Resepte vir die naweek

Die feit dat ons gewig wil verloor, beteken darem nou ook nie dat ons net karton en blare moet eet nie. Hier is ‘n paar lekker resepte met komplimente van Antjie.

Hierdie is een van my gunsteling souse, aangepas sodat ons dit ook kan geniet. Ek is so bly, ek lief hierdie sous!

Mushroom sous

250g mushrooms
1 gekapte ui
1 teelepel olyf / Canola olie
500 ml melk
½ pakkie Cream of Mushroom sop
Sout en peper na smaak

Braai die uie en mushroom saam in die olie totdat al die water weg is. Meng die melk en die soppoeier, en voeg by die mushroom mengsel. Geur met sout en peper. Dit sal dikker word soos wat dit afkoel.

Jy kan dit gebruik oor enige ding, of as fondue-dip by groente repies.

Sny stukkies ontvelde hoenderrepies in, weigh-less bacon/ham, gebruik oor pasta.

Vir die wat nie wil gewig verloor nie, braai lekker baie bacon daarby, gooi bietjie botter by, vervang die melk met room, en met kaas oor is dit perfek vir hamburgers.

My mense hou van dit saam met braaivleis en pap.

Vinnige Pasta

500g maelvleis
1 gekapte ui
1 blikkie tamatie en uie smoor
1 pakkie bruin-uie sop
Halwe pak macaroni
2 koppies kookwater
Sout en peper na smaak

Braai die maelvleis en ui DROOG tot bruin. Voeg die blikkie tamatie en uie smoor by. Roer. Voeg die pakkie bruin-uie sop by. Roer deur. Gooi die halwe pak macaroni bo-op. Moenie roer nie. Gooi 2 koppies kookwater bo-oor en maak toe. Laat prut vir ± 15 minute. Roer deur en voeg nog kookwater by indien nodig. Geur met sout, peper en as jy wil, gemengde kruie. Jy kan selfs die mushroom sous hierbo oorgooi.

En hier is ‘n punch waaraan jy kan kou! Ek het hom opgespoor in ‘n baie ou Weigh-less resepte boek. Het hom nog nie getry nie, maar ek dink ek gaan die naweek. Sal maar sukkel so droog…

1 Bottel diet passion fruit squash
1 liter soda water
2 liters diet Coke
750 ml droeë wit wyn
2 pynapples, fyn gekap
1 bakkie aarbeie (± 160g) fyn gekap

Bedien met ys, versier met mint blare en suurlemoen skyfies. Genoeg vir 20 glase! (Moenie al 20 alleen drink nie! Hehe! )

En hier is nog ene van Sarah Lee:

Kook vir julle hierdie “fatburning” sop. Dit is vullend, lekker, en jy kan dit eet elke keer as jy dink “ek gaan nou vrek van die honger”!!!

3 groot uie
‘n bossie seldery
2 pakkies hoender noedel sop
2 groot greenpeppers
2 blikkies boontjies (of 2 koffiebekers gevriesde boontjies)
2 blikkies tamaties (die met die basil en knoffel is lekker!!)
1 blikkie minestrone sop
1 kg wortels (gerasper of gesny)

Nou gooi jy alles in ‘n groot pot, maak die pakkies sop met ‘n liter water aan, verdun die blikkie minestrone met nog ‘n blikkie water en kook. En gooi al die soppe en souse van die beblikte goed is ook in. As jy voel die sop is te dik na dit gekook het, verdun dit ‘n bietjie, en jy kan dit ook deur die “liquidizer” sit as jy van jou sop minder “chunky” hou.

Vir die ouens wat nou nie ‘n clue het wat hier aangaan nie, ons klompie het soort van ‘n dieet kompitiesie aan die gang. As jy wil saamspeel, gaan na die “Ry hom bloots” http://delliesedinge.blogspot.com/2007/09/ry-hom-bloots.html inskrywing, en laat jou besonderhede by die comments. Ek sal oor die naweek ons tabel opstel, en aanlas soos wat mensies bykom. Dankie en welkom aan almal wat tot dusver saamspeel, ons het al amptelik 7 se stats, en ‘n spesiale welkom aan die doring tussen die rose!

7 Responses so far »

  1. 1

    antjiesomers said,

    Sjoe, maar die ding groei! Jy sal weigh-less en bio-slim moet nader vir ‘n advertensie hier neffens!
    Ek gaan die punch probeer, dit lyk lekker, en as dit nie is nie, sal dit na die 3de glas begin lekker word, ne?🙂 Mooi dag en sterkte!

  2. 2

    rb said,

    Dankie vir die resepies. Ek het dit sommer klaar geprint, gaan definitief die sousie maak vir saam met die groente stokkies vir kou in plaas van chippies as ek more langs by die golfbaan moet sit om bier en koeldrank uit te deel – so heerlik in die son vanaf 12 uur!!
    Lekker naweek

  3. 3

    Anonymous said,

    Dankie vir die resepte Dellie.

    Jou Chew Juice lyk lekker… Dalk net die ding om die plek van n bier te vat …. of …. nee!!

    Koeks

  4. 4

    Dellie said,

    More maters,

    Ja, dit gaan vir my moeilik wees die naweek. Ek like my ou biertjie! In die week is dit nie ‘n probleem nie, maar die kop weet mos as dit naweek is, moet daar so ietse geneem word om te relax. Kyk nou net die mag van gewoonte! En my seun verjaar Sondag, sy party is Saterdag. Hy word 18, en dit moet darem gevier word!

    Ek gaan maar daai punch vir my bou, en kou aan dit vir die naweek. Ek sal Maandag kom bely as ek dalk swak was en ‘n biertjie ook geniet het! Maar ek gaan regtig hard probeer om nie te kroek nie.

  5. 5

    Gypsyjo said,

    Hi daar

    Yip ek gaan daai juice probeer. Blommie het my al so op die vrugte sappe ek dink al allerhande resepte uit hier. Ek het aangesluit daar annerkant hoor.

    Baie geluk met jou kind se verjaardag en geniet die paartie. Gaan hulle weer ‘n biertuin bou? Hulle sal moet ne!

    Lekker naweek almal.

  6. 6

    Skoor said,

    Oe, ek lees nou deur die resepte, en toe onthou ek die lekkerte van Woolies toe gaan, om van hulle vars sopmengsels en ‘n blik tamaties te gryp, en ‘n wintersaand voor die kaggel te he.

    Ai, maar hier le die warmte alweer vas, so dit gaan nog ‘n bietjie moet wag.

  7. 7

    seugnet said,

    Dis lekker om die resepte te sien maak n mens somer honger!!Ek is op soek na n resep vir Krokodil baie mense se jy kan dit maar gebruik soos seekos maar ek weet nie so mooi nie?


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: