Ek dink ek gaan Ouma word…!

Hy is ons enigste lang, swart, seun. Hy is baie handsome. Die mooiste ogies, raafswart hare, met so ‘n hint van bruin hier en daar. En daai lyf…Ons het hom al ons liefde gegee wanneer ons kon, maar hy was so alleen wanneer ons gewerk het. Ek kon hom nie heeldag in die sentrum hou nie, hy wou net heeltyd met die studente speel. En alhoewel hulle sy aandag baie geniet het, was hulle hier om te leer, nie om te speel nie. Liefie kon hom ook nie heeldag by hom hou nie, want hy kon nie karre verkoop nie.

Toe besluit ons om maar vir hom ‘n maatjie aan te neem. Natuurlik ‘n meisiekind. Ons het heelwat navrae gedoen in ons omgewing, en toe uiteindelik iemand gevind wat ons gedink het by hom sou pas. Ons het haar een middag gaan haal sonder om ‘n woord vir hom te sê.

Hy was verlief op haar vanaf die eerste oomblik wat hy sy swart ogies op haar gelê het. Hy was skoon uit sy vel uit van blydskap! Rondgespring soos ‘n mal ding toe hy haar sien. Haar gesoen dat sy nie weet wat haar tref nie. HY het geweet sy is die girl vir hom. Met haar rooibruin hare, so glad en blink soos satyn, en hy met sy swart-blink haredos. Hulle was onafskeidbaar.

Hulle het so lekker gespeel, rondgehol, oor goed geklim, mekaar gevang, skaterend oor die mat gerol. In die proses ook alreeds heelwat meubels en goed verwoes, maar ‘n ma se liefde het mos geen perke nie. En die probleem met ma’s wat werk – ons is nie daar om hulle besig te hou nie, so hulle vind iets om hulle self mee besig te hou – met rampspoedige gevolge. Wat ons maar vergewe as hulle so kom soen en liefies soek en jammer sê. Hulle is dan net kinners, hulle weet nie van beter nie. En hulle raak verveeld so alleen…

Sy was baie jonger as hy, en hy het natuurlik oral die leiding geneem. Hy het haar die toer van die huis gegee, vertel waar die lekkerste wegkruip plekke was, waar jy speelgoed kon bere…en saam-saam het hulle alles gedoen. Hy het glad nie omgegee om sy speelgoed met haar te deel nie. Soms het hy gesit en wag sodat sy kon klaar eet, net vir ingeval sy nie al haar kos kon baasraak nie. Dan het hy maar haar bordjie vir haar skoongemaak. Sodat sy nie in die moeilikheid kom nie, sien. (Deesdae eet hulle sommer saam uit een bord.)

Soggens kon hulle nie wag vir ontbyt nie. Albei heeltemal verslaaf aan koffie, maar ek het hulle sover gekry om eerder melk saam met hulle ontbyt te geniet as koffie. Koffie is nie goed vir kinders nie…

Maar voor ek my kon kry, het die “kinders” grootgeword. En sy is mos ‘n aangenome kind… Ek het al lankal vermoed dat daar meer as vriendskap is tussen die twee van hulle. Maar helaas is ons so besig met ons eie lewens, dat ek as ma hulle heeltemal gefaal het. Ek het geweet die tyd sou kom, maar toe ek dit eers rerig raaksien, het die dokter gesê dis te laat vir voorbehoeding. Ons enigste opsie was om hulle nou maar net van mekaar te skei.

Wat baie makliker gesê as gedaan is. Dit was ‘n geween en ‘n gekners van tanne! Wanneer ons saam met hulle was, was dit nog steeds ‘n stryd om hulle uitmekaar te hou. Hy was soos ‘n trok agter ‘n lokomotief, hy eet nie, hy slaap nie, hy loop net heeldag agter haar aan. En so “tou” sy hom, met sy neus vas aan haar “stert”.

Moet my nie verkeerd verstaan nie, ons wil vreeslik graag hê dat hulle moet gelukkig wees en kindertjies van hul eie hê, maar hulle is nog so jonk! Ons het gereken, miskien so oor 3 jaar. Dan is hulle volwasse genoeg, en ons gereed om Ouma en Oupa te word.

Maar die natuur laat hom mos nie voorskryf nie. So twee weke terug, net toe ons dink “alles” is nou verby en hulle kan nou maar weer voortgaan soos gewoonlik, kom ek vroegoggend in die kombuis en vang die twee “in the act”, voor die flippen yskas van alle plekke! En daar sit die ding toe. Hehe! En hulle voel so skuldig toe hulle sien ek gewaar hulle, dat sy hom op sleeptou neem deur die hele TV kamer! Letterlik! (Het ek vergeet om te sê dat sy so twee keer sy size is?) Ek het maar net omgedraai en uitgeloop, dit help mos nou nie om opgewonde te raak oor iets waaroor jy geen beheer het nie, en ek wou hulle nie in die verleentheid stel nie! Flip, dit het nou gebeur, nou wat nou?

Die afgelope week het ek opgemerk dat haar tt’s so bietjie anders lyk. So bietjie voller as gewoonlik. En sy eet ook so bietjie meer as normaalweg.

Ek wil nou nie spoke opjaag nie, maar ons het dalk binnekort klein worsies in ons huis! Spike (onder) en Roxy se babatjies! Ag, moeder, dit gaan oulik wees! Sal julle op hoogte hou.

Weird info:

It takes 17 muscles to smile, 43 to frown.

12 Responses so far »

  1. 1

    Anonymous said,

    Gie gie … jou ou grapkas!! smaak my ons ontmoet vinniger as ek wat gedink het. Sal maar deurry Welkom toe wil my persoonlike worsie.

    Groete en gesel weer

    Eben

  2. 2

    SHARKS said,

    Ouma Dellie baie baie geluk, pas hulle mooi op!! Eben daai laaste gedeelte klink gevaarlik van jou comment hoor!!

  3. 3

    Gatta-Patata said,

    Veels geluk Dellie!!
    Ag te cute, jy moet vir ons laat weet wat aangaan en FOTOS FOTOS FOTOS!!
    Lekker naweek!

  4. 4

    marat said,

    Dellie, voer sussie! Ekstra kos en melk en bruin brood met peanut butter. Tot die babies nuwe huise gekry het, sal jy moet ekstra voer.

    Geniet hulle, dit heerlik. Ons worsie-dogtertjie het 6 – 8 babatjies op ‘n slag gekry en nie genoeg melk gehad nie. Ons moes hulel dus elke 2 ure voer. En sy kon nie self kraam nie, ek moes met elke baby help met die alignment anders kon hulle nie uit nie. Ai, ek mis nou ou Penny so . . .

  5. 5

    sonstudio said,

    Ag, sweet!

  6. 6

    Feetjieland said,

    Eerstens, dankie vir die mooi mail vriendin…

    Te oulik! Geluk Oumie!!! Ons het ook ‘n bruin worsie, maar ek het gesorg dat hy nie babatjies kan maak nie, hy skiet nou net “blanks”,lol. Dit was vir my een te veel toe my Jack Russel kraam terwyl ek swanger is met Calista, te min slaap, want sy was maar ‘n slegte mamma, ek moes vir hulle opstaan. Netnou gee die wyfie se mamma, van die kleintjies vir my…

    Lekker naweek!!

  7. 7

    Sonneblom said,

    Hi Dellie,

    Jong ek het so met die lees saam diep gewonder hoekom jy nog nooit die meisiekind genoem het nie…ons lekker gevang ne? Baie geluk met die kleintjies (wanneer hulle kom)

    Sien ons julle op Battlefield?

    Groetetjies

    Sonneblom

  8. 8

    PlatterFuss said,

    Hehe! Lucky you!!! En gaan dit nie dierrrrrrrrrbare babies wees nie!!!!

    Eben.. wel ja! 🙂

    gatta-patata – ek stem! FOTOSSSSSSSSS!!!!

  9. 9

    Anonymous said,

    Hi Dellie,
    Ja, ek’s terug, die internet-euwel, jy weet!
    En toe skrik ek sommer toe ek begin lees aan jou posting – dog by myself, WAT het Seuna nou aangejaag!! Maar verlig dis net die worsies!

  10. 10

    boendoe said,

    Ag tog, dit was ek, Boendoe!

  11. 11

    Roer said,

    Ja, jy het ons lekker gevang. Ek het ook eers gedink dis Seuna…eish. Geluk en laat weet hoeveel en of hulle soos ma of pa lyk.

  12. 12

    Anonymous said,

    Geluk Ouma-Dellie!!
    Jy gaan hulle sooooooo bederf, en dan nie van hulle kan ontslae raak nie, want jy weet mos, net jy kan so goed na hulle kyk soos daar na hulle gekyk moet word.

    Sterkte

    PS. Ek het gaan weeg (dis mos nou weer twee weke, dan nie – Wil julle weet…..?
    Koeks


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: