Koekverkoping!

Dis Vrydag en dis basaartyd! Ek het nie vreeslike naaldwerk skills nie, nie ‘n verjaarsdag klub nie, ek is ook nie ‘n wafferse bemarker nie, infact, ek maak GEEN geld uit hierdie blog nie. Maar ek kan BAK! (Kluitjies ook!)

Ek het bietjie geldjies nodig vir Seun se matriek afskeid. Die arme kind moet ‘n pak huur, (sy een pel se ma het net duskant R7 000 opgedok vir die kind, ‘n SEUN, belaglik né?) ‘n limo huur, (eintlik wou hy en sy pels ‘n helikopter huur vir die intro, maar dit sal net op die saal se dak kan land, wat hulle entrance so bietjie sal bemoeilik) blomme vir die girl, en dan praat ek nie eers van die “after party” nie! As ek nie dringend geld in die hande kry nie, gaan my arme kind sy eie matriek afskeid mis. Vandag is 40 days…ek kan dit nie glo nie, dit voel soos gister toe hy vir die eerste keer skooltoe is. En nou is hy amper ‘n man…

So vandag gaan ek vir julle al die koeke wat ek ken hier uitstal. Enjoy die verkoping en KOOP!!

Reëls:

Bie op die koek van jou keuse.
Jy mag ook op jou eie koek bie.
Die een met die hoogste bod, vat die koek.

Easy as pie. (of koek)

En die koeke op die basaar tafel is: (Drumroll please! Tadaaa……)

Antjiesomers  

Boendoe

Blommie

Boer in Ballingskap

Bosparra
 

 

 Butterfae

 

Da Mario

 

Dellie

DD

 

Ding

 

Eben

 

Fairydust

 

Grot van Genot – Karoles

 

Harvey

 

Idiwidi en diewitdraak

Jaco

 

Koeks

 

Marat

 

Platterfuss

 

Sonneblom

 

Sonstudio

 

SSSB

Skoenlapr

 

Sharks

 

Ek hoop jy kry die regte koek vir jou!

Advertisements

37 Responses so far »

  1. 1

    Anonymous said,

    Dellie …. dis een woord FANTASTIES hoe jy ons elkeen ‘uiteengesit’ met onse dingetjies en name!! PUIK!!!

    Gie gie verbeel ek my of jaaa die 2 rotte mekaar??

    Waar bie ekke …..

    Lekker dag
    Eben

  2. 2

    sonstudio said,

    Ek LOVE my koek!!! (hehe) En stem 100% saam met Eben.

    Ek wil ook bie. Waar?

  3. 3

    antjiesomers said,

    Dis te f*kken oulik! Behalwe vir 4 (wat ek nie sal noem nie) wil ek op almal bie!! Eks nou nie juis ‘n ‘koek’-fan nie, maar ek like die way wat jy bak!

    Sterkte met die matriekafskeid…dalk moet jy jouself gaan uithuur as rotvanger (van Hamlin), maar aangesien jou track record in daai afdeling nie juis up to standard is nie, weet ek nie hoeveel geld jy gaan maak nie….

  4. 4

    justme said,

    Dellie… dis BRILLIANTTTTT!! EN ek het DIE mooiste koek!! Hehe!

    Ekke sal op amper almal bie!

    Original excellent ‘idee’!

    You rock!!!

    PlatterFuss aka PlatterKoek

  5. 5

    marat said,

    Jy is baie skerp hoor! Nou verwys ek nie na myne nie . . .

    Waar bie ons en hoe kry ons die koeke hier van Welkom af?

  6. 6

    Koeks said,

    Ek soek my koek!!

    Ek sit n R100.00 op my koek en jy sal mooi moet stuur, of gaan jy hom sommer aflewer.

    Jy het regtig in oog, ek is mal oor Plattes s’n en Marat se budoggie.

    Ok, ek sit sommer R50.00 op die Sonneblom ook!
    R

  7. 7

    marat said,

    Ek is mal oor die volgende:
    Antjiesomers
    Ding
    Idiwidi
    Platterfuss

    Maar ek bie R100 vir die budoggie!

  8. 8

    Da Mario said,

    Hehehe… ‘n girl in ‘n bikini…

  9. 9

    Feetjieland said,

    Mallllllllllll oor myne!!!
    Jy is so kreatief!!
    So waar bie ek vir my koek?
    Almal s’n is so gepas, jy mag maar hoor!

  10. 10

    Jaco said,

    Hehehe,

    Jy het ‘n baie skerp oog en aanvoeling vir mense se geaardhede.

    Waar bie ek?

  11. 11

    Anonymous said,

    Dellie
    Ek het lekker gelag vir jou opsommings van almal … dis regtig oulik.

    Is da danni ‘n koeki vir my nie? ‘n ‘Tert’ sal ook doen … hehe

    Adele (aka Skoenlapr)

  12. 12

    Dellie said,

    Skuus Skoenlapr! Jou koek was nog innie oond…

  13. 13

    Karoles said,

    Hoe kry ek daai koek in Holland? Dis fantasties!!! Dis nou baie oulik hoe jy dit gedoen het

  14. 14

    Gypsyjo said,

    Dellie dis ‘n baie goeie idee daai van jou. Dis sommer baie fab en smaakvol gedoen hoor.

    Maak vir my ook een toe, ‘n konstuksie hoed of so iets, ek sal hom beslis koop(myne is tans pienk hoor).

    Jy moet ‘n “delly” oopmaak daar by jou, noem hom somme “Dellie se koek boetiek”.

    Groete
    Gypsyjo

  15. 15

    boerinballingskap said,

    Dankie, Dellie, maar ek’s al bietjie gatvol vir ryskoekies. Ek sal maar nie se wie se koek vir my die lekkerste lyk nie, anders neem julle my dalk verkeerd op…

    Bib

  16. 16

    Roer said,

    Kan ek kom vir lesse? Ek kan nie bak om my lewe te red nie. Nie eers daai boks goed nie… Ek bie R200 op Boertjie se koek (die blommetjies een).

  17. 17

    Boendoe said,

    Dellie, ek is flabbergasted! Klink nou stupid, maar is dit genuine koek wat jy gebak het?

  18. 18

    Beertjie said,

    Hallo Daar!

    Dis aswmrowend mooi! Maak nie saak wie dit gebak het nie , Ek sou trots gevoel het,Boendoe.veral as daar n koek spesiaal aan my “opgedrae” is.

    Dis rerig baie mooi.Ek kan nie eeers n eier bak nie wat nog te se van koek!!

    Ek stem vir n “Deli vir Dellie se D*se”!

  19. 19

    boerinballingskap said,

    Roer, ek het nie die blommetjie-koek nie. Myne is die een onder my naam: Die bord vol ryskoekies.

  20. 20

    Boendoe said,

    Hi Beertjie,
    Moenie my verkeerd verstaan nie, ek voel baie honoured! Ek wil net weet of sy genuinely die koeke GEBAK het. (My common sense se, nee!)
    He, Dellie?

  21. 21

    Dellie said,

    Boendoe, Welkom in SA mevrou! Hehe, nee jong, ek het hulle nie gebak nie, I wish! Ek het hulle gegoogle! Maar dit was heerlik om vir elkeen ‘n koek uit te soek wat ek dink by hulle pas! Ek het Donderdag aand tot amper 12 uur gesit met dit, maar elke oomblik geniet.

    Julle mag maar soos Koeks maak en jou koek “huistoe” neem…

    Hoop jy geniet die mall.

  22. 22

    Boendoe said,

    Ag, dankie dat jy my uit my ellende verlos het! Ek het my dood gewonner! Kan nie glo dat daar sowaar ‘n bok koek is nie!

  23. 23

    Dellie said,

    Hier’s ‘n grappie vir julle:

    Wimpy’s coffees doesn’t work for everyone .

    Last night while watchin TV I saw that Wimpy advert and I decided to try it with my cherrie. After I said to her – “CAFE LATTE” she just ignored me.

    After I said MACCIATTO she told me to shut up. Just before I could
    finish saying CUPPACHINO, she slaps me with a moerse klap.
    I asked her “what did you do that for now!”

    She replied “Do I look like a f#%ken foreigner – can’t you use words like BLACK LABEL, HANSA, CASTLE or RED HEART, you bliksem!!! ”

    hehe, geniet die naweek!

  24. 24

    Roer said,

    Thanks Boertjie! 😉

  25. 25

    SHARKS said,

    Dellie dit is pragtig, jammer ek het dit gemis, al die koeke is pragtig, dankie jy!!

    Matriek afkseid, ek moet nog vir my seun sy pak gaan koop, sy hemp en das asook skoene. Ek maak my ook klaar vir ‘n aardige bedraggie.

    Sal in die loop van die dag ‘n inskrywing maak, sodra ek kans kry. Moet die week ook nog op training gaan, maar ek dink ek gaan myself vandag verskoon, sal wel aan iets dink om dit nie by te woon nie!! As my mede kollegas kan lieg, kan ekke mos ook.

    Môre aan almal van julle.

    Toe verloor my span, die SHARKS kort ‘n goeie skopper, daai skopper kan nie skop om sy naam te red nie, hoeveel punte het hy net nie weggegooi nie!!

    Lekker dag vir almal van julle.

  26. 26

    Anonymous said,

    Hey Dellie,

    Baie Baie oulik.

    Watse koek sal jy dink sal by my pas.

    Ek sal dit graag wil sien.

    Lekker dag
    Liefde
    Rene

  27. 27

    Butterfae said,

    Wow, Dellie!!! I’m impressed! Daar is sowaar ‘n pregnant koek? Moet ‘n moerse koek wees, nê?! Ek sal aan die werk moet spring vir ons hemde!

  28. 28

    antjiesomers said,

    Nee, Dellie het die blog verlaat….sy gaan mos diep in haar man se oge kyk vannaand…

    Enjoy!

  29. 29

    sonstudio said,

    Dellie
    Geluk met jou anniversary en die nuwe kontrak!
    Enjoy the celebration!!

  30. 30

    idiwidi said,

    diewitdraak is in haar skik! Jy’s baie oulik!

  31. 31

    Sonneblom said,

    Hi Dellie en ander bloggers,

    Jong, ek dink my koek lyk fab. Ek hou nogals van die idee “Dellie se deli” Nice ring to it. Dankie vir die idee, dis sommer heel oulik.

    Sal weer later kom loer.

    Liefde groete

    Sonneblom

  32. 32

    […] Hier is die link na die oorspronklike possie. […]

  33. 33

    […] ek begin blog het, was my naam amper sinoniem met boerbokke.  Dellie het selfs met haar koekverkoping vir my ‘n boerbok-koek gebak!  (Ou bloggers kan gerus weer daarna gaan kyk – dit was […]

  34. 34

    boendoe said,

    Jis, ek kyk vanaand weer hierna. Waar is daai dae heen, he? Dalk tyd vir ‘n nuwe koekverkoping? :mrgreen:

  35. 35

    […] ek begin blog het, was my naam amper sinoniem met boerbokke.  Dellie het selfs met haar koekverkoping vir my ‘n boerbok-koek gebak!  (Ou bloggers kan gerus weer daarna gaan kyk – dit was vet […]

  36. 36

    You should be a part of a contest for one of the
    best blogs on the net. I am going to highly recommend this blog!

  37. 37

    With havin so much written content do you ever run into any issues
    of plagorism or copyright infringement? My site has a lot of completely unique content I’ve either created myself or outsourced
    but it appears a lot of it is popping it up all over the internet without my permission. Do you know any methods to help reduce content from being stolen? I’d really appreciate it.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: