Archive for November 6, 2009

Raai raai riepa

Dis alweer Vrydag! En gister was glo Guy Fawkes … ekt skoon vergeet daarvan. Niks gehoor in ons buurt nie. Was daar ‘n geraas by julle?

Gisteraand sit ek en laai foto’s van ‘n memory card af. Dit was nog al die tyd in die ou kamera wat se lens nie wil oop nie, omdat dit vol see-sand is. En ek kom net nie so ver om die ding te gaan ingee erens om reggemaak te word nie.

Anyways, ek ontdek toe ‘n paar vreemde foto’s waarvan ek al vergeet het.  Toe ek hierdie sien, onthou ek hoeveel pret ons gehad het met die wdf issit en please explain the image foto’s. En toe reken ek, hoekom maak ons dit nie ook pret nie?

Verduidelik vir my hierdie – wat dink jy het gebeur? Dan kyk ons wie kom die naaste aan die regte storie – want die ene ken ek! :lol: Jy kan natuurlik ook maar heel simpel wees en jou verbeelding vrye teuels gee … dit moet fun wees afterall!

065

066

067

GO GO GO – en kom maak sommer ‘n draai inni Kroeg vir ‘n loopdop! Geniet die naweek – ruk af jou bra en al daai, en dit wat Demoerin ook altyd sê  !  :lol:

O ja – en hierdie storie by Die Werf MOET julle gaan lees! Skreeusnaaks!

Comments (20) »