel Hairry.
1. Net Dellie en Delilah – Delilah wou net so bietjie fun hê op BP – maar klaarblyklik is ek nie skerp genoeg om iemand anders te speel nie – hoe lank wassit? 3 dae dink ek? Toe’s ek uitgevang. En toe bêre ek haar maar weer diep weg. En ek is doodeerlik met jou – ek het nie ander persona’s nie – dis alles in jou kop. Maak skoon. Daar is nerens conspiracies nie.
2. Beskinner? I think not. Soms bespreek ons die feite wat al klaar oppi tafel lê, en soms wonder ons oor anner goed – of dit skinner is – ek dink nie so nie.
3. Jy is bietjie agter – ons het lankal vrede gemaak met oom Kallie. Infact, hy kom vanaand saam party hou!
4. Alles wat in daai post oor oom Kallie gesê is, het ons persoonlik aan hom oorgedra. Hy is ons buurman, onthou jy nou weer? So dit sallie norig wees om dit vir hom uit te print nie.
Harry said,
September 12, 2009 @ 2:47 nm
Ek het nie a blog nie. Whe!
Dellie said,
September 12, 2009 @ 3:19 nm
Chicken!
boervrou said,
September 12, 2009 @ 4:43 nm
Hi H
Is daar nie by litnet of so iets ‘ blog van jou nie?
Tweelingkind said,
September 12, 2009 @ 3:03 nm
O jaaa, Wie is vir jou die grootste ‘Enigma’ in die blogwêreld, die een waaroor jy seriously wonder.
Dellie said,
September 12, 2009 @ 3:40 nm
Harry! Hy maak my kop rond – sy inskrywings op sy blog het my in trane gehad – dit was so mooi geskryf – maar op ander plekke het hy ‘n ander persoonlikheid – en dan beskuldig hy ander mense van multiple persona’s? I just don’t get it.
Gatvol said,
September 12, 2009 @ 3:39 nm
Hi Dellie
Soever ek kan onthou 
My eerste besoek hier
Wat is jou nr 1 voorstel om wereldvrede te bereik?
Wat kan Obama vir Suid-Afrika beteken?
Hoe lank gaan Mugabe nog leef?
Hoe gaan jy persoonlik weer vir Harry terug kry op bosparra?
Het jy ‘n ekonomiese gabakte poeding resep?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 4:18 nm
Welkom in Welkom Gatvol!
1. Ek reken (in my klein blonde breintjie) as mense vi mekaar beginne LUISTER behoort ons erens te kom met vrede vir almal
2. Ek weet bitter min van politiek – miskien kan Vriff daai vragie beantwoord?
3. Geez, moeilike ene daai! Die ape leef mos langer as wat ons imagine. Ek hoop dis nie te lank nie
4. Waaat?? Ekke? Harry dink dan ek het 110 perona’s – persoonlik, as Dellie, sal ek hom nie invite nie
Of sekondeer as iemand anders hom invite nie.
5. Jip – daai ene het ek! http://delliekos.wordpress.com/2009/07/16/poor-mans-pudding/
Gatvol said,
September 12, 2009 @ 3:40 nm
En leef Earl Botha nog?
Dellie said,
September 12, 2009 @ 4:19 nm
Geen idee nie
boervrou said,
September 12, 2009 @ 4:45 nm
Wat ‘n dol middag vir jou!
Dellie said,
September 12, 2009 @ 5:11 nm
Ek roem op ‘the queen of multi-tasking” Boerie … en ek oorleef nog sover!
Harry said,
September 12, 2009 @ 5:14 nm
Ou gatvol was dan die een wat die hardste moan oor my justified gedrag met die skynheiliges.. Jy kan by my op bosklakkers kom gesels gautvol.
Harry said,
September 12, 2009 @ 5:15 nm
Dellie kan sommer die link gee.
Dellie said,
September 12, 2009 @ 5:23 nm
Spesiaal net v jou sal ek dit doen Harry …
http://boskakkkersc.wordpress.com/2009/09/11/ons-nuwe-bos-couple-lappe-en-oubul/#comment-5610
Alta said,
September 12, 2009 @ 6:19 nm
1. Wanneer eendag gaan jy jou holle “cover”? (grappie)
2. Hoekom suip jy so baie in die kroeg? (grappie)
3. Hoekom raak jy nooit kwaad nie?
4. Kan iemand jou ooit “afpis” en waarmee?
5. Is jy altyd eerlik met jouself en ander mense?
6. Wat is jou uitkyk op die lewe?
7. As jy iets kon verander in jou lewe, wat sou dit wees?
Dellie said,
September 13, 2009 @ 10:38 vm
1. In die Kroeg? Never! Dit word mos nou somer by ons!
2. Dis mos ‘n kroeg en hoofsaaklik suip mens in ‘n kroeg?
3. Ek raak kwaad – soms helemal onnodig. Maar ek probeer baie hard om eerder iets snaaks in elke situasie te sien – dan wyk die woede vanself.
4. Lieg vir my, en ek is pissed off.
5. Ek probeer my bes om te wees. Soms is dit makliker om eerlik te wees met ander as met myself.
6. Die lewe is ‘n lied! Elke dag is ‘n nuwe begin. Alles begin in jou kop. As jy ‘n positiewe uitkyk het, is geen berg te hoog om uit te klim nie. Ek lewe in die hede en hanteer elke dag met al sy dinge, soos dit kom.
7. Ek sou vreeslik graag mooi en maer wou wees
rosalindfranklin said,
September 13, 2009 @ 12:22 nm
1) Ek mis dit dat jy blog, hoekom blog jy nie meer nie?
2) Jy se mense oordeel jou, op watter manier voel jy, jy is geoordeel, of benadeel, dit is regtig jammer.
ek mis jou …sad gesiggie
Dellie said,
September 13, 2009 @ 3:07 nm
1. Ek het my bloglus so effens verloor, Rosa. Maar dit sal seker een of ander tyd weer terugkeer.
2. Ag, dis ‘n lang strorie – en miskien was ek ook maar te fyngevoelig.
Dis nice om te weet ek word gemis – ek sal hard probeer om gou weer te blog.
rosalindfranklin said,
September 13, 2009 @ 4:18 nm
me thought it was me/us….sien nie net jy is fyn van gevoel nie;)
Dellie said,
September 13, 2009 @ 4:46 nm
Was nie jy/julle nie
Savanha said,
September 13, 2009 @ 4:27 nm
Hi Dellie my kroeg pellie ek het net 4 vragies!
1. Wat is jou favourite kossies?
2. Verf jy jou toonnaels?
3. Wat verkies jy, rok of langbroek?
4. Wens jy partykeer ek moet vroeë gaan slaap?
Dellie said,
September 13, 2009 @ 4:34 nm
1. Seekos – vis, prawns, calamari – eintlik enigiets wat eetbaar is – eks nie fussy nie. Ek is net nie mal oor goed wat jou smaakknoppies doodbrand nie
2. Baie beslis! En verkieslik hoer-rooi. Ek hou nie van vaal tone nie.
3. Langbroek – maar nie daai hipster stront nie – te dik daarvoor
4. Never!
Jy is dan my evil twin! Wahahhaahaha!
betsieboop said,
September 13, 2009 @ 6:20 nm
delschie — ek gaan bietjie dink ….. en terug kom na jou toe
demoerin said,
September 14, 2009 @ 7:51 vm
Agteros kom ook in die kraal.
1. Gestrand op ‘n eiland, jy grou in die sand en vind kiste vol van ‘n sekere alkohol. Wat is dit?
2. Wanneer blog jy weer? Ek kan nie so baie in ‘n kroeg rondlê nie
Dellie said,
September 14, 2009 @ 8:48 vm
1. Jägermeister!
2. Binnekort, DMI, binnekort.
parkes1 said,
September 14, 2009 @ 9:14 vm
1. Hou jy van my
2. Watter kleur hou jy van
3. Is jy kwaai met jou studente
4. Hou jy van mooi aantrek
5. Was jy al dronk
6. Is jy spyt jy het met jou man getrou
7. Wie was jou eerste liefde
8. Groenoog monstertjie? he he he!
Dellie said,
September 14, 2009 @ 10:40 vm
1. Ek hou nogal besonder baie van jou ja.
2. Groen
3. Nee, ek het baaaaie geduld. Sal ‘n ding 100 keer verduidelik tot ek seker is hulle verstaan
4. Ja – maar ook om lekker gemaklik te wees
5. Uhm – ja
6. Nee
7. Ek dink sy naam was Hannes
8. Blykbaar …
Phibbie said,
September 14, 2009 @ 11:02 vm
As jy vriend/vriendin (Noem die V1) het op die blog/kroeg en jy kom agter een van jou ander vriende/vriendinne (V2) ken V1 en V2 wat jy eerste geken het (nie een wat voorheen by die kroeg/blog was nie) het V1 en nog ander baie skade en hartseer berokken, sal jy V2 vertroulike of persoonlike inligting gee of V1 bespreek met V2. (Hoop dit maak sense?)
demoerin said,
September 14, 2009 @ 11:47 vm
Ek hoop ook dit maak vir Dellie sense, want net deur dit te lees draai my koppie so bietjie.
Dellie said,
September 14, 2009 @ 11:49 vm
Ek hoop ek verstaan jou vraag reg, Phibbs.
As ek vir iemand my woord gegee het dat ek nie persoonlike of vertroulike inligting met iemand anders sal deel nie, sal ek daarby hou.
Spiertier said,
September 14, 2009 @ 11:58 vm
Nou hoekom sal jy in die eerste plek persoonlike of vertroulike inligting van iemand ontvang?
Phibbie said,
September 14, 2009 @ 12:06 nm
Lover ek dog jy ken my so goed? Ok maar hoor ok maar. Vra wat ek bedoel met die vraag dalk sal jy dan verstaan
Spiertier said,
September 14, 2009 @ 12:14 nm
Ek verstaan die comment van jou nog minder as die oorspronklike vraag. Wat se juice het jy vonoggend gedrink?
Phibbie said,
September 14, 2009 @ 12:15 nm
presies
Spiertier said,
September 14, 2009 @ 12:23 nm
As ons so aan gaan, hier nou net een lettertjies onner mekaar staan
Phibbie said,
September 14, 2009 @ 12:27 nm
Wat van die een .|.
Dellie said,
September 14, 2009 @ 12:33 nm
OK – kom ek probeer weer. As ons gesprekke in die algemeen was oor ditjies en datjies, en hier en daar het iets uitgeglip wat miskien meer sensitief is, dink ek tog ek het ‘n tipe van sesde sintuig om te weet wat kan ek deel, en wat nie. Ek sal mos agterkom as daar ‘gevis’ word vir info? En dan sê sy moet jou maar self vra. Beantwoord dit jou vraag??
Phibbie said,
September 14, 2009 @ 12:48 nm
Baie goeie antwoord Dellie
Sharpshoot said,
September 14, 2009 @ 12:16 nm
Wat maak jou skaam? Wat laat jou bloos? Wat maak jou happy? Wat maak jou sad? Wat maak jou kwaad?
Dellie said,
September 14, 2009 @ 1:20 nm
1 & 2. Blonde oomblikke – en daarvan kry ek baie. Ek bloos maklik.
3. ‘n Smile, ‘n drukkie, sjokolade, bubblebath, om te hoor dat iemand lief is vir my
4 & 5. Kinders of diere wat mishandel word
Spiertier said,
September 14, 2009 @ 12:38 nm
Is daar waarheid in die gerugte dat jy alles weet van almal op die afrikaanse blogs?
Dellie said,
September 14, 2009 @ 1:21 nm
Nie halfpad nie. Ek weet redelik, want ons kom al ‘n langerige paadjie saam. Maar beslis nie alles nie!
Plein said,
September 14, 2009 @ 12:47 nm
Watter vraag is jy die heel bangste dat iemand vra??? Antwoord nou jou eie vraag??? Was dit so erg??? Lekker ne???
Dellie said,
September 14, 2009 @ 1:23 nm
BeanLaden said,
September 14, 2009 @ 12:52 nm
Wat is ‘n Vriend?
Dellie said,
September 14, 2009 @ 1:23 nm
Iemand by wie ek myself kan wees.
Die Brein said,
September 14, 2009 @ 1:58 nm
Ok laat ek die rowwe vra vra.
1: Gebruik jy of glo jy aan seks toys?My vrou doen nie, sy se eks voldoende.
2:Sal jy jou man verneuk met die regte ou?
3:Ek dink jy kan `n bitch wees is ek reg of verkeerd?
4:Gaan koop jou man saam met jou lingerie?
5:Het jou kind pak gehad by jou op skool?
6:Hoe voel jy oor die dood , gaan mens na die lewe hemel of hel toe of le mens erens latent in die graf of in die doderyk en wag vir die oordeelsdag?
7:Weet jou man van allles op die blog?
8:Is jy skynheilig voor jou skoonouers?
9:Blomme of Biltong as opmaak geskenk?
10:Is jy bang vir die hiernamaals?
Dellie as jy af voel moenie blog nie, doen so as jy so voel, na my pa se dood wil ek weer die Here dien en ten volle bekeer, want ek wil hom weer eendag sien, want ek weet hy is by die Here of hy gaan soontoe.Maar jul sal sien ek blog nie meer so gereeld nie, ek gaan deur `n bad tyd.
Dellie said,
September 14, 2009 @ 7:31 nm
Goeie genade Brein!
Nou nie die maklikste vragies om te antwoord nie! Laat ek probeer en sien hoe ver kom ek …
1. Ek skrik nie vir sextoys nie
2. Nee, ek sal nie – ek’t ‘n belofte gemaak – dis heilig vir my
3. Reg
4. Soms
5. Ja
6. Ek bespreek nie graag my geloof – of miskien gebrek daaraan – nie Brein – hoop nie jy gee om as ek die ene skip nie? Want ek kan ook nie ‘n funny storie opmaak hieroor nie. Skies.
7. So 90%. Toe ek net begin blog het, het hy getrou gelees – maar dis eintlik MY stokperdjie, en hy het nie veel belangstelling in die internet as geheel nie. Ek vertel hom wel wat hier aangaan en van my virtual maaikies
8. Wel, ek vloek nie voor hulle nie – as dit skynheilig is, dan seker ja
9. Vir my? Of vir hom? Albei sal die ding doen vir my. Ek weet nie hoe impressed hy sal wees met blomme nie!
10. Nee
Brein, ek kan dalk voorstel dat jy “The Shack” lees? Miskien help dit jou om berusting te kry en jou pa se dood te verwerk.
En miskien gee dit ook vir jou my antwoord op nommer 6.
Die Brein said,
September 14, 2009 @ 9:14 nm
Dellie Skitterend geantwoor.
Nog `n vraag:Is jy bang en skaam vir jou geloof?
Jy is die hoeveelste persoon wat se ek moet daardie boek lees.
Dellie said,
September 14, 2009 @ 9:16 nm
Nie skaam of bang nie Brein – ek sukkel net om myself uit te druk daaroor.
En rerig – lees daai boek. Dis absoluut amazing. Sal selfs gedagtes dan met jou wou ruil daaroor.
Die Brein said,
September 14, 2009 @ 9:28 nm
Sal dit more koop.
Koekie said,
September 14, 2009 @ 4:17 nm
1. As jy die Lotto wen, met wie sal jy dit share? (as jy dit wil share)
2. Is jy ‘n “screamer” of doen jy “dit” in stilte?
3. As jy iemand famous(of nie famous) kon ontmoet, wie sal dit wees?
4. Hou jou man van bj’s? (whahaha…… grappie Dellie)
5. Hou jy van bj’s? (whahaha, ag fokkit! GRAPPIE!!!)
6. Dink jy Caster is ‘n man of ‘n vrou?
7. Poep jy inni bed?
8. As jy vir eendag onsigbaar kon wees, wat sou jy gedoen het?
9. As jy my net een vraag kon vra, wat sou jy vra?
Lekker middag verder Dellie. xx
demoerin said,
September 14, 2009 @ 5:58 nm
Dellie said,
September 14, 2009 @ 7:49 nm
1. Ek weet van ‘n paar mensies wat dit goed sal kan gebruik. Ek sal share ja. En vir Demoerin ‘n feather boa koop.
2. Screamer
3. Vir jou!
4. Whahahahaa – ek dink nie daar is ‘n man wat NIE daarvan hou nie
5. I like yes.
6. Nie ‘n clue wat om dit rerig te noem nie – weet net dat ek jammer voel vir haar/hom
7. Whahahahaha – nee, actually poep ek net inni toilet! Rerig!
8. Ek sou graag vir Emil wou gaan kuier sonder dat hy weet – sou graag wou weet hoe sy kop werk
9. Waar is die vreemdste plek waar jy nog ooit seks gehad het???
demoerin said,
September 16, 2009 @ 7:26 vm
rosalindfranklin said,
September 14, 2009 @ 4:42 nm
Ek lees hier en ek sien Dellie is net Dellie, soos sy nog altyd was
die ene wat ek baie laaik
Dellie said,
September 14, 2009 @ 8:11 nm
Thanx Rosa. Ek hou van jou ook!
demoerin said,
September 14, 2009 @ 5:59 nm
Sjoe, as ek party van hierdie vrae kyk…. ai ja jaai!
Dellie said,
September 14, 2009 @ 6:24 nm
Jy vertel my! Ek moet nog kom antwoord!
Weglekind said,
September 14, 2009 @ 8:28 nm
Wat doen jy as niemand kyk nie wat embarrassing sou wees as iemand jou wel sou sien?
Dellie said,
September 14, 2009 @ 8:35 nm
Ek krap soms in my oor met ‘n vuurhoutjie …
Koekie said,
September 14, 2009 @ 10:00 nm
Whahaha Dellie, baie oulik beantwoord!!
Op jou vraag – mmmm…. (ek sal jou email) hahaha!!
Ek’s bly ek hoef nie Weggie se vraag te beantwoord nie want my antwoord sou amper soos joune gewees het maar ek glo nie daar sou ‘n “oor” in my sin gewees het nie…. lol!! (ook nie vuurhoutjie nie).
Dellie said,
September 15, 2009 @ 10:47 vm
Whahahahaa – ek’s te bang om te vra – maar vermoed dit het iets met jou vinger en jou h… uhm … neus te doen?
skoenlappr said,
September 15, 2009 @ 11:24 vm
Dellie
What wood would Woodstock stock if Woodstock would stock wood?
Dellie said,
September 15, 2009 @ 4:07 nm
Wood?
meermin said,
September 15, 2009 @ 1:00 nm
die een
Dellie said,
September 15, 2009 @ 1:30 nm
Ja Meermin – die ene. Het jy ‘n vragie?
betsieboop said,
September 15, 2009 @ 2:36 nm
1. wat laat jou huil?
2. wat laat jou lag dat die trane loop?
3. verkies jy die see of die berge?
4. het jy al kaalvoet in die reen gehardlooop?
5. wat gee jou ‘n warm custard feeling in jou hart?
Dellie said,
September 15, 2009 @ 7:31 nm
1. Flieks, boeke, mense wat goed doen vir ander (omdat dit mooi is – soos ons Sparkie
)
2. Die gesprekke in die kroeg deesdae!
Ek’t nog nooit in my lewe so baie gelag soos in die afgelope paar maande nie.
3. Die see
4. Ja! Actually helemal kaalgat. Ons het nog op die plaas gebly, seun was seker so ‘n jaar oud. Dit was somer, bedompig – en toe begin dit reen. Ons het die spreiligte afgesit, ons klere op die trappie voor die deur gedrop, en soos kinders op die gras rondegehol … ai, dit was lekker!
5. Baie dinge – maar as ek iets moet uitsonder, my seun se velcro-drukkies
betsieboop said,
September 15, 2009 @ 2:38 nm
en net om te se : ek is nommer 100 !!!!! lol lol lol
Tweelingkind said,
September 15, 2009 @ 3:16 nm
Sies, Betsie, jy’t my nie vrae gevra nie…hoe moet ek nou voel!
Dellie said,
September 15, 2009 @ 7:33 nm
Met jou hande?
Tweelingkind said,
September 15, 2009 @ 7:59 nm
Geweet iemand gaan dit sê!
Dellie said,
September 16, 2009 @ 8:34 vm
OK – dit was lekker, maar nou’s dit klaar.
Dankie vir almal wat saamgespeel het – julle weet nou basies alles van my af.