Dankie

Gister was my verjaarsdag, en ek wil net vir almal wat my dag so spesiaal gemaak het, baie dankie sê. Veral die cyberparty in die chatroom was ‘n fees! Dit was so lekker om ‘n slag net laf en simpel te wees. En daar was so baie mense dat dit soos ‘n regte party gevoel het. Ons het ‘n paar ouens erg geïrriteer, ek weet, maar mens kan ook nie almal al die tyd happy hou nie. Vir die wat dit saam met my geniet het, weereens dankie!

Nou iets heel anders: Ek het hom opgespoor! Die man verantwoordelik vir die kostelike kampstories. Sy naam is Kobus Prinsloo, en ek sit vir julle ‘n link na sy blog by. Baie dankie Kobus dat ek jou stories hier mag plaas. En ek gaan beslis jou ander ook geniet.

Nou ja maatjies, ek het nie veel meer om te sê vandag nie. Moet hard gaan werk om op te vang na gister se stokkies draai! En die koppie pyn so effens vandag…

2 Responses so far »

  1. 1

    idiwidi said,

    Geluk met jou verjaarsdag gister!

  2. 2

    antjiesomers said,

    Hi daar!!

    Dit lyk soos my ma se worsies! Te pragtig…

    As ek trou sit ek ook met so ‘n bruinietjie van Vince.

    Diere is so onvoorwaardelik lief. Hulle voel ‘n veer vir hoe jy lyk, hoeveel geld jy het….is altyd so dankbaar vir jou aandag en tyd. Ek dink iemand sonder ‘n dier / diere sal altyd ‘n gemis ervaar. Ek vertrou natuurlik GLAD nie iemand wat koud is teenoor diere nie.

    Hulle is pragtig – al is hulle so stout soos kleuters!

    Lekker naweek vir jou😀


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: