Rekenaar Vlatirs

Vrinne, dit was ‘n bedrywige Maandag. Moet my nie verkeerd verstaan nie, ek is mal oor my werk. Maar party dae voel ek of ek sommige mense net so van agter af stilletjies kan bekruip en wurg as ek dieselfde konsep vir die hoeveelste keer moet verduidelik. (Ek dink dis PMS, want die meeste van die tyd ken my geduld geen perke nie!)

Vandag gebeur dit toe weer: ‘n student is besig met ‘n e-mail kursus. Sy roep my omdat die boodskap nie wil stuur nie. Groot is my verbasing (weereens) toe ek gaan kyk wat die probleem is en uitvind sy het haar pel se straat adres ingetik by die recipient blok!

En dis nie die eerste keer wat dit gebeur nie! Ek sweer, maak nie saak hoeveel grade ‘n ou agter sy naam het nie, as hy voor hierdie rekenaar kom sit vlieg alle logika by die venster uit. Party vergeet skoon waar is bo en onder. (Scroll down, dan scroll hy OP!) Ek het al tot iemand gehad wat die muis soos ‘n remote wou hanteer. In die lug. In haar regterhand, en die buttons probeer click met die linkervoorvinger! Die girl by ons HK het ‘n omie gehad wat eers teen die 2de les agtergekom het hy werk nie op ‘n touch screen nie! Sy sê haar screen was amper op die grond soos wat hy met sy vinger op hom druk om die Start menu oop te maak!

Toe besluit ek opsluit om hierdie volgende vlatirs met julle te deel, en ek doen dit in die beste gees. My studente weet ook dat ek nooit vir hulle sal lag nie, nie voor hulle nie anyway, want ek onthou ook hoe dit gevoel het om niks te weet nie. Maar soms kan mens nie anders as om te lag nie, dan loop ek maar uit en gaan grin in die ontvangs area:

Question Word level 1 assessment: Add the following sentence to the last paragraph: “Please supply us with your banking details”
Answer: Student actually supplied his banking details, complete with branch code and all!

Question Windows level 1 assessment: How do you clean the computer screen?
Correct answer: With a clean damp cloth, taking care not to scratch the surface.
Student answer: Click the close button.

Question Word level 1 assessment: If a toolbar is not visible, describe the steps that you will use to make it visible?
Correct answer: Click on view – toolbars- click the toolbar that you want to make visible.
Student answer: Increase the power of light on the computer.

Question Windows level 1 assessment: What solution is there to rectify irregular power supply?
Correct answer: UPS (Uninterrupted Power Supply)
Student answer: Unlimited power supply box. Plug hom by die muur in.

Question Windows level 1 assessment: How would you protect your personal computer from viruses?
Correct answer: By installing an anti-virus program and updating it regularly.
Student answer: By using computer accordingly. By not spilling anything on the keyboard buttons.

Question Excel level 1 assessment: Name three types of documents that you can create in a spreadsheet program.
Correct answer: Invoices, budgets, statements
Student answer: Rows, Columns, Cells

Dink jy nog steeds jou Maandag was erg?

14 Responses so far »

  1. 1

    Boendoe said,

    Sies, Dellie!! Die arme student se naam kon net so wel Boendoe gewees het! Ek sou baie van daai antwoorde ook net so gegee het! Ek dink hulle se erens in die Bybel dat dom mense gelukkig definitief in die hemel kom!

  2. 2

    Dellie said,

    Haai nee Boendoe!

    Jy het ‘n pragtige blog, jy weet darem al van foto’s en jou common sense is nie deur die bokke opgevreet nie! Ek praat hier van mense wat HEEL aan die begin van hierdie journey is! En dis anyway net PARTY dae wat ek lag.

    *Snik* nou voel ek skoon sleg…maar ek hoop ek join jou daar in die hemel, want ek leer nog elke dag nuwe tricks by!

  3. 3

    Eben said,

    Dellie,

    Ek kry so smile op my mondhoeke as ek oor die kennis van jou studente lees. Ek nooi jou graag eendag Mozambique toe om die lot apies te kom leer. Jy kan en wil dit nie oor vertelle nie. Dis om van histeries te word, hetsy lag of huil. Gewoontlik vertel ek hulle sommer dat hulle onnosel sleg is.

    Ek het die geval vandag gehad laat die ‘ontvangs dame’ my liaseer werk moet kom doen daagliks. Ek gee haar ‘n klompie print-outs en noem dis ‘sales’ Dis July Sales …. Sy skrywe op die File Sales, los twee lyntjies oop en skrywe 2007. Ek verduidelik aan haar om my mooiste Höerskool Brits Engels dat dit verwarrend is, Tussen (Between) die Sales en 2007 moet sy July skrywe. Want hoe in die lewe sal die volgende persoon weet wat aangaan?

    Sowaar as vet, sy skrywe tussen Sales en 2007 BETWEEN!! Ek dog ek kry krampe, weet nie hoe om te sit dat sy nie agterkom ek het my m@er pas gestrip nie!! Oeeee ons gaan sukkel om van hulle op Gr 3 level te kry!!

    Lekker dag

    Eben

  4. 4

    Boendoe said,

    Eben, Eben! Weet jy nou nog nie jy moet SELF skryf nie?! Jy saai verwarring, man!

  5. 5

    idiwidi said,

    My Maandag was heerlik dankie. Maar nou’t jy my ook lekker laat lag. Shame!

  6. 6

    Jaco said,

    Ek het sommer nou weer moed vir vandag. My volgende sessie begin juis oor ‘n uur, maar anders as jy het ek zero geduld.

  7. 7

    Anonymous said,

    SHARKS

    Hie hie ek het nou lekker gelag, ja ons gaan met hulle sukkel mense, seker omdat ons wil, ek myself sit en edits doen bedags, maak al hulle foute reg, erg hoor erg.

    Lekker dag vir julle almal.

  8. 8

    SHARKS said,

    nou kan ek comment met my blog naam.

  9. 9

    marat said,

    Hahahahahahahaha, ek het nou lekker gelag.

    Hulle kon net sowel gesê het jy kan jou pc beskerm teen virusse deur nie op hom te nies nie . . .

  10. 10

    Anonymous said,

    Mwhahahaha, lekker gelag nou…. maar moet tog nie te hard op hulle wees nie, hulle kan nie help nie?
    Fairydust

  11. 11

    Anonymous said,

    Dellie,

    Sien, as alles nou net reg vir jou verloop het met die studente, wat het jy dan gehad om oor te vertel?
    Ek het lekker gesmile.

    Eben, between jou en jou assistant le daar ‘n moerse berg!!

    blommie

  12. 12

    Butterfae said,

    Jong, Dellie, glo dit of nie, maar ek was ook so dom etter. Toe ek in my eerste jaar by Technicon Pretoria se Computer Literature klas instap het ek die computer by die screen aangesit. Toe daar niks gebeur nie, sê ek vir my vriendin daar is iets fout. Sy het my net snaaks aangekyk en hom toe vir my aangesit by die “boks”. Het altyd by my pa se werk op die comp gewerk en hy was altyd aan, so ek het nooit nodig gehad om te weet waar om hom aan te sit nie, want dit was nie nodig nie. Vandag kan jy my enige-iets vra oor designing programme soos CorelDraw, Photoshop, Publisher, Indesign, maar moet my nie IT goed vra nie, o koek, dis vir my grieks.

  13. 13

    rb said,

    Ai Dellie, ek ken die gevoel. Het so paar jaar terug rekenaar opleiding gegee voltyds en doen dit nou net so bietjie deeltyds. Meestal swart studente, so die taal is ook nog ‘n issue.
    My beste is die mense wat so bang is vir die muis, stamp hom net so rond, wil nie aan hom vat nie.
    MAAR, ekke sukkel nog met die blog ding, so ander lag seker lekker vir my weer.

  14. 14

    E-Pos My said,

    Toe my broer se seun klein was het hy op twee maniere probeer om ‘rekenaar’ uit te spreek:
    1) Tekenradio. (Baie oorspronklik)
    2) Neukeraar. (Dis eintlik die regte naam dink ek)


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op Butterfae Kanselleer antwoord