Archive for November 9, 2010

Nuwe Begin

En so is dit toe verby. Twee minute van staan in ‘n hof en ‘n paar dinge bevestig, en 22 jaar word ‘bevel van egskeiding word toegestaan’.

En ja, dit maak tog nog effens seer, al was dit net ‘n formaliteit wat afgehandel moes word. Skielik is dit real … ek is nou ‘n geskeide vrou. Nooit gedink ek sou die titel moes dra nie, maar nou ja. Die Universe het ander planne gehad.

Die jaar het beslis nou genoeg opwinding gehad vir my om te hanteer. En kyk, ek staan nog, ek lewe nog. Mens kry soms krag uit plekke wat jy nie gedink het bestaan nie. En ek het die mees amazing vriende … dankie vir julle ondersteuning, moed in praat, luister en trane afdroog. Julle is die beste!!

En net so ter afsluiting … as jy dalk wil skei, kyk eers na die goedkoper opsies as om ‘n prokureur te kry. As jy en die ander party soos grootmense kan gesels en besluit hoe alles verdeel moet word, gaan sommer net direk na jou naaste hof en sit self die prosedure aan die gang. Jy hoef  nie ‘n prokureur te hê om dit te hanteer tensy julle nog wil baklei nie. En dit kos jou op die ou end die koste van die Balju om die dagvaarding te beteken. Myne was R120 … ek kan rerig die geld wat ek sou spandeer op  ‘n prokureur, gebruik vir die celebration party.  :lol:   En dit het nie eers so lank geneem nie – 5 maande vandat ek gefile het. So rerig, as jy dit WIL doen, is ‘ek het nie geld nie’ glad nie ‘n verskoning  nie.

Ek het net so ‘n klein biekie spasie nodig om weer my voete te vind … dan moet die wêreld maar wyd kyk – Dellie will be back  :wink:

Comments (10) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers