Liewe Vader Krismis

Ontdek toe gisteraand hierdie in ‘n “cleanup” sessie…
Liewe Vader Krismis

U sal seker verbaas wees om `n brief van my te ontvang op 26 Desember.

Dit is nie dat ek vroeg skryf vir volgende jaar se presente nie, maar om `n paar dinge op te klaar oor wat gisteraand en vroeër in die jaar gebeur het.

Ek het vir jou geskryf en gevra vir `n fiets, elektriese trein, rolskaatse en `n rugby trui. Ek het die hele jaar baie hard gestudeer. Ek was nie net eerste in my klas nie, maar ek het ook die beste punte in die skool behaal. Ek lieg nie vir jou nie. Daar was niemand in ons buurt wat hulle beter gedra het as ek nie. Ek het vir my ouers, broers, susters, my vriende, ons bure en hulle kinders takies verrig. Ek het selfs ou tannies oor die straat gehelp. Daar was niks te veel wat ek vir die gemeenskap sou doen nie.

Wat de f@k het jou besiel om vir my `n eenvoudige f@kken fluitjie, `n yo-yo en `n paar vaal sokkies te los na my mooi brief aan jou ? Wat de bliksem het jy gedink, jou vet vark, dat jy my vir `n bobbejaan gevat het die hele donnerse jaar om bogenoemde k@k onder die boom te los. Asof jy my nie genoeg rond gef@k het nie, los jy vir daai klein k@k oorkant die straat so veel presente dat hy skaars in sy f@kken huis daarmee kan inkom.

Laat ek jou waarsku. Moenie volgende jaar probeer om met jou vet gat in ons skoorsteen af te klim nie. Ek sal jou opf@k. Ek sal jou f@kken bokke met my pa se rollie in hul moer skiet sodat jy moet terug loop na die Noordpool soos wat ek nou moet doen aangesien ek nie `n f@kken ryding het nie. Jou moer vader krismis.

Volgende jaar sal jy uitvind wat se k@k ek kan wees.

Groete se gat.

Advertisements

16 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Hiehiehie, die klein f@kkertjie!

    Dellie, my comments wys nog steeds nie by DD nie. Sal seker maar tyd vat. Anyway, kan ek maar vir die bloggers vra om DD toe te gaan en die comments te gaan lees? Siende dat ek nou eerste hier by jou comment, dan sal almal wat volg dit lees! Ek dink ons moet vergewe en vergeet. En Platkuif het ‘n goeie inisiatief daar begin.

  2. 2

    Dellie said,

    Yes, Boendoe, ek het gesien. En ja, ek stem. Ons is almal grootmense met maniere, ons het ‘n lekker fight of wat gehad, en miskien fight ons weer in die toekoms. Maar vir nou begrawe ons die strydbyl. Gaan draai daar by DD, en doen julle ding!

  3. 4

    Anonymous said,

    Hi Boendoe ek het myne ook daar gelos by DD maar verskyn nie, ek dink ook dit sal later verskyn. Jy is reg, soos vroeër ook hier geskrywe het, laat ons aangaan, ons is groot mense.

    Jaaaa Dellie (!!) Jaaaaa die klein Jannie is hoogste de-hellie in vir die man wat homself Vader Krismis noem. (gie gie bly om te sien jy is ook op die @ ….)

    Lekker dag

    Eben

  4. 5

    SHARKS said,

    Raai wie laai af oor 4 maande en dit wys nog nie? KERSVADER!!

    Was op DD, comment gelos, dalk wys dit ek weet nie eers nie!!

  5. 6

    Anonymous said,

    Ek het nou so lekker gelag.
    Baie dankie – jy het my dag gemaak – en dit voel juis asof dit een is wat net “daai” Vader Krismis kon aandra!!
    Koeks

  6. 7

    Anonymous said,

    Dellie, ek gaan kommetaar gee oor daardie Rot op jou vorige posting (gie gie)

    Eendag, lank-lank gelede, toe die assegaai nog die geheime wapen was toe was daar ook die Rot familie.

    Soos dit moet, word Pa rot gevang in die vallertjie. Swaar kom hy orent, en loop moeisaam na sy gat en familie toe. Intussen hoor baba rot die geraas en loer by die gat uit waaaa nou aankom?

    “… ma, maaaa (!!!)” roep baba rot opgewonde “.. kom kyk, Pa rot het vir ons ‘n 4×4 gekoop!!”

    cheers vir eers

    Eben

  7. 8

    Boendoe said,

    Hi Dellie,
    Ek is al op hete kole van 5 uur vanoggend af! Oor die baby. Maar nog niks nuus nie. Moet seker maar geduldig wag. Maar ek weet alles gaan instroom sodra ek nou hierdie pc toemaak!
    Lekker dag.
    PS. ek is nogal jammer dat DD nou nie juis oorval word met comments nie.

  8. 9

    antjiesomers said,

    Hi Dellie!
    Nou lekker gelag!My kleinsus het soortgelyke brief vir die tandemuis gelos (net in kindertaal) en gedreig dat sy ons kat op hom gaan sit as hy nie betaal waarvoor sy vra nie…my ma het seker nou nog daai brief!

    Ek was nie ‘n DD blogger nie, so ek het niks daar verloor nie.Een maal het ek my bloedig vererg met sy veralgemening en het ‘n comment probeer los wat nie geplaas is nie.Dis daarnatoe.Ek stel ongelukkig nie belang nie.Dis verby en vergifnis is goed.Kiss and make-up gaan vir my nie werk nie aangesien ek nog nooit iets met die man te doen gehad het nie. Bly julle kon julle dinge met hom uitsorteer.

    Sal laat weet van Butter 🙂

  9. 10

    Dellie said,

    More julle!

    Weer ‘n bedrywige dag wat voorlê.

    Boendoe, ek wag ook in spanning vir nuus oor ons blog-baba!

    En Antjie, dis reg, jy en DD het nie ‘n geskiedenis nie, ons verstaan. Jy hoef nie daar te gaan comment nie.

    Maar ek sien Boendoe en Eben se comments is nou daar. En dankie vir die ouens wat besluit het om te vergewe. Ek is trots op julle!

    Geniet Donderdag, d@nner net aan, more is dit Vrydag!

  10. 11

    Boendoe said,

    Wag, ek gaan gou met Anna fight in haar eie huis!

  11. 12

    Gypsyjo said,

    Hi almal

    Besige dag, week whatever, sal later weer inloer. Ek hou duime vas vir die blog baby!

    Donnerse lekker dag vir julle!

  12. 13

    Anonymous said,

    ROFL!!!

    My kinda letter! Hehe!

    PlatterFuss

  13. 14

    antjiesomers said,

    Boendoe kort nikotien,
    die malle veglus het haar beet! 🙂

  14. 15

    boendoe said,

    Ag Anna, dankie vir die begrip, jong!

  15. 16

    sonsstudio said,

    Baie cute!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: