Helkom

Ja, ek lewe nog! Jammer vir die afwesigheid, dit was buite my beheer.

Maandag oggend het ek agtergekom my ADSL werk nie. Bel my service provider (dis nie Helkom nie), niks verkeerd nie. Logiese antwoord: HELKOM.

Na sowat 2 ure op die foon met hulle, waar hulle my laat cable connections check soos ‘n totale idioot, belowe hulle om ‘n tegnikus te stuur om die probleem te kom oplos. Ek wag toe tot net na 11uur vanmore (Dinsdag) daarvoor. Net sodat hy vir my kan vertel my router het gegroet. (Wat ek al lankal agtergekom het, maar die mense dink mos ek is ‘n idioot. G’n clue van rekenaars en goed nie!) Net nadat ek dit klaar betaal het en die waarborg nie meer geldig is nie. En daar is ‘n moewiese waglys by Helkom vir routers wat jy saam met jou telefoon rekening kan afbetaal. Hulle het blykbaar een of ander special gehad op hulle routers, en nou kan hulle nie in die aanvraag voorsien nie. Daar kom daagliks mense by wat op ‘n waglys geplaas word, en hy weet al van 15 net vir vandag in ons ou stadjie.

Ek moes reeds klasse kanselleer omdat ons nie op die internet kan kom nie, so waglys is nie ‘n opsie nie. Dan maar privaat ene soek. Maar dis ‘n mission en ‘n half in hierdie “stad” van ons. Niemand het voorraad nie, hulle bestel net op versoek. Die Helkom tegnikus gee my toe een van sy pels se nommer, wat nog sommer van die huis af werk, en ek bel hom. Nie ‘n probleem nie, seg hy, maar hy kan eers laat vanmiddag by my uitkom. Reg sê ek, nie veel van ‘n ander keuse nie. En daar verras die mannetjie my, net voor 1 stap hy hier in met ‘n nuwe router, en sê hy sal vir my ‘n invoice faks, hy het gereken hy kom lewer dit so gou as moontlik af, want hy weet hoe dit voel om sonder jou internet konneksie te wees! Ek was sommer lus en soen hom oopbek (ala Platkuif) vir sy goeie diens! En hier is ek nou weer, met my suurstof toevoer herstel!

Update op die naweek en die dieet: Skuus ek het nog nie die tabel opgesit nie, belowe dit sal gebeur voor ons 2de weegsessie volgende week. Daar is nog ander dramas ook waaraan ek moet aandag gee tot die einde van die week. My boekhou program het ook gecrash, en nou moet ek alles van Maart af oordoen! Nag, seg ek julle!

Ek het darem nie te veel gekroek die naweek nie, dit was net liquid, baby, liquid! (Ek sal daai storie van “liquid” nog vir julle vertel!) Die party Saterdag aand was so lekker, ons het nie eers by braai uitgekom nie! Toe braai ons maar Sondag, wat eintlik Seun se verjaarsdag was. So ek het nie veel geëet nie, net ‘n paar biere gedrink (‘n paar te veel!) maar Sondag het ek net my braaivleisie geëet.

Ek het ook nog nie by die oefeninge uitgekom nie, ek voel soos Uilspieël, heeltemal uit my plek uit daarmee. En soos Platty ook sê: I are laaazzzyyy! Maar ons het darem gisteraand gaan stap, lekker vinnig vir ‘n hele halfuur lank! Hehe, moers, maar ek het darem ‘n begin gemaak!

Hoop julle week was nie te erg sover nie, ek het ‘n HELE paar ure nodig om op te vang met almal se blogs, gee net bietjie tyd asseblief!

Advertisements

10 Responses so far »

  1. 1

    rb said,

    Nee, o tyd, eks terleurgesteld!!! Al die harde werk om die oefeninge en resepte op te sit en jy het dit nog nie eers probeer nie!!! Ek wag vir die post van die seer spiere en die maer lyfie en nou hoor ek nog niks!!!
    HEHEHE Nou moet ek seker koes uit alle internet hoeke uit. Hoop almal voel nou amptelik uitgetrap!!!
    Kom, kom, susters, die somer is om die draai!!!
    Ek het darem Maadag begin met die All Bran en sommer pomelos ook, so dag 2 en ek is nog vol moed.

  2. 2

    Anonymous said,

    Hi Dellie, gewonder waaaa jy is. Jy is mos nie iemand wat wag vir nuwe postings nie. Glo ek het gewonder of Sondag vol laggies en grappies was, maar nou ja dit klink so.

    Ons gesels weer en lekker werk.

    Eben

  3. 3

    boendoe said,

    Hello Dellie,
    Ja, ek het gesien jy is missing in action, maar ek het vermoed Helkom het weer iets daarmee te doene gehad!
    Nou gaan ek jou in vrede los sodat jy kan opvang!

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Ek probeer so stadig maar seker die eetgewoontes in die huis oorgooi na beter voedsel, maar o moer!! het ek nou gisteraand teenkanting van epidermiese perporsie gekry. En dit oor ek vis, slaai en gekookte klein aartappels vir hulle gegee het. En nagereg was vrugteslaai!! Ek meen hel, dis mos lekker kos. Maar die manne hier was boos. Sê ek lyk nou soos die antie op die TV met daai groot wortel en die ‘taai daai’. Asof dit die eerste keer is wat ek vis en slaai maak….tsk.

    Ek sweer, ek raak moedeloos nog voor ek begin. My seun sê gisteraand na ete, hy gaan nou loop en vir hom gaan pasteie koop…lol.

    Die gaan klippe kou wees, ek voel dit so aan my broekspype se some. So please please, wish me luck 🙂

    En dan van Helkom kan jy my niks vertel nie. Ek noudiedag vir ‘n uur lank na daai gesanik deuntjie van hulle moes luister voor iemand (incompetant iemand) die foon antwoord, net om niks vir my te kon doen nie. Ek sê julle, daai mense sal mens oud maak voor mens se tyd.

    Julle moet ‘n lekker daggie hê almal

    Groetetjies

    Sonneblom

  5. 5

    Anonymous said,

    Sonneblom, ek het gisteraand ook vis gaar gemaak – maak hom mooi droog, gooi hom in n bietjie meel en braai hom so op 4 in n bietjie olyf olie. Maak seker jou pan is gespuit met spray en cook en dat die vis lekker gegeur is met n souterige ding voor jy hom in die meel rol.

    Rol sommer die gaar aartappeltjies ook in daai meel en braai bietjie in die selfde pan sodat dit net effe bruin lyk – hulle dit dis krismis en jy eet gesond.

    DELLIE-DING!!
    Dankie vir jou update – ek het net n 4 savannah lights gedrink nie naweek en n bietjie wyn – ek was soet. Ek raak nou sommer bang vir myself.
    Ps. ek het sit-ups gedoen – eina!!

    Koeks

  6. 6

    Sonneblom said,

    Hi Koeks,

    Dankie ek sal volgende keer dit probeer. Ek het haddock gekook in bietjie melk. Die grootste grap vir my was die slaai. Ek so bietjie saadjies daarin gegooi. Pampoen, sonneblom ens, saam neute en rosyntjies. My seun het wraggies al die pampoen saad gaan uitkrap tussen die slaai. Ek koop gereeld vir my saadjies en dan sit ek en peusel so deur die dag daaraan. Is nogals lekker. Maar seker nie in almal se smaak nie.

    Sal hulle maar nie weer so straf vanaand nie. Sal maar iets met regte vleis gaarmaak…lol

    Groete

    Sonneblom

  7. 7

    SHARKS said,

    Iets wat regtig werk: WAARTLEMOEN DIEET, jy eet net ‘n stuk waartlemoen vir ontbyt, middagete, aandete vir so maand lank, ek het na twee weke siek geword, was in die hospitaal, het begin ontwater.

  8. 8

    Anonymous said,

    Sonneblom die info vir jou.

    Candida probleem?

    Neem daagliks Probiotics, dan het jy candida al gister gegroet.

    Goeie produk is die vlg:
    ProbiFlora
    NutriLida.

    Moenie die cheaper een koop nie.
    Neem ook joghurt.

  9. 9

    Roer said,

    Presies watse ‘liquid’s’ drink jy? Dis nie daai goed wat ons uit lepels drink nie ne? 🙂

  10. 10

    Sonneblom said,

    Dankie anonymous, is dit 2 verskillende produkte, en moet dit saam geneem word, of een of ander?

    Sonneblom


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: