Weegtyd? Alweer??

Ek weet dis al weer weegtyd, maar ek het vanmore geweier om op die skaal te klim! Die afgelope twee weke het dit nie so goed gegaan met alles soos wat ek gereken het nie.

Ek kon dit net ‘n paar aande regkry om voor ses te eet. En van stap het daar ook nie veel gekom nie. Ek het hierdie probleempie met my enkel: toe ek gebore is, was daar een of ander spiertjie in my enkel wat te kort was, so my regtervoet was heel skeef. Dis vroeg reggestel met ‘n operasie, die enigste nagevolg is dat my regtervoet ‘n hele nommer kleiner is as my linkervoet! Dis nou as gevolg van die lang tydperk in gips en spesiale skoene. En as dit koud of renerig is, is daai enkel so styf dat ek skaars kan loop. En met die reen saam verlede week, en vandag weer, was stap nie so ‘n lekker gedagte nie.

Dus het ek besluit om nie eens naby die skaal te kom vanmore nie. Wil myself nou nie verder mismoedig maak nie. Maar die van julle wat iets verloor het, en wil spog, asseblief doen! Ek het die inspirasie nodig!

Maar dit beteken nie ek gee moed op nie, hoor! Ek gaan my bes probeer om hierdie week weer beter te doen. En maar weer weeg oor twee weke.

Geniet die mooiste maand, julle, gryp hom aan die horings en ry hom bloots!

Weird info:

On average, 100 people choke to death on ballpoint pens every year.

Lessie: hou jou pen uit jou mond uit, kou eerder ‘n toffie!

11 Responses so far »

  1. 1

    SHARKS said,

    Dellie nee ek wil ook nie naby ‘n weeg skaal kom nie, ek het beslis niks meer verloor nie, dalk eerder opgetel, maar verloor, nee ek twyfel.

  2. 2

    rb said,

    Hallo. Ek wil nie Maandae weeg nie. Drink te min water oor die naweke en eet HEEL verkeerd!! Ek sal Dinsdag weeg, dit lyk gewoonlik beter.
    Ons het die naweek ook die Kleuterskool se golfdag gehad, was soek Saterdag, nie teveel geeet nie, maar Saterdagaand was ek VREK honger en het my hele bord kos opgeeet, dit na 20:30, darem nie poeding nie.
    Sterkte vir almal, ek laat weet more!!

  3. 3

    Jaco said,

    Dit was 2 weke waarin daar hard gewerk is in die gym, en nog harder gewerk is in die kombuis!

    Die netto resultaat: Geen verandering!

    Sal ons ooreenkom om voor te gee dat die laaste 2 weke nooit gebeur het nie, en voor te begin vandag?

  4. 4

    Sonneblom said,

    Hi Dellie en ander bloggers,

    Jaco, ek wil vinnig vir jou sê, MOET NIE moed verloor nie. Dis nie altyd so sleg as die skaal niks wys na harde werk nie. Meet jouself, jy het beslis verloor. Jou liggaam moet homself eers in perporsie kry voor die skaal weer kilogramme af wys. Byt net vas.

    Ag julle, ek WENS ek kan myself sover kry om ook te begin. Weet eerlik nie wat keer my nie, want ek was my lewe lank maer, tot na my eerste kind. Na my kinders het ek ge dieet en het in 6 maande 21 kilo’s verloor, so ek weet hoe goed het dit gevoel. Wat skort???? Ek het natuurlik alles weer opgetel…plus bietjie rente!!!

    Sterkte met almal se pogings….miskien skrik ek betyds wakker…hehehe Solank dit is voor ek 40 word volgende jaar November….(I Wish)

    Liefde Groete

    Sonneblom

  5. 5

    Anonymous said,

    Sonnie, jy som mooi op, ek weet nie wat my ook makeer nie, maar ek kom nie so ver om te begin nie. Kom ek noem dit sommer slap-gatheid!! Jaaa ek is slappie!! Ek moet iets doen en vinnig ook. En koppie regkry.

    Jaco, byt vas ou maat, smaak my jy is die enigste wat regtig probeer.

    Dellie ons sal jou maar verskoon, onthou dit was Seun se matriek afskeid en al daardie dinge … miskien moet julle dit kalm vat net na Desember, want nou is dit die moeilikste om te probeer met al die parties ens.

    Eben

  6. 6

    Dellie said,

    Rb, miskien moet ons op Vrydae weeg, dan was ons mos die hele week mooi soet en dis net voor die naweek se “verkeerd” begin. (Soos lekker potbrood, né Sharks!)

    En Jaco, dis die beste voorstel wat ek in ‘n lang tyd gehoor het! Ek stem!

    Sonneblom, bly jy maar net vir ons inspirasie tot jy wil join. Jy doen wel jou goeie daad!

  7. 7

    Anonymous said,

    Sal ek nou maar n ou sonskynstraaltjie wees…?

    Na al my wedervaringe oor die laaste twee weke het ek darem 600g verloor. Hierdie is dan ook die 600g wat my die meeste gepla het, want ek het op n stadium vas gesteek, maar daar het jy dit.

    Merk my af groot Generaal.

    Groete
    Rachelle (Koeks)

  8. 8

    Roer said,

    A nee a! Laat ek julle gewete wees… Kom, kom, kom. Desember is om die draai! (Toemaar, ek preek vir myself ook). 🙂
    N.S. Mooi Koeks.

  9. 9

    boendoe said,

    Hi Dellie en ander stryers,
    Ja, kom ons doen die week oor! ASB!
    En Dellie, ek kon nog nie ‘n skaal opspoor nie! Dalk is dit net genade…
    Ek gaan my bes doen om hierdie allermooiste maand te bekruip en bloots te ry!

  10. 10

    sonstudio said,

    Ek het ook nog nie weer geweeg nie, maar het mooi by my plan gehou! Sal bietjie by ‘n skaal moet uitkom. Note to self: Moet tog my eie skaal gaan koop!
    Soos Roer sê, Desember is om die draai. Ons kan nie laat slap lê nie!

  11. 11

    Anonymous said,

    Hallo julle,

    Ek’s verlig om te sien hier was nie “geweldige verliese” die afgelope 2 weke nie!!

    Niks verloor nie, niks opgetel nie. Maar ek het myself voorgeneem om nie meer die kinders se swiets te eet as hulle gaan slaap het nie. (hehe – is ek die enigste een wat dit doen?)

    Dus : Ek het nou WEER begin…

    Sarah Lee


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op boendoe Kanselleer antwoord