Nuwe Begin

En so is dit toe verby. Twee minute van staan in ‘n hof en ‘n paar dinge bevestig, en 22 jaar word ‘bevel van egskeiding word toegestaan’.

En ja, dit maak tog nog effens seer, al was dit net ‘n formaliteit wat afgehandel moes word. Skielik is dit real … ek is nou ‘n geskeide vrou. Nooit gedink ek sou die titel moes dra nie, maar nou ja. Die Universe het ander planne gehad.

Die jaar het beslis nou genoeg opwinding gehad vir my om te hanteer. En kyk, ek staan nog, ek lewe nog. Mens kry soms krag uit plekke wat jy nie gedink het bestaan nie. En ek het die mees amazing vriende … dankie vir julle ondersteuning, moed in praat, luister en trane afdroog. Julle is die beste!!

En net so ter afsluiting … as jy dalk wil skei, kyk eers na die goedkoper opsies as om ‘n prokureur te kry. As jy en die ander party soos grootmense kan gesels en besluit hoe alles verdeel moet word, gaan sommer net direk na jou naaste hof en sit self die prosedure aan die gang. Jy hoef  nie ‘n prokureur te hê om dit te hanteer tensy julle nog wil baklei nie. En dit kos jou op die ou end die koste van die Balju om die dagvaarding te beteken. Myne was R120 … ek kan rerig die geld wat ek sou spandeer op  ‘n prokureur, gebruik vir die celebration party.  :lol:   En dit het nie eers so lank geneem nie – 5 maande vandat ek gefile het. So rerig, as jy dit WIL doen, is ‘ek het nie geld nie’ glad nie ‘n verskoning  nie.

Ek het net so ‘n klein biekie spasie nodig om weer my voete te vind … dan moet die wêreld maar wyd kyk – Dellie will be back  :wink:

10 Responses sover »

  1. 1

    Wondernet said,

    Dellie jy is een van die sterkste mense wat ek ken, boonop is jy blond en slim, wat ‘n vangs. mimimimimimimim

  2. 2

    ekisanna said,

    Hoe gelukkig dat jy dit sien as “Nuwe Begin” en nie “Die Einde” nie. Fokus op wat jy nou met jou lewe kan maak en raak opgewonde oor al die moontlikhede in die toekoms. Voorspoed!

  3. 3

    Charms said,

    Ek is so bly vir jou dat dit nie in ‘n gemors ontaard het nie – party skeisake klink soos rillers. Sterkte vir jou nuwe begin.

  4. 4

    Kadoes said,

    Nog ‘n manier van goedkoop skei is om te maak soos my eks. Hy’t ‘n webadres in die koerant gesien, hulle gekontak en hulle het my ‘n klaar opgemaakte skikkingsakte gestuur wat ek net moes aanpas. Ons was buite gemeenskap van goedere buite die aanwas bedeling getroud – so dit was maar net omtrent sign en als was verby. Binne 4 weke.

  5. 6

    Kadoes said,

    Dellie – ek was ook omtrent so oud soos jy toe ek geskei is en ek verseker jou, ek eers toe begin leef – werklik leef en kyk nie eendag terug nie. Ek is vandag in ‘n vaste verhouding en trou is nie in my onmiddellike gedagtes nie, want die jare van vryheid het my seker bietjie selfsugtig gemaak, maar terselfdertyd het ek die mens wat ek regtig is leer ken en waardeer.

    Go for it girl!!!

  6. 7

    Paula said,

    Sterkte Dellie!

  7. 8

    demoerin said,

    Ek is so bly jy kon dit alles agter jou sit… geen mens verdien so ‘n swaar las alles op een salg nie. Jy kan ook nou van daai gespaarde rande gebruik en op ‘n bus spring en bietjie in Jozi kom kuier :lol:

  8. 9

    Dellie, geniet jou spasie en ek sien jou weer X

  9. 10

    BB said,

    Ek wens vir jou als op sy tyd en plek… genoeg tyd en geduld om jouself te herontdek as eie-ek mens. Om te waardeer en lief te word vir die volle jy wie JY is. Om jou waarde te besef sodat jy ALTYD hierdie tyd sal onthou as ‘n “How I found myself again” voyage. Dat jy alleentyd sal leer koester vir die kwaliteittyd wat jy aan jouself kan spandeer maar nooit jouself aan eensaamheid sal blootstel nie. Jy is in my geestesoog een van daai girls wat (bietjie mallerig soos ek :oops: ) jouself voor die spieël kan maak staan en ‘haar’ ‘n goeie talking-to kan gee. Doen daai gereeld Cupcake – check haar uit, doen moeite vir haar, vertroetel haar en wees veral gentle met haar. Sy verdien al die geluk wat sy kan kry – en as jy haar waarde reg skat, sal jy seker maak dat sy nooit minder kry as wat sy werd is.
    Go, Girl!! xx


Comment RSS · TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 47 other followers