Ruk af jou bra
Laat niks oppie aarde jou pla
Los jou hare vuil
Kap jou groente met ‘n byl
Drink kleurige drankies
Lê leeg op publieke bankies
Trek gesig vir jou man
Want jy kan
Lê rond en wees sleg
Dis jou vroulike reg
Steek tong uit vi jou kinners
Snuif ‘n bietjie thinners
Rook boom
Hou jouself geensins in toom
Laat jou beenhare groei
Ry op ‘n koei
Skakel af jou kop
Gooi nog ‘n dop
Poep hard innie straat
Wees ten volle on-paraat
Eet kerrie
Gedra jou soos ‘n flerrie
Dis jou dag dié
Wanne even jy innie tuin kan peee
Druk jou irritasies ‘n pit
Laat niemand op jou kop sit
Vlieg hoog
Lê laag
Sit ‘n horrible tattoo op jou maag
Dra rooi oorbelle
Hang blink goeters aan die ander los velle
Celebrate jouself as vrou
Niemand hoef vandag van jou te hou!
Kou ‘n chappy
But whatever you do, JUST BE HAPPY!!!!!
En hoekom nie girls??
Thanx Lappr – ons mis jou inni Kroeg …













Alta said,
November 2, 2009 @ 8:39 nm
Ek is altyd happy Dellie, sekere dae net meer as ander! baie nice poem! Thx.
Dellie said,
November 3, 2009 @ 10:14 vm
Ek hoor jou Alta
Vlam said,
November 2, 2009 @ 10:19 nm
Ai tog, Delillah. Jy maak my soms so moeg as jy altyd so happy en cheerful is. Wee’jy hoeveel energie dit vat om so te wees?
Dellie said,
November 3, 2009 @ 10:12 vm
Uhm ja Vlam – ek weet presies hoeveel energie dit vat!
Sonkind said,
November 2, 2009 @ 10:30 nm
Don’t worry, be happy!!!
Dellie said,
November 3, 2009 @ 10:15 vm
Son! Jou lanklaas gesien hier! Yes baby, be happy!
demoerin said,
November 3, 2009 @ 6:46 vm
Dis nogal so bietjie scary…. ek picture hierdie kruising tussen Ant Stienie, Amy Winehouse en ‘n Punk Rock Chick…..
Dellie said,
November 3, 2009 @ 10:08 vm
Whahahaha – I get the picture …
Net soms moet ons mos ook so bietjie uithaak!
Frank Botha said,
November 3, 2009 @ 9:15 vm
Whoop! Whoop!
Dellie said,
November 3, 2009 @ 10:16 vm
Frankie! Welkom in Welkom – weereens
En thanks v die award.
Rustig said,
November 3, 2009 @ 3:36 nm
Dit is die tipe vrou wat my ma my altyd gewaarsku het!
Dellie said,
November 3, 2009 @ 4:17 nm
Whahahhaah – so hide! She’s coming!
rosalindfranklin said,
November 3, 2009 @ 5:31 nm
PP in die tuin, ek laaik dit!
Dellie said,
November 4, 2009 @ 3:24 nm
Uhm – ekt daai ene getry Rosa – baie bevrydend!
Koekie said,
November 3, 2009 @ 7:29 nm
Baie oulik. Ek dink ek moet bietjie daai poep inni straat probeer
Dellie said,
November 4, 2009 @ 3:24 nm
Whahahahhahaa laat weet wat die reaksies was!
Savanha said,
November 4, 2009 @ 9:20 vm
Whahaha, Ek het nog nie daai snuif ‘n bietjie thinners probeer nie!!
Dellie said,
November 4, 2009 @ 3:25 nm
Ek ook nie – gaan ons saam try?
Smurf said,
November 4, 2009 @ 2:21 nm
Dellie said,
November 4, 2009 @ 3:26 nm
So is jou bra afgeruk Smurfie?
Rochelle said,
November 4, 2009 @ 4:02 nm
Whahahaha wat n prentjie!! my verbeelding is vers te goed om met die een te cope
Dellie said,
November 4, 2009 @ 5:54 nm
Just do it!
muffia said,
November 4, 2009 @ 6:21 nm
nope – Joost did it !!
Dellie said,
November 4, 2009 @ 7:27 nm
Joost my luck..
roer said,
November 6, 2009 @ 7:05 vm