Archive for Julie, 2011

Rooikappie en Wolf – die VOLLE waarheid!

Eens op ‘n tyd was daar hierdie dogtertjie gewees wat in Feetjieland, reg langs die Towerwoud, gewoon het.

Eintlik was sy blond maar sy het heeldag met so ‘n rooi mussie op haar kop geloop met die gevolg dat almal in Feetjieland en die Towerwoud haar toe Rooikappie begin noem het.

Vreeslike fraai kind, en tog so lief vir haar Ouma. Ouma het in die nabygeleë Towerwoud gewoon, nie ver van die Houtkapper af nie want hulle twee het saans saam TV gekyk. Survivor was hoog op die lys want die bos was ook maar gevaarlik.

Een goeie dag kry Rooikappie toe ‘n sms van Ouma af waarin sy vra of sy nie asseblief vir haar ‘n paar goedjies uit die dorp sal saambring nie, en dan eet sy sommer middagete saam met Ouma en die Houtkapper. Ouma voel bietjie siekerig en lê bietjie in die bed.

So gesê so gedaan, en Rooikappie is toe daar weg na die naaste – en enigste – Spaar in die dorp. Spaar, want in Feetjieland kry jy nie ‘n franchise van die meer bekende winkel groep in menseland nie. Meeste mense wil dan probeer voorhou dat hulle nie eers in feetjies glo nie!

Toe maak Fielies die Smouskabouter sommer sy eie naam op. Hy wil Spaar ook franchise maar die ander kabouters wil net heeldag sampioensop maak en die feetjies se vlerkies vryf!

Read the rest of this entry »

Comments (19) »

Arrive Alive Airways

Volgens Blouwillem … hahahaha, ek loooove sy stuff! 

Daar begin natuurlik ook nou al meer inligting deursyfer oor die minibustaxi-vereniging se beplande laekoste-lugdiens. 

Die goeie nuus is dat ou vliegtuie nie noodwendig ’n slegte ding is nie. 

Dink só daaroor: Hulle is so oud omdat hulle nog kán vlieg. Ons het juis laasweek in Italië ’n laekoste-vlug gehaal in ’n viegtuig wat so oud was dat hy ’n buitetoilet gehad het en die nommers op die romp nog in Romeinse syfers was, maar watwou, ons is veilig terug op moederaarde!

Maar terug na ons eie AAA (Arrive Alive Airways). 

Ek en my ou maters het die naweek oor ’n versnaperinkie na ’n paar moontlike scenario’s gekyk as die AAA-vliegtuig in September opstyg vir sy eerste vlugte na Bisho en Bosbokrand.

Benewens die dakrak met die hoenders en die groot, bont sakke, sien ons toe voor ons geestesoog vliegtuie wat op die verkeerde kant van die aanloopbaan land en enige plek stop om passasiers af te laai, ’n vliegtuig gemaak vir 200 passasiers wat met 250 sittende en 50 staande passasiers opstyg en passasiers wat nie meer vooraf kaartjies hoef te koop nie, maar net langs die aanloopbaan staan met die regte kleingeld en die regte getal vingers in die lug (byvoorbeeld twee vir King Shaka in Durban en vyf vir Queen Zille in Kaapstad). 

Die ander ding is die vice grip om die stuurmeganisme mee te hanteer. 

Dik Daan sê hy dink in elk geval dis makliker om ’n vliegtuig te hanteer as ’n bulldozer, want ’n bull­dozer het twee joysticks en ’n vliegtuig net een. 

’n Retoerkaartjie vir AAA sal dalk een wees vir opstyg en nog een vir land. 

O ja, en die lugwaardin wat aankondig: “Vat asseblief u eie besittings saam. Enigiets wat agterbly, sal herverdeel word tussen die vlugpersoneel.” 

En dan uit die beheertoring: “Airtaxi 1007 for Bisho, you are clear­ed for take-off. Eisshhhjj, she’s gone already!”

Soos oom Johnny sê, niks anders in die lug sal ná September meer veilig kan voel nie, selfs nie die voëls nie.

Comments (4) »

Lunch

Comments (6) »

Lifeline

Terwyl daar biekie probleme is by Bosluis, kan julle hier gesels. Lyk my almal kry onttrekkings simptome! 

Comments (126) »

40 + tax

En daar is “16″ toe ook verby vir my. Wow, wat ‘n jaar! Ek het nie by die helfte van die goed uitgekom wat ek wou doen VOOR en tydens hierdie jaar nie, maar as ek terugkyk, dan dink ek: “Hell girl, you’ve come a long way!”

Toe sit ek nou en wonder – hoe gaan ek amptelik oor gaan na die + tax toe deel met ‘n “bang”? Mens lewe mos net een keer … en DIE dare lyk toe vir my perfek! 

Jy moet helder oordag, by ‘n besige garage, ‘n kar se voorruit gaan was in jou nities. PIENK nities en blou slippers … Nou ken julle vir my?? NIEMAND noem my chicken nie, so here goes …. whahahahaa! Ek wou vreeslik graag die voorruit gewas het met ‘n Stormers trui, maar kon ongelukkig nie een in die hande kry nie … 

In een van my FB pels se woorde: ” it’s better to be absolutely ridiculous than absolutely boring…”

Ek wonder wie van julle sal die moed hê om dieselfde te doen … komaan! Ons is net hier vir ‘n wyle – LIVE LIFE LOUD

Comments (11) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 289 other followers