Moving on…

Ai, die lewe leer ons darem maar harde lessies, né. Vir sommige lessies betaal jy ‘n paar geldjies, vir ander betaal jy emosioneel. En soms is dit ‘n kombinasie van die twee.

Ek glo nog in die goedheid van mense. NOG STEEDS. EERSTE. Ek vertrou baie maklik, seker omdat dit in my lewe en werk vir my belangrik is dat mense MY moet vertrou. “Doen aan ander soos jy wil hê moet aan jou gedoen word.”

Hierdie quote van Joy Madison, is waarby ek lewe: “People are made up of 99% emotion and 1% reason. Take care of their hearts, and their heads will follow.”

Geduld en empatie het ek tonne van. MENSE is vir my wonderlike goed, dis so lekker om al die verskillendes te leer ken! Hoe meer ek hulle kan boost en beter laat voel oor hulle self, hoe lekkerder raak my werk en lewe vir my. Dis net jammer dat almal se motto nie dieselfde as myne is nie. (Sjoe, dit sou ‘n lekker wêreld wees!)

Dis maklik om iemand te vertrou wat goed doen vir ander mense. Dis so edel om te gee, mens kan soms nie anders as om skuldig te voel as jy nie die voorbeeld volg nie. Wat is ‘n paar ou geldjies nou vir MY, wat ‘n dak oor my kop het, kos in my magie, ‘n lekker bedjie, warm klere, ‘n kar…teenoor iemand wat rot en kaal besteel is, geen skuiling het nie, of sukkel om te betaal vir die noodsaaklikste dinge.

Jy werk hard vir jou geldjies, en soms voel jy dat dit jou nie regtig ARMER gaan maak as jy die bietjie wat jy het met ander deel nie. “Die wiel draai mos, miskien rol iemand eendag ‘n klip uit MY pad as ek nou help,” dink jy. “En dis in elk geval beter om te gee as te neem, almal sê so…” (Wonner soms hoe stadig daai wiel draai en wanneer gaan EK bietjie aan die ontvang-kant staan!)

En jy doen! Jy gee met die beste bedoeling in jou hart geld vir iemand wat jy gedink het ander wil help. Jy bewonder hierdie persoon vir sy “saamvoel” en “maak ‘n verskil” attitude. Jou geldjie gaan ‘n gaatjie toestop, en nou voel jy sommer baie beter, jy gloei skoon van lekkerkry. Op ‘n manier gaan jou beskeie bydrae iemand minder bevoorreg se hart verbly. Reg? Reg.

Oor die algemeen gee ek nie geld aan instansies wat fondsinsamelings doen nie. Die meeste legitimate instansies verkies in elk geval deesdae om boeke, dagboeke, kalenders, noodhulp-kassies, hampers en dies meer te verkoop om hulle fondse te versterk. Juis omdat mense nie sommer geld wil gee nie. Jy wil darem voel jy kry ietsie terug vir wat jy gegee het. Jy wil nie net ‘n kwitansie koop nie. Ek koop dagboeke wat ek nooit gebruik nie, (dink altyd ek sal, maar aan die einde van die jaar is daar net hier en daar ‘n telefoon nommer, en miskien ‘n paar inskrywings in Januarie) maar ek weet daai geldjie gaan vir ‘n goeie doel. En ek troos myself dat ek ‘n deeltjie bygedra het.

Wat vir my die afgelope paar dae duidelik geword het, is dat die meeste mense emosioneel meer tenagekom voel as finansieël. En dis moeiliker om dit te verwerk. Vertoue is geskend. Dis blerrie seer. Dis iets wat jy saam met jou neem as jy die volgende persoon leer ken. Dit verander aan jou persoonlikheid. Jy vertrou nie meer so maklik nie. Is dit regverdig? Kan EEN vrot appel in jou lewe al die ander appeltjies in jou mandjie affekteer? Ja, dit doen, of jy nou wil of nie, en nee, dis NIE regverdig teenoor die ander appeltjies nie.

En so bou jy die skanse op en vir ‘n wyle vertrou jy nie sommer met die eerste indruk nie. Maar dit vat aan jou binneste, want dis nie JY nie. En jy word SO kwaad vir die persoon wat veroorsaak het dat jy nie meer JY kan wees nie dat jy dit van die dakke af wil uitgil: Hoe durf jy dit aan my doen?!?! Hoe durf jy my so mislei??? En jy rant en rave en vertel vir almal wat wil luister, en selfs vir die wat nie wil nie. Maar wat bereik jy eintlik? Niks. Dis soos water van ‘n eend se rug af.

Dan wil jy wraak neem. (Eintlik is dit nie wraak nie, jy DINK so, maar eintlik wil jy hom nog ‘n kans gee om aan jou te bewys dat jy hom kan vertrou. Jy kan nog steeds nie glo dat hy eintlik ‘n skurk is nie. ) JY. SOEK. VERDUIDELIKINGS. Jy gooi jou kaarte oop en eis om te weet wat van jou geldjie geword het. Maar jy kry nie reaksie nie. Niks wat jou eis bevredig nie, anyway. En jy voel teleurgesteld. Erg. Jy het verwag dat hy die eerbare ding sou doen en die bewyse vir jou gee. Hy het mos nie iets om weg te steek nie? En miskien gee jy hom nog ‘n kans, en weer een en…uiteindelik weet jy dat jy jou energie en asem mors.

(Soos die eerste chatters en bloggers wat hier in die gallery sit en die spektakel bekyk WEET…hehe…ons wil mos nie LUISTER nie…hoop julle het die show geniet…hulle sê mos “aanhouer wen”… Volpunte vir effort hoop ek! Ons leer, maar ons leer maar STADIG!)

Maar die mens se EK is ‘n wonderlike ding. Jy weet, daai outjie daar DIEP binne wat so aan jou karring soos ‘n label wat raak gestryk is? Een oggend word jy wakker en jy is nie meer kwaad nie. Jy voel eintlik vreemd kalm as jy aan die hele petalje dink. Jy besef dat jy nie die skurk in die verhaal is nie. Jy WEET jy is beter as hierdie situasie. Jy besef dat jou intensies suiwer was, en dat jy eintlik die boef moet jammer kry. Hy gaan soveel armer as jy deur die lewe. Hy het dalk so bietjie van jou geldjies gekry, maar hy is armer in die dinge wat REGTIG saakmaak. Dinge soos vertroue, vriendskap, eerlikheid en integriteit. Selfs in die kuber ruim. En self al bly jy anoniem. Eendag gaan hy wel voor Iemand moet verduidelik, en ek dink nie jy kan daar comments delete nie.

En voor jy weet, vertrou jy weer…’n mens kan nie vir jouself lieg nie. Daai outjie daar DIEP binne kan maar net nie sy dinge vir homself hou nie. En dan beweeg jy vorentoe…trots op wie JY is! En jy glo NOG STEEDS dat elke mens basies goed is. EERSTE.

13 Responses so far »

  1. 1

    Boendoe said,

    Hi Dellie,
    Damn! Ek is spyt die show is oor! Het gister kort-kort kom inloer, vet pret gewees!
    Maar ja, dis seker tyd vir aanbeweeg. Wees net getroos oor een ding: JY was die hele tyd ‘n ware dame. Met maniere. Meer as wat sommige bokse kan se!
    Hoop julle het ‘n lekker dag in die Vrystaat!

  2. 2

    Linda v W said,

    Dellie

    Baie dankie vir vandag se inskrywing, ek persoonlik dink dit is stunning en glo dat mens moet aanbeweeg

    Dankie

    Linda

  3. 3

    Anonymous said,

    Dellie

    Ek wil ook net dankie sê vir jou inskrywing. Dit is baie mooi gestel en ook baie waar.

  4. 4

    rb said,

    Hi Delli

    Ek dink jy het die situasie goed hanteer.

    Bly om te sien jy het besef jy is nie die skuldige nie. Stem saam dat hy eendag sal moet antwoord aan Iemand anders. Hoop die feite is dan reg.

    Lekker dag

  5. 5

    Butterfae said,

    Wil net ‘n glasie lig en sê: Bravo, Dellie. Jy het nie nodig om jou kop in die grond te begrawe nie.
    Dankie vir “Dellie se dinge”. Dit gee opwinding op ‘n dull dag!

  6. 6

    Anonymous said,

    Dellie dis ek NNRK

    as jy al my nicknames se eerste letter vat en my regte naam weet jy wie ek is

    Heit se ek nou te veel?

    Anyway You GO Girl

  7. 7

    Anne-Marie said,

    Dellie, as ons met my ma gepraat het oor haar vrygewigheid, het sy altyd vir ons gesê: “Ek gee met die regte hart. Wat die wat ontvang daarmee doen, is op hulle boek.” So het ek nou ook al geleer om met die regte hart te gee, al is ek agterna dalk nie seker of dit die regte ding was nie of dalk ontnugter word deur die ontvanger. Jou boekie is skoon, no worries!

  8. 8

    Anonymous said,

    Dellie, jy is ‘n pragtige mens! En om aan te beweeg is die regte ding. Ek glo wat jy aan ander doen kom 3 keer terug na jou toe, so
    as jy net dalk wraakgedagtes kry, dink net “die lewe sal hom terugkry” op die regte tyd en regte plek. Wonderlik van jou om sommer weer te kan vertrou, ek sukkel met daai een. Ek glo mens kry 2 tipes mense in daardie opsig, die wat vertrou, tot jy hulle verkeerd bewys, en dan ek, die wat nie vertrou nie, tot jy hulle wys jy kan vertrou word. Ek weet dis nie reg nie,en ek werk daaraan, maar mens raak naderhand skepties, nie dat jy kies om so te wees nie, dit gebeur net.

    Fairydust

  9. 9

    magriet said,

    Dellie,

    Goed saamgevat jou posting.

    Al wat ek wil en gaan se is `n duisend woorde teveel, en een woord te min… and that`s it!!

    My ouers het my geleer as jy iets nie kan koop nie, maak jy dit, kan jy dit nie maak nie, bly jy daarsonder – maar leen? neva!!

    Dankie dat ek gister ook my kant op jou blog kon stel. Rest my case.
    Eintlik is die probleem `n gewete -issue, my mening.

    Mooi aand vir almal.

    Magriet

  10. 10

    Eben said,

    Hi Dellie,

    Dis die eerste keer dat ek comment los op jou blog, dankie vir die geleentheid.

    Elke van die 9 comments voor my bevat iets wat ek ook wou sê, dus weerhou ek myself van dubbel skrywe.

    Jou skrywe is pragtig uit een gesit, en soms is dit ook my ‘ondergang’ om mense te help. Soms weet ek hulle lieg vir my, maar tog help ek, ek is so bang dis die laaste keer dat ek iemand kon/kan gehelp het.

    My grootste vrees is, wat gebeur as daardie wel ‘n waarheid smeking was? Wat gebeur met my, as my Skepper terug keer na aarde en vra vir brood, en ek verwys hom na my hek? Hy wat my seën soos jy ook tereg noem, dak … kos … lieflik kinders … ens

    Dis goed, kom ons beweeg aan, dis tog nie ons wat moet rekenskap gee nie. Ek het jou blog deurgelees met al die vuurwerke, maar jy het die stryd gewen deur nooit jou opvoeding en naam weg te gooi, dit tel reeds 99.9% Wel gedaan!!

    Lekker dag

    Eben

  11. 11

    Dellie said,

    Ai tog, ek antwoord nie sommer hier in die comments nie, maar ek het ‘n briefie vir Frank, en ek is geban daar by hom, so ek moet dit maar hier plaas:

    Hallo Frank en almal

    Ek kom in vrede (WIT FLAGGIE WAPPER IN DIE AGTERGROND) Rerig. Julle het vir Nakkie so mooi vergewe, gee my ook maar ‘n kans?

    Arme Sharks – toe stenig hulle vir arme jou.

    Linda, ek en jy het vrede, dankie vir jou comment.

    Mense, EK is die een wat alles begin het, nie Sharks nie. Hoe draai julle dan nou so teen julle eie mense? Sy het maar net gaan sê hoe sy voel.

    Frank, ek dink nie ek skuld jou rerig ‘n verskoning nie. Maar ek aanvaar joune. Dit beteken nie ek gaan jou blog aanbeveel vir enige een wat ek ken nie, en dit beteken nie dat ek goedkeur wat jy gedoen het nie. Maar ek hoop regtig uit die diepte van my hart dat jy iets geleer het uit hierdie ondervinding. Dit sal ‘n bonus vir ons almal wees!

    Kry jou goedjies in plek, en ek is seker jy sal suksesvol wees. Soos jyself weet, maak kritiek dat jy beter perform. Jy het dit goed hanteer. HOU nou die hits wat jy kry. Jy is ‘n bemarker duisend, dit moet ek jou gee!

    Sterkte vorentoe, ek bedoel dit regtig.

    Ek verlaat julle dus nou amptelik met hierdie gedagte:

    It’s better to have loved and lost, than to have never loved at all.

    Dit gaan julle geweldig!

    Lovies
    Dellie

  12. 12

    Anonymous said,

    Dellie jy is ‘n ware dame, ja om te dink toe word ek dadelik verdink, jy weet ek gaan nou iets hier noem, net voor die bohaai, het ek en nog iemand anders – name kry niemand uit my uit nie! Gewonder oor al die geld soekerye – mens doen dit mos nie op ‘n blog nie, ons blog etenstye omdat ons nie buite kan waag nie, ons lees DD en SSSB en BEELD los ‘n comment maak vriende en nou het ‘n groot vyande van ‘n dame gemaak, omdat sy nie wil raaklees wat ek gister op DD gelos het nie, kan die vrou nie tussen die lyne deur lees nie, wil sy dan nie verstaan wat ek probeer sè nie, ek kan nie prentjies teken op die rekenaar nie!!

  13. 13

    Anonymous said,

    Wil net he jy moet weet,
    me like you lots like jelly tots!!

    Fairydust


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: