Shopping

Ek moes toe nou vandag die ding doen wat ek al vir maande uitstel – iets kry om aan te trek na die matriekafkeid. Dis Vrydag. HIERDIE Vrydag, 21 September 2007. Ja, ek weet, ek moes beter beplan het en dit lankal gedoen het. Maar met my en my lyf saam, is dit nogal ‘n kwessie om die twee van ons in ‘n klerewinkel te kry. (Daai beligting en als, né Boendoe!) Dus stel ek sulke sessies uit tot dit op die randjie van die afgrond huiwer. Of tot die klere wat ek dra na Het van Verlangekraal s’n begin lyk. (Hehe, darem nie rerig nie, ek werk met die publiek, kan darem nie soos Het lyk nie!) Of so begin VOEL.

Punt is, omdat ek op hierdie stadium nie baie tuis voel in my eie lyf nie, stel ek sulke sessies uit. Mens wil mos nou nie nuwe klere teen vandag se pryse koop as jy weet dit gaan in elk geval te groot vir jou wees oor ‘n paar maande nie. Eintlik moes ek verlede jaar hierdie tyd begin dieet het, dan was vandag een van die hoogtepunte van my lewe. Dit IS immers my enigste seun se matriekafskeid! Maar helaas, vooruitbeplanning was nog nooit een van my sterk punte nie…

So reël ek toe my klasse dat ek vanmiddag vanaf 14h00 tot 17h00 geen besprekings het nie. Seun moet nog skoene kry, wat ek ook gereken het nie te belangrik is nie, dis tog net skoene. Surprise! Die kind het mos voete soos skepe, dra ‘n nr 11, en sy voete is baie breed. Al die “mooi” skoene, is so smal dat sy voete nie daarin kan pas nie!

Die ander krisis is dat sy metgesel vir die aand, ‘n model, hierdie naweek ‘n photoshoot het in Durban. Sy kan nie meer saamgaan nie. (Sy is nie in dieselfde skool nie, en nog in graad 10. Hulle is nie rerig ‘n item nie, net vriende.) Gelukkig het hy ‘n vriendin saam met wie hy grootgeword het, en wat 2 jaar terug matriek geskryf het, wat saam met hom sal gaan. En om alles te kroon, reël hy toe sommer om vanmiddag te gaan gholf speel saam met sy pelle. Huh? Ek dog ons gaan verder jag vir skoene! Hoe kan hy so “nevermind” wees? Ek slaan flippen puisies uit op my bolip en ken vir sy part, nes ‘n tiener! Moet die stres wees, maar nou voel ek soos die t-shirt wat Liefie nou die dag vir my gekoop het: “I’m not old, I’m just a recycled teenager”!

Elk geval, hier so teen half drie durf en ek Liefie toe maar die winkels op ons eie aan. Hy moet ook ‘n nuwe pak kry, en hemp, skoene en das. Maar eers moet EK iets kry, dan kan hy mos nou ‘n das of hemp kry wat by my klere pas. Nou, ons is nie baie formele mense nie, en ons glo dat jy iets ten minste weer moet kan gebruik as jy so ‘n paar randjies daarvoor betaal.

Ek besluit toe sommer van die begin af dat ek vandag van die anderkant af gaan begin. By die groot nommers. Ek is nie lus om verneder te voel deur die klein nommertjies wat vir my lag nie. (Daai 2 kilo’s wat ek verloor het, het my erg geïnspireer en windgat gemaak!) En dan gaan ek myself afwerk tot die kleinste nommer waarin ek kan pas. Is dit nie vreemd dat mens op party plekke in ander nommers pas as op ander plekke nie? Hier pas ‘n 14, en by die ander plek het jy ‘n 18 nodig om dieselfde resultaat te kry? Hoekom is alles nie standaard dieselfde groottes nie?

Met ‘n beklemming om my hart, sidestep ons Foshini’s heeltemal en stoom voort na Donna Claire. (Ek het nie ‘n Edgars rekening nie, sorry Penny!) Maar daar is niks waarvan ek hou nie, buiten ‘n paar slegte Picasso afdrukke op bloese wat regtig nie my kleur is nie. En lewensgrote blomme. Hoekom dink hulle altyd groter vrouens hou van blommotiewe? Dit laat my dink aan my ouma se tafeldoeke, of winterslakens!
Flip, nou sal ek maar Foshini moet aandruf. Stap daar in en voel so groot soos ‘n Knorr os in ‘n keramiek fabriek. Die rakke is so naby mekaar, en daar dwaal net sulke klein vroutjies rond. Haal diep asem, lig die koppie, ek is miskien groter as julle, maar ek hou ook van mooi klere! Kry toe ‘n oulike pakkie, en gaan pas aan. Maar dit is oranje/bruin/goud, met hierdie snaakste top wat my soos ‘n nartjie laat lyk. Op die hanger lyk dit gaaf, op my lyf, glad nie! Next!

Uiteindelik het ek toe ‘n mooi pienk top gekry waarvan ek hou, en wat my nogal goed pas. Steek al die jiggie goete weg, en het ‘n mooi lae clevage, en ‘n beltjie net so onder die tt’s wat die aandag skoon aflei van my dik(kerige) middellyn. Het tot ‘n pienk bra gekoop, want die ding is rerig LAAG. Gaaf. Lyk nie te sleg nie. Nou soek ek ‘n romp in dieselfde sagte materiaal, wit of swart. Genade, wat ‘n mission! As ek wel erens ‘n swart of wit romp opspoor, laat die ding my soos ‘n meringue from outer space lyk! Wat het geword van sag en vloeiend?

Het toe oplaas ‘n wit romp opgespoor, maar ek is nie baie gelukkig met dit nie. Miskien dra ek sommer ‘n trusted swart ene wat in my kas is. Maar ek het baie sexy, silwer sandale gekry! En silwer bykomstighede, so ek huiwer nog tussen swart en wit vir die romp. Liefie het ‘n pienk hemp en das gekry, pas baie mooi by my top. Nou moet Seun nog net skoene kry…

Weird info for the day:

‘Vodka’ is Russian for ‘little water’.

I think I need a little water….

Advertisements

16 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Oe, Dellie, ek is bly ek is nie in jou skoene nie! Dis die alleraakligste ding om klere te soek en NIKS te kry waarvan jy hou nie! En dis waar wat jy se: daai blommotiewe…
    Ek dink nie die mensdom weet watter stryd ons groot vroutjies het nie.
    O ja, ek het geweeg. Soos rb ook met die maandelikse rinderpes besig – gewig onveranderd. SUG

  2. 2

    Anonymous said,

    Hi julle twee … ai ai dis ‘n lekker posting (weereens) van jou Dellie. Ek maak my oge toe en stel vir myself die prentjie.

    Ek as man, haat om klere te koop. Ek laat dit in Marilee se hande. Ek loop net nie in daardie plekke. Ek sal môre bietjie vertelle van my klere smaak, en as een van julle vir my gaan lag, welllll ek sal nog besluit wat ek gaan doen om julle terug te kry.

    Sterkte met alles Dellie, en met al die spanning ens, gaan ons ook Maandag lag, van verligting, dat alles verby is. Al wat voorlê is seun se 21ste, maar teen daardie tyd is jy seker so sexy en mooi, dat ons ook uitsien na daardie posting van oor 3jr.

    Lekker dag en sterkte met alles

    Eben

  3. 3

    sonstudio said,

    Bly jy het darem ‘n ietsie gekry waarin jy goed voel. Julle moet die matriekafskeid baie geniet, hoor! Ek het gelukkig nog 10 jaar oor voor ek enige sulke reëllings moet tref!! hehe

    Het ook geweeg. 1,1kg verloor. Dis genuine net van sleg en amper niks eet verlede week. Ek mis die oefening, maar ek sien nog nie kans daarvoor nie – not quite myself yet.

  4. 4

    Feetjieland said,

    Mal oor die pic van die woefie!!
    Om een of ander rede dink hulle groter vrouens is oud-modies!
    Mens sukkel om iets sexy in enigiets groter as 12 te kry!
    So ja, ons enigste opsie is dieet, dieet en nogmaals dieet!
    Bly jy het darem reggekom!

  5. 5

    SHARKS said,

    Dellie ek het nou onlangs die allermooiste bloes gesien by Foschini, maar toe ek die bloes se size sien het ek byna reg agteroor geval, ‘n size 22 (my bloese is ‘n size 10 soms 12) ek wou net die bloes koop, ek het myself voorgeem ek sal moet begin groei as ek in so bloes wil pas. Maar as ek weer daaraan dink, ek sal in ‘n 100 seker nooit in ‘n 14 eers kan inklim nie, nou dieet ek saam julle my mikpunt is om weer in daai nommer 8’s van my te klim.

    Aanhouer wen, ek glo ek sal binnekort weer my ou lyf terug hè!!

  6. 6

    rb said,

    Dellie, ek dink die swart romp vir die aand ding sal werk. Onthou swart laat jou ook skraler lyk!!??
    Soos dit vir my klink moet ek nou al begin soek vir iets vir my dogtertjie se dag! Sy gaan eers in 2009 Gr 1 toe!!
    Geniet dit, ons wil foto’s sien seblief!

  7. 7

    Dellie said,

    Hi julle,

    Wil darem net laat weet dat Seun toe vandag uiteindelik skoene gekry het. Nou is ons ge-organise en reg virrie ding!

    Hulle maak ‘n DVD van die hele gedoente, en ek sal kom foto’s wys.

    Leka doeks!

  8. 8

    Dellie said,

    O ja, ek het toe besluit op die swart skirt, dit lyk baie nice saam met die pink en silwer.

  9. 9

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Ek het lanklaas so lekker gelag. Dankie, jy lig sommer mens se dag op. Ek sal liewer nie jou blog oorvat met die klerekoop ding nie, sal dit anner dag op my blog sit, maar ja, ek weet presies hoe jy voel.

    Groter vroue kan net so sexy lyk. Hoekom wil hulle ons toedraai in lakens? Of outydse gordyn lap??

    Stem saam rb, dink die swart romp sal beter wees. Maar maak nie saak nie, geniet net jou aand.

    Groetetjies

    Sonneblom

    PS: Ek sien die prentjie van die naartjie van outer space…hehehehehe

  10. 10

    Gyps said,

    Hi Dellie
    Ag sterkte man. My verloofde se seun gaan ook hierdie naweek matriek afskeid toe, maar dis gelukkig sy ma se stres daai.

    Ek stem, die pienk en silwer gaan beter by swart en swart is meer elegant vir so ‘n doe.

    Geniet dit!
    Lekker naweek almal
    xxx

  11. 11

    SHARKS said,

    Dellie ek like daai hondjie prentjie dit is regtig ougat. Geniet die matriekafskeid. Swart is ‘n wenner vir die aand, ek glo ‘n vrou MOET ‘n swart langbroek of swart romp hè.

  12. 12

    PlatterFuss said,

    Hehe! Jy laat my smile!!!

    Sterkte… en ons soek FOTOS seblief?????

  13. 13

    Boendoe said,

    En nou kan ek nie wag om te hoor hoe dit was nie!

  14. 14

    Roer said,

    Foto’s! Foto’s! 🙂

  15. 15

    idiwidi said,

    Klink asof jy baie mooi gaan lyk. Ek stem ook vir swart.

  16. 16

    annatjie joubert said,

    Dagse almal wat n netjiese, mooi, vroulike, gerieflike en seisoengebonde rokkie, toppie of watter kledingstuk ookal wil he. Ek is besig om n web te ontwikkel vir oorgroot klere, ek het die wonderlikste ontwerpsters ontmoet wat bereid is om te luister. laat weet my asb van jul voorkeure, ek sal voorbeelde stuur sodat julle kan sien wat ek in gedagte het. tatta Annatjie- BIG IS BEAUTIFUL SA


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: