Bloggers Anonymous

Dis lekker om te lewe, ja dit is…of jy ‘n voël is, of wat-ook-al, of ‘n vis…

Welkom al die nuwe maatjies, dis ‘n lekker wêreld die! Daar is ‘n paar “virgin” bloggers hierdie week, Sharks en Sonstudio! ‘n Spesiale welkom aan julle tweetjies. (Hehe, ek wil nou nie iemand copy nie.) Kom Blommie, wanneer is dit jou beurt, of het ek iets gemis? Ons soek NOG kuierplekke! En Sonneblom is terug! Ons het amper ‘n bokke-rotte-pantie-painting-en-shrimp soekgeselskap uitgestuur vir jou, jong! Heit, Internet-loosheid kan jou darem laat voel of jou suurstof afgesny is, né.

Wat my eintlik by my punt bring:

“My naam is Dellie, en ek is ‘n blog addict. (Sê almal saam: “Hello Dellie”)

Ek weet nie hoe dit gebeur het nie. Ek het in Mei of Junie 2006 vir die eerste keer SSSB ontdek. Van daar af kan ek nie veel onthou nie, behalwe dat hierdie virtuele wêreld vir my oopgemaak het wat ek absoluut onweerstaanbaar vind. Ek dink ek het hierdie blog “per ongeluk” geskep. Was op so ‘n IT high, dat dit effens blurry is. En toe go ek net with the flow.

Ek sê elke dag vir myself, “Self, vandag gaan jy EERS werk, en AS daar tyd is, mag jy gaan blog.” Baie gedissiplineerd dink jy? Hehe. Daar’s ‘n groot verskil tussen sê en doen! Sien, ek het die voordeel dat ek die baas is, en nogsteeds my werk goed kan doen sonder om heeltyd 100% betrokke te wees. My studente vorder teen hulle eie pas, en as iemand my nodig het, is ek hier, maar ek hover nie heeltyd oor hulle skouers nie. So soms is hier mense wat nie vreeslik baie hulp nodig het nie… Bright sparkies. Maar in plaas van dat ek bietjie admin doen of assessments merk in daai stil tye, lees ek blogs. En ek comment. Ek kan myself net nie keer nie! Ek moet elke paar minute gaan kyk wat wie waar gesê het. En daai favorites lysie groei by die dag. My werk begin nou REGTIG inmeng met my bloggery! Sal ernstig moet restructure. Delegate. Moet meer tyd kry vir blog. MOET MEER TYD KRY VIR BLOG!!”

Ernstig nou, waar lê die balans? Dis vir my absoluut fantasies om te leef in hierdie era waar die Internet ons wêreld so klein maak. Om julle almal te leer ken, is ‘n belewenis. (Ek het kuber maats, yey!)Ek geniet elke oomblik van rondspring tussen die blogs, dis absoluut ‘n wonder woonbuurt van mense, dinge en emosies. Selfs baie creative besigheids idees! Soms praat ons mekaar moed in, help mekaar om belangrike besluite te neem, k@k mekaar uit, beplan t-shirts, gee raad oor bokke en rotte en tamaties, secret loves, en soms gesels ons net lekker of praat net strooi. Ons kan ook DIEP raak en sensitiewe issues aanpak. Is dit wat dit so lekker maak, die gesels sonder pressure, sê wat jy wil sonder om alles regtig bloot te stel?
Ag, ek gee nie rerig om nie. My common sense is nog in plek, ek LIEF dit om hier te gorrel, en ek kuier lekker by julle almal!

My naam is Dellie, en ek is ‘n blog addict. Join jy my vir die volgende meeting?

30 Responses so far »

  1. 1

    Boendoe said,

    Ja, Dellie, ek join jou definitief vir die volgende meeting! Dis vreemd,ne? Ek wonder of ons almal oor die weg sou kom in “real life”? Maar dit is verslawend. Ek kan dit ook net nie uitfigure nie. Hoekom is dit so lekker om met ‘n klomp wildvreemde mense te gesels?Maar ek moet se, ons het ‘n lekker groepie geword, is dit nie? Ek wonder of daar clicks is in die bloggemeenskap? Dit lyk so. Ek comment nie graag by sekere mense nie, en obvious comment hulle ook nie by my nie! Lekker blog, almal!

  2. 2

    sonstudio said,

    En ek sê saam: “Hallo Dellie”.

  3. 3

    boerinballingskap said,

    Ek het nou lekker gelag. Maar alle grappies op ‘n chopstick: In Korea erken hulle nou rekenaarspeletjies as verslawend en daar is spesiale instansies wat mense met hulp bedien.

  4. 4

    Rene Boshoff said,

    Blogging is LEKKA!!! alhoewel dit nou ‘n tydrowende besigheid raak, want daar is so baie ekstra nice blogsites wat mens eenvoudig net nie ‘n “skip” kan gee nie! My 15min blogging vroeg soggens, het nou in ‘n uur blog-lees ontaard en dan word daar heeldag teruggegaan om te sien wie nou weer wat kwytgeraak het.

    Boendoe – ek reken daar is sekerlik blog-clicks, dit kom dalk net nie in so ‘n groot mate voor nie! Ek kry die gevoel van elke ou vir homself! Alhoewel ek al ‘n paar baie goeie vriende deur blogging gemaak het, sal ek dit nooit ‘n “click” noem nie, want daardie persone lees nogsteeds ander blogs en soms blogs waarin ek nie belangstel nie! Ek mag dalk verkeerd wees – maar dit wat jy hou van om te lees is mos iets wat in jou persoonlike smaak val, en sal jy weer terug gaan om nog te lees, maak nie regtig saak wat ander sê of dink nie?? Skuus Dellie, ek neem oor, soms raak mens heeltemal carried away met die comments!

    Hallo, my naam is René en ek is verslaaf aan blogging!

    Lekker naweek! xxRxx

  5. 5

    Eben said,

    Hi Dellie,

    Dis so waar wat jy skrywe, Boendoe (weereens) som dit ook mooi op. Sal ons almal oor die wegkom in ‘real life’? EK glo so. Mens kry soms net daardie gevoel as jy so rond lees, wie is jou dam se ganse en wie nie.

    Amper in jou en Boendoe se geval ‘… wie is jou Rot/Bok se mense wie nie!”

    Dankie vir jou posting, dis lekker opwindend/vrolik geskrywe, en nou voel ekke ook lus vir die komende naweek. So my tassie is gepak en reeds in my voertuig, nou moet die grens nie besig wees om Nelspruit toe te gaan die naweek. Maar die tyd tik so stadig af na 17h00

    Lekker dag

    Eben

  6. 6

    Butterfae said,

    Haai Dellie, ek is Chantel(Butterfae) en ek is hopeloos verslaaf. Dit meng by my werk in. Loer kort-kort by al die blogs in, lees hier, comment daar…maar dis lekker. Soos nou: moet my werk klaarkry voor 12, maar MOES eers loer wat gaan in die bloggemeenskap aan!!!! Gelukkig kan ek dit nie so baie by die huis doen nie, want ek werk van manlief se kontrak af, anders was ek heelaand besig om te blog.

  7. 7

    Boendoe said,

    Eben, jou pittige man! “wie is jou dam se ganse, en wie nie…”!

  8. 8

    idiwidi said,

    Hallo, my naam is idiwidi en ek en diewitdraak het hier kom inloer vir ons quick fix vir die middag – ons is ook verslaaf.

  9. 9

    kokkewiet said,

    Ek is beslis ook verslaaf. Die tyd om blogs te lees en self te skryf is net te min en ek stem saam dat my werk met my blogtyd inmeng.

  10. 10

    Karoles said,

    Hallo Dellie

    Ek lees gereeld jou blog, geniet dit. Ek blog nog nie so lank nie, maar ek en my man neem deel aan 2 forums. Ons het verlede jaar Engeland toe gegaan om van die mense te ontmoet, en ook toe ons nou onlangs in SA was, het ons ook van ons lede ontmoet. Ons het baie goeie kontak, en dis ‘n gesellige groep mense saam.
    Maar dit is baie verslawend, en ek is nogal nuuskierig, bang ek mis iets, haha.
    Lekker dag vir julle almal.
    Karoles

  11. 11

    Jaco said,

    Hallo ek is Jaco en ek is ook ‘n verslaafde. Ek gaan NIE na die volgende meeting toe kom nie, want vir my is daar geen kuur nie!

  12. 12

    antjiesomers said,

    Hi Dellie en kie

    Dis waar…alles, maar ek dink ons sal beslis ‘n hond uit ‘n bos kan kuier. In fact, mense is so geneig om ander te takseer op hul baadjie (letterlik) dat hulle mekaar nie gap gee om mekaar diep te leer ken nie. Ek dink meeste van julle ken my al beter as baie wat ek elke dag in die oe kyk!
    Tydrowend? Jaaaa! Ek kry al skoon angsaanvalle as my vinger op daai link klik. Maar dis goed vir my. En vir julle. Kyk so daarna – ons het nie een nodig om geld aan ‘n sielkundige te spandeer nie….ons kry dit sommer hier! Ek in elkgeval, kan nou nie namens almal praat nie.

    Lekker weekend almal en Boendoe, gaan bietjie daar na jou eie huis toe ook vir ‘n slag. Soek jou daar!

  13. 13

    antjiesomers said,

    Sjoe, klink soos die AA!

    Hallo, my naam is Anchen, AKA Antjiesomers en ek is ‘n alkoholis….
    WE LOVE YOU ANCHEN!!

  14. 14

    antjiesomers said,

    Oh! And I haven’t been clean for 3months….i’m still at it!

    Nou loop ek hier weg. Sien, kan myself nie keer…

    Bye Dellie😀

  15. 15

    platkuif said,

    middag…

    Ja ‘blogging’ raak verslawend as jy dit reg, oop en eerlik doen en daaraan meedoen…dink ek

    Ja,daar is defnitiewe ‘clicks’ en dit van soms ‘n rukkie voor mense comfortable rak om aan ‘n forum deel te neem…netso vat dit ook net ‘n rukkie vir iemand om jou so af te suster dat jy nie sommer weer sal inloer nie…

    En,laastens, ek dink in real ‘life sou baie van die maters nie met mekaar gesels het nie…ons judge graag voor ons iemand beter leer ken…dit is deel van afrikanerwees…met blogging kan jy so bietjie op die kant staan en bietjies -bietjies van jouself ‘ontbloot’ soos jy gemaklik voel…en dink ek kry almal ‘n meer objektiewe kans om deel te wees van ‘n groepie (iets wat annersens nie sommer sou gebeur het nie)

    leke dag mense
    platkuif

  16. 16

    Dellie said,

    Hi almal,

    Wil net gou kom sê dat julle die naweek moet geniet. Ek voel soos ‘n uitgewaste lap vandag, griep het my toe ook beetgekry. So tussen die hoes-proes-snuif deur, MOES ek net kom kyk wat hier aangaan. My fix gekry! Nou gaan ek terug klim innie bed. Soet wees, en as jy nie kan nie, neem foto’s!

    Lovies
    Dellie

  17. 17

    rb said,

    Ek stem saam met al die comments. Moet sê my tiksproed het ook nogal verbeter, lanklaas so baie getik – op almal se blogs.
    Ek dink nie almal sou oor die weg kom in real life nie. As ek hier nie met jou saamstem nie, dan gaan ek aan, maar in real life sou jy voor my gestaan het en dan sou ek iets MOES se.
    Lekker naweek

  18. 18

    antjiesomers said,

    Hoop jy voel gou beter Dellie…

  19. 19

    Boendoe said,

    Hi Dellie,
    Sterkte, mens. Ek is soos ‘n man as ek griep het, voel of ek wil dooi. Hopelik is jy ‘n sterker baba! Lekker naweek.
    X

  20. 20

    sonstudio said,

    Sterkte Dellie. Hoop jy voel sommer gou weer op jou stukke.

  21. 21

    Boendoe said,

    Dellie, skop jy darem nog?! Ek sien almal is so stil vandag…

  22. 22

    antjiesomers said,

    Ja, dis soos die dood vandag…die bloggemeenskap is stillll.

    Hoe voel jy Dellie? Jy en blommie het my aangesteek…ek wonder, dalk het die griepvirus ‘n way gekry om via die net getransfer te word? Ek het heel winter niks ernstigs makeer nie, nou moes ek vanmiddag ‘n grieppil sluk en gaan slaap. Koppie lekker dof, maar ek voel sommer stukke beter.

    Jy moet ook nou gesond kom, hoor?

  23. 23

    Boendoe said,

    Antjie, ek brabbel so baie by jou, het nooit vir jou beterskap toegewens nie. Sorry!

  24. 24

    Roer said,

    Ja, ek het dit ook eers heftig ontken, maar ek is gehook! Waar teken ek?

  25. 25

    antjiesomers said,

    Hi Dellie – al beter?

    Baai Dellie – lekker slaap…

  26. 26

    SHARKS said,

    Môre almal, ek is verslaaf!!

  27. 27

    Dellie said,

    More al die maatjies op hierdie KOUE Maandag!

    Ek is nog in die land van die lewendes, maar ek voel nog glad nie lekker nie, gee die worsies ‘n go met die geblaffery, en het seker al 2 bokse tissues deurgewerk. Neus is skoon nerwe af. Ek word ook nie sommer siek nie, maar as hy vir my vat die dag, vat hy vas.

    Die dag lyk ook nogal besig, dis mos die einde van die maand en nuwe studente registreer, boeke moet geprint word ens.

    Sal weer later kom inloer en ‘n draaitjie by julle almal gaan maak.

    Geniet Maandag, ry hom bloots!

  28. 28

    Anonymous said,

    Beslis! Ek sukkel ook met eers werk en dan blog!
    My eerste verslawing was die chatroom, en ja, nou is dit die blogs! Ma dis lekka!!!

    Fairydust

  29. 29

    Butterfae said,

    Haai Dellie. Sjym, hoop jy voel al beter. Met al die vitamines en minerales wat ek moet drink met my swangerskap, het ek darem nog nie snotsiekte gekry nie.

  30. 30

    Dellie said,

    Nee hoor, julle moenie comments delete nie! Dit maak my VREESLIK nuuskierig!

    My addiction moes toe nou vandag plek maak vir WERK. Ek bewe van ontrekkings simptome, en ek dink nie dis die snotsiekte nie! My werk is nog nie klaar nie, so ek sal eers more weer iets nuuts post.

    Ek voel vreeslik jammer vir Steve, maar ek wil nie nog sout in sy wonde gaan vryf op sy blog nie. Genade, mag die arme man nie eers in vrede bietjie drama in sy huwelik hê nie! Ons almal gaan mos maar daardeur, maar dit moet erg wees om daarvan te lees in die koerante. Ek is baie bly ek is nie ‘n “celeb” nie!

    Lekker aand julle, hopelik is hier iets nuuts om te lees more!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: