Katte en tieners

Katte en tieners het nogal baie in gemeen.  Dit sal die van julle wat tieners in die huis het, weet. En vir die wat nog daai paadjie moet stap, ‘n paar dinge om ingedagte te hou:

     

  • Nie jou tiener of jou kat sal eers in jou rigting kyk as jy hulle roep nie
  • Maak nie saak wat jy vir hulle doen nie, dit sal nooit genoeg wees nie. Geen poging sal goed genoeg wees om te vergoed vir die voorreg wat jy het om hulle hand en voet te bedien nie.
  • Dit gebeur baie selde dat jy ‘n kat saam met ‘n volwassene buite sien rondloop – en daarom wil geen tiener by sy volle verstand saam met sy ouers op straat gesien word nie.
  • Maak ook nie saak of jy ‘n grappie beter as die ouens op Maak ‘n Las kan vertel nie, nie jou kat of tiener sal eers ‘n mondhoek trek nie.
  • Jou kat en tiener deel glad nie jou musieksmaak nie.
  • Katte en tieners kan vir ure op die sitkamerbank lê sonder om te beweeg – maak af en toe seker dat hulle nog asemhaal.
  • Katte het 9 lewens – tieners tree op asof hulle 9 lewens het.
  • Katte en tieners gaap op presies dieselfde manier – met ‘n gevoel van uiterste en algehele verveeldheid.
  • Katte en tieners is nie bevorderlik vir die toestand van enige meubels nie.
  • Katte wat vry is om rond te loop, sluip soms in die middel van die nag in jou kamer in en sit ‘n dooie rot op jou bedmatjie neer. Tieners is nie verhewe bo hierdie gedrag nie.

As jy dus nog tieners moet grootmaak, sal jy nie die beste advies by ander ouers kry nie, maar by die vee-arts.  Dis ook slim om ‘n handboek oor kat gewoontes byderhand te hou.

En onthou – sit genoeg kos uit, en moenie skielike bewegings in hulle rigting maak nie.  Hulle sal self besluit wanneer en vir hoe lank hulle toenadering kom soek by jou – en daardie oomblikke moet jy waardeer – dis yl en wyd verspreid!

cat fart

4 Responses sover »

  1. 1

    Sharpshoot said,

    Honde is maar net soveel beter…

  2. 2

    Vlam said,

    O heiden. Dis absoluut die waarheid daai! :shock:

    :lol: Goed beskryf!

  3. 3

    Koekie said,

    Ag hemeltjie tog, ek sal onmiddelik ‘n kat-boek moet gaan koop. :smile:

  4. 4

    Alta said,

    :lol: :lol: Nader aan die waarheid gaan jy ver loop soek.


Comment RSS · TrackBack URI

Say your words