Ry hom bloots!


Sjoe, ek sien hier is meer susters in verdrukking (dankie rb!) as wat ek gereken het! Ek is nogal baie opgewonde om so baie ondersteuning te sien! Maar dames, ons moet ophou om vir Penny C en Donna Claire te ondersteun!

OK, ek het klaar met Koeks ‘n deal gemaak dat ek alles sal opteken by haar van my. ( http://koeksuster.wordpress.com/ )

Ek gaan hier by my ook ‘n afdeling skep onder “DINGE” en dit “Ry hom bloots” noem. ‘n Plekkie waar ons oor hierdie verdrukking kan vent en die goed in die grond in kan ry!

Ek is nie gereed om ‘n before foto hier te sit nie, maar ek gaan my progress hier aanteken. Dit is al klaar erg genoeg, maar ek voel nogal as ek dit hier doen, motiveer dit my om JULLE nie teleur te stel nie! En ek gaan sommer terselfdetyd myself impress met my uithouvermoë! En sekerlik impressed wees met julle s’n.

Ons weeg elke twee weke. Ek sal die tabel gereeld update met die nodige info uit julle comments, dan kan mens sommer dadelik sien wat aangaan.

Lekker reseppies wat alles makliker kan maak, is baie welkom. Antjie het reeds drie lekker outjies daar by haar opgesit vir ons, gaan kyk gerus op haar blog. Ek sal ook nog soek. En ons deel tips met mekaar! En kom staan toon in die grond, vinger in die mond en bely as ons oortree het. En kla as die winkel spieëls en harsh lighting ons te veel reality laat sien. En as daai plooitjies vir jou loer wat sowaar nie gister daar was nie! Maar dan praat ons mekaar moed in, en probeer ons weer!

Dit was verskriklik om my actual gewig aan te teken, regtig, ek voel so skaam! Ek was ‘n hot chick op my dag! Rerig! Hehe. En die tyd stap aan, dit raak al hoe moeiliker om van die ekstra goedjies ontslae te raak! So dis nou of nooit. Ek reken NOU!

Die wat wil saamspeel, as jy genoeg moed het, teken jou gewig aan. Jy mag maar ‘n foto stuur as jy wil, ek sal dit met plesier bysit. Dan kan ons mekaar goed ondersteun en ons vordering dophou. As jy nie wil nie, ook fine. Al doen jy dit dan in jou eie privaatheid, gee net jou naam en laat weet so af en toe as jy ‘n kilo of wat verloor het! Elke bietjie inspireer. En jy kan maar nog steeds hier kom kla.

Tussen my en Koeks en al die ondersteuning, kan ons een van die dae almal baie beter oor onsself voel! Wat sê julle? Baywatch se moer, sê ek! Ons gaan amazing lyk en voel!

Stuur daai statistics!

Advertisements

21 Responses so far »

  1. 1

    Dellie said,

    Ek is te skaam om die statistics daar “buite” op te sit…here goes:

    My naam: Dellie
    Datum geweeg: 04-09-2007
    Gewig: 84kg
    Doelwit: 58kg

    Ja, lag maar, ek gaan dit doen en dan sowaar vir julle ‘n foto wys as proof! Ek het ‘n before ene geneem, maar hom vir eers gebêre!

    Next please?

  2. 2

    boendoe said,

    Flip, ek is nog skamer!
    Naam: Boendoe
    Datum geweeg: 04-09-2007
    Gewig: 74kg
    Doelwit: 62 – 64 kg

  3. 3

    sonstudio said,

    Ok, ek’s ook in.
    Ek het nogal Maandag ook besluit om te begin oefen. Imagine my surprise toe ek netnou julle blogs lees en sien almal is op ‘n misie. (Dankie vir die inspirasie, Boendoe!)

    Ek het nie baie om te verloor nie, maar ek is definitief out of shape en baie onfiks. Kwalifiseer ek nog steeds?

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Ek lag nou my gat af. Ek gaan nie nou sê wat ek weeg nie, maar ek moet BAAAAAAIE gewig verloor. okay…sal net sê hoeveel ek moet verloor. 3 Sakke aartappels….hehehe. Boendoe, ek wens ek het 74 geweeg girl. Maar goed…ek sal myself die week kans gee vir selfmotivering, en sal dan “MAANDAG”??? by julle in volle moed aansluit. Ek belowe ek sal probeer:):)

    Ek het eenmaal so met ‘n spanpoging verloor. Ons was 4 girls. Elkeen het R50 in die pool gegooi en die een wat die meeste vir die maand verloor het, het die geld gevat. Ek het net die eerste maand my R50 verloor. 7 maande later en meer as 20kg ligter het ek opgehou saam dieet. Dit was fun fun fun. So–ek wens elkeen van ons voorspoed toe, en ek hoop ons geniet dit.

    Genoeg gesê. Lekker slapies

    Sonneblom

  5. 5

    Dellie said,

    More almal,

    Boendoe, thanx, en jy het nie so baie om te gaan nie, man.

    Sonstudio, jy kwalifiseer, girl, welkom!

    Sonneblom, no pressure! Ja, dis belangrik dat jou kop eers moet reg wees! Kom vertel wanneer jy gereed is, maar jy weet mos nou ook dat dit eintlik VET PRET gaan wees, hehe!

    Lekker dag julle, ek het nou net my karton vir die dag geniet. Dit raak actually al hoe lekkerder elke oggend!

  6. 6

    Kokkewiet said,

    Dit klink snaaks maar agv omstandighede kan ek nie nou sê dat ek in is nie.Ek sal later vertel wat my gekeer het en sodra ek kan is ek in en dan sal ek myself kom aanmeld.

    Sterkte vir julle!

  7. 7

    rb said,

    Ai, ekke is ok in. My statistics:
    My naam: rb
    Datum geweeg: Elke dag, 05/09/07
    Gewig: 72kg
    Doelwit: 60kg

    Nou ja sterkte, hier gaat ons, hopelik as ons mekaar die dag ontmoet sien ons sommer minder van mekaar!!!

    Is daar enige spesifieke oefening wat voorgeskryf word, of doen jy sommer wat jy wil en kan?

  8. 8

    Dellie said,

    Hi rb, welkom!

    Jong, as jy voorstelle het vir oefeninge, is dit welkom. My tyd is regtig bietjie beperk, maar van Maandag af gaan ek my bes probeer om na werk te gaan stap as ‘n begin. Ek het somewhere ‘n boek met weerstands oefeninge, wat glo baie goed werk en net ‘n paar minute neem per dag. Ek sal hom soek die naweek, en van dit kom opsit.

    Op hierdie stadium is my dieet as volg:

    Ontbyt: All bran met bietjie laevet melk/joghurt

    Middag: Een sny volgraam toast met marmite of redro, en ‘n vrug

    Aand: BAIE slaai (tamaties, blaarslaai, komkommer) en ‘n stukkie hoender of vis, of watse vleisie ek ook al vir die manne maak. En ek probeer om dit voor ses te eet, sodat dit darem tyd kry om te verteer voor ek gaan slaap!

    Tussendeur drink ek baie water, Koeks het voorgestel met suurlemoensap in, en dis regtig nogal lekker. Antjie het ook voorgestel om druiwe in die yskas te hou, en daaraan te pik as jy te lus raak vir ‘n soet dingetjie. Dis net so lekker, veral in hierdie warm weer. Dit ontplof mos so koel in jou mond!

    Ek wil nie “dieet kos” eet nie, ek wil leer om gesond te eet en op die regte tye. Ek wil so bly eet vir die res van my lewe. Anders klim alles net weer terug as mens weer “normaal” begin eet. Vra my, ek het ondervinding daarvan!

    Ek sal oor die naweek vir ons ‘n mooi tabel opstel met almal se info wat nog moet inkom, dan kan ons op hoogte bly.

    Ry hom bloots, maatjies!

  9. 9

    Anonymous said,

    Right, ek is in!!

    My naam is Koeks
    Ek is kort en weeg tans 66.7kg. Last count – 4 September 2007
    Ek wil so 60kg weeg – dis op die oomblik my goal.

    My eerste target is die 16de September – dan sal ek n idee he van wat ek reg en verkeerd doen.

    Ek eet All Bran met yoghurt in die oggend – drink nog my oggend koffietjie – dan All Bran met n vrug en weer yoghurt in die middag en wat die familie eet in die aand.

    Ek drink baie, baie water met suurlemoen sap en snack aan n bietjie biltong as ek regtig, egtig grumpy voel, maar dit gebeur baie min.

    LET THE GAMES BEGIN!!!
    Koeks

  10. 10

    antjiesomers said,

    Sjoe!
    Dit lyk soos weigh-less hier! Good for you. Druiwe in die vrieskas, Dellie.

    Ek voel heeltemal anoreksies en uit hier tussen julle – wens ek het ook so gevoel dan kon ek meedoen, maar ek kan mos maar vir jou goedjies stuur, ne?

    Na my eerste swangerskap (35kg opgetel agv diabetes), maar blitsvinnig verloor, het my dokter my gese – eerste ding in die oggend, drink ‘n glasie suiwer vrugtesap om jou bloedsuikervlakke te herstel. Self uitgesqueeze. Dit werk. En moenie die pomelo’s vergeet nie. Try een eet voor elke ete – dit werk ook. En water, water, water.

    Sal vir julle goedjies stuur en Dellie kan aanstuur. Sterkte!

  11. 11

    Dellie said,

    Sorry Antjie, VRIESKAS! En jong, jy is groot inspirasie vir my. Ek glo hier is ‘n paar van ons wat ons linkergroottoon sal gee vir ‘n lyfie soos joune!

    Dankie vir jou ondersteuning, en laat kom daai goedjies!

  12. 12

    sonstudio said,

    Goed, hier is my stats:
    Naam: Sonstudio
    Datum geweeg: 04/09/07
    Gewig: 53kg
    Doelwit: 48kg

    Ek hou nie baie van weeg nie! Maar sal dit maar nou gereeld doen.
    Vir my moet oefening ook ‘n way of life wees net soos gesond eet, en dis wat ek die laaste paar jaar neglect het. (Ek is nou al 4 dae aan die oefen en dit voel LEKKER!)

    Iets soos stap, fiets trap, Orbitrek, ens vir 30 min, 5 dae ‘n week. Nie dit te vinnig doen aan die begin en jou hart rate te veel opjaag nie, want dan verbrand jy nie vet nie – baie belangrik!
    En dan die weerstandsoefeninge.

    Oefening wat regtig baie goed werk vir boude en bene, is lunges!

    Wat die kos aan betref: Ek eet glad nie cereal nie. Maak gewoonlik ‘n omelet of gekookte eier. Ek gaan stysel en suiker heeltemal uitsny. Ek glo dis die 2 grootste euwels!

    Daarsy, dis my storie.
    Check weer later in.

  13. 13

    Jaco said,

    Sê al julle maer mense! Lyk my ek is dan die enigste doring tussen die rose.
    Hou vas aan julle stoele dames.

    Naam: Narcosis
    Datum geweeg: 04-09-2007
    Gewig: 141kg
    Doelwit: 95 – 105 kg

  14. 14

    Annie said,

    Dit het my baie guts gevat, maar hier gaan ek. Dellie hoop dis in die haak as ek ook deelneem??

    My naam: Annie
    Datum geweeg: 5-09-2007
    Gewig:……82kg
    Doelwit: 65kg

    Nou nog net “publish your comment”……. hier gaan ek!!!

  15. 15

    suz said,

    Mense

    Julle maak my ook sommer lus om te diet. Ek het defnitief ‘n hele paar kilo’s om te veloor.

    Het vir my ‘n boek die abs-dieet bestel.

    Sal julle laat weet of daar iets in is wat die moeite werd is.

    Sterkte aan Almal, ek sal julle later join, wag eers vir my boek

  16. 16

    Dellie said,

    Jy is meer as welkom, Annie, en geluk! Jy het die eerste stap geneem! Ek weet hoe baie moed dit gekos het, en ek is trots op jou!

    Ek sit later twee lekker reseppies op van Antjie af.

    Well done maters, nog ‘n dag is verby.

  17. 17

    marat said,

    Ek wens ek kon so opgewonde soos julle wees hieroor, maar synde dat ek op die drumpel van my maandelikse malkoei-siekte staan, is reg eet die laaste ding wat ek wil doen.

    Ek soek comfort-food en alles wat soet en verkeerd is. Ek doen darem die reg-eet-ding so halfpad. So ek sal volsterkte join as ek klaar gebloei het vir volk en vaderland.

    Ek sal nie stats gee nie, nie tot ek op my gewig is nie (niemand stel belang in die stats van ‘n beached whale nie). Maar ek sal weeg en die progress log.

  18. 18

    Jo-Ann said,

    Ek is in. Dankie Dellie!

    Maar o wee, nee, o nee, ek teken nie hier die waarheid aan nie. Ek sal summier in ‘n depressie van soorte verval. Ek sal wel kom jubel en juig met elke item wat weer ordentlik pas! Ek wil my LMI kry op 21 en dan sal ek en my mediese fonds tevrede wees.

    Ek hoop om binnekort van werk te verwissel en dit sal nogal help as ek my ou lyf kan terugkry, want ek gaan mense besoek op ‘n daaglikse basis en voorkoms is belangrik. En die firma is een van daardie wat gesonde leefstyl beloon.

    Nou ja, op drink nou op julle almal ‘n koppie groen tee met vars suurlemoensap in. En ek ry hom tot by oom Daantjie! Lekker naweek dames en heer………..

  19. 19

    Anonymous said,

    Eish Dellie, lyk my dinge loop vlot. Ek het ook daar by my n bietjie vuur gemaak, hoop ons kry nog n paar maatjies om ons te join.

    Ek het nog nie een keer gecheat nie… ek is so trots bo-op myself!!

    Koeks

  20. 20

    Gypsyjo said,

    Ok Dellie. Hel nee, ek gaan nie stats gee nie, maar ek wil 15kg verloor. Sal ook bietjie kyk vir resepte en oefeninge. Yoga is goed vir ons wat so onfiks is om mee te begin, want dis nie ruk en pluk goed nie.

  21. 21

    alett said,

    hi ek wil ook graag die abs dieet volg het n boek twee maande terug onbestel en nog nie ontvang. help waar kan ek een bestel


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: