Dwaas of wys?

OK, ja, so ek fire toe ‘n customer…

Agtergrond

Ek is mal oor my werk. Ek bou al byna 8 jaar aan my reputasie. My diens is absoluut my passie en trots. Of jy nou 8 uur in die oggend, of 7 uur in die aand hier instap, jy kry dieselfde voortreflike diens. Ek moet altyd glimlag, nooit ongeduldig of kwaad raak nie, en baie beslis nooit lag vir iemand wat sukkel nie. Ek het nog nooit iemand gekry wat ongelukkig by my sentrum uitgestap het nie.

Onthou, 90% van my studente is absolute beginners. Nog nooit met ‘n rekenaar gewerk nie. (Jy sal verbaas wees hoe baie van hulle is nog daar buite, onthou ons cater vir almal van 3 tot 103!)Hulle moet baie versigtig hanteer word, en daar word deur middel van persoonlike aandag konstant aan hulle selfbeelde ook gewerk. Party kom dit agter, ander weet nie eens dat ek hulle sielkundig opbou nie. Hulle voel maar net beter as hulle hier uitstap.

Dit is geweldig bevredigend om iemand wat niks geweet het nie, oor ‘n paar maande hier te sien uitstap met die wete EK KAN OOK. Veral ouer mense wat so half voel tegnologie het hulle ge-sidestep. Baie van my studente word vriende, van die eerstes het al weer terug gekom vir updates, en ek geniet dit om elke dag met nuwe mense ook te werk.

Ek werk ook nie NET met beginners nie, ons bied gevorderde kursusse ook aan. Hierdie outjies is natuurlik makliker, want die vrees vir die rekenaar is nie meer daar nie. Maar hulle kry ook dieselfde persoonlike aandag as die res.

Einde van agtergrond

Toe kom die nagmerrie. Madam is deel van ‘n groep van 30, waarvoor die werkgewer betaal. Hulle kom in sulke groepies van 3 of 4 op ‘n keer. Sy is nie meer ‘n absolute beginner nie, en daar begin die drama al klaar, want sy dink sy weet alles en het nie regtig die kursus nodig nie. (Ek het ook nou al geleer dat as iemand vir jou sê hy weet alles, moet jy maar baie versigtig vir hom wees.)

Van dag een af stap sy hier in met daai houding van “ek is beter as jy”. Nou kyk, ek word betaal om ‘n diens aan jou te lewer, en ek doen dit met liefde en na die beste van my vermoë, maar dis nie nodig dat jy my soos ‘n skroplap laat voel nie.

Eers is die stoel nie gemaklik genoeg nie. Ruil die stoel met ‘n ander een. Toe is die keyboard sommer ongemaklik. (Huh??) Sorry, het nie ‘n ander keyboard vir jou nie. Dan kry haar voete koud. Maak alle vensters en deure toe wat moontlik ‘n luggie op haar kan waai. Daar is ‘n refleksie op die skerm wat haar aandag aftrek. Skuif al wat ‘n blind is toe sodat dit soos nag lyk in die sentrum. So gaan dit aan met die kleinste, onbenullige goedjies wat nie volgens haar smaak is nie. Maar ek probeer red wat ek kan en please waar ek kan. Ek slaak ‘n sug van verligting toe haar eerste klas verby is. Maar ek sê vir myself, hier is nou ‘n challenge. Ek gaan hierdie girl oorbring na my span toe, en sy gaan van my HOU as sy hier klaar is. (Weet nou al hoe daai een toe eindig!)

Vir haar volgende twee klasse daag sy eenvoudig nie op nie. In die begin het ek mooi gevra en verduidelik, en hulle teken ook so ‘n vorm, dat klasse asb 24 uur voor die tyd gekanselleer word. Elke uur wat ‘n rekenaar oop staan, verloor ek geld. Ek verstaan ook dat ‘n krisis onverwags kan opduik, maar wees net bedagsaam genoeg om my te laat weet as jy nie by ‘n klas kan uitkom nie. As jy dit nie doen nie, boek ek nie vir jou verder klasse voor ek nie weer van jou hoor nie. Ek bel nie agter jou aan nie.

Vir haar derde klas daag sy op, 20 minute laat, maar surprise! Ek het iemand anders in haar plek geboek, en daar is nie ‘n rekenaar beskikbaar vir haar nie. Sy gaan toe af soos ‘n mal mens, voor my ander studente, dat ek onprofessioneel en ongeskik is om sommer haar plek vir iemand anders te gee. EKSKUUS??? Ek wys haar toe baie kalm (ek KOOK) op die feit dat sy bewus is van die reëls, en dit geld vir almal. So storm sy hier uit terwyl my arme studente skoon verskrik lyk.

Sy bel my ‘n uur later heel beskaaf (maar vra nie verskoning vir haar gedrag nie) om ‘n klas te boek vir die middag. Ek hanteer haar vriendelik en ordentlik, en maak haar afspraak. Maar sy daag nie op nie…So gaan dit aan vir twee weke. Sy bel, boek ‘n klas, daag nie op nie. Vir ‘n week lank daarna hoor ek glad nie van haar nie. Die ander in haar groepie het nou al mooi gevorder, maar hulle weet ook nie waar sy is as ek na haar vra nie.

Daag toe uit die bloute Woensdag weer op, en gelukkig het ek ‘n opening, en kan haar akkommodeer. Sy is haar gewone, onbedagsame self, en kla weer oor die kleinste goedjies. Die ander mense saam met haar sukkel om te konsentreer. Nou kry die “stupid kursus” die skuld, omdat sy nie verstaan nie. Sy lewer kort-kort kommentaar vir haarself, vloek sommer hard af en toe. Maar sy sal nie vra nie, o, nee, sy weet mos alles! As EK vra of sy hulp nodig het, jak sy my af met “ek sal self regkom”. En dis vir my bitter moeilik om te hanteer, ek weet nie hoe nie. Die kersie op die koek was toe my seun, vars uit die stort, my kom groet. Toe hy by haar verbyloop, trek sy haar neus op en waai in die lug met haar hand, asof sy sopas stront geruik het! In 8 jaar het niemand nog so gereageer hier by my nie. Ek het alles gedoen wat ek kon om haar gemaklik te maak. Ek was die hele tyd beskaafd en professioneel. Wat doen ek dan verkeerd met haar?

Toe sy klaar is met haar les, (sy het sommer geloop ‘n paar minute voor haar tyd verby was) vra die ander studente my of ek hulle asb kan verskuif na ‘n ander tydgleuf toe, want sy maak dit vir hulle onaangenaam om hier te wees nie. Dis net daar wat ek toe besluit, ek gaan nie toelaat dat een vrot appel die res van my mandjie spoil nie. Flip, ek het te hard gewerk aan my reputasie! Die atmosfeer in my plek is baie belangrik. En sy gaan veroorsaak dat ek baie studente verloor.

Ek bel toe maar haar werkgewer, verduidelik die probleem, en vra dat sy ons asseblief nie weer moet vereer met haar teenwoordigheid nie. Ek sal hom refund vir haar kursus. Hy sê ook nie boe of ba nie, blykbaar ken hy haar beter as ek!

Jy is reg, Jaco, dis terapie om hier daaroor te skryf. Ek het nogal geworstel of ek moet of nie? Maar ek voel nogsteeds sleg. Ek kon nog altyd almal happy hier laat uitstap. Hoekom nie vir haar nie?

6 Responses so far »

  1. 1

    Boendoe said,

    Hi Dellie,

    Ek dink jy was wys, for what its worth! As jou ander studente oor haar kla, is daar rede vir concern.
    En dit klink my jy het haar heel beleefd en beskaafd hanteer. So, jou kant is skoon!

    Hoe was die koek?

    Lekker naweek!

  2. 2

    boerinballingskap said,

    Dellie, wat ek uit hierdie skrywe kan aflei, is dat jy ‘n baie geduldige mens is. Ek sou die dame sommer dadelik in haar peetjie in gestuur het!

  3. 3

    Dellie said,

    Boerinballingskap, ja, geduld en kalmte is nogal my sterk punte! Maar jy weet ook wat sê hulle van iemand wat stadig kwaad word…hehe

    Boendoe, thanx, maar ek hoop nie ek het ooit weer nodig om dit te doen nie, dit was aaklig! En ek het sowaar nog steeds nie by die chocolate koek uitgekom nie! Het besluit om dit maar Sondag te maak vir poeding. Maar ek sal kom vertel hoe dit smaak.

    Lekker naweek
    Lovies
    Dellie

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Ek het nou lekker gelees. Jy moet ‘n medalje kry. Ek is nie naastenby so vol geduld soos jy nie, maar ek dink wat jy gedoen het was reg. Het die res van die kurses toe vlot verloop?

    Lekker week vorentoe.

    Sonneblom

  5. 5

    Jo-Ann said,

    Hi Dellie!

    ‘n Splinter in die vinger moet uit voordat hy sweer – jy het reg gedoen!

    Ek wens ek het daardie opsie gehad toe ek desjare PERSOL opleiding gegee het aan die intergrerende magte. Dit is horribaal om voor ‘n klas mense te staan en met al die passie vir jou vak klas te probeer gee terwyl daar voor jou ‘n klomp mense sit wat net die kursus doen om bevordering te kry. Van hulle het regtig nie geweet waar die aan knoppie is nie en by van hulle was amper nie teken van lewe te bespeur nie. Ek moes sorg dat hulle die kursus klaarmaak en verkieslik slaag. Ek kon hulle nie “fire” nie. ‘n Vyfdag kurus het oorgeloop na twee weke toe met baie na ure tandeknersende ekstra klas. Dit het Vasbyt gekos. En oor die mense se houdings praat ek liewer nie – dit het die meeste van die tyd gevoel asof ek met die mure praat. Dit was ‘n absolute teenstelling met my ander kursusse waarvan ek vandag nog die plakboeke met foto’s en boodskappies het.

  6. 6

    idiwidi said,

    Nee wat, klink of jy beslis die regte ding gedoen het. Party mense wil eenvoudig nie gelukkig wees nie, so jy sou niks daaraan kon verander nie. Volpunte vir geduld!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: