Archive for Junie 12, 2007

Ek droom van…

Eerstens, baie dankie vir die nice verwelkoming van julle almal! Ek like julle anyway al lankal!

Waarvan droom jy? Ek bedoel nou nie ‘n fancy kar of daai mooi swart nommertjie waarin jy nie kan pas nie. Of die buurvrou nie. Waaroor droom jy as jy slaap?

Ek het baie avontuurlike drome. Eintlik dink ek, ek was in my vorige lewe ‘n wêreld reisiger of een van daai treasure hunters. Ek droom oor plekke waar ek nog nooit was nie, eksotiese plekke en monumente en murasies, en ek is altyd op een of ander ontdekkings reis.

Ek droom ook oor huise waar ek in my jeug gebly het, die koshuis en skoolgeboue waar ek skool gegaan het, en my Ouma se huis. Maar daar is altyd iets nuuts daar, ‘n vertrek of verdieping of ‘n kelder, wat in die jare wat ek werklik daar deurgebring het, noooit bestaan het nie. En dan begin ek hierdie plek verken. Altyd vol ou kaste en laaie, en deure wat nie voorheen bestaan het nie. En dan ontdek ek goed in die kaste wat weggeraak het, soos my gunsteling glas tee-stelletjie wat weggeraak het toe ek 6 was. Of ou foto’s. Of Ouma se gehekelde lappies…

As ek droom oor vreemde geboue, is daar altyd iewers ‘n bekende vertrek uit een van ons huise. Maak skielik ‘n deur oop en heit, dit was mos my sussie se kamer in Otjinene! Wat weer die hele ontdekking ding aan die gang sit. En glo my, dis alles baie vivid.

Wat beteken ons drome? Is ek op soek na iets of iemand uit my verlede? Die drome pla my nie, dis nie ontstellend nie, dis so lekker om te ontdek. Dis net dat dit my laat voel asof ek bietjie dieper moet kyk na myself? En fankly raak ek nou moeg getravel, sal graag oor iets anders ook wil droom!

Glo julle dat drome jou kan waarsku oor iets wat gaan gebeur? Nog beter, kan iemand dalk vir my uitlê wat myne vir my probeer vertel?

Lovies
Dellie

Comments (3) »