Pffft, ek voel half soos ‘n blog virgin. Ek moet weer van voor af leer hoe werk die sidebar en al die stuff daar. Eintlik is hier baie werk om te doen. Baie blogs wat op my roll is, bestaan nie eers meer nie, of vat ‘n breek sedert 2009 … so wees maar geduldig met my totdat ek dit alles weer gefix het, asseblief.
Nou ja … ek wil weer blog, maar nou sit ek met ‘n bek vol tanne en het nie ‘n idee waaroor om te blog nie. Kom ek update julle maar oor so ‘n paar goed.
My seun is nogsteeds in Kanada, sedert Maart 2010. Kan nie glo dis al so lank nie. Ons gesels darem gereeld op Skype, en dit help so bietjie om die verlange so effens beter te maak. Daar is sprake dat hy teen Desember gaan huistoe kom, maar niks defnitiefs nie. Dit was vir my nogal moeilik in die begin, die skielik alleen wees. Maar hy is nou ‘n groot man en moet sy eie potjie begin krap. Alhoewel hy altyd my baby sal bly.
Sedert Januarie het ek ‘n loseerder, en dit was toe weer ‘n aanpassing van voor af. Net toe ek my ‘vryheid’ begin geniet en maak soos ek wil, moes ek weer iemand anders se behoeftes in ag begin neem. Sover gaan dit darem goed – nie drama met mekaar nie.
Roxy (die wors tefie) is einde Januarie skielik dood. Sy het sommer net oornag siek geword, en toe ek haar ‘n dag later veearts toe vat, toe sê hy daar is niks wat hy vir haar kan doen nie, en dit sal beter wees as sy uitgesit word.
Arme Spike het vir dae getjank, en as dit nie vir die loseerder was nie, sou hy nou baie eensaam gewees het.
Eintlik besef ek nou my lewe is effens boring op die oomblik. Die mees opwindendste ding wat ek onlangs gedoen het, was om LCHF (Low Carb High Fat) te gaan. Die hele kwessie is vir my vreeslik interessant, en as julle wil sal ek dalk op ‘n volgende post ietsie meer daaroor vertel.
O ja – en ek beplan so ‘n klein vakansiekie – dink dis net die tyd daarvoor nou. Maar meer daaroor annerdag, dis nog ‘n wyle weg …
Geniet die song! Ek hou nogal al hoe meer van Andriette.









Xena Phoenix said,
Junie 14, 2011 @ 5:04 nm
Welkom terug
Flintie said,
Junie 15, 2011 @ 5:24 nm
Jy is getag op my blog vriendin!
MaanKind said,
Junie 18, 2011 @ 10:07 vm
Dis gaaf om jou weer op die lug te sien.
Die pleb in my ontbloot… « Demoerin said,
Junie 30, 2011 @ 11:02 vm
[...] laat ons sien… ek tag vir Xena, Dellie en Flintie (ek het nie vergeet van jou tag nie Flints – ek [...]