Demoerin wil nou sowaar hê ek moet julle vertel wat maak my kommin … asof julle nie alreeds weet nie! Hahahaa! Maar nou ja – laat ek dit dan swart op wit (of is dit nou groen op room) vir julle uitspel …
Ek drink bier uit die bottel uit. Dis mos klaar in ‘n glas, of hoe?
Ek koop soms dooswyn en drink dit saam met Sprite Zero, of selfs Coke Zero.
In die somer gaan ek soms kaalvoet Spar toe.
Ek trek my skoene uit as ek dans, en verloor dit dan soms
Ek het al ‘n uur in ‘n pub spandeer met onderstebo klere omdat my span verloor het.
Ek durf soms die winkels aan in ‘n sweetpak en sonder grimering.
Ek knyp stukkies rou wors af wat pas op die rooster beland het, met my hande. Tot groot ontsteltenis van die braaier.
Ek eet uit papierborde om skottelgoed te vermy. (Darem nie elke dag nie)
Ek het pienk Crocs!
Ek eet chips met my vingers …
Ek kan baie maklik ‘n hele Saterdag in my nagklere deurbring.
Ek het plastiek rose.
Ek het 4 Wimpy bekers!
Nou ja toe – daar het julle dit! Ek is so kommin soos grond. Daar is sekerlik nog ‘n paar ander dinge ook, maar die is die eerstes wat rerig by my opkom.
Nou moet ek seker ander ook tag … en die wenners is (drumroll) Maankind en Charms
En ek het ook nie vergeet van jou tag nie, Flintie – dis volgende!









Flintie Stone said,
Junie 30, 2011 @ 6:39 nm
Kommin is die nuwe posh, so vrede sussa!
MaanKind said,
Junie 30, 2011 @ 7:29 nm
Ai tog Dellie… Maar being quite a pleb is dit nie moeilik om vinnig een te doen nie!
DIe pleb in my ontbloot… « MaanKind said,
Junie 30, 2011 @ 7:54 nm
[...] Dellie het nou vir my werk uitgedeel, en dit terwyl ons tiener kleinkind en sy jong vriend hier kuier. Om twee 17-jariges gevoed, ge-entertain en skoon gekleed te hou, neem tyd… Maar hulle kuier sluit sommer aan by die opdrag, om die pleb in my te ontbloot. [...]
MaanKind said,
Junie 30, 2011 @ 7:57 nm
OK. Done!
Dellie said,
Junie 30, 2011 @ 8:05 nm
Oh wow! Jy is heeeel oraait om so vinnig te reageer! Mwa !
demoerin said,
Julie 1, 2011 @ 7:46 vm
Dellie said,
Julie 1, 2011 @ 11:32 vm
Sallit wegsteek as julle kom kuier
Xena Phoenix said,
Julie 1, 2011 @ 12:01 nm
Net 4 Wimpy Bekers?
Dan is ek seker 10 keer meer kommin as jy.
Mens moet eintlik common wees | alleman said,
Julie 1, 2011 @ 3:58 nm
[...] Posted on Julie 1, 2011 by alleman| Lewer kommentaar Ek het lekker gelees aan Sonkind, PJ, Dellie, Demoerin, Murphy en Xena se draakstekery met snobwaardes, en toe in dieselfde week het Dana [...]
Charms said,
Julie 1, 2011 @ 4:16 nm
Dellie, ek like kommin mense
Kry ek ‘n plank saam met my huiswerk???
Dellie said,
Julie 1, 2011 @ 4:27 nm
Natuurlik Charms! Het ons dan nie elkeen alreeds ‘n plank nie?
Charms said,
Julie 1, 2011 @ 4:48 nm
Huiswerk gedoen. Sit met splinters in my g@t.
Die Pleb In My Ontbloot « Van Waar Jy Kyk said,
Julie 1, 2011 @ 4:40 nm
[...] Dellie het dit goed gedink dat ek nou my naam ook met ‘n plank slaan, so hier gaat ons: [...]