Wat het gebeur?

Vandag wil ek net een ou vragie vra:

Wat het gebeur met ons mense dat ons mekaar so wantrou?

Of het ons dalk net grootgeword? Het die goedheid wat ons in almal sien soos mis in die son verdwyn soos wat ons ouer en wyser geword het? Indien wel, hoekom?

Skuus, dis toe vier vrae…

18 Responses so far »

  1. 1

    007Meisie said,

    Eish! Goeie vraag! (vrae)🙂 Uhm, wat van die lewe het so verander dat mens nie anders kan as om te wantrou nie! Maar hey, as jy die dag besluit om jou goedheid met ander te deel, doen dit voluit! Dan sal ander weer leer vertrou! Sommige mense kan nie verstaan waarom ek dit so geniet om heeltyd te gee nie….ek ook nie🙂 Maar dit maak my so lekker voel om iemand te help! Al help jy net ‘n telefoon antwoord, of ‘n traan afvee, of ‘n ontbyt in die bed maak…as dit vir die ander persoon iets beteken dan beteken dit vir my iets….wat praat ek tog????

    Lekker daggie vir jou maaikie!

  2. 2

    SHARKS said,

    Goeie vraag, niemand vertrou niemand meer nie, hoekom? Waarom? Wie kan met alle eerlikheid sè dat hulle elke aand nog HUISGOSDIENS hou, bid die HERE vra nader as dinge te veel raak vir ons om te hanteer, ons jaag verby mekaar, hoekom?

  3. 3

    boendoe said,

    Ek dink dit het te doen met ondervinding wat jy opdoen soos jy ouer word. In elk geval, ek sit nog en wag vir die drywer om ons te kom haal, lekker dag, en ons praat weer in SA! En ek bring vir jou nog ‘n botteltjie!

  4. 4

    neykie said,

    opinie: my pa het my goed en deeglik geleer dat jy niemand in die ou lewe vertrou nie, want iemand sal altyd daar op uit wees om jou skade aan te doen. Was dit verkeerd van hom?

    So ek is so grootgemaak…

    Liefde
    n

  5. 5

    feetjieland said,

    Ons almal het seergekry…?? Wat vertroue betref glo ek mens kry 2 tipes mense, die wat vertrou tot jy hulle bewys jy is onbetroubaar, (dis hoe ek was) en die wat niemand vertrou nie, tot jy aan hulle bewys jy is betroubaar (hoe ek nou is). En dis seerkry en teleurstellings wat dit veroorsaak..

  6. 6

    unobastardo said,

    Ons lewe nie meer na genoeg aan hierdie aarde nie. Dalk moet ons terugkeer na ons wortels en weer meer op mekaar aangewese wees, en nie op masjiene. Dalk, net dalk, sal ons dan weer ander vertrou en self vertroubaar raak.

  7. 7

    Eben said,

    Dellie, ek is maar iemand wat sal vertrou. As ek iemand kan help sal ek dit doen, as hy my be-donnerd dan is dit dan so. My gewete is dan skoon. Dan moet ek noem ek help nie links en regs nie ….

    Die polimiek/storm oor LL se kop gister kan ek as voorbeeld noem. Hoe dit gehanteer is van haar kant, is seker nie 100% reg nie, maar as mens desperaat is, dan is dit ‘n ander storie. Dink mens nie ‘nugter’

    Stennig my maar, maar weet jy wat is my grootste vrees? Sê nou net die Liewe Here staan voor my in die vorm van ‘n lewende mens, en vra kos, geld vir kos? En ek jak hom af!! … Jaag hom weg!! Hoe kan hy my ooit weer vertrou … hoe kan ek hom eendag in die oë kyk? HOE!!!

    Weet jy alles waarvoor ek ooit gebid het, het ek ontvang. Hoe kan ek nie iemand help nie …. jammer ek is maar net daardie tipe mens.

  8. 8

    Dellie said,

    Ebie, jy sal eendag ryklik beloon word!

  9. 9

    Frank Botha said,

    Hallo Dellie.

    Impulsiwiteit kan tot wantrou lei. Onsensitiwiteit is ook ‘n potensiële kandidaat daarvoor. Die redes waarom jy iemand wantrou hang af van persoon-tot-persoon. God is nie ‘n voorstaander vir ‘n onnodige harwar nie, maar tog is vrye wil elkeen se geskenk van bo af. Hierdie vraag het meer as een antwoord. Interessant.

    Groete,
    Frank Botha

  10. 10

    platterfuss said,

    Lank dink se vrae daai….

    (((Dellie))))

  11. 11

    Suz said,

    Goeie vraag hierdie van jou. Dellie dink dit is die ou wereld wat ons vandag in leef. En die hartseer van dit is dat ons nou ons kroos ook so leer, bv Jy moenie iets by ‘n vreemde mens vat , moenie met vreemdeling praat nie en moenie saam vreemdes in ‘n voertuig klim nie al sê hulle dat jou Ma gesê het nie.

    Kyk wat het nou die dag met jou seun gebeur en hy is al in matriek. Die wereld het sleg en lelik geword.

  12. 12

    Kameeljoggie said,

    Eben, ek stem met jou saam.

    Miskien glo ek te maklik dat almal goed is, miskien wil ek dit glo? En al word ek teleurgestel, vergewe ek ook maklik. Het al baie skoolgeld betaal, sal seker nog meer betaal, maar ek breek ook maklik die kettings wat satan wil hê ek moet saam sleep en wil die goedheid in elke skepsel sien.

    Ons is tog almal skepsels van die enigste lewende God, en Hy maak nie gemors nie. Die besluite wat ons maak, is ons eie. Elkeen sal verantwoording vir sy eie dade moet doen.

    Maar die oordeel kom ons as mense nie toe nie.

    Soms word ek wel teleurgestel in die mensdom, maar kry gou weer genade om daaroor te kom.

    Mooi bly.

  13. 13

    My seuntjie bid in die aande vir die arm mense vir kos en werk. Dan deur die dag stop ons by ‘n robot en daar is (alweer) ‘n bedelaar en ma skud haar kop ‘nee, jammer’. Nou’s seun so verward en ek moet ‘n klein mense groot mens probleme laat verstaan. Daar is net te veel om te help en dan is daar die uitbyters. Ek verkies om te help wie ek ken en waar ek weet daar ‘n nood is en ek wil nie meer my kop breek oor die ander nie, want soos ek sE, daar is net te veel. Ek dink nie (met respek gesE) die Here verwag van ons om vrou/man alleen die wEreld te red nie. Begin by jou eie gemeenskap / skool / werk / kerk en belangriker nog, by jou eie familie. Dis maar wat ek dink.

  14. 14

    007Meisie said,

    En ek sê amen op daai KruidjieRoerMN!

  15. 15

    Sonstudio said,

    Ek weet nie, het nie die antwoorde nie. En dit hang ook maar af wat die situasie is. As dit oor die veiligheid van my kinders gaan, gaan ek nie eers skroom om te wantrou nie. Punt.
    As dit oor die welsyn van ander gaan, dink ek moet jy doen wat jou hart vir jou sê. Gee wat jy kan met goeie intensie, anders kan jy dit net sowel los! Soms word jy teleurgestel en soms word jy verras.

  16. 16

    Koeksuster said,

    Dellie, ek stem met ou Eben saam.
    Ek het al in my lewe my gat lelik gesien omdat ek so maklik vertrou. Ek het nou op die stadium gekom waar ek myself eers moet afvra of dit my gaan gelukkig maak voor ek ander kan gelukkig maak – in kort, dit werk nie.

    Sommige van ons is seker maar natuurlike nurturers – want ek het kort-kort n ou afvlerk duifie wat opgepas en geliefie moet word.

    Ek is n sucker!!
    R

  17. 17

    Dellie said,

    Ek weet, Koeks, ek weet! Ek sukkel ook maar om nee te sê…


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: