9 vs 10 Games

Vandag laat ek aan Seun oor om vir julle te vertel van die 9/10 Games by die skool verlede Maandag. Geniet!

Maandag oggend was soos normaal, behalwe dat al die st9es heeltyd uitgehaal word oor hulle gaan verloor. Die verloorspan se hare moet waai. Letterlik! Verlede jaar het ons st9es ook gewen, so ons het nooit ons hare verloor nie.

Deur die dag was daar ‘n rumor dat die matrieks aspris gaan verloor. Omdat ons nie laas jaar verloor het nie. Ons moet tog ook ons hare verloor. Maar ons het van beter geweet.

Pouse was soos elke jaar. Die matrieks het ‘n “matriek eiland”, dit is die “groot manne” se plek, en niemand anders waag dit daar nie. Die st9es moet dan in daardie pouse daar oor hardloop met die hoop dat hulle nie te ernstig seer kry nie. Wel, hulle probleem. ‘n Hele paar van hulle het redelik sleg deurgeloop. Een matriek het ‘n outjie beet gekry nadat hy deur die groepie gemoker is. Hy het hom van die eiland af gegooi… in die versperrings vas gegooi dat die ding sommer breek.. jy sien net hout spat!!! So hardloop die matrieks agter die klomp aan en probeer hul inni hande kry. Vet pret.

Na skool was die 9 / 10 games… Netbal, hokkie, meisies rugby en dan die “hare” wedstryd.

Netbal.
Matriek meisies het ver gewen 31-17. HAHA!!
Op ‘n stadium het die matrieks besluit hulle gaan die st 9es ‘n bietjie kans gee, want hulle loop so ver voor. Een matriek meisie skree toe kliphard PEPSI!!! HAHA Net daar en dan val al die matrieks neer op hulle ruggies plat op die baan, en gee die 9es ‘n kans!! hahahaha!! LOL!! En daar gaan hulle tot by die doel! Gooi… mis… Gooi… mis…Gooi…mis…Gooi…mis…Gooi..DOEL!! hahah!! Almal was histeries!!

Hokkie. Die matrieks het daar ook gewen 4-0

Meisies Rugby. Matrieks het gewen 17-3
Dit was redelik snaaks om die “plastics” te sien hol met ‘n bal en om dan van die aardbol af getackle te word!! Daar was ‘n hele paar sulke vieslike tackles! Een meisie het al die punte aangeteken.. sy skop actually beter as die seuns eerste span se los-skakel!!

Hare Wedstryd. Matrieks wen 31-15
Was nogal ‘n taai game vir die manne! Matrieks het aan die begin gedink dit gaan ‘n walkover wees. Toe nie! Binne die eerste 5 min het die 9es ‘n try gekry, darm nie oorgeskop nie! En die medics en biokinentikuste was ook maar useless.(hulle was matrieks) Een van die vriende in matriek span was bietjie moeg, en besluit toe maar om te lê. Die twee biokinetikuste (Drunken Skunks) was eerste by hom. Hulle besluit toe sommer dat hy ‘n besering opgedoen het en draai verband om sy kop, en gooi sommer bietjie mercurochrome op die verband.. Min weet hulle dat die “verband” wat hulle gebruik het eintlik van daardie groot wit rolle pleisters was! HAHAHA die arme ou het na die tyd geskree soos ‘n baba toe hulle dit afhaal! Daar was een regte besering.. ‘n st 9 het sy vinger gebreek toe ‘n matriek hom tackle. (Matriek ou was ‘n klein maer flankie, en die st9 ou was hulle stut!!! en dit was ‘n pick up tackle!!)

Maandag aand was daar ‘n groot party by een van die st9es se huis. net die st9es en matrieks wat in die game gespeel het was daar. En dan ook die Drunken Skunks en ou ekke. (Die Drunken Skunks is my beste vriende, julle kan maar net raai hoe hulle daardie name gekry het) By die party toe besluit ons matrieks dat die st9es nou maar hulle haartjies moet verloor. Ons moes die eerste een vang en vasmaak aan die stoel dat hy nie moet weghardloop nie. Die res het toe heel gewillig maar kom sit. Meeste was kaalkop toe ons klaar is, ander was mohawks en een het om een of ander rede ‘n “E” agter op sy kop gehad??

Verder het ons gebraai gekuier en gekuier soos ‘n usual party maar is. Tot een van die skunks die bright idee gekry het om ‘n bier tuin te begin. Almal het maar heel gewillig saam gestem dat ‘n goeie idee was. HAHA so plant ons maar ons ou botteltjies onderstebo op die grasperk.. met die wilde hoop dat daar dalk volgende keer ‘n kas bier gegroei het.! LOL!


9/10 Games was lekker…die kuier was lekker, alles was lekker. Ek is net bly dat ek nie die een is wat die volgende dag daardie plek moes skoonkry nie! Ek dink ok nie mammie of pappie was te veel impressed met die bier tuin nie…

15 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Laat ek net die trane uit my oe vee!! Dit was nou hipersnaaks! Veral die meisies wat op hul ruggies gaan le het om die 9es ‘n kans te gee! Hehe! En deel maar die secret – hoekom het die ou ‘n E agter op sy kop?

  2. 2

    marat said,

    Ek hoop die maaitjies het gehelp om die bierblommetjies te “pluk” virrie asblik!

  3. 3

    Anonymous said,

    Weet net, (Seun) jy is net eenmaal in matriek, en jy gaan nog baie lag oor al die laggies en grappies van die betrokke dag.

    Onthou net ook om ‘n ou skoolhemp (x2) saam te neem skool toe dat al jou pelle daarop iets kan skrywe en teken, asook die onnies. Met jou eerste ru-unie (10jr of 5jr) sal jy nie glo hoe die manne uitgedraai het. Jy kan dalk die hemp ook laat raam en in jou kroeg eendag bêre!!

    Sterkte en lekker leer vir die laaste pylvlak wat voorlê!!

    Eben

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi daar,

    Ek smile nou van oor tot oor. Ja mens is net eenmaal jonk ne? Mens kan sien dis ‘n kind wat geskryf het. Al die hahah’s en LOL’s. Ek sien my meisiekind ook. Dis mos nou die algemene taal onder die klomp. Ek is bly julle het dit geniet. En die biertuin…maak my dors…hehehe.

    Groetes,

    Sonneblom

  5. 5

    antjiesomers said,

    ZALIKA IS GEBORE!!20VOOR 1. 2,89KG – KEISER. MA&BABA FINE…TOMMIE SKOON WEEMOEDIG!!!

  6. 6

    Dellie said,

    Veels Geluk Chantie en Tommie, en welkom in die wêreld Zalika!

  7. 7

    sonstudio said,

    Hoe verlang ek nou terug na my skooldae!

  8. 8

    boendoe said,

    Ja, daai biertuin is ‘n classic! Kinners, darem!

  9. 9

    Gyps said,

    Die tyd gaan so gou verby. Ek onthou my skooldae soos gister.

    Mens moet soveel memories (goeies darem) maak as moontlik as jy nog so jonk is. Die ‘E’? op die een se kop?

    Geniet dit jong. Wat beplan jy om te doen as jy klaar is met skool?

    Lekker gesmile viri bieretuin!

    Lekker dag verder Dellie, lyk my dis net ek wat vroeg is vandag.
    Bye
    Gyps

  10. 10

    boendoe said,

    More Dellie en kie,
    Ja, flip, oral waar ek gaan sien ek Gyps! Baai, Gyps! Lekker dag!
    Ja, Dellie, wat gaan jou seun volgende jaar doen? Ek imagine mens begin van voor af stress, of hoe? Eers graad 1, dan wonder jy hoe gaan hy deur 12 jare skool kom, en nou, die begin van baie jarre!
    Lekker dag!

  11. 11

    Dellie said,

    More julle!

    Boendoe en Gyps, op hierdie stadium lyk dit of hy in die gelukkige posisie gaan wees om in ‘n lekker werkie in te stap na skool. Dis in die rekenaar bedryf, reg in sy kraal. Hy het mos maar groot geword hier in my sentrum. Dit involve nogal baie ry-werk, maar die voordele en salaris is baie goed. Ons hou maar duime vas dat dit realiseer, en indien nie, sal ons dit daarvandaan vat.

    Lekker dag vir julle!

  12. 12

    Sonneblom said,

    Hi Dellie en ander mensies,

    Werk is so skaars soos hoender tande en as jou kind kan werk kry na skool is hy baie gelukkig. Ek hou al my duime en tone vas vir die kerel. Mag hy dit geniet en sy stempel op die aardbol goed vasdruk.

    Lekker dag vir almal

    Sonneblom

  13. 13

    antjiesomers said,

    More!
    Eks gister so vinnig hier in, het nou eers gaan lees…
    Genade, die ‘plastics’elite…is hulle daar by julle ook?
    Hoop jou laaste rukkie in matriek is vet pret. Enjoy!

  14. 14

    Gyps said,

    Eish! Ek hardloop soos daai girl daar by Boendoe vanoggend. Wil net gou kom groet, jy moet lekker werk vandag.

    Sien later
    xxx
    Gyps

  15. 15

    Boendoe said,

    More!
    Sjoe, ek het geskrik, nou-nou! Iemand het so ellelange comment by my gelos, het nie ‘n clue waaroor dit gaan nie. Hoe delete mens ‘n comment? Ek sal later rustig gaan kyk wat daar aangaan! Lekker dag!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: