Liefde is…

Ek kuier nie in Mumbai nie, en ek jag nie rotte in Hamlin nie!😉

Dis vandag my en Liefie se huweliksherdenking. Ek kan nie glo dat ons al 19 jaar getroud is nie. Dit was dan net gister wat ek hom so uit die peleton bekyk het en op sy boudjies verlief geraak het! ‘n Man in ‘n uniform…mmm! Ek was in standerd 9, in die drilpeleton. Hy was in Voortrekker Hoogte, ‘n Korporaal in die Militêre Polisie, en ‘n dril instrukteur vir ‘n paar skole. (Ja, ek ken Pretoria…lekker vryplekke daar…) Hy is sewe jaar ouer as ek, maar die ouderdoms verskil was nog nooit ‘n issue nie. Hy reken “ou bokke like mos groen blare”!

Anyway, die hele peleton was verlief op hom. Almal het oor hulle voete geval om hom te probeer beindruk. Almal behalwe die uwe… wil mos nou nie te ooglopend wees soos die ander nie. So het ons toe in Augustus daardie jaar ‘n kompetisie by Swartkops. Nou mag mens mos nie beweeg as jy in die peleton staan vir inspeksie nie. Ek kyk so af, en ek sien my bloesie “gaap” so bietjie. Maar ek mag nie move nie. Fluister so in sy rigting: “Korporaal…!” Hy kom staan toe so mooi hier voor my, en ek beduie met my oë in die rigting van die gapende bloesie. (Kan mos nou nie meer op inspeksie sit as wat nodig is nie!) Hy lig sy hande tot so voor die knopie, kyk my so DIEP innie oë, en sê: “Ek gee jou toestemming om dit maar self reg te maak!” Ek is ook nie op my bek geval nie, het mos daai kyk in sy oë gesien… en ek fluister so saggies: “Chicken!” Maak toe maar self reg terwyl hy net staan en grin vir my.

Lang storie kort, so flirt ons toe heeldag met my hand in sy baadjie se sak. Dan druk hy, dan druk ek. Daar was ‘n ander girl se hand in die ander sak, wat hy ook heeltyd gedruk het (bliksem!) maar ek het dit eers HEELWAT later uitgevind! (Dit was koud, man!) Ek en van my “vriendinne” mis toe die bus, en Korporaal moet ons huistoe vat. Ek sit reg agter hom in die kar. Nou probeer hy my die heeltyd in die oog vang hier deur die kant spieëltjie, maar die venster is so vuil dat ons net mekaar se skaduwees kan sien! So word almal afgelaai by hulle huise, en raai, hy los my tot laaste. Toe ons in die kar klim by die laaste vriendin se huis, kyk hy my so en sê: “Kom ons kyk NOU wie’s chicken!” En die res is geskiedenis… Baie van die “vriendinne” was so kwaad vir my (huh?) omdat ek hom gekry het op die ou end…maar ek is happy. Hy is my ander helfte!

Ek werk nog heeldag baie hard om alles op datum te kry sodat ek vanaand so bietjie vroeër kan klaarmaak. (Vroeër = ses uur, nou al sewe uur.) Liefie het vir my ‘n pragtige bos blomme gestuur, en ek treat hom vanaand met ‘n uiteet. Seun kom ook saam. Sy gelukwensing vandag was: “Baie geluk Mammie, ek is so trots om julle as my ouers te hê! Rerig!” Dis so lekker…

Ek hoop julle Maandag was nie te erg nie, dis mos amper verby! Myne was vir ‘n wonder nie te bad nie. (Lees weer bo!) Lekker kontrak losgeslaan, BAIE nuwe studente, en die vooruitsig van so bietjie relax op ‘n Maandag aand!

Lovies
Dellie

PS. My bynaam is nog steeds Chicken, en as Liefie my roep, fluit hy soos ‘n kuikentjie… I love it!
PPS. Rene, ek dink ek sou hierdie koek vir jou gekies het? Het erens raakgelees jy hou van strawberries…

En Bib, lyk hierdie ene beter? (Dit maak MY lus!)

25 Responses so far »

  1. 1

    Ma se Seun said,

    Nou weet ek ok waar daai fluit sy oorsprong gevind het!! Wil maar weer se hier dat almal kan sien! EK IS TROTS OM JULLE AS MY OUERS TE HE.

    Ma se Seun

  2. 2

    Jaco said,

    Baie geluk met julle herdenking!

    Dit is voorbeelde soos julle wat maak dat ons nooit sal moed verloor en ophou werk aan ons eie huwelik nie.

  3. 3

    antjiesomers said,

    Jong,

    dit laat mens sommer weer glo in die liefde. Darem maar die wonderlikste emosie onder die son!

    Baie geluk🙂

  4. 4

    kokkewiet said,

    Baie geluk Dellie! Dit laat my hoop dat ek ook eendag so huwelik sal hê!

  5. 5

    Da mario said,

    Hoop julle het ‘n wonderlike dag gehad! Baie geluk!

  6. 6

    boendoe said,

    Hi Dellie,
    Jong, ek is darem ‘n sucker vir ‘n lekker love story, en joune het lekker gelees! En jou seun klink so cute! Dis maar, volgens my, wat die wereld laat draai: jou nearest en dearest.
    Lekker dag, hoor.

  7. 7

    SHARKS said,

    Dellie ek en my eks sou ook 19 jaar getroud gewees het gister.

    Ek hoop julle het ‘n heerlike wonderlike aand gehad.

  8. 8

    Anonymous said,

    Hi Dellie BAIE GELUK jong. hoop julle het ‘n wonderlike dag gister gehad.

    Ennnn ‘ma se seun’… Luister nou mooi wat hierdie ‘oom’ jou vertel vandag. Jy maak my trots om te kan lees wat jy van jou ouers dink. Dis mooi, dis wonderlik en dit hoort so. My eie seun sê dit ook 100 x vir my …. Soos ek altyd sê, respekteer jou ouers en mense sal opsien na jou!! (Wens ek kon jou ‘n lekker handdruk gee, mooi man!!)

    Ons gesels weer

    Eben

  9. 9

    Butterfae said,

    Baie geluk, Dellie! Hoop jy het jou hubby lekker bederf en hy vir jou!!!
    Dis goed om te weet nie alle huwelike beland in die skeihof nie. My ouers is al 32 jaar getroud en still happy! Ai, die liefde is wonderlik!

  10. 10

    Anonymous said,

    Geluk met jul herdenking, nogal ‘n lang tyd maar met mense soos hulle is die tydjie seker lekker kort.

    Dankie vir my strawberry koek ek luv it.

    Lekker dag
    Rene

  11. 11

    Roer said,

    Ag dit was nou regtig ‘n mooi ‘storie. My tone krul sommer om. Baie geluk!

  12. 12

    suz said,

    Dellie

    Baie geluk met julle troudag gister. Hoop dat dit ‘n wonderlike dag en aand was.

    Ek en manlief sal November 16 jaar getroud wees. My ouers was 47 jaar lank gelukkig getroud toe my Pa in Februarie oorlede is.

  13. 13

    Dellie said,

    Dankie vir al die gelukwense, julle! Ja, ek tel elke dag my seëninge as ek lees hoe party mense mekaar behandel in huwelike. Dit was ‘n lekker aand, maar soos julle weet gaan daar nie veel aan in Welkom nie. Veral nie op ‘n Maandag aand nie! Toe ons tien uur uit die restaurant kom, was ons die laastes daar en ons ou karretjie staan eensaam en alleen in die parking area! Selfs die karwag het al pad gevat! hehe

    Rene, ek is bly jy like jou koek!

    Eben, Seun sê dankie vir die mooi woorde.

    Sharks, jammer joune het nie uitgewerk nie, jong, maar soms gebeur dinge mos maar met ‘n doel. Ek is seker daar wag groter geluk op jou met iemand anders.

    Welkom Suz, hoop jy geniet dit hier.

    Gou ‘n update op die kredietkaart storie: Na hoe lank het die bank my uiteindelik vandag terug gebel. Ons gaan nou maar die rekening sluit en ek sal oor ‘n week ‘n nuwe kaart kry?? Intussen moet ek nou ‘n bedrogsaak vormpie invul, laat beëdig, en terugstuur. Wag nog steeds vir daai vormpie, maar intussen is my rekening gesluit. Hoop maar ek kan die ding weer gebruik binne die volgende 2 maande! As hulle weke neem om terug te bel, weet ek nie lank gaan hulle neem om ‘n vorm te e-mail nie!

    Lekker aand julle, ek werk vanaand tot 9uur. Iemand wat van ver af kom vir kursus. Wish me luck!

  14. 14

    antjiesomers said,

    Good Luck!!

  15. 15

    idiwdi said,

    Baie geluk! Julle klink na ‘n baie oulike en gelukkige gesin.

  16. 16

    Boendoe said,

    Hey Suz,
    Ek het net vandag gewonner of ek jou nie maar by DD moet gaan haal nie, jong. Ek het jou gemis! Kom loer gereeld in, hoor.

  17. 17

    platkuif said,

    hellooo…

    geluk Dellie…voorwaar iets om na te strewe…as’t ware uit te reik…goed gedoen ‘chicken’…🙂

    Platkuif se ‘take’ op die liefde…’n stukkie geskribbel lank terug…’verlief,verlore en ander aansteeklike siektes’…

    Kiem op die bors, voelgriep (nee man, nie die STD nie,die regte siekte wat deur voelens met vere veroorsaak word) en swam op die binnetoon,is pretty much van die ergste epidemies waarmee ‘n persoon (hetsy man,hetsy vrou,hetsy man wat wil vrou wees) geteister kan word. Dit is ‘n gejeuk, ‘n gekrap, ‘n gevryf en nog meer.Jy kyk,maar jy sien nie.Jy is lighoofdig en jy sukkel om te focus. Alles pyn soms en gedurig. Basies maak niks eintlik sin of saak nie. Dit is ‘n warboel (yip,my woord vir die dag) van emosies en absolute deurmekaargeit.’n Totale vlokop, en die ergste van alles,soos my geleerde pel,Witblits,nou die dag opmerk,daar is nie meer pillens/poeiers en stropies beskikbaar nie.Ons antibiotika is op ‘n maksimum,die kieme het gewen en ons kan net hoop op ‘n goeie tweede plek…nee wat siek wees is bad,amper soos verlief wees…

    Kyk,laat ons nou maar eerlik en reguiterig wees,Platkuif is nou nie eintlik troumateriaal nie. Nie dat hy nie wil nie, hy het al getry,maar hoe nader hy aan die groot dag,die oomblik van waarheid kom,hoe groter word die odds dat daar iets gaan foutgaan.Wiele wat afval, asse wat breek ,partners wat kop verloor en so meer en so meer. Dus so amper asof jy deel is van ‘n groot rugby game.Jy kry die boll en jy hol,jou gat af.Jy swenk,jy duck en jy dive en ewe skielik is jy deur,regdeur.Daar is niemand voor jou nie.Dus net jy en die doellyn.En jy voel goed,oor jouself natuurlik.En jy hardloop,reguit,geen kortpaaie.Jy doen jou deel,daai boll is styf onder jou arm en dan,bliksem bettie,word jy hier van agter geloop,getackle,plat gemaak. En jy kan nie verstaan hoekom nie.Jy was dan deur,Jy het die gap gesien en jy het hom gevat en daar was dan niemand van die ander span naby jou nie.Al wat jy moes doen was om te score,om die boll onner die pale te plant. Maar jy kon nie,want daai een wat jou so van die kant (half van agter…) getackle het (nee man,nie droog gedoen het nie,getackle het), daai een is dan in jou team,dus dan een van jou eie spanmaatjies (of so het jy gedink…) Anyhow,back to basics,Platkuif en trou,amper soos olie en water,net nog meer versoenbaar en aanpasbaar.

    Probleem is,jy kan hoe anti – trou, anti – commit en anti – betroubaar wees. As daai kiem van alle kieme, die virus waarvoor ons almal so bang is, eers aan jou deur kom klop, dan is jy in jou kas in.Of so lyk dit vir my hier van die kant af. As verliefdheid sy kop uitsteek,dan kan jy maar skop en skreeu en tantrums gooi en ongeskik wees en te veel bad en in sirkels loop/hardloop/kruip,dit gaan niks help nie.Jy is stuck.So amper asof jy nie vir jou skaduwee kan weghol nie.En dit liewe afloerders en afkykers is die great ding,dink ek. As daar ‘n siekte is wat binne oomblikke al die eina,onseker en wantroue van die verlede kan wegvat,dan is dit mos ‘n goeie ding.Wil so half lyk asof verlief dan die een kiem is wat ons almal kort (al dink ons nie so nie). As daai kiem op jou spring, hol rond en steek aan,links en regs. En dit is al wat ek dink,op die stadium…

    Ek wag nog vir daai siekte :-)om my te tref…

    lekker aand
    p

  18. 18

    Dellie said,

    Eish, Platkuif, ek het nou lekker gelag. Dis ‘n baie raak beskrywing! Jy kan nogal toor met woorde.

    Nou ja maatjies, waarvoor wag ons? Steek aan, steek aan…

  19. 19

    Camiseta Personalizada said,

    Oi, achei teu blog pelo google tá bem interessante gostei desse post. Quando der dá uma passada pelo meu blog, é sobre camisetas personalizadas, mostra passo a passo como criar uma camiseta personalizada bem maneira. Se você quiser linkar meu blog no seu eu ficaria agradecido, até mais e sucesso.(If you speak English can see the version in English of the Camiseta Personalizada.If he will be possible add my blog in your blogroll I thankful, bye friend).

  20. 20

    SHARKS said,

    Camiseta Personalizada WATSE TAAL IS DIE? Ek kan nie kop of stert uit maak nie, PLATKUIF jy het my nou lekker laat lag!!

    Lekker dag vir almal van julle.

  21. 21

    Dellie said,

    hehe, Sharks, ek weet ook nie! Lyk my ons het ‘n “stalker”! Dis nou seker wat hulle blog-spam noem? Wat dink julle wil hy hê? Sonder om na die links te gaan kyk, moenie kroek nie!

    Ek reken hy dink die blog is interessant, en hy customize en personalise goed? Weet net nie wat nie!

  22. 22

    antjiesomers said,

    HI

    daai een was so ‘n ruk terug by my ook! rodriguez of something….shame, hy dink seker ons is sekswerkers die arme ding!

  23. 23

    suz said,

    Boendoe

    Ek was vir 2 weke buite aksie en die laaste tyd kry ek nie tyd om te comment nie. Ek comment so nou en dan nog op DD. Maar soos ek sê die tyd is maar min.

    Lekker Dag vir julle almal, ek gaan bietjie lang naweek hou. Ons gaan kamp met die karavaan in die koue. Sal maar baie OB”S drink vir die koue.

  24. 24

    Boendoe said,

    Hi Dellie,
    T Shirts, sou ek se!

  25. 25

    boerinballingskap said,

    Laat ek my stem by die koor voeg en julle gelukwens.

    Ek kan nie mooi uit-figure wat my nuwe “koek” behels nie…Ek dink ‘n tradisionele swartwoud-koek sal die ding vir my doen!

    8)


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: