Nou ja toe – dis baaaaie maande sedert ek laas iets hier gedoen het … en ek is verbaas om te sien hoeveel hits hier nog elke dag is, en ook dat ek blykbaar 44 subscribers het!
Ek het nie eers geweet ek het EEN nie
Skuus as ek julle afgeskeep het.
Ek weet nie rerig hoe om dit te beskryf nie. Die afgelope tyd was ek besig met Bosluis se stuff, en ek het ontdek dat FB ‘n lekker en vinnige plek is waar mens ure se pret kan hê. Een one line funny comment, en daar is die gesprek of wat vir die dag. En dan is daar natuurlik nog my Skype pelle … so, eintlik weet al die mense wat belangrik is in my lewe, die hele tyd wat aangaan daarin.
Stelselmatig het blogs ‘n baie laaste plek begin inneem … ek bedoel nou om blogs te lees. Tyd, tyd, tyd, is my verskoning. Al waar ek nog uitkom, is by Demoerin en Flintie. En ja, Vreesloos Afrikaans! (Al word ek nie eers genoem in sy laaste post nie, ek voel diep seergemaak. Daar was ‘n tyd toe hy standbeelde vir my opgerig het …
)
Anyway … nou het ek vergeet hoekom ek die post begin het … hahaaha!
O ja – ek wil eintlik vir julle vertel van “life after divorce” … Dis nie rerig so kak soos wat die koerante sê nie. Ja, toegegee, in die begin was dit ‘n aanpassing. Maar vir my meer om aan die titel van ‘geskei’ gewoond te raak. Juis omdat ons teen die tyd toe die egskeiding deur was, alreeds amper ‘n jaar nie meer saam gebly het nie.
En intussen het baie water in die see geloop. Ek het my selfvertroue teruggekry, besef dat ek ‘n mens in my eie reg is. Ja, ek het ook ‘n stel of wat afgetrap omdat ek so gretig was dat iemand net van my moet hou om te bevestig dat ek nog vrou is … en dit was seer, maar so leer ons mos maar.
Ek glo dat ek ook slimmer geraak het, en geleer het om my hart ver weg te bere, en net die fun en games te geniet. Dis nie nodig dat elke interaksie met die teenoorgestelde geslag, romanties moet wees nie. Vriende met voordele beteken nie noodwendig seks nie – dit kan ook net beteken hy betaal vir my kos en drinks, en lewer vir my blomme af wanneer ek dit nie verwag nie
Of ek kan hom bel wanneer ek wil gaan fliek en dit nie alleen wil doen nie. Of … wel … hehehehhe
OK – noudat ons weer so effens opgevang het, gaan ek probeer om weer die blog te maak wat dit vir jare lank vir my was – absolute plesier (en so biekie terapie) ‘n Dagboek van my lewe – sodat julle ook deur my oë kan sien, en sodat ek iets het om op terug te kyk oor ‘n paar jaar. Want goeiste, toe ek vanaand so effens gaan teruglees, toe besef ek hoe kosbaar hierdie journey tot dusver was omdat dit hier vasgevang is.
En kyk net waar staan ons nou …








