DIY

DIY julle? Sukkel julle self om dinge te maak, reg te maak, te verf en aan te bou? Of betaal julle mense wat weet hoe om die ding van die begin af reg te doen? Watter keuse is die goedkoopste, watter een die suksesvolste?

So ‘n WYLE terug het ons begin om ons ou plekkie te fix soos wat ons dit wil hê. Ons DIY. Liefie se hande staan vir niks verkeerd nie, en sy pa was vir baie jare in die bou-bedryf. Hy het dus ‘n goeie idee van bouwerk en alles wat daarmee saamgaan.

Ons gebou bestaan uit vier woonstelle, twee bo, en twee onder. Bo woon ons, en my opleiding sentrum is daar, deurgebreek sodat dit basies een groot vloer is en ek gebruik omtrent die helfte van een woonstel vir my sentrum.

Onder het ons (wel, meestal Liefie, maar ons het ook gehelp) basies ‘n hele woonstel in ‘n kroeg omskep. (Die trappe word nogal effens van ‘n probleem as mens kuier met TAKIELA!) Ons het letterlik alles self gedoen. Van die “klippe” tot die blinds en die verfwerk. Hande was blase gewerk. Veral met die blinds. Ons het riete geneem, en dit met tou aanmekaar geknoop om die blinds te bou. Ure en ure se werk. Die “klippe” van die toonbank ook. Ons hande was so skurf soos olifant pote in die winter van al die sement!

Liefie het die stompe en riete sommer in die veld gaan optel, alles dooie bome se takke. Klaar lekker uitgedroog en als. Riete uit die vlei. Verder het ons ‘n paar bakstene gekoop, ‘n paar sakkies sement en die verf. Die blaaie van die kroegtoonbank is die oorspronklike kas wat in die kamer was, se deure. En die meeste van die decorations is deur vriende aangedra.

Dit was ‘n lekker projek. Elke naweek in die bouproses is ‘n nuwe toevoeging gevier. Daar was ‘n party vir die steen toonbank, ene toe die blad opkom, nog een vir die rakke teen die muur, toe weer een vir die helfte van die verfwerk, die blinds, die “klippe” en nog baie daarna! En elke keer bring iemand iets saam.

Vir elke kamptrippie saam met ons pels is daar ‘n aandenking: een visplakkie sonder ‘n maat (hy’t rivier-af gespoel) met almal se name op wat daar was, ‘n kersvader hoed vir die Kersfees by Potch dam wat deur almal geteken is, die sakkie wat die kinders in die rivier “gevang” het, met 10 biere in, net toe dit “droog” word in die kamp, Voëltjie se cowboy hoed, ‘n ou landsvlag, Bloubul vlag, en Springbok vlag, ‘n award vir die eerste ou wat in die kroeg uitgepass het…en vreeslik baie aangename memories. Intussen het daar al ‘n hele paar decorations bygekom, maar ek het mos my kamera geskenk vir die “minderbevoorregtes”. Bliksems. Ek spaar nog vir ‘n nuwe een.

Nou gaan ons dit weer doen. Ons het ‘n rukkie terug die kombuis en TV kamer “openplan” gemaak. Nou kan ek kosmaak en saam TV kyk. Maar erens langs die pad het die geld en tyd bietjie min geword, en die verfwerk is nog nie klaar gemaak nie. Hierdie naweek is DIE naweek. Ons kan dit nou nie meer handle nie. Ons gaan nou verf! Vrydag werk ek net tot 4uur, dan gaan ons bietjie shop vir verf. En ons gaan dit self doen. Daar is niks so lekker as om terug te staan en jou eie handewerk te bewonder nie.

30 Responses so far »

  1. 1

    Anonymous said,

    Oeeeeeee Dellie hoe lus is ek nou vir ‘b spierverslappertjie!! Dit lyk sommer lekker gesellig.

    Dink en glo jou man se pelle is net so in hul noppies oor die kuier plekkie. Eendag, eendag as ek ooit verby Welkom ry, al moet ek toetttttt dat julle hi-way toe kom, dan sal ek jou man ietsie bring vir die Bar … Wat? Dis my geheim, niemand sal so iets hê!!

    Hi, op daardie drinkende noot en ek cheerrrsssssss

    Eben

  2. 2

    Dellie said,

    Eben, ons is inni hoofstraat, baie maklik om te vind, en jy is enige tyd MEER as welkom om ‘n draai te kom maak. Daar is hierie groot sandvlakte voor ons kroeg, so ons hou sommer strandparties ook! Kompleet met sambrele en bonfires! hehe, strandparties in die mirrel vani Vrystaat! Heerlik!

  3. 3

    Roer said,

    Dellie, welgedaan. Ek verf so nou en dan my vertrekke self en kap hier en daar ‘n spyker of twee in die muur, maar vir ‘n boor sien ek nog nie kans nie. Sterkte met die volgende projek.

  4. 4

    Jo-Ann Schou said,

    Hi! Ek bewonder mense wat kan DIY. Dit lyk so lekker en die vier van mylpale met ‘n nattetjie, of twee, klink na ‘n bak idee. Ongelukkig is ek en die Engelsman soos twee teenoorgestelde pole en die geduld met sulke goed is maar min. Ons het ooreengekom om nooit te DIY nie; in elk geval nie in mekaar se teenwoordigheid nie. Daardie plek lyk pragtig!

  5. 5

    suz said,

    Dellie

    Jou plek lyk pragtig. Ons sal maar ‘n Dellie se Dinge byeenkoms moet hou en dan kan ons lekker party hou op die strand.

    Lekker aand

  6. 6

    Dellie said,

    Suz, dit klink vir my na ‘n plan!

  7. 7

    sonstudio said,

    Dit lyk sommer lekker om in die “Welkom Watergat” te kuier!

    Ja, ons DIY ook baie. Ek kan selfs dagha aanmaak en messel ook.

  8. 8

    antjiesomers said,

    Hoor ek iets van dagga?? Ooo, dagha!!hiehiehie…
    Jy moet slim wees, nooi die pelle dan help hul verf!
    Dit lyk lekker cosy. Sterkte!

  9. 9

    Dellie said,

    lol, Antjie, ons sal nog eendag gesels oor daai kwessie so tussen my en jou en Roer en Koeks…hehe

  10. 10

    boendoe said,

    Anna, mens kan jou ook nerens heen neem nie!
    Dellie, ek like verf baie. Dit gee mens geleentheid om te dink. Amper soos bossies uittrek. Jy hande werk sommer outomaties, terwyl jy dink, dink, dink…
    Enjoy!

  11. 11

    Dellie said,

    Ja, dis lekker om te verf. Ons het hierdie plek seker al 3 keer geverf voor ons die mure tussen die TV kamer en die kombuis uitgebreek het.

    Ek het mos net een kind, maar sy hele lewe lank voel dit of ek ‘n huisvol het. Al sy pels is welkom enige tyd. Dus het baie van hulle al gehelp in hierdie verf-ekspidisies(flip, hoe spel mens dit?) van ons. Dis lekker, ek hou die meeste daarvan om die “skirtings” te verf, ek kan dan op my alie sit en my bier geniet! En my siggie! Hehe… leka doeks julle!

    Boendoe, hoeveel ure is dit nou sonder ‘n nikotien inspuiting?

  12. 12

    boendoe said,

    Dellie, presies 72 uur! Is ek nou ‘n ex-smoker?!

  13. 13

    Dellie said,

    Boendoe, ek weet nie, VOEL jy soos ‘n ex-smoker? Ruik jy al beter vir jouself?

    (Gelukkig het tegnologie nog nie so ver gevorder dat jy MY kan ruik nie. Ek ruik die ene nikotien op die stadium)

    lol! Dis seker soos om iemand op hul verjaarsdag te vra of hulle ouer voel …

  14. 14

    boendoe said,

    Hiehie, nee, ek weet nie of EK beter ruik nie, maar ek kan beslis beter ruik! Nee wat, ek is nou ‘n ex-smoker, die topic raak nou te boring!
    Toedels

    Ns. Toe ek vanaand my man op GTalk “toedels”, toe dog hy dis een of ander kinky message!

  15. 15

    Boendoe said,

    More Dellie,
    Ek begin maar vroeg sodat ek nie my blog hoef te face vandag nie! Lekker, jy werk net tot 4 uur vandag!! Enjoy!

  16. 16

    Sonneblom said,

    Hi Dellie

    Daai Vrystaat strand kroeg van jou lyk supa-dupa. Dis lekker om jou eie werk en sukses te kan beskou. En as dit van so aard is om dit aan ander te wys, soveel meer genot. Lyk rerig baie mooi.

    Ons is ook al meer as ‘n jaar besig met aanbou, verbou, deurbreek, en oorbou. Sal later op my blog daaroor gesels.

    Lekker daggie vir julle almal.

    Groetetjies

    Sonneblom

  17. 17

    Karoles said,

    Dit lyk pragtig Dellie, ek sal lekker daar kan kuier!!

  18. 18

    kokkewiet said,

    Dit lyk pragtig Dellie. Ek is self lief daarvoor om dinge self te doen. Ons sal `n plan moet maak sodat ek jou kan ontmoet as ek weer in Welkom is.

  19. 19

    Gypsyjo said,

    Hi Dellie

    Ek wil daai Watergat van jou kom besoek! Beach parties, bonfires, TAKIELA!!!! ek mis die bonfires so vandat ek uit die Strand/Gordons Baai weg is. Hier in die agteryard by die swembad is dit dan mos nie dieselfde nie.

    Bly om te sien jy gaan bietjie vroeg huistoe vir ‘n slag.

    Jy MOET seblief ‘n takiela (of twee of drie..) vir my part drink.

    Lekker werk.

  20. 20

    antjiesomers said,

    Het nie lus vir blog vandag nie, maar moes darem kom se…HALLO DELLIE!!

  21. 21

    Dellie said,

    Hallo Antjie en almal!

    Ek is al lus om my polse op die teerpad te gaan deurskuur, hierdie flippen internet konneksie vandag! Kan nerens inkom nie, sukkel vir ‘n flippen halfuur om net te comment erens! Eish, ek dink ek moet sommer vroeg begin TAKIELA’s gooi vandag!

    Enjoy julle, dis AL WEER Vrydag! Waar gaan die tyd heen?

  22. 22

    sonstudio said,

    Lekker TAKIELA drink, hoor!

  23. 23

    boendoe said,

    Hey Dellie,
    Jy gaan seker ‘n besige naweek he, met nie baie tyd vir blogging nie! Geniet dit, en wys die foto’s, ne! (O ja, jy het jou kamera aan die minderbevoorregtes geskenk! Damn!)
    Toemaar, kom vertel ons maar net hoe dit gegaan het. Hiehiehie!!

  24. 24

    Gypsyjo said,

    More se,

    Hoe gaan dit met die verwery? Jy moet kiekies wys.

    Het net gou kom ‘lo se moet gaan werk.

    Lekker naweek

  25. 25

    Dellie said,

    More almal

    Ai, en daar werk ek toe mos vanmore! Glad nie gewoonda aan Saterdae werk nie, het amper vergeet!

    Ons het gister die verf gaan koop en die voorbereidings gedoen. Die manne is al besig, en my alie jeuk om hulle te join! Gelukkig werk ek net tot 11 uur toe, dan kan ek gaan saamspeel.

    Ons neem foto’s met die selfoon, sal kom wys!

  26. 26

    Anonymous said,

    Hallo Dellie,

    Hier in Pta is die weer nie lekker nie, veral nie om te verf nie, dan moet dit warm wees.

    Dellie, jou huis lyk te oulik, julle behoort trots te wees.

    Ek is ook DIY vrou, maar het alles oordoen en nou is my kraakbeen op soveel plekke in my lyf gedegenereer.
    Ek het al 10 rug, 3 nek en 2 heupoperasies gehad.
    Ek moes al reeds my vingers se gewriggies laat vervang het, maar ek is ‘n grt pissie vir chirurgie.
    My hand moet dan 3weke in gips ook wees.

    Ek het staalplaffonne gerestoreer, oreganhout geskuur etc.
    Ek dink in my vorige lewe was ek beslis ‘n carpenter gewees.

    Ek en my skoonseun is grt pelle, reeds oor my liefde vir DIY.
    Nee Dellie, ek is gladnie butch nie, ek is alles wat vroulik is en nog meer.

    Die huise in USA se se argitektuur betower my. Ek wil vir ‘n trip om die wereld gaan en net kastele besoek – ERNSTIG!!

    Dellie my blogpel, verf en geniet dit!!

    Liefde

    blommie

  27. 27

    Gypsyjo said,

    Ja Blommie dit lyk my dis net ek en jy wat so rondloop vandag. Jy moet kalm jong. Meeste girls wat bou en breek is nie butch nie.

    Dellie, hoe kom julle plekkie nou aan? Hier is dit koud en k#k, ek gaan nou ietsie vat en rustig verkeer in die bed mettie lappie.

    Baai almal

    Lekker weekend
    xxx

  28. 28

    Boendoe said,

    More, more!
    Ek is deesdae so vroeg uit die vere, vang almal nog in die bed en vas aan die slaap!
    Lekker dag (en week), en hoe se jy altyd, RY HOM BLOOTS!

  29. 29

    antjiesomers said,

    More Dellie,

    lyk my Boendoe was al oral waar ek wil groet!Dis al daai nikotienlose energie!

    Toe-toe-toe…kry ons ‘n nuwe post vandag?Genoeg geslaap…word wakker!!!

  30. 30

    Gypsyjo said,

    More more

    Hoop naweek was lekker.

    Net kom ogies wys moet nou maar weer aan die gang kom.

    Sal later weer kom in loer.

    Toedels!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: