Goeters

Ek wil net weer sê dat ek nie die volgende geskryf het nie. Tot ek eendag inspirasie kry, moet julle hierdie geniet!
Kampkoors is ‘n vieslike virus. Wetenskaplikes meen dis ‘n organisme wat aangetref word tussen jou natuurklier en jou beursie. Hoe meer jy kamp, hoe meer stimuleer jy jou natuurklier.
Die natuurklier is ‘n normale verskynsel in Suid-Afrikaners, maar as jy hom stimuleer wil jy net nog natuur hê. Dis waar die virus inkom. Hy vertel jou brein dat die natuurklier altyd die natuur bietjie beter kan beleef as wat hy tans doen. So sal jy, as jy die ding onder lede kry, skielik oortuig wees dat die toppunt van natuurbelewenis, die absolute eenheid met die skepping buite jou bereik sal wees sonder daardie een kritiese element: ‘n opblaasmatras.
Nuut ruik hy soos strandbal en jy voel sommer dat jy nou lekkerder gaan vakansie hou. Jy rol hom oop in die tentjie en soek na die blaasbesigheidjie, net soos jou ou li-lo’s. En jy begin blaas.
Die eerste blaas is ‘n ding vol selfvertroue, soos die wolf moes gevoel het toe hy die eerste varkie se huis afgeskryf het. Jy dink by jouself: “dis nie so erg nie, lyk my ek het nog ‘n stel longe aan my.” Dis net bietjie onrusbarend dat daar so met die eerste oogopslag geen verandering aan die matras waar te neme is nie. Ook nie na die derde, vierde en selfs sesde oogopslae nie.
Op ‘n stadium begin die ding so half lewe kry en die kante plak nie meer aan mekaar vas nie, maar dis hier waar die moedeloosheid jou pak. Jy blaas en blaas, maar halfmas sal hy bly. Jou longe brand en jy kan voel dat jy maar karige volumetjies lug kan bymekaarskraap vir die volgende blaas.
Teen die tyd wat die matras al bietjie begin lyf kry draai jou kop al soos laasweek met die werk se krismis’paartie’ en dit voel of een van jou longe uitgeval het. En nou dat die ding stywer word blaas hy mos terug… Nou en dan verloor jy beheer oor jou lam mondspiere en die matras blaas jou in die mangels.
Jy kan naderhand nie nog ‘n mondjie lug blaas nie en besluit dat hy so styf is as wat jy hom gaan kry. Jy ‘reverse’ met jou draaiende kop uit die tentjie uit, daar’s skaars plek vir jou EN die matras binne-in. En so staan jy te vinnig op. Dit lyk vir jou of die hele karavaanpark se tente en waens met so skuins draai op jou afgepeil kom. Dan word alles so gryserig en jy kry op jou ouderdom ‘n floute. Gelukkig breek jou tent se toue jou val…
Môre-oggend sluip jy uit die ablusieblok en jy hoor ‘n stemmetjie agter jou: “Was dit die dronk omie Pappa?” Maar ‘n handige ding, so matrassie. Miskien moet moet mens net ‘n handpompie kry. Dan sal alles perfek wees…

2 Responses so far »

  1. 1

    Boendoe said,

    Hi Dellie,

    Jong, die uittreksels slaan die spyker op die kop! Angola het my laat dinge doen wat ek, gemaksugtige mens, NOOIT in SA sou doen nie. Soos kamp! En ja, petaljes met tente en opblaasmatrasse lui ‘n klokkie! Ek sien uit na nog – om te sien of ander mense ook sukkel soos ek!
    Mooi bly!

  2. 2

    Boendoe said,

    Ag ja, weer ek! Wil net se, ek het gedink jou inskrywing gister op SSSB was briljant! So waar. Lekker daggie verder.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: