Gee my tog net krag!

Hello, Darkness, my old friend…

Ai, mens voel darem vreeslik hulpeloos sonder elektrisiteit! Hoe afhanklik is ons nie daarvan nie.

Gister en vandag het ons onderbrekings gehad van meer as 2 ure elk. In die middel van die dag. Elke keer moes ek studente kanselleer, en die wat hier was, huistoe stuur, want daar is niks wat ons kan doen sonder die rekenaars nie. Ek verstaan dat instandhoudings werk gedoen moet word, maar is daar dan nie ‘n manier om dit so te skeduleer en ons te laat weet wanneer dit gaan gebeur nie? Dan kan ek ten minste gou die ketel kook voordat die krag afgaan. Kan dit dan glad nie in die middel van die nag gedoen word wanneer die meeste besighede stilstaan nie? Seker nie, want dan kan hulle nie sien wat hulle doen nie! Hehe!

Gister besluit ek en Liefie om nou maar vroeg lunch te vat, aangesien ons tog niks anders kan doen nie. Ek is besig om my hande te was in die badkamer, en ek hoor hom in die pottekas doenig raak. “Wat maak jy?” vra ek. “Ek is lus vir ‘n eier,” sê hy. “En hoe beplan jy om die eier gaar te kry?” Daar is nie krag nie…

OK, dan maar net ‘n broodjie en koffie. O ja, daar is nie krag nie, koffie is ook uit.

Terwyl ons die broodjies eet en dit afsluk met koeldrank, vra hy of ek gou vir hom ‘n faks sal stuur. Sekerlik, geen probleem nie. Stap tot by die faksmasjien en besef… geen krag nie.

Hy vra of ek hom sal help met een of ander vorm wat hy wil vertaal in Engels. Ek gaan sit toe maar daar onder by hom, maar sowaar as vet, ek voel skoon dom met daai vorm voor my op PAPIER! Ek wil kort-kort vir hom vra of ek dit nie maar op die rekenaar kan doen nie, maar…daar is nie krag nie.

Esther kan nie die matte stofsuig nie, en sy kan ook nie stryk nie. Gelukkig was die wasgoed klaar gewas. My veiligheidshek by die sentrum werk ook met elektrisiteit, so niemand kan sommer net uit of in nie. Moes eers delf vir die sleutel wat ek omtrent nooit gebruik nie. My selfoon kan nie verder charge nie.

Die stilte is oorverdowend. Geen yskas, radio, TV of rekenaar in die agtergrond nie. Kan ook nie gou kyk of ‘n student inbetaal het nie, geen krag = geen rekenaar = geen internet. Ek kan nie eers blogs lees nie! En daar lees ek toe vir die eerste keer in ‘n lang tyd ‘n hele koerant deur, jy weet, die papier ene wat afgelewer word. Gewoonlik scan ek net so oor hom, en lees die res op die internet!

Ons is darem lekker bederf, né! Skaars twee ure later is alles weer normaal, maar dit was twee ure te veel! Ek kan my nie ‘n wereld indink sonder elektrisiteit nie. Kan jy?

Weird info:

Banging your head against a wall uses 150 calories an hour.

Advertisements

12 Responses so far »

  1. 1

    Gatta-Patata said,

    Hey Dellie
    My krag was laaste naweek die heel naweek af!! How dreadfull!
    Ek het toe maar my tassie gepak en by pelle gaan bly… haat dit! in vandag se tyd met al die tegnologie maar wat help die SONDER KRAG!!!
    O ja nog ‘n ding – ek wil afslag he vir die tyd wat my krag af was!!
    hulle steel van ons die wetters.

  2. 2

    sonstudio said,

    Ek hoor almal se krag gaan elke nou en dan af – dit het os nog nie getref nie!!
    Maar, hulle werk nou al ‘n rukkie hier rond aan die waterpype. Nou die dag in die stort, hare gesjampoo, lyf geseep… en toe’s daar nie meer water nie! Dis ook nogal ‘n gemors!

  3. 3

    Dellie said,

    Minute nadat ek hierdie post opgesit het, het die krag weer gegroet. Tot so 5 minute terug.

    Ek moes WEER klasse kanselleer, en het toe sommer almal vir die res van die aand afgegee. En jy is reg Gatta-patata, wie gaan my nou vergoed vir my verlies aan inkomste? En wat as my rekenaars seerkry met die hele storie? Ek stuur sommer vir hulle ‘n invoice as EEN van my hardeskywe net moet groet!

    Ek het al gesien hoe braai ons vleis vanaand! Maar nou is ons lus vir take-aways! (Ek kroek nie rerig nie hoor, ek kry net vir my ‘n stukkie vis en maak ‘n slaaitjie in plaas van chips, en as ek rerig nie my lus kan hou nie, steel ek net so drie chippies by Liefie!)

    Sonstudio, ek is seker daai was ‘n taai spulletjie! En jou hare is mos ook nie van die kortste nie! Hehe! Hier bars so gereeld pype by ons, dat ek nou al geleer het om die ketel vol te hou, en ten minste 5 liter water in die yskas te hou, buiten die wat ons deur die dag drink. En somewhere in die garage is ‘n 50 liter drom met water – virrie loo! Sonder water kan ek AMPER oorleef, maar sonder krag…eish!

    Lekker aand julle!

  4. 4

    SHARKS said,

    ek wonder hoe lank gaan die krag vandag hou, FEETJIE ek sukkel regtig om ‘n comment op jou blog te los.

  5. 5

    SHARKS said,

    dellie ek sien eers net nou jy het ‘n comment gelos op my blog, JACO het jou geantwoord die klein bliksem ek is baie kwaad vir hulle, hulle moes MACBETH luister, en dit is wat hulle aangevang het!!

  6. 6

    Feetjieland said,

    Hallo Dellie, ja-nee gisteraand was ons beurt! En dit net na vyf wanneer almal by die huis kom, kos maak, Tv kyk bad ens…was niks lekker nie.
    Sharks nou hoe nou? Dink ek moet ook maar oorgaan wordpress toe.. sukkel te veelm, kan nie eers pics upload nie!

  7. 7

    Anonymous said,

    Dellie,
    Ons krag is gister 4 keer onderbreek. Die laaste onderbreking was van 2uur in die middag tot n 9 gisteraand. Die hele gebied, nie net n blok of twee nie.
    Glo my, die gasbottels is almal leeg!! Winter het sy tol ge-eis.

    Ons het gisteraand ook brood geeet, geen koffie – coke om dit mee af te sluk – ek kannie soner kraggie.

    R

  8. 8

    Roer said,

    So as ek my kop nou so 8 keer teen ‘n muur of iets gaan ‘bang’, dan kan ek die chocolate wat ek sopas geeet het afwerk!? Fantasties.

  9. 9

    Dellie said,

    Wel Roer, OF dit, OF jy gaan ‘n moerse kopseer hê! Hehe, laat weet die resultate?

  10. 10

    platterfuss said,

    Krag en water……

    Mens is bederf…. en besef eers hoe ‘gemaksugtig’ mens eintlik is… en BEDERF!!!

    🙂

    Ek bidde vandag vir ‘n ‘donkerte’… dan kan ek HUISTOE!!!

  11. 11

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Help seblief, ek kry nie die comments ding reg op die nuwe blog nie, en ek sien ook nie my comment van vroeer hier by jou nie. Is ek nou weer toeer as ‘n boek vandag…lol

    Ek het julle comments op my mail gekry….weetie hoe werk die ding nie.

    Groete
    Sonneblom

  12. 12

    Idetrorce said,

    very interesting, but I don’t agree with you
    Idetrorce


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: