Archive for Snaaks

Die einde

Lees die eerste deel van die storie hier

Voor hom in die pad sien hy iets wat soos … Aggenee!!! flokit dis die volstruis met die joint in die bek!!!!!…net nie dit nie! Hy spring weer op sy scooter, druk die turbo boost knoppie, en die scooter en hy styg op en ry deur die lug… rakelings verby die volstruis.  En bo-oor die skerppunt kerktoring terwyl hy uitbundig skree: “HIEEeee-HAaaaaaa!” wat amper klink soos die national anthem van ons in Frankryk.

Skielik is daar net sparks!!!! Frikiie besef hy het die Eskom kabel met die scooter se voorwiel gehaak en hy voel hy moet iets doen, maar helaas!! Dis te laat ..hy besef hy is besig om te nose dive.. terug….. na die volstruis en die bobbejaan op ‘n bisiekel toe. Hy val sy knaters plat op die grond en die scooter val in stukke doer anderkant. Toe hy by sy sinne kom sien hy ñ koper lamp langs hom lê. Dieselfde soort soos in Aladdin.

Frederik vryf die stof van die lamp af, en ‘n pienk ooievaar wat kondome vashou verskyn uit die bek van die lamp. Pienkes, groenes, langes, kortes… wat moet hy kies? “Bliksem hoerels – wat soek jy in die lamp?”  vra Frederik welglik terwyl die oorverdowende “booiiiing” klank steeds die genie lamp laat vibreer en allerhande goed soos ’sit die kat inni yskas’ deur Frederik se mind flits. Terwyl hy sy scooter spares optel en in die rooi en groen kondome bere … hy moet nog by ouma Stienie uitkom. In sy haas vergeet hy dat rooi en groen kondome in die donker ‘n neon effek het. Sweet perel teen sy voorkop af.

Maar ouma stienie is nie daar nie sy is besig om al die girls wat vir haar stevie booi so baie kak gee te moker met haar koekroller. In haar angs vergeet sy van die sigaret wat sy tussen haar viners vasknyp en ‘n venynige kooltjie skroei haar – my ***** skree sy terwyl sy die skade in haar brannas en coke probeer afkoel. Intussen sien Griffel – of is dit nou Muffia – die groen en rooi luminous kondome en wonder wat om met dit te doen, daar is net xtra smalls nogal ge”lable” joos specials” en as jy een koop kry jy 10 gratis, one size fits all. Maar besluit daarteen – hy onthou toe skielik hy het miskien tien vingers – maar net een heel onderbroek.  Met die kondome oor sy skouer begin val hy inni pad. ñ Paar kilometer verder stop Joost langs hom in ñ fattap bakkie en ñ moerse klomp tasse agterop die bak. “Stuur groete aan jou ma…. maar hou haar net daar …… ” kerm oor sy kar se kak soundsystem en hy vra vir Frederik:

“Van nou af is dit net ek en jy – en ‘n volstruis met ‘n zol en twee biere.” Frederik wetie of hy die bosse moet inhol of ook soos hoerels moet emigrate nie. Joost sê: “Jy lyk so kak soos ek voel. Klim jy in? Eks oppad na Steve toe.” Hy sê vir hom “Bel my as jou hart k*k vreet. Hy (sê) hy sal.”

“Ja swaer, hoe gaan dit met al die meisies, stel my bietjie voor asb man, ek is verveeld by die huis.” Terwyl hulle Benoni toe ry, terwyl hulle Randburg toe ry, terwyl hulle Sasolburg toe ry, terwyl hul op mekaar se rue ry, sien hulle al die asters in kort rompies en hoe hak skoentjies ….. en wonder wie sal game wees om eerste die volstruis te tackle en wie gaan royal game wees – so roberige storie om die genie lamp in die een hand en die kondome in die ander hand met al die scooter spares is hy oppad, na ‘n ver ver land …

Ouma Stienie sit oppi stoep en hoop dat Frederik nog sal kom kuier en v haar ‘n chomp bring toe sy ‘n stoffie in die verte sien maar sy het nie haar bril op nie en die rookwalms pla haar oe, sy kan nie mooi sien wie daar aankom nie. Sy staan op, sit haar hand voor haar oë en tuur na die stofwolk … iets wil bekend lyk – “My fok,” dink sy. “Kan dit wees??” Dis sowaar Frederikkie op die volstruis se rug met die pappagaai oppi bobbejaan se rug kort op hulle hakke, en dan ‘n fattap bakkie met Alvin in – of is dit Elvis ?? – die aanhoudende vra en agterdog maak haar moeg. Sy gryp haar ‘druk-’n-dop’ bottel en gooi sommer ‘n dubbel brandy in haar koffie beker, maar vergeet dat daar rooimiere in die koffie beker ingeklim het ……

Aggenee!! dink Frederikkie, hierdie klink nou net soos Huilgenoot , ek moes flokkin hard op my kop geval het ?? .. ek hallusineer helemal!! Alles is blou! Terwyl hy so hullusineer sien hy ‘n Jollie meisie op ‘n galloppende ponie, al poepende by hom verby jaag… amal is oppad na na een of ander flouspel. Onwillekeurig begin hy sing…”Alles is blou, blou is die hemel , blou is die maan….blou is die venster waarby ek staan” …met ‘n skok besef hy!… dit is Spietkops reg rondom hom! …. alles is blou, blou, blou, ligte!! In tussen is ouma Stiene besig om dronk rooimiere een vir een met ‘n tweazer uit haar koffie beker te haal … ‘harde tye mompel sy!” en bekyk die rooimier gedoentes wat. …. lekker geolie…. begin jive het op die maat van Jailhouse Rock!! Arme Frederikkie trek i inmekaar van die pyn in sy Kort Derm!!….. Spietkops , spietkops net waar jy kyk!!… ‘n Valiant, ‘n swart ene kom ook daar tot stilstand, ..en hy hoor ‘n Kerkorrel iewers in die verte speel…. Hy onthou ..een aand op ‘n trein na Pretoria… Toe een of ander Rastafariër, hoog gerook die Volkslied probeer sing het… Because he was high, because he was high, because he was high!! …en Frederikkie dink I am so lonely, little Frikkie lonely,… I have no body i’m on my own ♪ ♫ ♪ , I have no body to talk to meeeeeeee!!!!! ♪ ♫ ♪ ♫ Oh, Oh, Oh, oh, Frederik sug! ..Sunday morning comming down with nou way to hold my head it does’nt hurt… outch!! ..en hy verlang na sy ouma Stienie! Frederik is raadop! … As julle ouens nie nou beginne skryf nie dan gooi ek wat Frikkie is ‘n vloermoer net hier op Dellie se stoep !! Maar toe Frikkie uiteindelik op Dellie se stoep beland,… sien hy tot sy verbasing daar is ‘n Zulu op die stoep! Frederik hammer aan Dellie se deur.. Dellie! Dellie!! word wakker!!!!………

Ouma Stienie sien v Frederik op die stoep lê in die fetusposisie met ‘n paar gebrande sokkies rondom hom. Geskok harloop ouma Stiene nader..Flokit Frederikkie, het jy alweer jou sokkies gerook kind!!! Waar is ek? wonner Frederik. Hennenman? Puntsonderwater? Of dalk eindelik moet ek daai “man in the mirror” vra, besluit Frederik – hy sal joos nie vir my lieg nie. Frederik is verward en deurmekaar ..skrik sy gaai af vir sy ouma Stienie… Verwilderd harloop hy die huis binne… en gaan kruip onder die kombuistafel weg. Hy gryp sy kop in sy hande en prewel saggies “Moenie, Moet asseblief nie weer in die potplante kots nie – die reuk laat my dink aan die tyd in die amesone toe ek daai mengsel van muisdrolle en vrot kakiebos moes inwurg. Dit was ‘n ritueel om my ingewy te kry as ‘classic man on the ground’ en dit het my ore laat rook, en my tande laat stomp word. Ai!” dink Frederik..”as ek net tog nie van daai warm curry geëet het nie – nou moet ek ysblokkies in my eie hol opdruk om verligting te kry.”

Stadig en versigtig kruip hy later onder die tafel uit…. Hy loop verby ‘n spieël, ..herken homself nie en trek los met een moerawiese vuishou… hehehe giggel die outjie toe hy besef sy ouma Stienie gaan hom hard bliksem as hy haar spieël breek. Skielik begin sy broek vibreer en hy besef sy selfoon lui na drie minute antwoord hy toe en “Waar is jy, jou fokker???” gil die stem aan die annerkant. “Dis amper Maandag en ek hoop jy onthou van daai TERT!!!!! …Ja!” gil sy “ek hoop jy onthou van daardie KLAP wat ek jou gegee het! …en bring sommer ‘n donnerse brood saam vir die kinners……..”

“Bring die brood” mompel hy by homself. “Fok julle ek gaan nou Teazers toe, gaan koop julle eie brood.”  Stap hy innie straat af met sy hanne in sy sakke en skop so na ‘n hoopie wit honne stront wat in die slootjie lê. “Ja fok julle ek  het genoeg gehad van julle stront. Ek gaan nou vir my ñ job by Teazers gaan kry as ñ paal polisher, smeer hom vol braso vir die blink en vryf dit af met KY vir die fun. Laasweek het hy in die koerant gelees van die paaldanseres wat ñ punctured plastic boob opgedoen het oor di KY haar van die paal laat afmoer het. Hy wil graag nou skuurpapier teen die laaste deel van die paal plak sodat hulle grip het om te stop, maar weet dit sal ñ goeie idee wees. Die girrrls kan hulle skurwe hakke met die skuurpapier pedicure met die afgly-slag. Hy moet ook nog daai bloedrooi g-string van hom gaan was sodat hy dit kan aantrek maar hy weet Nataniël het die g-string geleen so hy sal maar (hy wonder hoe gaan hy daai blerrie wit kolle uit sy undies kry) maar dink hy eers die werk moet kry en arriveer by Teazers…

Ag ja dik Frederik, lekker om te dag droom en sukkel maar aan na die porra se cafè op die hoek om die brood te gaan koop, sal seker maar moet dadelik huistoe met die brood want die kinders is honger en is ook nie weer lus vir ‘n gemoan van sy vrou nie, maar dan loop hy hom vas in Lola een van die strippers….

Hy besluit toe maar om bietjie navraag te doen en vra haar uit oor die effektebeurs en of sy dink dit sal ñ goeie idee wees om in olie te belê. Sy kyk verbaas na hom en sê: “Ek het net raad om by my te lê as jy `n paar rand het… Frederik sê hy het wel `n paar rand aan hom, maar hy moet eintlik brood gaan koop. Lola sê “fokkie brood, man. Kom ons gaan eerder brand vir ‘n rand Frederikie en dan kan ons ook … “

“Duh! Uhm … Dit k-k-klink f-f-fflokken l-l-lllekkkkerrr!!”  stotter hy! …”en dan kan ons sommer koekkies bak ook as ons klaar is en dannn kan ons parkie toe gaan! Ons kan op die glyplank gly en swaai en als!”  Lola sê: “Ons sal papsopwinterwaternat wees as ons in daai fonteintjie gaan speel!”  Frederik voel hoe alles beginne styf word van pure opgewondenheid, dis nou of nooit dink hy…

“Nee Lola nee!” skree Frederik. Hy vat die geld, spring in ‘n taxi, en boek homself in by die naaste malhuis waar hy sy dae deurbring in ‘n sponskamer met drogbeelde van joint-rokende volstruise wat hom teister vir die res van sy lewe.

Die einde.

:lol:  Dit was prettig! Dankie aan almal vir die saamspeel! :lol:

Comments (7) »

Dis myne!

Moenie dat ek julle steur met die storie nie … gaan gerus voort! Ek voel al so jammer vir Frederik – die arme man weet nou nie meer of hy kom of gaan nie! ROFL. Erens gaan hy moet settle en liefde vind … en miskien ‘n kat, hond en hamster kry (en ‘n nuwe goudvis genaamd ‘Baby’)  – en daai pappagaai wat hy oor die naweek op die trappe raakgeloop het! Whahahaha! Ek sal more die storie weer saamvat as julle nog wil speel – anners moet dit nou ‘n gracefull einde kry.

As julle hierdie ou nog nooit raakgesien/surf het nie – dan weet ek presies hoe julle voel. Tot ‘n paar uur gelede het ek nie eers geweet van sy bestaan nie. Maar danksy Toast wat ‘n link inni Kroeg kom gooi het, en op die Werf, is ek ook nou effens … uhm … ek weet nie wat die regte woord is nie, maar ek dink ek hou hiervan!

En toe ek eers begin luister, toe kan ek nie ophou nie. Die man is skreeusnaaks! Maar hy spreek tog die issues aan … ek love die ene!

Comments (1) »

Storie tyd vervolg …

Mense, ek het my self seer gelag gister vir die storie. Party plekke maak dit glad nie sin nie, en op sommiges is dit asof ons helemal in sinc was. Die comments raak nou bietjie baie daar, so ek gaan die storie hier saamvat, en dan kan julle verder speel as julle wil. Probeer maar so effens hou by die reëls:

min of meer 10 woorde

jy mag nie twee keer na mekaar comment nie

Die storie tot dusver …

“Ek sal dit nooit, nooit weer doen nie!” skree Frederik, terwyl hy vir die oop venster snol en struikel oor die bank waaroor hy probeer spring. Jy sien net hare en tanne spat toe sy kakebeen die hond se agterpoot vang. Die hond spring op en met ‘n hengse getjank stamp hy die tafel waarop die visbak staan.

“Ag my fok, dit ook nog,”  dink Frederik toe hy die goudvis op die vloer sien spartel. Terwyl hy tandloos op een been rondspring en probeer om die goudvis te red gly hy en daar val hy teen die tv. Agge nee dit ook nog.

Net toe lui die deuklokkie en Frederik dink by homself “Staan op en kots in die lampskerm in die hoek. Dis mos hoeka vrydag die 13de … wat nog?”

“Wie de fok is nou hier?” wonder Frederik terwyl hy spring deur toe met ‘n kotsstreep. Net nie nog ‘n Suid Siberiese berg slet nie…… kots. Hy pluk die deur oop, en kots opnuut toe hy (min wetende dat kersvader deur die venster loer) sy eksvrou op die stoep gewaar.

“Nou wat soek sy hier?” wonder Frederik toe hy vir die sesde keer sy maag leeg kots. Toe hy sien hoe lekker sy eks vroutjie lyk wonder hy, dink hy, en besluit om maar eerder te kalmeer of  haar dalk aan die hare in te sleep en die kak uit haar te moer voordat sy haar bek oopmaak en hom dalk weer vra vir geld om haar linkertoon te kielie met ‘n mielie tot sy lekker kry.  (Se ingroei nael wat nou al die 13de keer ingroei, se nael te laat verwyder wat mos ondergroeisels laat verander.)

“Shit,” dink sy “ek praat mos nou in verskillende rigtings.” Terwyl die buurman staan en kyk hoe kersvader die vis (en dit kan net haar kans op die miljoen erfgeld) versigtig optel en terug plaas in die water en siedaar! Daar gaan die buurman se vrou terug in die klas. En ja erfgeld kan sy nie verloor nie dis te kosbaar.

“Ag Frederik my liewe ex, wil jy nie asb hierdie zip help loskry nie, ek kannie so lekker bykom nie, pienk g-string en sprinkbok rugbytrui van my wegsteek en vir my jou bloubul hempie leen nie? Ek wil tog eerder `n bloubul danseres wees want bloubulle het groter, langer, duime as enige ander rugbyspelers. Dus wil ek jou net gou try en sal dan besluit of jy wel goed genoeg is vir sluwe slap sluimerige onder water gutter seks en jou goudvis vir die hond voer en dan … jaaaa meer meeer jaaaaa jaaaa jaaaaa jaaaa uhm uh… klap oor jy koud kry van naak rondloop waar daar, sommer ook `n goeie S&M sessie gee voor ek vir, lang verlore asem deur my hare voel en hoendervleis oor my kleintoontjie kry van die venster wat kersvader oopgelos het.

“Mwha sc-” sê die loervink Harry terwyl hy kwylend vir hulle kyk. My hele lyf sidder en my koors wat weer stuig. “Mmm” dink hy terwyl hy so na sy kleintoontjie kyk. Maar eintlik loer hy net vir sc. Ag shit nee toe sien sy vir Harry en bekak haar self. En wonder hoekom die storie nie sense maak nie. “Nee fok,” sê Frederik. “Wat maak jy nou?” Met verbasing kyk harry hoe dit teen parkes se been afloop.

“Ek wens ek het groter voete gehad sodat ek daai duime van my tot goeie gebruik kan inspan vir ingeval Frederik vir Harry vra vir `n bietjie Jurie-speletjies. Harry fluister vir Sc: “Kry my by pens se hoenderhok.”

Harry stem dadlik in met ‘n baie groooot smile, hy kry solank die KY jellie uit bloutrok se cubbyhole en smeer dit sagkuns aan die oulikste wonderlikste beste Hurie se pensie af tot by sy linkertoon en weer opwaarts tot oor sy regter boonste ooglid sodat hy niks kan sien. Hurie kyk verontwaardig en vra “weet jy nie waarvoor KY is nie?” na sy oorvergroeide haar bedekte nealtjie. Harry geniet elke oomblik.

Frederick is nou confused – wat het KY met my val te doen? “O ja!” onthou hy, dit was mos sy droom van gisteraand. Hy wonder of dit `n bad acid trip is wat hy het van al die hoenerdrolle wat hy rook agter die huis se hoenerplaas, dan skrik hy en dink ek sal minder gedroogde hoenderstront moet rook. Sulke rookgoed laat `n mens dink jy is die kat se snor. Frederik kyk rond en druk Dellie se kroeg bors in Hairy se oog en sien eweskielik die groot boks wat kersvader op die grasperk, en sien n motor die werf indraai en wonder wie, en sien is Hairy en druk Parkes se vinger in sy oor. Parkes wikkel haar vinger in sy oor en gee hom ‘n sopnat pinkie in die middeloor wat moontlik tot gevolg gaan hê dat sy mind effens change. Maar dis woes -  kan hê dat hy middelooronsteking kry. Dan sal hy nie meer kan lui na n helse oorinfeksie wat geen mens kan. Lekker,  en die kinky gedagtes hardloop wild deur sy warm gebakte brein want hy staan al ure in die namibson.

En weereens kom hy tot bedaring en dink “wat gaan aan??” Die boks op die gras begin skielik beweeg en ‘n lang slap motor beweeg voor die huis verby en skielik sien hy vir Janneman, sy lang verlore eerste liefde, hy hardloop teen die boom vas van opgewondenheid en sonsteek. Net toe tot in die straat en skreeu “JANNEMAN!! JANNEMAN! hier’s ek!” ” Jou hairy helse lekker Harry, vat my maak my joune!” Soos ‘n Suid-Siberiese hofnar spring hy op en af. “Ek belowe om hierdie keer getrou te bly aan jou!”

Frederik se ex sit op die stoep en suig aan ‘n bloedrooi suigstokkie haar hele mond is bloedrooi van die suigstokkie en sy neem ‘n slukkie van die glasie wyn. Frederik draai om en dink: “Wie moet ek nou kies?”

Angstig haal Frederik sy selfoon uit sy sak en bel vir sy ma wat altyd ‘n oor het om na hom te luister. Maar vandag is sy ma in ‘n kak bui en skel hom verskriklik: “Jou mofgat! Jy moet rigting kry! Jou Pa is amper by die huis en dan kak jy en Janneman altwee, hierdie kak stop hier want jy het ‘n vrou gehad maar nee, hou eerder van holjol!”

Frederik bloos rooier as sy ex se suigstokkie toe hy besef watse mens hy uitgedraai het. “Sowaar, dis nou ‘n poespas spul die” dink hy by homself – “wag laat ek hier wegkom!” Hy gooi die foon neer en hol in die straat op. Hy gryp sy sleutels, spring in die kar en jaag in die stofpad af! Hy stop onder ‘n boom en besluit om maar eerder die teerpad aan te durf – Cops of geen Cops. Hy jaag met n spoed weg die sweet tap hom af, ‘n paar biere te knak en ‘n paar zolle te rol… dan dink hy weer an sy ma se woorde en besluit dat mens nie met ‘n ander man se kallers ploeg nie. Hy weet nou wat is die regte ding om te doen – ek gaan bar toe! daar waar die baie shooters is! Maar besluit volstrek om dit nie te doen nie maar eerder vat die pad Teazers toe!!! Hy dink aan sy held Poen Deelman en jaag soos die duiwel!

Hy ry toe met n spoed na die bar maar raai wat? Hy ry teen 32km/h in die 16 bordjie vas – en sy hele bierpens is nou vol blou kollle! Skielik spring ‘n pot blou mannetjie voor hom inni pad en waarsku hom daai lang swart slap kar staan hier agter die bar. Hy klim uit en vloek daai kodddige klein blou mannetjie dat die spoeg so spat! En net daar besluit hy: “Dis waar my geluk lê!” Hy buk net daar, tel sy gelukop en sit dit terug in sy sak – maar geluk is ‘n moeilike ding! Want toe besef hy: “‘n mofgat is ek en hier binne sit die liefde van my lewe.” Hy besluit toe net daar sy ma se moer, dis sy lewe.

Agter hom hoor hy iemand sing:♫♪ Daar oorkant die spruit…♫♪ sit n uil en fluit op n tak. Hy kyk om en daar sit Ta – ‘n 10voet Volstruis – met ‘n joint in die bek. Nou ‘n volstruis het nie lippe nie – so daai joint word platgedruk! Hy wonder wat sal hy doen, bly of hardloop? ♫♪tien tarentale het hom dood gespuit met ‘n …♫♪ en hy vra vir Vollie volstruis vir n paar draws. hy besluit fok daai volstruis – hy soek daai joint. Maar eers stel die Volstruis homself voor as Pollie… en hou so ewe sy een vlerk uit. En dink aan n plan om daai joint te kry.  Maar toe hy nader stap sê die volstruis vir hom “give me your wallet!”  “Ja fok vat die wallet, gee die joint!”

EN hy dink terug aan die keer op Carte Blanche toe hulle die dokumentêr oor die Volstruis Bende gedoen het! Hy besluit toe net daar nou sal iets drasties moet gebeur. Hy skop die volstruis op die ballas en hardloop – maar hy misgis hom – volstruise het nie ballas nie! Hy het nou die joint maar soek sy wallet terug en hy probeer die volstruis tackle dat die vere spat. En die volstruis belsuit nou is dit my beurt bliksem! Toe hy omdraai toe skop die volstruis hom op die ballas. Frederik sak inmekaar en skree. Die volstruis hou aan skop. Hy dink hy moet NOU hardloop, voor sy ma hom herdoop na Caster! “Eina donner!” skree hy en val op sy gesig inni pad. “Shit!” dink hy. “Is ek dan ook ‘n man en ‘n vrou??” “Dit was n lae hou!” skree frederik terwyl hy nog op die teer le en spartel om op te kom. “O donner ek beter hol voor Frank my vang!”  Hy sien hoe die volstruis met bol vlerke nader kom. Hy skreeu “NEE ek wil vrede maak! Los my net uit asb!” En hy dink “Hier word ek vrek getrap vandag…!” en staan op. Hy hol en spring in n boom klim vinnig na bo en toe hy links kyk, sien hy vir bobjaan en hy sit die joint en rook, die blikskottel!

Hy wens toe hy was maar eerder by sy ex vrou want hy weet daar gaan hy liefde kry en hier gaan hy op sy moer kry. Hy spring af, klim in sy kar en jaag met n spoed huistoe, waar sy nogsteeds op die stoep sit en suig aan die suigstokkie, hy sy ex kry en verskriklik huil hy gryp haar soen haar en vertel haar hoe lief is hy vir haar.

“Nee jou bliksem”, sê sy ex – “jy wou mos nie my tone langs die dorpswembad suig daardie een Kersfees nie.” “Ag my liefie.., jy weet mos jou Ma was daar en sy laaik nie suck in public nie. Gee my ‘n lekkie van jou lollipop asb dan gee ek jou ‘n lekkie van my lollie roomys wat besig is om te mors. Wanneer gaan jou ma die emmer skop dat jy kan erf om dinge vir my skelmpie beter te kan maak. Onthou net dat die kinders vreeslik geld kan mors. Ons moet hulle eerder niks daarvan sê nie”

Hy skrik wakker en besef dit was alles net ‘n droom!!… terwyl die sweet nog op sy voorhoof perel gryp hy sy selfoon en skakel sy skelmpie, dankie tog …hy besef hy sal nou moet versigtig netnou vind vroulief regtig uit van sy snuifie op die kant. Hy besef hy het verslaap , spring daar met ‘n stink spoed die bed uit! trek sommer so in die hardloop aan..hy is laat vir werk!!

En op dun ys besf hy dat slegte verkeer nie nierdie keer sy bas en pong asem gaan red nie. Toe kom hy agter iemand het in sy skoen ‘n spronkaan gelos – een van daai wat agteruit spring en dan jou tone byt. Hy skud sy voet om die spronkaan af te kry, en sien toe die dooie goudvis raak. “Ag my fok tog,” dink hy. “Iemand het die arme ding.” Gou google hy sprongkaan want al wat hy ken is parktown prawn. Met bewe handjie spuit hy doom en vergeet van vroutjie se troetel spinnekop…  Rosie die tarantula, wat besig is om die sprinkaan te bekruip, verstik inni walms doom en dop om en gee so ‘n paar stuiptrekkings voordat hy die kreet in die straat hoor.

Dis Julius op sy baaisiekel wat skuinsweg ‘n ghop gestuur het, toe die reeds gommerige tarantula hom reg op die tande tref. Met bodygards wat saam hardloop. “Hell,” dink Frikkie (of what ever sy naam is) “hier kom groot poe.” En sowaar dit is ook toe so  dat hy daar en dan besluit om weer die Liewe Heksie boekie onder die bed uit te haal en deeglik te lees hoe om ‘n besem te hanteer.  Aspoestertjie is te treurig so hy sal liewers Rooikappie kry en dan die kappie gebruik. En kan so ‘n vuilgat brand? Moenie praat nie! Vernaam as die rooikappie vol chillies gesmeer is. Die kappie werk toe nie, en hy gryp na ‘n bossie. Dit is toe dat hy met die boeredans begin en sy voet vashaak en hy neus eerste in die hairy hond se  eie stront beland. tarantula eenkant nog vasgeknyp tussen sy valstande. “Fokkieboereeeeee!!” gil hy woedend, en sy hele broek vol stront. Hy kyk op toe sien hy die volstruis met die joint en die bobbejaan wat vir hom lag.

Langeman staan nader met ‘n tweezer en Frederik raak bekommerd en weet onmiddelik dat geen mens stront met ‘n tweezer kan skoonmaak nie. Met sy broek om sy enkels hop hy, hy gryp na die joint, maar hy sal die volstruis moet gebruik,  so vinnig as wat hy kan – oor die goudvis, by die venster uit. Die volstruis besluit sy het nou genoeg gehad en met rollende woedende ogies, want die bobbejaan grynslag vir hom, slurp sy die goudvis op en verstik.

Julius voel hoe gister se very hot chakalaka in sy keel opstoot en Frederik wonner: “Moet ek die witjassies bel?” “Help my bra,” kreun hy “O tog nee, bel liewer vir Dowwe Dolla!”  Sy vinger is dom, en hy bel per ongeluk die hoerhuis en die medem kom terstond. Maar eintlik wou HY. Maar hy was te laat want die bobbejaan het al klaar alles opgerook en eerste gebel.

Met die reuk van doom, poe, kots en tweehandse chakalaka nog in die lug stap frederik trots uit inni oggend son om te gaan werk … maar toe kom hy by die verkeerde gebou uit en halfpad met die trappe op dink hy: “My lewe suig.” En dit is toe die bolstruis wat met hom praat. “Fok my,” dink hy, “ek is nie lekker nie!” “Jy’s ‘n perd met ‘n anner klank” seg hy toe, met die zol inni platbek en die bobbejaan op sy rug.

“Help!” skrree iemand. Dan besef hy eers die krete kom van homself af. Die volstruis klap haar vlerke, die bobbejaan val af en skree saam hom. Hy kyk die bobbejaan woedend aan. “Jy!!!” skreeu hy. “Lyk nes my skoonma en sy is lankal verby haar vervaldatum. “Ek weet fokkol van Franse dinge,” bler die volstruis krakend verby die dik zol. “Ek is local.”

Frederik slaak ‘n sug van verligting toe hy sien die pappagaai loop by die trappe af. “Praat met my! Praat met my!” hardloop hy huilend agter die dik vool aan. Maar die pappegaai sê: “Ag tjol met jou man, hierdie voël gaan nou rokof.” Fredirik sak op sy kniee. Ek voel orals verwerp. “Ek kanni pratie – my airtime is op-op-op!” gil die pappagaai. Frederik sê “Google dan man, google!”

Frederik besluit hy gaan beslis nie w ‘n joint rook nie, dit maak hom dinge sien en hoor. Hy gaan ‘n nuwe blaai omslaan dink hy by homself. Hy het vir Ouma Stienie belowe hy gaan haar oor die naweek bietjie kuier en bederf. Hy stop gou by die hoek kaffee en koop ‘n lekker groot Chomp en ‘n loose draw(fok, sigarette het fokken duur geword, sê hy en druk dit in sy Checkers sakkie saam met die half-jack Mainstay) Fokkit, Ouma gaan bly wees om hom te sien. Hy klim op sy pienk scooter en sit af na “Huis Spataar”

Maar so om die eerste draai trek ‘n spietkop hom af! ..”ag flok sug Frederik” … Spietkop loer so in sy rugsak..”Ja nes ek gedink het..hele bottel drank (Mainstay)..Kom dat jy kom blaas ou pel!”.. Frikkie skrik sommer sy snot weg en gee sommer die “Chomp” van ouma Stienie vir die Spietkop!

Frikkie gooi ook sommer ‘n lui op sy selfoon na DELLIE!! .. “Dellie die comments raak te lank ..refresh gaan al hoe stadiger asb. blaai net so bietjie om na die volgende bladsy!!! fanks Choppertjie!!” … en dan stap hy maar gedwee saam met dit Spietkop om te gaan blaas!……….

Skielik begin die Spietkop “Briekdans” “stop stop ek’s ‘n Spietkop, ek het ‘n boek ok!” …. sing hy terwyl hy so op sy kop al in die rondte tol!! … Frikkie dink:….” nou is my kans!” … Hy hol vir sy Scooter, .. “Sputnik one” ……..
Frikkie jaag..waars al die mense die pad is doodstil. Niks meer as 10 woorde !!! maal dit deur sy kop Ek is in die moeilikheid!

Voor hom in die pad sien hy iets wat soos … Aggenee!!! flokit dis die volstruis met die joint in die bek!!!!!…net nie dit nie! Hy spring weer op sy scooter, druk die turbo boost knoppie, en die scooter en hy styg op en ry deur die lug….

Comments (118) »

Dis weer storie tyd!

*sug* Einde van die jaar amper  … almal is moeg, almal is fyngevoelig en liggeraak … jy ken die feeling né? Daai ene waar jy onwillekeurig jou moer strip en iets sê wat jy nie rerig wou of bedoel het nie …. ? Of drome het van hoe jy iemand deur ‘n venster gooi en staan en lag terwyl hulle bloei?  Jip, ek’s seker julle doen.

Toe reken ek … dis weer tyd dat die creative juices bietjie vloei … net om so effens te fokus op iets anders? En toe kry ek die idee … ons moet weer ‘n storie skryf! Maar so bietjie anders as met die tandem stories – ons gaan  dit sommer hier in die comments doen in plaas van ‘n oor en weer gemailery. Want dan vergeet mens daarvan, né Emil? :wink:

Reëls is baie eenvoudig – iemand begin met ‘n storie, en almal las by – maar nou ook nie paragrawe nie. Kom ons beperk dit tot net 10 woorde wat jy mag bylas. Maar dit MOET presies 10 woorde wees …. :evil:  En niks anner geselsies inni comments nie – net die storie, né? Ek weet laaaaank terug het iemand anders ook die game gespeel,  met 5 woorde, en dit was vreeslik prettig. Jou bydrae mag heel moontlik eindig in die middel van ‘n sin – en dis juis daar waar die pret inkom. Dink mooi oor jou 10 woordjies … en jy mag bylas soveel kere as wat jy wil, maar nie twee keer na mekaar nie. Op die ou end sal ek die hele storie saamvat in een post. En dan kan ons giggel en gesels daaroor.

En soos gewoonlik – julle weet mos, anything goes. :wink:  Maak oop die koppies, dink buite die boksie, sit op die brilletjie,  … and have fun!!

Uhm, daai is nie die begin van die storie nie. :lol: Koekie gaan vir ons die storie begin, aangesien sy nie vroeg deur die dag hier kan wees nie. Thanx Koekie! En ek mag ook saamspeel.  :wink:

“Ek sal dit nooit, nooit weer doen nie!” skree Frederik, terwyl hy vir die oop venster snol….

Comments (278) »

Sonde met die honde

Hierdie e-mail doen tans die rondtes … ek het so gegiggel vanmore, dat ek dit net met julle moet deel:

Ek sweer ek het dit nou gehad met die honde … Ek gaan hulle nog een kans gee. Die ding is, ek weet rerig nie meer wat om te doen nie want dis elke dag iets anders. En dit maak nie saak as ek goed hoog ophang of wegsteek nie, want Johnson kan al meer as ‘n meter hoog spring. So dalk as iemand weet van mense met ‘n plaas wat 2 Jack Russels soek, laat weet my. Ek wil rerig nie die honde weggee nie, maar ek raak nou moedeloos.

Gister het hulle ‘n fokken R700 boksak bygekom. Behalwe die boksak, het hulle die volgende goed ook al opgevreet:

‘n R450 Rougz honde mandjie wat die veearts my belowe het sal ten minste 1 jaar hou (wel, hy het dit net-net verby die 3 weke merk gemaak)

2 kampstoele (nie eers myne nie, maar mense wat by my gebraai het s’n)

20m tuinslang is in 400 vyf sentimeter stukkies gekou

Hulle kom nie meer in die huis nie, maar ek dink die honde kan teleport soos op Star Trek, want daar is nou al 3 handdoeke, 20 onderbroeke, kombuis vadoeke, en ‘n remote opgevreet.

2 Besems

1 Rubber hark …

3 Sakke charcoal (hulle skeur nie net die sak nie, hulle vreet actaully die charcoal. Dan moet mens 2 dae lank pikswart honde kak optel) En vir die wat wonder, ek bere die charcoal binne in my Weber onder sy deksel. Die hond spring op die Weber, balanseer op een of ander onverklaarbare manier homself, stamp die deksel af en trek die sak  charcoal uit die Weber en vreet dit op.

Al die sifdraad, mesh grid en enige ander ding wat ek opgesit het om hulle uit die tuin te hou. En ja, hulle sluk actually stukke sifdraad in. Jy sien dit in hulle mis twee dae later.

Klein boompie wat by my agterdeur gestaan het. Hulle het actually ‘n hele fokken boom opgevreet!

My potplant binne die huis is moertoe. Weereens, dis asof Johnson vinnig in hardloop as die deur oop is en voor jy hom kan vang of moer, byt hy alles, gryp ‘n speakerdraad en spring op al die beddens en banke.

‘n Grasperk – hulle myn vir steenkool of goud. Die rede hoekom ek dit sê, hulle soek defnitief nie vir krieke nie, want geen normale kriek bly 20 m onder die grond nie. Dis gevaarlik om na donker op my grasperk te loop, want jy mag dalk net in ‘n skag in donner.

2 Honde bakke. Weereens, as dit nie vir die feit was dat ek stukkies plastiek in hulle kak gesien het wat dieselfde kleur as die bakke is nie, sou ek gedog het my bure het die bakke gesteel, want hulle was gone.

Johnson het nou die aand al die honde in die omtrek gaan byt. Hy het uitgeglip, en van hek tot hek gehardloop, die hond aan sy neus gegryp en rondgeruk asof hy ‘n kombers is. Voor ek by hom kom, hardloop hy na die volgende hek. Die wetter is moer rats en my 100m sprint spoed is ook nie te wonderlik nie. Ek moes hom eventually tackle en het my vir 2 dae lank styf geval.

Nou die aand het hulle ‘n klein bietjie alkohol ingekry. (Moet my nie kom dreig met die SPCA of sulke goed nie, ek is klaar uitgevreet en ek weet alkohol is baie sleg vir honde en ek sal die nie weer doen nie, maar ek was raadop en wou net kyk of dit nie help nie!!!) Wel, dit het nie … Johnson het soos ‘n bok begin spring en heeltyd op sy kop geval. Hy het ook volspoed in die garage deur vas gehardloop. En toe later … wel, kom ons stel dit so, Molly is nie meer ‘n onskuldige klein hondjie nie.

Die enigste goed wat nog splinternuut en sonder enige skade is, is die chewing toys wat ek vir hulle gekoop het. Ek dink hier is ‘n consumer complaint, want die mense wat die chew toys maak het OBVIOUSLY geen fokken idee waarvan ‘n Jack Russel hou nie. Dalk kan die honde gedagtes lees, en hulle vreet net die goed wat mens nog actually soek. Danie het juis gister gesê hy is oortuig daarvan dat satan homself dalk in Johnson manifesteer …

Dis waaraan ek nou kan dink, maar onthou, ek het die honde nou maar vir 4 maande, en apparently leef Jack Russels nogal lank. Dis ‘n vonnis, ek sweer! EN moenie terug mail en sê ek moet hulle bliksem nie, want ek doen. Ek het hom gister met ‘n stuk van die tuinslang wat hy gevreet het gemoer, hard, en al wat gebeur het is dat hy vir my begin blaf het en onder ‘n struik gaan wegkruip het. Vanoggend is die struik en die stuk tuinslang weg.

So ek het gedink ek sal hulle nog een kans gee, of dalk twee, maar dit kan nie so aangaan nie. So, hartseer en als, ek begin rerig dit oorweeg om hulle dalk weg te gee. Hulle is nog baie jonk, Molly is 6 maande en Johnson is 9 maande. Albei is opreg en Johnson het papiere.

Thanx


glitter-graphics.com

Comments (9) »

Die storie van die poppe …

Dit was ‘n pragtige somersaand met die son wat in skakerings van oranje, geel en rooi in die verte wegsak. Die braaivleis vuur was aangesteek en oral het mense in groepies gestaan en gesels en lag. Kinders was soos armoede – oral tussen ons.

Die musieksentrum was buite, en  die dapperstes wat kan dans sonder om eers versterkings in te kry, het al passies begin maak. ‘n Paar siele het in die swembad rondgeplas – dit was immers Januarie, en vrek warm in die Vrystaat.

Een klein dogtertjie en haar maatjie het hulle eie gaste saamgebring … jip, die twee poppe. En die viertjies was onafskeidbaar. Daar was gedrink en geëet, en oral het die twee poppe meegedoen.

Hoe later hoe kwater, en ons is mos nie bekend daarvoor dat ons iets half doen of gaan slaap voor die winkels toemaak (of soms oopmaak) nie.  Die kinders het een vir een minder geword, terwyl die familiebed in die sitkamer voor die TV al hoe groter gegroei het.  Natuurlik moes daar ook plek gemaak word vir die twee poppe – maar sommer op een van die banke wat nie beset was nie.

En toe raak dit speeltyd vir die grootmense … en dis net daar waar die drama begin het. Teen daai tyd was almal al redelik vrolik, en sommiges sommer net helemal laf. Twee van die lafstes het vir Chucky en sy bruid (of Chucky se fattup suster en mofgat boetie) :lol:  geneem vir ‘n dans … maar dit was ‘n rowwe gedoente, iets tussen jive en wals en breakdance – ek dink daar was ‘n leeuloop ook betrokke – en eventually het die hele spulletjie in die swembad opge-eindig.

Eers was almal histeries van die lag, en toe besef ons – die poppe! Die goed is papsopwinterwaternat! En twee jonge dames gaan nie gelukkig wees as hulle moet huistoe gaan met nat maaikies nie.

Toe begin operasie ‘pop droogmaak’. Eers is die arme goed aan die kop en bene beetgekry, en uitgedroog soos afdrooglappe. Dit het nie veel gehelp nie. Volgende is hulle toegedraai in handdoeke, en gedruk sodat die meeste water kan uitkom. Dit het nogal gehelp, maar hulle was nogsteeds nie droog nie. Intussen was die vuur nog so effens aan die gang, en iemand kry toe die blink idee om die tweetjies daar langs die vuur sit te maak sodat hulle kan uitdroog. Sou hulle net so af en toe omdraai. Alles wel, en die party gaan voort.

Erens tussen middernag en 2 uur die volgende oggend, het dit koeler begin word. Toe word daar besluit dis die ideale tyd vir ‘n kampvuur en ‘n song. Maar ons is nat en koud en die vuur is toe nie meer so lekker lewendig nie. En die poppe voel sowaar al mooi droog … maar niemand dink daaraan om hulle weg te vat nie.

Ek weet rerig nie wie dit was wat die bright idee gekry het om weer hout oppie dooie kole te pak en petrol daarop te gooi nie … maar nog voor enigeen kon keer, maak dit net so woooossshhh!!  … en die twee is in ligte laaie …

Almal staan seker vir ‘n goeie 2 minute bewegingloos en staar na die konsternasie voordat iemand hulle gryp en weer inni swembad gooi om die vlamme te blus …

Ek het nie ‘n idee hoe, wat en waarom verduidelik is aan die twee jonge dames nie … maar toe ons die volgende naweek daar kom, pryk die twee inni tuin! :lol:

Comments (8) »

Raai raai riepa

Dis alweer Vrydag! En gister was glo Guy Fawkes … ekt skoon vergeet daarvan. Niks gehoor in ons buurt nie. Was daar ‘n geraas by julle?

Gisteraand sit ek en laai foto’s van ‘n memory card af. Dit was nog al die tyd in die ou kamera wat se lens nie wil oop nie, omdat dit vol see-sand is. En ek kom net nie so ver om die ding te gaan ingee erens om reggemaak te word nie.

Anyways, ek ontdek toe ‘n paar vreemde foto’s waarvan ek al vergeet het.  Toe ek hierdie sien, onthou ek hoeveel pret ons gehad het met die wdf issit en please explain the image foto’s. En toe reken ek, hoekom maak ons dit nie ook pret nie?

Verduidelik vir my hierdie – wat dink jy het gebeur? Dan kyk ons wie kom die naaste aan die regte storie – want die ene ken ek! :lol: Jy kan natuurlik ook maar heel simpel wees en jou verbeelding vrye teuels gee … dit moet fun wees afterall!

065

066

067

GO GO GO – en kom maak sommer ‘n draai inni Kroeg vir ‘n loopdop! Geniet die naweek – ruk af jou bra en al daai, en dit wat Demoerin ook altyd sê  !  :lol:

O ja – en hierdie storie by Die Werf MOET julle gaan lees! Skreeusnaaks!

Comments (20) »

Katte en tieners

Katte en tieners het nogal baie in gemeen.  Dit sal die van julle wat tieners in die huis het, weet. En vir die wat nog daai paadjie moet stap, ‘n paar dinge om ingedagte te hou:

     

  • Nie jou tiener of jou kat sal eers in jou rigting kyk as jy hulle roep nie
  • Maak nie saak wat jy vir hulle doen nie, dit sal nooit genoeg wees nie. Geen poging sal goed genoeg wees om te vergoed vir die voorreg wat jy het om hulle hand en voet te bedien nie.
  • Dit gebeur baie selde dat jy ‘n kat saam met ‘n volwassene buite sien rondloop – en daarom wil geen tiener by sy volle verstand saam met sy ouers op straat gesien word nie.
  • Maak ook nie saak of jy ‘n grappie beter as die ouens op Maak ‘n Las kan vertel nie, nie jou kat of tiener sal eers ‘n mondhoek trek nie.
  • Jou kat en tiener deel glad nie jou musieksmaak nie.
  • Katte en tieners kan vir ure op die sitkamerbank lê sonder om te beweeg – maak af en toe seker dat hulle nog asemhaal.
  • Katte het 9 lewens – tieners tree op asof hulle 9 lewens het.
  • Katte en tieners gaap op presies dieselfde manier – met ‘n gevoel van uiterste en algehele verveeldheid.
  • Katte en tieners is nie bevorderlik vir die toestand van enige meubels nie.
  • Katte wat vry is om rond te loop, sluip soms in die middel van die nag in jou kamer in en sit ‘n dooie rot op jou bedmatjie neer. Tieners is nie verhewe bo hierdie gedrag nie.

As jy dus nog tieners moet grootmaak, sal jy nie die beste advies by ander ouers kry nie, maar by die vee-arts.  Dis ook slim om ‘n handboek oor kat gewoontes byderhand te hou.

En onthou – sit genoeg kos uit, en moenie skielike bewegings in hulle rigting maak nie.  Hulle sal self besluit wanneer en vir hoe lank hulle toenadering kom soek by jou – en daardie oomblikke moet jy waardeer – dis yl en wyd verspreid!

cat fart

Comments (5) »

‘n Moerse diep VROUE gedig

Ruk af jou bra
Laat niks oppie aarde jou pla
Los jou hare vuil
Kap jou groente met ‘n byl
Drink kleurige drankies
Lê leeg op publieke bankies
Trek gesig vir jou man
Want jy kan


Lê rond en wees sleg
Dis jou vroulike reg
Steek tong uit vi jou kinners
Snuif ‘n bietjie thinners
Rook boom
Hou jouself geensins in toom
Laat jou beenhare groei
Ry op ‘n koei
Skakel af jou kop
Gooi nog ‘n dop


Poep hard innie straat
Wees ten volle on-paraat
Eet kerrie
Gedra jou soos ‘n flerrie
Dis jou dag dié
Wanne even jy innie tuin kan peee
Druk jou irritasies ‘n pit
Laat niemand op jou kop sit
Vlieg hoog
Lê laag
Sit ‘n horrible tattoo op jou maag


Dra rooi oorbelle
Hang blink goeters aan die ander los velle
Celebrate jouself as vrou
Niemand hoef vandag van jou te hou!
Kou ‘n chappy
But whatever you do, JUST BE HAPPY!!!!!

En hoekom nie girls??

Thanx Lappr – ons mis jou inni Kroeg

Comments (25) »

Follow

Get every new post delivered to your Inbox.

Join 66 other followers