Niks

  • Wat dink jy is jou twee beste karakter eienskappe? en

  • Hoe gaan jy dit gebruik om die week vir jouself en ander beter te maak?

Ek dink myne is geduld en kalmte, en ek gaan dit ernstig moet toepas om te keer dat ek nie my polse afkou, of iemand se kop afbyt nie, want…ek het NIKS gewig verloor in die afgelope twee weke nie! *Snik*

11 Responses so far »

  1. 1

    feetjieland said,

    Sal nou nie se dis my tweede beste nie, maar hierdie week gaan ek “droom”, fantaseer, ontvlug na ‘n ander beter lewe…

  2. 2

    SHARKS said,

    Dellie nou moet hierdie Sharks mooi dink, my beste eienskap is seker – die feit dat ek altyd almal probeer help. Die week gaan ek al die krag in die wèreld nodig hè om hier op kantoor te kan cope. Ek myself sukkel my gat af om nog gewig te verloor, dit is nie so maklik nie!!

  3. 3

    Koeksuster said,

    Ek het so n paar grammetjies verloor maar ek dink hulle het my almal weer gister gekry!!

    Ek dink my beste karakter eienskappe is die feit dat ek vir myself kan lag – op die oomblik is ek histeries,

    en die feit dat ek die lewe nie ter ernstig opneem nie – die twee sal hierdie week hard moet werk om my op die regte pad te hou!!

  4. 4

    boendoe said,

    Ag, nee, Dellie, vandag kry ek te warm om enige goeie eienskappe te he! Of nee, wat van perseverance? Ek begin vandag amptelik weer ernstig met die diet!

  5. 5

    Jaco said,

    Ek het darem 1.7 verloor. My beste (en slegste) eienskap is dat ek donners hardkoppig is. Ek is te dom om op te gee.

  6. 6

    Eben said,

    Soe watter vraag so op ‘n blou Maandag. Myne issssss:

    1) Hulpvaardig
    2) My liefde vir my gesin en diere

    Baie geluk Jaco jou ou doring …… Aggg ou Dellie byt vas, ek dink ook met die dat Kersfees vir ons loer en almal wat kom kuier ens, gaan gewigs toepassing maar moeilik wees.

  7. 7

    platterfuss said,

    ((((Dellie))))

    Die ding is…. ek’s dik gebore, en so gaan ek ‘gaan’! HEHE! En, die wat my nie so ‘laaik’ nie… wel ja, dan’s daar net 1 rigting om in te slaan!

    OK… ek is moer lank, wat ‘n erg plus-punt is!!!!! Mens kan lekker kilos wegsteek!!!
    😛

  8. 8

    platterfuss said,

    Karaktereienskappe? Het ek???

    Hehe!

  9. 9

    Roer said,

    Ek sou se^ lojaliteit en vrygewigheid. Moenie vra van die SLEGTE eienskappe nie!

  10. 10

    007Meisie said,

    Haha Dellie!
    Wie worry oor die grammetjies?
    Jy lewe net een keer! Doen dit voluit! As jy lus is vir daai tjokkies geniet hul…en dan kom klim jy saam my boom vir die renosters om van die ekstra seluliet ontslae te raak!!!😀 Weet nie hoe gaan ek my goeie einskappe die week gebruik nie, maar eks die week lui! Uiters! is dit goed of sleg? Vir my voel dit soos DIE beste eienskap wat mens maar kan hê! LOL! Daai gevoel as ek op die bank gaan lê en net wil versteen/ontbind/transpireer of wat ookal!

  11. 11

    die Brein said,

    Hi Dellie, fokkit het alle oumas en oupas se kombuise dieselfde gelyk. Ek is 43 jaar oud en dit klink presies na my grootouers se plaaskombuis buite Bloemfontein toe ek so ses jaar oud was.Wat `n moerse vooreg was dit om in daardie tyd te kon kind wees.Ek se ek wil eendag `n oupa vir my kleinkinders wees soos my oupa was.Hy is oorlede toe ek maar ses/sewe was.En my vrou se sy wil `n ouma wees soos ons oumas destyds.Lekker aand.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: