Spinnekop

Hierdie ene het weer in my inbox beland, en dit is histeries snaaks! Geniet!


Ek weet nou nie hoe jy oor spinnekoppe voel nie maar ek ry eerder ‘n fiets sonder ‘n saal as om een te konfronteer.

Ja, gisteraand lê ek rustig en lees, minding my own business…..bedlampie brand baie domesticated en sag met die komplimente van Cash Crusaders, toe ek so ‘n sagte geskarrel in die kamer hoor. Dog eers dis die mot wat wil selfmoord pleeg teen die bedlamp se bulbpie…

Kyk.. Nee, mot se kind sit so stil soos ‘n pedigree foksterrier wat razor blades skuit. Toe’s die skuifel geluid weer daar en ek skrik alles regop wat plat was…en pap wat op was!

‘n Onaardse gedrog van ‘n spinnekop met W.P. rugbykouse, en wat as weltergewig kan inweeg, toer teen 8000 refs oor die vloer en spring sommer so met die laai se handles teen die bedkassie op! Op slag k*k ek my beste linne in ‘n herfs kleurskakering in. Lyk of iemand my bed kapoenkleur, so tussen k*k en pampoen gespray paint het. Ek moer alles, boek, bedlamp, asbak, glas, die toetie tot op die laagste vlak van die kamer, die vloer.

Ek skrik my enigste aambei wat ek het dat hy op my kuite hang! Nou’s die moerse spaaider nog tussen my en die kombuis, waar ek, omdat hulle my so molesteer, deur die jare, ‘n arsenaal van Doom vergader het. Nou weet ek, nou sal ek flat out moet hol vir daai Doom.

Ek pluk my enigste halfnat Jockey aan sodat die aambei my nie pootjie nie. Toe trek ek weg kombuis toe dat die briekmerke soos ‘n straatkaart in my Jockey vergader… en ek 10 sekondes by die kombuisdeur moet back paddle om nie twee agterdeure te hê nie.
Lord of the Dance se gat my bra!

Terug….. Daar sit die bliksem nog! Sommer so met die briektrek spuit ek al…. gelukkig net Doom! …Osoonlaag en al daai goeters, se moer! Spuit hom leeg! Duik my harige vyand soos Ryk Neethling agter die bedkassie in.

Moer toe moet hy wees na daai dubbel Doom en strontreuk wat nou dikker as toffie in die kamer hang. Ek trek die kas bietjie vorentoe, skiem nog so ek het gewen, …toe skielik hol daai 4 wheel drive monster van ‘n aardsgedrog teen die muur uit, reg voor my oë verby, tot kophoogte.

Agt oë soos Beetle wheelcaps kyk my vierkantig in my twee ogies. Nou’s dit nag. Ek verlaat myself, my water breek, my knieë swik, my longe loop leeg, my lippe parteer van mekaar.

Ek beskuie my weer sonder enema. ‘n Kreet verlaat my binneste, ontsnap oor my trillende lippe. Dis toe dié klanke wat Black Sabbath en Uriah Heep na die Drakensbergse seunskoor laat klink. Dit was maar ook Spiderman se laaste asem, want net daarna los hy als en kom skeef skeef grond toe, soos fisant stront in vlug.

Al retererende het ek en Doom die veldslag gewen!

Weird info:


The best recorded distance for projectile vomiting is 27 feet.

Advertisements

6 Responses so far »

  1. 1

    SHARKS said,

    Dellie hierdie e-pos van die SPINNEKOP het my destyds so laat lag – die klomp hier wat saam my werk het seker gedink ek het die pad byster geraak, want ekke het kliphard gelag vir die mail!!

    Ek is baie bang vir ‘n spinnekop, maak nie saak hoe klein of hoe groot nie, die ding moet dood en klaar, ek gee gewoonlik net een gil, dan is Jaco daar om die indringer te kom verwyder, van die kleinste ou spinnekoppie tot hierdie ou groot plat goed, ek gril my half geel vir die goed man, dit is aaklikge goed. Vir ‘n vlieènde gogga is ek net nog banger hoor, ek het een aand hande viervoet oor my bank gespring en dit vir ‘n mot!

    My een sussie het een aand Zeb gevat en ‘n spinnekop met ‘n hele blik Zeb gespuit – hy was nooit weer dieselfde nie hoor!!

    Ek het al een aand uit die bad gespring handdoek gegryp en uit die kamer gehol vir ‘n mot wat daar kom rond vlieg het! Kinders het hulle natuurlik pap gelag vir my.

  2. 2

    boendoe said,

    Hiehiehie, Dellie! Ek kan daai aambei al sien!

  3. 3

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Dankie vir die laggies. Ek het comment oor die game op my blog gelos vir jou. Hoop julle kom reg, anders mail my. 😉

    Groetetjies

    Sonneblom

  4. 4

    Anonymous said,

    Dellie, wou ok net laat weet ek staan nog vas op my 68kg. Niks verder afgeval nie (gelukkig ok nie opgetel nie!)

    Tigger

  5. 5

    Annie said,

    Dellie, hoe verlang ek nou na die ou dae. My oorlede Pa was, net so bang vir spinnekoppe, eintlik hy en al sy susters en broers. My ouma het hul as kinders bang gemaak met spinnekoppe. Ons was een Kersfees in Willowmore, al die stoele was uit die kombuis en net die groot ou plaas tafel het daar gestaan, my pa en tannie was in die kombuis, toe ons net die allervreeslikste gille hoor. Toe ek daar kom, staan altwee bo op die kombuis tafel en gil vir my om die spinnekop dood te maak. Die beste was, dat dit ‘n wit Roman was en hulle soek mos skaduwee, so toe die 2 in die kombuis kom hardloop ta al agter hul skaduwees aan, en toe hulle op die tafel klim was al skaduwee die tafel se poot en tot vandag toe glo my tannie die spinnekop het hulle gejaag.
    Jammer vir die lang storie op jou blog, maar dit het my so nostalgies gemaak ek moes net vertel
    Lekker dag
    Annie

  6. 6

    Anonymous said,

    Holskeurend!! Grapjas!
    Koeks


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: