Archive for Uncategorized

Storie tyd vervolg …

Mense, ek het my self seer gelag gister vir die storie. Party plekke maak dit glad nie sin nie, en op sommiges is dit asof ons helemal in sinc was. Die comments raak nou bietjie baie daar, so ek gaan die storie hier saamvat, en dan kan julle verder speel as julle wil. Probeer maar so effens hou by die reëls:

min of meer 10 woorde

jy mag nie twee keer na mekaar comment nie

Die storie tot dusver …

“Ek sal dit nooit, nooit weer doen nie!” skree Frederik, terwyl hy vir die oop venster snol en struikel oor die bank waaroor hy probeer spring. Jy sien net hare en tanne spat toe sy kakebeen die hond se agterpoot vang. Die hond spring op en met ‘n hengse getjank stamp hy die tafel waarop die visbak staan.

“Ag my fok, dit ook nog,”  dink Frederik toe hy die goudvis op die vloer sien spartel. Terwyl hy tandloos op een been rondspring en probeer om die goudvis te red gly hy en daar val hy teen die tv. Agge nee dit ook nog.

Net toe lui die deuklokkie en Frederik dink by homself “Staan op en kots in die lampskerm in die hoek. Dis mos hoeka vrydag die 13de … wat nog?”

“Wie de fok is nou hier?” wonder Frederik terwyl hy spring deur toe met ‘n kotsstreep. Net nie nog ‘n Suid Siberiese berg slet nie…… kots. Hy pluk die deur oop, en kots opnuut toe hy (min wetende dat kersvader deur die venster loer) sy eksvrou op die stoep gewaar.

“Nou wat soek sy hier?” wonder Frederik toe hy vir die sesde keer sy maag leeg kots. Toe hy sien hoe lekker sy eks vroutjie lyk wonder hy, dink hy, en besluit om maar eerder te kalmeer of  haar dalk aan die hare in te sleep en die kak uit haar te moer voordat sy haar bek oopmaak en hom dalk weer vra vir geld om haar linkertoon te kielie met ‘n mielie tot sy lekker kry.  (Se ingroei nael wat nou al die 13de keer ingroei, se nael te laat verwyder wat mos ondergroeisels laat verander.)

“Shit,” dink sy “ek praat mos nou in verskillende rigtings.” Terwyl die buurman staan en kyk hoe kersvader die vis (en dit kan net haar kans op die miljoen erfgeld) versigtig optel en terug plaas in die water en siedaar! Daar gaan die buurman se vrou terug in die klas. En ja erfgeld kan sy nie verloor nie dis te kosbaar.

“Ag Frederik my liewe ex, wil jy nie asb hierdie zip help loskry nie, ek kannie so lekker bykom nie, pienk g-string en sprinkbok rugbytrui van my wegsteek en vir my jou bloubul hempie leen nie? Ek wil tog eerder `n bloubul danseres wees want bloubulle het groter, langer, duime as enige ander rugbyspelers. Dus wil ek jou net gou try en sal dan besluit of jy wel goed genoeg is vir sluwe slap sluimerige onder water gutter seks en jou goudvis vir die hond voer en dan … jaaaa meer meeer jaaaaa jaaaa jaaaaa jaaaa uhm uh… klap oor jy koud kry van naak rondloop waar daar, sommer ook `n goeie S&M sessie gee voor ek vir, lang verlore asem deur my hare voel en hoendervleis oor my kleintoontjie kry van die venster wat kersvader oopgelos het.

“Mwha sc-” sê die loervink Harry terwyl hy kwylend vir hulle kyk. My hele lyf sidder en my koors wat weer stuig. “Mmm” dink hy terwyl hy so na sy kleintoontjie kyk. Maar eintlik loer hy net vir sc. Ag shit nee toe sien sy vir Harry en bekak haar self. En wonder hoekom die storie nie sense maak nie. “Nee fok,” sê Frederik. “Wat maak jy nou?” Met verbasing kyk harry hoe dit teen parkes se been afloop.

“Ek wens ek het groter voete gehad sodat ek daai duime van my tot goeie gebruik kan inspan vir ingeval Frederik vir Harry vra vir `n bietjie Jurie-speletjies. Harry fluister vir Sc: “Kry my by pens se hoenderhok.”

Harry stem dadlik in met ‘n baie groooot smile, hy kry solank die KY jellie uit bloutrok se cubbyhole en smeer dit sagkuns aan die oulikste wonderlikste beste Hurie se pensie af tot by sy linkertoon en weer opwaarts tot oor sy regter boonste ooglid sodat hy niks kan sien. Hurie kyk verontwaardig en vra “weet jy nie waarvoor KY is nie?” na sy oorvergroeide haar bedekte nealtjie. Harry geniet elke oomblik.

Frederick is nou confused – wat het KY met my val te doen? “O ja!” onthou hy, dit was mos sy droom van gisteraand. Hy wonder of dit `n bad acid trip is wat hy het van al die hoenerdrolle wat hy rook agter die huis se hoenerplaas, dan skrik hy en dink ek sal minder gedroogde hoenderstront moet rook. Sulke rookgoed laat `n mens dink jy is die kat se snor. Frederik kyk rond en druk Dellie se kroeg bors in Hairy se oog en sien eweskielik die groot boks wat kersvader op die grasperk, en sien n motor die werf indraai en wonder wie, en sien is Hairy en druk Parkes se vinger in sy oor. Parkes wikkel haar vinger in sy oor en gee hom ‘n sopnat pinkie in die middeloor wat moontlik tot gevolg gaan hê dat sy mind effens change. Maar dis woes -  kan hê dat hy middelooronsteking kry. Dan sal hy nie meer kan lui na n helse oorinfeksie wat geen mens kan. Lekker,  en die kinky gedagtes hardloop wild deur sy warm gebakte brein want hy staan al ure in die namibson.

En weereens kom hy tot bedaring en dink “wat gaan aan??” Die boks op die gras begin skielik beweeg en ‘n lang slap motor beweeg voor die huis verby en skielik sien hy vir Janneman, sy lang verlore eerste liefde, hy hardloop teen die boom vas van opgewondenheid en sonsteek. Net toe tot in die straat en skreeu “JANNEMAN!! JANNEMAN! hier’s ek!” ” Jou hairy helse lekker Harry, vat my maak my joune!” Soos ‘n Suid-Siberiese hofnar spring hy op en af. “Ek belowe om hierdie keer getrou te bly aan jou!”

Frederik se ex sit op die stoep en suig aan ‘n bloedrooi suigstokkie haar hele mond is bloedrooi van die suigstokkie en sy neem ‘n slukkie van die glasie wyn. Frederik draai om en dink: “Wie moet ek nou kies?”

Angstig haal Frederik sy selfoon uit sy sak en bel vir sy ma wat altyd ‘n oor het om na hom te luister. Maar vandag is sy ma in ‘n kak bui en skel hom verskriklik: “Jou mofgat! Jy moet rigting kry! Jou Pa is amper by die huis en dan kak jy en Janneman altwee, hierdie kak stop hier want jy het ‘n vrou gehad maar nee, hou eerder van holjol!”

Frederik bloos rooier as sy ex se suigstokkie toe hy besef watse mens hy uitgedraai het. “Sowaar, dis nou ‘n poespas spul die” dink hy by homself – “wag laat ek hier wegkom!” Hy gooi die foon neer en hol in die straat op. Hy gryp sy sleutels, spring in die kar en jaag in die stofpad af! Hy stop onder ‘n boom en besluit om maar eerder die teerpad aan te durf – Cops of geen Cops. Hy jaag met n spoed weg die sweet tap hom af, ‘n paar biere te knak en ‘n paar zolle te rol… dan dink hy weer an sy ma se woorde en besluit dat mens nie met ‘n ander man se kallers ploeg nie. Hy weet nou wat is die regte ding om te doen – ek gaan bar toe! daar waar die baie shooters is! Maar besluit volstrek om dit nie te doen nie maar eerder vat die pad Teazers toe!!! Hy dink aan sy held Poen Deelman en jaag soos die duiwel!

Hy ry toe met n spoed na die bar maar raai wat? Hy ry teen 32km/h in die 16 bordjie vas – en sy hele bierpens is nou vol blou kollle! Skielik spring ‘n pot blou mannetjie voor hom inni pad en waarsku hom daai lang swart slap kar staan hier agter die bar. Hy klim uit en vloek daai kodddige klein blou mannetjie dat die spoeg so spat! En net daar besluit hy: “Dis waar my geluk lê!” Hy buk net daar, tel sy gelukop en sit dit terug in sy sak – maar geluk is ‘n moeilike ding! Want toe besef hy: “‘n mofgat is ek en hier binne sit die liefde van my lewe.” Hy besluit toe net daar sy ma se moer, dis sy lewe.

Agter hom hoor hy iemand sing:♫♪ Daar oorkant die spruit…♫♪ sit n uil en fluit op n tak. Hy kyk om en daar sit Ta – ‘n 10voet Volstruis – met ‘n joint in die bek. Nou ‘n volstruis het nie lippe nie – so daai joint word platgedruk! Hy wonder wat sal hy doen, bly of hardloop? ♫♪tien tarentale het hom dood gespuit met ‘n …♫♪ en hy vra vir Vollie volstruis vir n paar draws. hy besluit fok daai volstruis – hy soek daai joint. Maar eers stel die Volstruis homself voor as Pollie… en hou so ewe sy een vlerk uit. En dink aan n plan om daai joint te kry.  Maar toe hy nader stap sê die volstruis vir hom “give me your wallet!”  ”Ja fok vat die wallet, gee die joint!”

EN hy dink terug aan die keer op Carte Blanche toe hulle die dokumentêr oor die Volstruis Bende gedoen het! Hy besluit toe net daar nou sal iets drasties moet gebeur. Hy skop die volstruis op die ballas en hardloop – maar hy misgis hom – volstruise het nie ballas nie! Hy het nou die joint maar soek sy wallet terug en hy probeer die volstruis tackle dat die vere spat. En die volstruis belsuit nou is dit my beurt bliksem! Toe hy omdraai toe skop die volstruis hom op die ballas. Frederik sak inmekaar en skree. Die volstruis hou aan skop. Hy dink hy moet NOU hardloop, voor sy ma hom herdoop na Caster! “Eina donner!” skree hy en val op sy gesig inni pad. “Shit!” dink hy. “Is ek dan ook ‘n man en ‘n vrou??” “Dit was n lae hou!” skree frederik terwyl hy nog op die teer le en spartel om op te kom. “O donner ek beter hol voor Frank my vang!”  Hy sien hoe die volstruis met bol vlerke nader kom. Hy skreeu “NEE ek wil vrede maak! Los my net uit asb!” En hy dink “Hier word ek vrek getrap vandag…!” en staan op. Hy hol en spring in n boom klim vinnig na bo en toe hy links kyk, sien hy vir bobjaan en hy sit die joint en rook, die blikskottel!

Hy wens toe hy was maar eerder by sy ex vrou want hy weet daar gaan hy liefde kry en hier gaan hy op sy moer kry. Hy spring af, klim in sy kar en jaag met n spoed huistoe, waar sy nogsteeds op die stoep sit en suig aan die suigstokkie, hy sy ex kry en verskriklik huil hy gryp haar soen haar en vertel haar hoe lief is hy vir haar.

“Nee jou bliksem”, sê sy ex – “jy wou mos nie my tone langs die dorpswembad suig daardie een Kersfees nie.” “Ag my liefie.., jy weet mos jou Ma was daar en sy laaik nie suck in public nie. Gee my ‘n lekkie van jou lollipop asb dan gee ek jou ‘n lekkie van my lollie roomys wat besig is om te mors. Wanneer gaan jou ma die emmer skop dat jy kan erf om dinge vir my skelmpie beter te kan maak. Onthou net dat die kinders vreeslik geld kan mors. Ons moet hulle eerder niks daarvan sê nie”

Hy skrik wakker en besef dit was alles net ‘n droom!!… terwyl die sweet nog op sy voorhoof perel gryp hy sy selfoon en skakel sy skelmpie, dankie tog …hy besef hy sal nou moet versigtig netnou vind vroulief regtig uit van sy snuifie op die kant. Hy besef hy het verslaap , spring daar met ‘n stink spoed die bed uit! trek sommer so in die hardloop aan..hy is laat vir werk!!

En op dun ys besf hy dat slegte verkeer nie nierdie keer sy bas en pong asem gaan red nie. Toe kom hy agter iemand het in sy skoen ‘n spronkaan gelos – een van daai wat agteruit spring en dan jou tone byt. Hy skud sy voet om die spronkaan af te kry, en sien toe die dooie goudvis raak. “Ag my fok tog,” dink hy. “Iemand het die arme ding.” Gou google hy sprongkaan want al wat hy ken is parktown prawn. Met bewe handjie spuit hy doom en vergeet van vroutjie se troetel spinnekop…  Rosie die tarantula, wat besig is om die sprinkaan te bekruip, verstik inni walms doom en dop om en gee so ‘n paar stuiptrekkings voordat hy die kreet in die straat hoor.

Dis Julius op sy baaisiekel wat skuinsweg ‘n ghop gestuur het, toe die reeds gommerige tarantula hom reg op die tande tref. Met bodygards wat saam hardloop. “Hell,” dink Frikkie (of what ever sy naam is) “hier kom groot poe.” En sowaar dit is ook toe so  dat hy daar en dan besluit om weer die Liewe Heksie boekie onder die bed uit te haal en deeglik te lees hoe om ‘n besem te hanteer.  Aspoestertjie is te treurig so hy sal liewers Rooikappie kry en dan die kappie gebruik. En kan so ‘n vuilgat brand? Moenie praat nie! Vernaam as die rooikappie vol chillies gesmeer is. Die kappie werk toe nie, en hy gryp na ‘n bossie. Dit is toe dat hy met die boeredans begin en sy voet vashaak en hy neus eerste in die hairy hond se  eie stront beland. tarantula eenkant nog vasgeknyp tussen sy valstande. “Fokkieboereeeeee!!” gil hy woedend, en sy hele broek vol stront. Hy kyk op toe sien hy die volstruis met die joint en die bobbejaan wat vir hom lag.

Langeman staan nader met ‘n tweezer en Frederik raak bekommerd en weet onmiddelik dat geen mens stront met ‘n tweezer kan skoonmaak nie. Met sy broek om sy enkels hop hy, hy gryp na die joint, maar hy sal die volstruis moet gebruik,  so vinnig as wat hy kan – oor die goudvis, by die venster uit. Die volstruis besluit sy het nou genoeg gehad en met rollende woedende ogies, want die bobbejaan grynslag vir hom, slurp sy die goudvis op en verstik.

Julius voel hoe gister se very hot chakalaka in sy keel opstoot en Frederik wonner: “Moet ek die witjassies bel?” “Help my bra,” kreun hy “O tog nee, bel liewer vir Dowwe Dolla!”  Sy vinger is dom, en hy bel per ongeluk die hoerhuis en die medem kom terstond. Maar eintlik wou HY. Maar hy was te laat want die bobbejaan het al klaar alles opgerook en eerste gebel.

Met die reuk van doom, poe, kots en tweehandse chakalaka nog in die lug stap frederik trots uit inni oggend son om te gaan werk … maar toe kom hy by die verkeerde gebou uit en halfpad met die trappe op dink hy: “My lewe suig.” En dit is toe die bolstruis wat met hom praat. “Fok my,” dink hy, “ek is nie lekker nie!” “Jy’s ‘n perd met ‘n anner klank” seg hy toe, met die zol inni platbek en die bobbejaan op sy rug.

“Help!” skrree iemand. Dan besef hy eers die krete kom van homself af. Die volstruis klap haar vlerke, die bobbejaan val af en skree saam hom. Hy kyk die bobbejaan woedend aan. “Jy!!!” skreeu hy. “Lyk nes my skoonma en sy is lankal verby haar vervaldatum. “Ek weet fokkol van Franse dinge,” bler die volstruis krakend verby die dik zol. “Ek is local.”

Frederik slaak ‘n sug van verligting toe hy sien die pappagaai loop by die trappe af. “Praat met my! Praat met my!” hardloop hy huilend agter die dik vool aan. Maar die pappegaai sê: “Ag tjol met jou man, hierdie voël gaan nou rokof.” Fredirik sak op sy kniee. Ek voel orals verwerp. “Ek kanni pratie – my airtime is op-op-op!” gil die pappagaai. Frederik sê “Google dan man, google!”

Frederik besluit hy gaan beslis nie w ‘n joint rook nie, dit maak hom dinge sien en hoor. Hy gaan ‘n nuwe blaai omslaan dink hy by homself. Hy het vir Ouma Stienie belowe hy gaan haar oor die naweek bietjie kuier en bederf. Hy stop gou by die hoek kaffee en koop ‘n lekker groot Chomp en ‘n loose draw(fok, sigarette het fokken duur geword, sê hy en druk dit in sy Checkers sakkie saam met die half-jack Mainstay) Fokkit, Ouma gaan bly wees om hom te sien. Hy klim op sy pienk scooter en sit af na “Huis Spataar”

Maar so om die eerste draai trek ‘n spietkop hom af! ..”ag flok sug Frederik” … Spietkop loer so in sy rugsak..”Ja nes ek gedink het..hele bottel drank (Mainstay)..Kom dat jy kom blaas ou pel!”.. Frikkie skrik sommer sy snot weg en gee sommer die “Chomp” van ouma Stienie vir die Spietkop!

Frikkie gooi ook sommer ‘n lui op sy selfoon na DELLIE!! .. “Dellie die comments raak te lank ..refresh gaan al hoe stadiger asb. blaai net so bietjie om na die volgende bladsy!!! fanks Choppertjie!!” … en dan stap hy maar gedwee saam met dit Spietkop om te gaan blaas!……….

Skielik begin die Spietkop “Briekdans” “stop stop ek’s ‘n Spietkop, ek het ‘n boek ok!” …. sing hy terwyl hy so op sy kop al in die rondte tol!! … Frikkie dink:….” nou is my kans!” … Hy hol vir sy Scooter, .. “Sputnik one” ……..
Frikkie jaag..waars al die mense die pad is doodstil. Niks meer as 10 woorde !!! maal dit deur sy kop Ek is in die moeilikheid!

Voor hom in die pad sien hy iets wat soos … Aggenee!!! flokit dis die volstruis met die joint in die bek!!!!!…net nie dit nie! Hy spring weer op sy scooter, druk die turbo boost knoppie, en die scooter en hy styg op en ry deur die lug….

Comments (109) »

Lewensreëls

Pikkie het my getag om die reëls waarvolgens ek lewe, met julle te deel. Mmmm, toe nie so maklik soos wat ek gereken het nie, want ek dink dit verander soos wat mens ouer en wyser word. En dis miskien meer waarna ek streef, as wat dit is wat ek reeds uitleef. Maar ek probeer :

Doen aan ander soos wat jy wil hê aan jou gedoen moet word. As jy kan uitdeel, moet jy kan vat ook.

Doen alles met oorgawe en na die beste van jou vermoë. As jy huil, snik – as jy lag, laat die trane loop. As jy liefhet, bewys dit elke dag.

Vergewe as iemand wat jou te na gekom het, omverskoning vra. Oor en oor. Soms sukkel ek bietjie met die ene – veral as daar vertroue is wat verbreek was. Maar ek probeer om nie grudges te hou nie.

Lewe vir vandag – gister is verby, en more is nog ‘miskien’. Laat alles wat jy doen vandag, saakmaak – en iets vir iemand beteken. Dit beteken nie dat jy nie mag vooruit beplan nie.

Los ou koeie in die slote – bedek en begrawe. Tensy jy dit nog nie verwerk het nie. Doen dit so gou as moontlik, en beweeg aan.

Maak vrede met jouself en jou situasie. As jy nie van jouself hou nie, moenie verwag ander mense moet nie.

‘n Positiewe gesindheid kan berge versit – al glimlag jy net vir ‘n vreemdeling, het jy hom aangeraak – en miskien sy dag gemaak. Vriendelikheid kos niks nie.

Probeer om die snaaks raak te sien in enige situasie. Wonderlike manier om spanning te verbreek – werk selfs beter as om mense kaal te imagine! :lol:

Wees opreg wanneer jy iemand ‘n kompliment gee.

Laat jou woord jou eer wees.

Dra verantwoordelikheid vir jou dade.

Haal soms jou masker af.

En dan het ek hierdie erens raakgelees – en dis vir my mooi – miskien laat dit iemand beter voel :wink:

Sometimes we tend to be in despair when a person we love, leaves us, but the truth is, it’s not your loss, but theirs, for they left the only person who wouldn’t give up on them.

Die vloer is julle s’n …. :wink:

Comments (21) »

I R BACK

Eerste goed eerste – baie geluk weereens aan Demoerin wat vir die tweede keer die wenner is van Internet Celeb Status! Moet ons nou al v jou ‘n fan club stig? T-shirts laat print? Koffiebekers met jou gatsiggie en verblindende smile op? :lol:

wdf issit scoreboard 03-08-09

OK – nou bietjie anner dinge.

Die afgelope tyd was my muse met vakansie. Ek was net eenvoudig nie lus vir blog nie. Nie persoonlike goed nie, anyway. En ook nie te ernstige besprekings nie.

Intussen het ons hope pret gehad met die wdf issit foto’s. Maar ek begin my normale inskrywings nou so effens mis – ja, daai vervelige klomp tjol oor wat aangaan in my lewe en goed wat vir my saakmaak. :mrgreen:  Afterall het ek begin blog as ‘n vorm van terapie – om dinge vir myself op “papier” te sit, uit te sort, rekord te hou, ander mense te probeer verstaan – en vir pret!

Dit beteken nie ons gaan ophou raai oor foto’s nie – dit is hopeloos te veel fun om op te gee. Julle ouens het my laat hardop lag op dae wat ek gedink het ek noooit sou oorleef nie … (thanx – julle het nie eers geweet wat dit vir my beteken het  nie) en DIT is een addiction wat ek nie gaan opgee nie – om te lag.

Van nou af sal ek julle miskien net so af en toe verveel met effens van ‘n opinie of ‘n inskrywing saam met die foto raaiery. En ek sal dit waardeer om julle insette oor dit ook te kry. :wink:

Vandag wil ek so ietsie oor die wie-weet-waar van my bors af kry.

Jinne, ek kan nie rerig onthou nie, (en ek’s hopelooos te lui om nou te gaan soek) maar ek dink dit was so in Julie 2007 wat ek begin  blog het by Blogspot. In Oktober 2007 het ek toe oorgeskuif WordPress toe.  Dit voel soos ‘n leeftyd gelede, want intussen het ek soveel verskillende mense en karakters leer ken. Die meeste goed, maar ook ‘n paar wat ek eerder nie sou wou ken nie.

Sommiges van ons kom al meer as 2 jaar saam –  van SSSB se dae af. Wel, dis darem een goeie ding wat daar gebeur het – ons het “afgestig” en ons eie blogs begin. En daarmee saam seker ook ‘n virtuele gemeenskap of wat waar die mense wat nie blogs begin het nie, ingeskakel het en verder saam gesels het. Dink maar aan die Slakke, die Parra’s, daai anner ouens inni BosKroegvlieë

Die klomp Komminers wat ek die afgelope maande leer ken het, het diep in my hart gekruip. Ons kuier te lekker in die Kroeg en ken mekaar nou al redelik goed, reken ek. In ‘n chatroom is die gesprekke soms net meer “real” en persoonlik?

Dit gebeur ook dat sommige mense wat ek gedink het ek “ken” , my effens ontnugter – uitdraai as nie naastenby die mense wat ek gedink het ek mee te doen het nie. Aan die ander kant, ons het seker maar elkeen ‘n “donker” kant ook. In die virtuele wêreld is daar in elk geval niks wat jou dwing om te wees wie jy rerig is nie …  Ook my eie fout – ek vertrou en glo te maklik, ek weet. Ek WIL nou maar eenmaal eerste glo dat mense GOED en OPREG en EERLIK is.

Dan’s daar ook mense wat sommer skielik in die niet verdwyn – sonder ‘n verduideliking, sonder ‘n koebaai – verdamp net eenvoudig.  Weird vir my. Veral as mens elke dag oor en weer gekuier nie. Of ten minste gereeld kontak gehad het. Ek sou darem dink ‘n groet sou in orde wees … ek is real, jy weet …

Maar dan is daar ook die vir wie ek kaalvoet oor brandenede kole sal loop sonder om te blik of te bloos  – wel, miskien nou nie kaalvoet nie, en miskien net oor louwarm kole … uhm, julle kry die prentjie :mrgreen:   wonderlike vriendskappe wat al gebou is, en wat absoluut ‘n ligpunt en anker in my lewe is. Mense by wie ek nie ‘n masker hoef te dra nie. Wat my laat dink aan iets wat Wipneus nogal lief is om te sê: The people I love most, live inside my computer … :lol:

Wat my bring by die kwessie wat ek wil opper – klieks .

Is “ons” ‘n kliek? :shock:   En indien wel, hoekom is ons ‘n kliek? En het ons ‘n naam?

Issit omdat ons oor sommige goed saamstem? Mekaar se geselskap geniet? Mekaar ruimte gee om ander sienings ook te hê? Heerlik oor en weer kan spot? Raadgee? Opbeur? Sommer net luister en saam sug?

Ons ouderdomme wissel van  ___? tot ___?

Waar het ons die meeste in gemeen? Musiek? Politiek? Velkleur? Taal?  Loopbane? Lewensuitkyk? Farm Town? Facebook? Die Kroeg?  Aanvaarding? Nuuskierigheid? Misdaad? Verslawing – rook/alkohol/girls/mans? Humorsin?  Stemme innie kop?

Gebeur dit vanself, of kies mens om deel van ‘n kliek te wees?

En so tussen hakkies – Wie is “ons” ?

………….

OK – whhahaaaa – haal diep asem, jy IS actually oppi regte blog … :mrgreen:

Soms, net soms – wonder ek ook oor hierdie goete! :lol:

Nou ja – as jy nou bedaar het en weer normaal voel (nadat jy natuurlik die boonste vrae beantwoord het)

vertel my asseblief tog wdf is hierdie?

wdf issit 52

Comments (51) »

Slak … ke !

Geweet ons gaan julle vang met die een … hahaha, julle hetti gedink ons sal dit so gou herhaal nie … maar hier issit. Lekker slakke  …

Vergroot:

wdf issit 21

Onvergroot:

wdf issit antwoord 21

En die punte tot op datum:

wdf issit score board

Onthou net – vandag is die laaste dag van die maand – so more word die wenner van Junie aangewys …

Comments (14) »

My swak hart …

Die meeste van julle weet dat my seun verlede jaar in Amerika gewerk het op ‘n rondreisende karnaval. Jip, hy was ‘n “Carnie”. Toe hy terugkom, was die stories oor al die lekker en sleg en so aan. Noudat hy al amper ‘n jaar terug is by die huis, wys hy ons hierdie video op Youtube … dit is die ride waarop hy gewerk het …


Het julle die outjie met die rooi hemp opgemerk daar waar die “cage” geland het? TUSSEN die ouens wat vasgestrap is??? Wat ewe kalm die hoed op sy kop sit en die seats begin oopmaak?? DIT IS MY SEUN ! ! !  MY FLIPPEN KIND ! ! ! :shock:   Kyk weer as jy nie gesien het nie!

Liefie het sowaar nog bleker geword toe hy dit vir ons die tweede keer wys … en ek het redelik vlak asem gehaal, maar danksy ‘n dubbel OBS, kon ek myself darem beheer.

Baie kalm en rustig het hy vir ons verduidelik dat daar nie rerig ‘n kans was vir hom om seer te kry nie, alles loop op ‘n spoor en daar is nie ‘n manier waarop iemand bo-op hom tot stilstand kan kom nie. AS hy in die regte spot staan, bygesê.  :shock: Ek eis nogsteeds ….en sluk nog ‘n dubbel.

En die eintlike ding was dit: wanneer die ou op die seat na die ride daar onder land, is die laaste ding wat hy verwag om iemand langs hom te sien staan – helemal in ‘n flatspin en uitgefreak (MEER as wat die ride kon doen!)  – tot groot vermaak van die adrenalien junkies. Soos my kind. :mrgreen:

My liefste kind – met MY as ‘n ma, is ek net dankbaar jy is nog oraait tot dusver. En dankie tog dat jy dit nou eers vir ons wys … en dankie tog jy is nog MET ons. Ek wil jou net ‘n klein ou dingetjie vra – kan jy nie iets anders kry vir ‘n fix nie? My hart gaan dit nie hou nie …. :lol:

Comments (9) »

Terrifying Food

#6. Escamoles

gross food - escamoles

From:

Mexico.

What the hell is it?

Escamoles are the eggs of the giant black Liometopum ant, which makes its home in the root systems of maguey and agave plants. Collecting the eggs is a uniquely unpleasant job, since the ants are highly venomous and have some kind of blood grudge against human orifices. The eggs have the consistency of cottage cheese. The most popular way to eat them is in a taco with guacamole, while being insane.

Wait, it gets worse …

Escamoles have a surprisingly pleasant taste: buttery and slightly nutty. This hugely increases the chances that, while in Mexico, you could eat them without realizing you are eating a taco full of ant eggs.

#5. Casu Marzu

gross food - casu marzu

From:

Sardinia, Italy.

What the hell is it?

This, dear reader, is a medium-sized lump of Sweet Christ. Casu Marzu is a sheep’s milk cheese that has been deliberately infested by a Piophila casei, the “cheese fly.” The result is a maggot-ridden, weeping stink bomb in an advanced state of decomposition. Its translucent larvae are able to jump about 6 inches into the air, making this the only cheese that requires eye protection while eating. The taste is strong enough to burn the tongue, and the larvae themselves pass through the stomach undigested, sometimes surviving long enough to breed in the intestine, where they attempt to bore through the walls, causing vomiting and bloody diarrhea.

Wait, it gets worse …

This cheese is a delicacy in Sardinia, where it is illegal. That’ right. It is illegal in the only place where people actually want to eat it. If this does not communicate a very clear message, perhaps the larvae will, as they leap desperately toward your face in an effort to escape the putrescent horror of the only home they have ever known. Even the cheese itself is ashamed; when prodded, it weeps an odorous liquid calledlagrima, Sardinian for “tears.”

#4. Lutefisk

gross food - lutefisk

From:

Norway.

What the hell is it?

Ahhh, Lutefisk. After the larvae-ridden cheese, it’s a blessed relief to sample a clean, down-to-earth Scandinavian recipe. A little too clean. Lutefisk is a traditional Norwegian dish featuring cod that has been steeped for many days in a solution of lye, until its flesh is caustic enough to dissolve silver cutlery.

Wait, it gets worse …

For those of you who don’t know, lye (potassium hydroxide/sodium hydroxide) is a powerful industrial chemical used for cleaning drains, killing plants, de-budding cow horns, powering batteries and manufacturing biodiesel. Contact with lye can cause chemical burns, permanent scarring, blindness or total deliciousness, depending on whether you pour it onto a herring or your own face. Or, so the lutefisk industry would have us believe.

#3. Baby Mice Wine

gross food - baby mice wine

From:

Korea.

What the hell is it?

What better to wash down your gelatinous lumps of lye fish than a nice chilled cup of dead mice? What better indeed. Baby mice wine is a traditional Chinese and Korean “health tonic,” which apparently tastes like raw gasoline. Little mice, eyes still closed, are plucked from the embrace of their loving mothers and stuffed (while still alive) into a bottle of rice wine. They are left to ferment while their parents wring their tiny mouse paws in despair, tears drooping sadly from the tips of their whiskers.

Wait, it gets worse …

Do you wince at the thought of swallowing a tequila worm? Imagine how you’d feel during a session on this one. Whoops, I swallowed a dead mouse! Whoops, there goes another one! Whoops, I just puked my entire body out of my nose!

#2. Pacha

gross food - pacha

From:

Iraq.

What the hell is it?

Of all the dishes, this is the one most likely to be mistaken for a threatening
message from the mob. It’s a sheep’s head. Boiled.

Wait, it gets worse …

Pacha only reveals its terror gradually. Sure, maybe you can get around the fact that you’re eating face. But, the more you eat it, the more bone is revealed, until you give a final burp and set your cutlery down beside a grinning ivory skull. Its hollow eye sockets stare back at you with a look of grim damnation. “Burp while ye may,” the sockets say, “for the same fate will happen to you–and all too soon.”

#1. Balut

gross food - balut

From:

The Philippines

What the hell is it?

Behold, for our journey of horror reaches its destination. Balut are duck eggs that have been incubated until the fetus is all feathery and beaky, and then boiled alive. The bones give the eggs a uniquely crunchy texture. They are enjoyed in Cambodia, Philippines and the fifth and seventh levels of hell. They are typically sold by street vendors at night, out of buckets of warm sand. You can spot the vendors because of their glowing red eyes, and the faint, otherworldly sound of children screaming.

Wait, it gets worse …

… Because you’re never going to look at an egg the same way. Tell yourself that every time you crack open an egg from now on you won’t be half expecting a leathery wad of bird to come flopping out into the skillet. Yes, balut is upsetting on about a half-dozen levels. Sure, all meat eaters know on
some level that the delicious chop on your plate used to belong to something cute and fluffy, which gambolled in the sun during the brief spring of its life. Most of the time, it’s perfectly possible not to give a damn. But, when you’re biting into something that hasn’t even had a chance to see its mother’s face … well, it’s different.

Thanx Sharpshoot! Ek hoop die meeste van julle het al klaar lunch gehad voordat julle hierdie besigtig het!

Die enigte een wat nie vir my gross is nie, is die skaapkop. Enigste verskil is dat ons dit nie kook nie, ons bak dit inni oond. Heerlik! :wink:

Julle kan maar nogsteeds raai op die foto – hierdie MOES ek net met julle deel!

Comments (10) »

Nou die BLOU…

Daar is vir my net EEN Blou Bul song, en dis die ene… ek gaan niks meer as dit sê vandag nie, hoofsaaklik omdat Boendoe dit dalk helemal sal verloor… :lol:


Maak ons trots Bulle!

Comments (13) »

Glimlag…

… al is dit Maandag!

Ons kla darem so maklik oor alles. En die blogs is vol tags oor dinge wat ons irriteer of die josie in maak. Lyste en lyste waarby jy elke dag iets kan byvoeg. Want ons is maar ‘n bedonnerde nasie.

Maar – wat laat jou glimlag? Wat laat jou fuzzy voel binne? Wat laat jou mondhoeke onwillekeurig krul en jou oë sag word, jou hart warm word? Is daar ietsie waarna jy uitsien om die week of die dag makliker te maak?

Iets wat my vandag laat glimlag – gistermiddag kyk ek ‘n movie – Air Buddies of so iets (vriendin se kinders het gereken ek MOET dit kyk, want die hondjies kan praat… hie-hie) In elk geval, redelik gereeld storm ‘n ry klein hondjies al blaffend oor die skerm. Ek merk op dat een wosonki vreesliks stil langs my voete sit en staar na die skerm. En net toe ek wonder of hy actually kyk en SIEN wat op die skerm gebeur, bevestig hy dit deur nader te draf en reg voor die TV te gaan parkeer, sonder om sy ogies van die skerm af te haal. Sommer so ‘n skewe sit, maar hy kyk toe ernstig TV! Draai die koppie die kant toe en daai kant toe. Ore wys hy is baie bewus van wat daar aangaan. Dit was vir my so oulik, ek wou hom opvreet! Met my gerumoer om by my selfoon uit te kom om hom af te neem, verbreek ek toe sy konsentrasie, en weg is die oomblik. Maar dis vasgevang in my herinneringe vir altyd, en vandag laat dit my glimlag.

Wat laat jou glimlag?

Comments (7) »

Stoopid antwoorde

Hierdie vrae en antwoorde kom uit een of ander game show. Heel duidelik het hierdie ou effens gesukkel om onder druk te dink…

  • Something a blind man might use? – A sword
  • A song with the word ‘moon’ in the title? – Blue Suede Moon
  • Name the capital of France? – F
  • Name a bird with a long neck? – Naomi Campbell
  • Name an occupation where you might need a torch? – A burglar
  • Where is the Taj Mahal? – Opposite the Dental Hospital
  • What is Hitler’s first name? – Heil
  • A famous Scotsman? -  Jock
  • Some famous brothers? – Bonny and Clyde
  • A dangerous race? – The Arabs
  • Something that floats in a bath? – Water
  • An item of clothing worn by the Three Musketeers? – A horse
  • Something you wear on the beach? – A deckchair
  • A famous Royal? – Mail
  • Something that flies that doesn’t have an engine? – A bicycle with wings
  • A famous bridge? – The bridge over troubled waters
  • Something a cat does? – Goes to the toilet
  • Something you do in the bathroom? – Decorate
  • A method of securing your home? – Put the kettle on
  • Something associated with pigs? – The Police
  • A sign of the Zodiac? – April
  • Something people might be allergic to? – Skiing
  • Something you do before you go to bed? – Sleep
  • Something you put on walls? – A roof
  • Something slippery? – A conman
  • A kind of ache? – A fillet of fish
  • A jacket potato topping? – Jam
  • A food that can be brown or white? – A potato
  • Something sold by gypsies? – Bananas
  • Something red? – My sweater

Comments (17) »