Flintie wil weet wat is die een ding wat vir my kosbaar is, wat ek sou gryp as die plek dalkies moet afbrand omdat ek te veel stuff in te veel proppe gedruk het … lol!
Wel, my eerste, instinktiewe reaksie was … my handsak, natuurlik! Want my hele lewe is daarin. My beursie, my ID, tissues, daai ‘ander stuff’ wat ons girls nodig het, my sonbril, lip-ice, ‘n hele paar van daai sweeties wat mens by restaurante kry as jy klaar betaal het, ‘n nota boekie en pen, en tannestokkies.
Maar ek weet hy soek iets anders … iets wat na aan my hart lê. En dit is die:
Die rede daarvoor is eenvoudig. In die vlerkies van daai skoenlapperkie, lê die memories van seker die awesomeste mens wat ek nog ooit in my lewe die voorreg gehad het om te ontmoet. Hy het my gewys hoe om weer te lewe, hoe om elke dag en elke geleentheid met albei hande aan te gryp. En hoe om nie kwaad te wees wanneer dit voel of die Universe jou ‘n koue skouer gee nie. Hoe om weer op te staan, en die beste te maak van wat jy het en kry. En hy het actually vir my ‘n vuurvliegie gevang … so sag en teer met daai groot hande, en ek het dit sien flikker in die holte daarvan. Dit was amazing. En ons kon nie ‘n vuurvliegie opspoor as ‘n hangertjie nie, maar die vlinder is just fine! Ek sal dit vir altyd treasure, net soos sy vriendskap.
Ek gaan nog nie iemand tag met die een nie – ek moet eers weer terug kom in die blogging game. Maar kyk uit – een van die dae









