Archive for Junie 30, 2011

Die een ding …

Flintie wil weet wat is die een ding wat vir my kosbaar is, wat ek sou gryp as die plek dalkies moet afbrand omdat ek te veel stuff in te veel proppe gedruk het … lol! 

Wel, my eerste, instinktiewe reaksie was … my handsak, natuurlik! Want my hele lewe is daarin. My beursie, my ID, tissues, daai ‘ander stuff’ wat ons girls nodig het, my sonbril, lip-ice, ‘n hele paar van daai sweeties wat mens by restaurante kry as jy klaar betaal het, ‘n nota boekie en pen, en tannestokkies. :mrgreen:  

Maar ek weet hy soek iets anders … iets wat na aan my hart lê. En dit is die: 

Die rede daarvoor is eenvoudig. In die vlerkies van daai skoenlapperkie, lê die memories van seker die awesomeste mens wat ek nog ooit in my lewe die voorreg gehad het om te ontmoet. Hy het my gewys hoe om weer te lewe, hoe om elke dag en elke geleentheid met albei hande aan te gryp. En hoe om nie kwaad te wees wanneer dit voel of die Universe jou ‘n koue skouer gee nie. Hoe om weer op te staan, en die beste te maak van wat jy het en kry. En hy het actually vir my ‘n vuurvliegie gevang … so sag en teer met daai groot hande, en ek het dit sien flikker in die holte daarvan. Dit was amazing. En ons kon nie ‘n vuurvliegie opspoor as ‘n hangertjie nie, maar die vlinder is just fine! Ek sal dit vir altyd treasure, net soos sy vriendskap. 

Ek gaan nog nie iemand tag met die een nie – ek moet eers weer terug kom in die blogging game. Maar kyk uit – een van die dae :wink:  

Comments (2) »

Die pleb in my ontbloot …

Demoerin wil nou sowaar hê ek moet julle vertel wat maak my kommin … asof julle nie alreeds weet nie! Hahahaa! Maar nou ja – laat ek dit dan swart op wit (of is dit nou groen op room) vir julle uitspel …

Ek drink bier uit die bottel uit. Dis mos klaar in ‘n glas, of hoe?

Ek koop soms dooswyn en drink dit saam met Sprite Zero, of selfs Coke Zero.

In die somer gaan ek soms kaalvoet Spar toe.

Ek trek my skoene uit as ek dans, en verloor dit dan soms :oops:

Ek het al ‘n uur in ‘n pub spandeer met onderstebo klere omdat my span verloor het.

Ek durf soms die winkels aan in ‘n sweetpak en sonder grimering.

Ek knyp stukkies rou wors af wat pas op die rooster beland het, met my hande. Tot groot ontsteltenis van die braaier.

Ek eet uit papierborde om skottelgoed te vermy. (Darem nie elke dag nie)

Ek het pienk Crocs!

Ek eet chips met my vingers …

Ek kan baie maklik ‘n hele Saterdag in my nagklere deurbring. 

Ek het plastiek rose. 

Ek het 4 Wimpy bekers! 

Nou ja toe – daar het julle dit! Ek is so kommin soos grond. Daar is sekerlik nog ‘n paar ander dinge ook, maar die is die eerstes wat rerig by my opkom. 

Nou moet ek seker ander ook tag … en die wenners is (drumroll)  Maankind en Charms 

En ek het ook nie vergeet van jou tag nie, Flintie – dis volgende! 

Comments (13) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers