Om te blog of nie te blog…episode 1

Ek gaan seker ‘n paar mense erg die josie in maak vandag, maar ek gee nie om nie. Here goes:

Sonder om nou regtig persoonlik te raak, werk sommige blogs heavy op my senuwees. As dit nie moedopgee is nie, is dit selfmoord neigings. Ek het jou blog begin lees omdat ek daarvan hou om te lees wat in ander mense se lewens aangaan. Maar die laaste tyd is dit nie meer lekker nie.

Jy soek elke dag geld vir iets anders. Ek stel nie belang om lid van jou klub te wees nie. Ek is ‘n Steve fan, maar ek behoort nie eers aan SY bewonderaars klub nie. Wat moet ek doen met joune? Ek lees blogs omdat dit LEKKER is! Ek blog self omdat dit LEKKER is. Ek wil nie gesmeek word om comments te los sodat jou ratings kan styg nie. Ek wil my sê sê wanneer ek wil, en as ek nie wil nie, het jy minstens ‘n hit gekry. Ek wil ook nie e-mail van jou kry waar jy vertel hoe jy my mis en dat ek asseblief moet terugkom nie. Dit maak my benoud. (So tussen hakies, jy weet ek het ook ‘n blog, hoekom het jy nog niks hier gecomment nie?)

Ek wil nie ‘n baadjie van R200+ by jou koop nie. Ek wil ook nie my besigheid by jou adverteer nie. Ek persoonlik KYK nie eers na ads op blogs nie, want ek wil lees wat die persoon te sê het. En jou nuutste idee van ‘n birthday club is pateties. Wil jy nou vir my sê ek moet R150 per jaar betaal vir ‘n geskenk vir myself wat jy MISKIEN sal aflewer as ek naby genoeg is of jy nie rugby kyk nie? Ek bly in die flippen Vrystaat! Obviously is ek nie naby genoeg nie!

Of sal dit weer wees soos Desember verlede jaar toe ek CD’s gewen het in ‘n kompetisie by jou maar dit nooit gekry het nie, ten spyte van die feit dat ek geld in jou bankrekening inbetaal het vir die aflewerings kostes?

Nee wat boet, kry iets anders om mee geld te maak. Miskien moet jy maar die blog as ‘n stokperdjie bedryf. Ek dink nie ‘n blog kan ‘n besigheid op sy eie wees nie. Jy gaan jouself in die hospitaal in blog, of na regte selfmoord dryf.

Vra jouself net af of dit die moeite werd is? Doen iets anders waarmee jy goed is om geld te verdien, en GENIET dit om te blog! En doen dit dan net wanneer jy wil. Hierdie blog gaan jou emosioneel meer kos as wat jy daaruit kan verdien in geld.

Maar net my opinie. Use it, don’t use it. Maar ek kom kuier nie weer by jou nie. Ek verkies om te lees van persoonlike ervarings en om so my blog maters beter te leer ken. Sonder pressure.

Advertisements

18 Responses so far »

  1. 1

    Anonymous said,

    Sela en amen!

  2. 2

    Karoles said,

    Hi Dellie
    Ek stem volkome saam met jou. ‘n Blog is eintlik soos ‘n dagboek, jy skryf daar dinge op hoe jy voel op daai oomblik. Ek soek ook geen advertensies op my blog nie, dit moet vir die fun wees en nie om geld mee te verdien nie. Lekker dag vir jou!!

  3. 3

    marat said,

    Ons het lankal vir daaglikse boks so gekyk en gewonder . . .

  4. 4

    idiwidi said,

    hektiek – gelukkig het ek nog nie so ‘n blog-parasiet teEgekom nie.

  5. 5

    Feetjieland said,

    Sjoe maar jy is kwaai vandag! Ek gaan eerder nie vra met of van wie jy praat nie, lol. Maar ek stem saam met wat jou idee van ‘n blog is.

  6. 6

    Jaco said,

    Ek verstaan en voel ook so!
    And that is all I am going to say about that!

    Lekker naweek vir julle

  7. 7

    boerinballingskap said,

    Sjoe, Dellie! Watter blogs lees jy wat sulke “blog stalkers” skep? Klink na ‘n kuber-riller!

  8. 8

    Sonneblom said,

    Hi Dellie en ander bloggers,

    Ek stem saam vriendin. Mens soek een plek waar mens nie gepeper word deur geldmaak scemes nie. Laat die ou ‘n web blad oopmaak waar hy kan geld maak.

    10 uit 10 vir jou posting

    Liefde groete

    sonneblom

  9. 9

    Anonymous said,

    Dellie ons is so 3 wat nogal gewonder het oor sy gebedel, wat van ons baadjies, waar is die sogenaamde klub, ek eis my geld terug!! Dink jy hy sal dit vir my terug gee, R300 vir die DD combo, baadjie en klub, ek sal hom dreig met die koerante wragtig. Daar was nou onlangs ‘n dame (volgens hom) wat geld nodig het, ek weet van mense wat geld in sy rekening inbetaal het, ek het klere en kos aangebied, ek sit nou nog met daai klere, en hy weier om haar adres vir my te gee. Hy druk daai fokken geld in sy sak!!

  10. 10

    Anonymous said,

    Ek is verbaas mense het so lank gevat om hom uit te figure. Natuurlik druk hy daardie geld in sy sak, dis nie rocket science nie. Gaan koerante toe, ek moedig julle aan. Doen dit. Eis julle geld terug.

    As niemand iets doen nie gaan hy nog baie ander mense so uitvang.

    As hy geld kort, laat Steve vir hom geld gee, hy’s mos een van sy beste pelle volgens hom.

    Sela Dellie. Ek’s bly iemand het uiteindelik iets gesê.

  11. 11

    Frank Botha said,

    Hallo Dellie en bloggers.

    Ek waardeer nie die feit dat jy my agteraf van allerhande dinge beskuldig nie. Ja, hierdie is jou blog en jy is welkom om daarop kwyt te raak net wat jy wil, maar wanneer jy persoonlik raak, dan stap jou oor die morele lyn. Aan Marat wat lankal oor my wonder, wie die hel is jy? Jy lees nie eens my blog en daarom steur ek my nie aan jou vergrype nie. Anonymous, ek weet presies wie jy is en sal seker maak dat die R300 in jou bankrekening deponeer word. Ek sal jou ook voortaan van my blog af verban en alle bande met jou breek. Jy is agteraf. Ek werk volgens ‘n skedule en het herhaaldelik al op my blog bloggers laat weet dat die baadjie tyd vat. Jy is die enigste een wie kla, dus wil ek jou beslis nie langer as een van my bloggers hê nie en sal ek jou geld terugbetaal. Ek het jou daardie e-pos gestuur, Dellie, omdat ek begin wonder het waarom jy so lank terug ‘n comment op Daaglikse Dosis gemaak het. Nou weet ek.

    Frank Botha

  12. 12

    Dellie said,

    Frank,

    Jammer, maar ek glo nie ek het enige “morele” lyne gecross nie. En ek was nie “agteraf” nie. Dis hoe ek voel. Ek het geen name genoem nie, dis nogal vreemd dat hierdie baadjie jou so perfek pas… Vir my was dit ook ‘n surprise dat almal dadelik geweet het van wie ek praat. Sê dit nie vir jou iets nie?

    Ek wou jou nie aanvat op jou eie blog nie, want dan kan jy my comment net delete as dit jou pas. Soos jy met Nakkie gedoen het toe sy jou aangevat het. Weerspreek bietjie die feite wat ek genoem het? En vir hoe lank adverteer jy nou al die baadjie en DD klub? Volgens my mening moet mens mos alles reeds in plek hê as jy sulke dinge wil loods? En hoekom verskaf jy dan nie die adres van “Chantelle se maaikie” vir wie “anonymous” klere en kos wou gee nie? En moenie dink dat daar net EEN is wat ongelukkig is nie, die ander is te bang om iets te sê.

    Kyk mooi na hierdie comments, Frank, dink jy regtig ek wil net drama maak vir jou? Of dat ek net nasty wil wees? Dis nie hoe ek is nie, ek is ‘n baie geduldige mens, ek is altyd die minste, ek gun almal hulle plekkie in die son, maar mens kan ook net soveel vat, en ek SIEN wat jy doen. Ek is miskien blond, maar nog lank nie dom nie!

    Ek skrik nie vir jou nie, en ban maar almal wat jy wil, ek dink nie ons gaan veel worry daaroor nie. Ek dink eerder ons sal dit waardeer.

    Is dit nie eienaardig dat soveel ander dit ook raaksien nie? Hiedie lessie het my maar R60 gekos, maar baie ander is so oorweldig met jou “teenwoordigheid” dat dit hulle sekerlik meer gaan kos. Ek wil hulle dit graag spaar.

    Frank, I rest my case.

  13. 13

    Frank Botha said,

    Dis reg. Weet jy, ek het nie tyd hiervoor nie. Jy het jou sê gesê. En ek myne. Jy het persoonlik geraak met my.

  14. 14

    Anonymous said,

    Eureka!!!! Daar is hoop vir my…welkom al is dit bietjie laat. 😉

  15. 15

    Platkuif said,

    Hello…

    Yip,kon nie anders as om die gedeelte oor DD raak te lees nie. Bly om te sien ek is nie die enigste persoon wat dink dit is ‘n absoluut geldmaak foefie sonder enige ‘substance’ – a cheap rip off van Stevie se spoegblok.

    Ek het probeer om die knaap se site te sponsor deur ‘n ad vir Bosparra te koop, maar is lelik ontnugter oor van die stats ensovoorts wat hy so wyd en syd verkondig. Jy is reg, om te blog moet fun wees,dit gaan nie oor die geld nie…en dit help ook as jy nie die mense in die grond in verveel met boring selfmoord stories etc nie.

    Sterkte en voorspoed
    Platkuif

  16. 16

    Warrie said,

    Frank.

    Jy weet jy bullshit hierdie mense van die begin af. Al jou beloftes lewer niks op nie. Jou ‘claims’ dat jy die top Afrikaanse site in Suid-Afrika het is absoluut verregaande. Dit is nogals jammer dat mense vir jou stories val. As jy ‘n gryntjie selfrespek het, hou op om mense vir ‘n ‘ride’ te vat. Die wiel draai en as dinge jou kant toe kom gaan jy bitter ongelukkig wees. Gee die mense wat jy geld skuld hulle geld terug. Hou op om beloftes te maak wat jy nie kan nakom nie.

    En om hemelsnaam, hou tog asseblief op om te maak asof jy en Steve boesemvriende is. Almal weet dit is nie so nie.

  17. 17

    Ek is ver agter met hierdie blog, maar dellie, jy het hier verwoord wat ek al lankal wou!

    Is daar iemand wat die volgende domain wil registreer dalk: http://www.wehatefrankbotha.com


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: