Arrive Alive Airways

Volgens Blouwillem … hahahaha, ek loooove sy stuff! 

Daar begin natuurlik ook nou al meer inligting deursyfer oor die minibustaxi-vereniging se beplande laekoste-lugdiens. 

Die goeie nuus is dat ou vliegtuie nie noodwendig ’n slegte ding is nie. 

Dink só daaroor: Hulle is so oud omdat hulle nog kán vlieg. Ons het juis laasweek in Italië ’n laekoste-vlug gehaal in ’n viegtuig wat so oud was dat hy ’n buitetoilet gehad het en die nommers op die romp nog in Romeinse syfers was, maar watwou, ons is veilig terug op moederaarde!

Maar terug na ons eie AAA (Arrive Alive Airways). 

Ek en my ou maters het die naweek oor ’n versnaperinkie na ’n paar moontlike scenario’s gekyk as die AAA-vliegtuig in September opstyg vir sy eerste vlugte na Bisho en Bosbokrand.

Benewens die dakrak met die hoenders en die groot, bont sakke, sien ons toe voor ons geestesoog vliegtuie wat op die verkeerde kant van die aanloopbaan land en enige plek stop om passasiers af te laai, ’n vliegtuig gemaak vir 200 passasiers wat met 250 sittende en 50 staande passasiers opstyg en passasiers wat nie meer vooraf kaartjies hoef te koop nie, maar net langs die aanloopbaan staan met die regte kleingeld en die regte getal vingers in die lug (byvoorbeeld twee vir King Shaka in Durban en vyf vir Queen Zille in Kaapstad). 

Die ander ding is die vice grip om die stuurmeganisme mee te hanteer. 

Dik Daan sê hy dink in elk geval dis makliker om ’n vliegtuig te hanteer as ’n bulldozer, want ’n bull­dozer het twee joysticks en ’n vliegtuig net een. 

’n Retoerkaartjie vir AAA sal dalk een wees vir opstyg en nog een vir land. 

O ja, en die lugwaardin wat aankondig: “Vat asseblief u eie besittings saam. Enigiets wat agterbly, sal herverdeel word tussen die vlugpersoneel.” 

En dan uit die beheertoring: “Airtaxi 1007 for Bisho, you are clear­ed for take-off. Eisshhhjj, she’s gone already!”

Soos oom Johnny sê, niks anders in die lug sal ná September meer veilig kan voel nie, selfs nie die voëls nie.

4 Responses sover »

  1. 1

    Charms said,

    As ek dit so kyk, dan vlieg ek liewer maar soos altyd – in my mur in.

  2. 2

    CortinaXR6 said,

    Ek verneem jy eet nou net guava :-)

  3. 4

    Dellie said,

    Ag Harry rerig … as jy so bored is om jou ore uit te leen aan rumors, is ek nie eers lus om jou te antwoord nie :roll:


Comment RSS · TrackBack URI

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 47 other followers