Jou huis is waar jou hart is?

Ons plekkie is nou al in constant renovation vir so 8 jaar. Onthou net dat ons hierdie plek, dubbel verdieping, 4 woonstelle, 2 erwe, klaar betaal het in 9 jaar in plaas van 20 jaar. Maar ons vorder so STADIG om alles te kry waar ons dit wil hê.

Ek en Liefie is albei ons eie base. Ek was huisvrou vir amper 10 jaar voordat ek my besigheid begin het 8 jaar gelede. Toe ons getroud is en begin beplan het vir ons gesin, het ons besluit dat ek daar sal wees vir ons kinders tot solank hulle my nodig het. Die Here het toe besluit dat ons net een seun sal kan hanteer, en so was dit bestem. Ons het elke oomblik van sy grootword geniet, geen dagmoeders nie, totdat hy kleuterskool toe is. (Graad 0 as ek reg onthou?)

Liefie het al die jare op die myn gewerk. Totdat hy afgelê is so vier jaar terug omdat hy te oud is en sy pigmentasie te lig is. Toe is dit koebaai vir ‘n vaste salaris en voordele van sy kant af.

Rofweg beteken dit dat ons gemiddeld 18 ure uit elke 24 uur werk. Ons het nie die sekuriteit van ‘n vaste salaris wat inkom aan die einde van die maand vir een van ons waarop ons kan REKEN nie. Ons werk ons gatte af om ends meet te maak, en dan skuif hulle ook nog die ends elke nou en dan sodra ons dink dat ons dit kan bykom!

Maar weer vir ‘n “baas” werk? Never, as ons dit kan verhelp!

Ons het die ideale situasie op hierdie stadium – ek doen opleiding, hy verkoop karre, en ons woon op dieselfde perseel, dis klaar betaal, (ek betaal huur vir my stukkie, al slaap ek saam met die baas van die perseel!) dis net die erfbelasting en munisipale dienste wat betaal moet word. Niks worries oor petrol en verkeer en daai klas dinge nie. Tussen 1 & 2 “lunch” ons saam, en hy maak 5 uur klaar. Ek werk meeste aande nog tot 7 uur. Teen daardie tyd is die kos al aan die gang, ek moet net sê dat hierdie manne van my ken van multitask!

En ek wil nogal dink dat dit die oplossing is vir menige van ons mense. Begin jou eie besigheid, iets wat jy vir jou kinders kan los waarmee hulle kan oorleef. Dis nie a bed of roses al die tyd nie, dis flippen harde werk. Maar at least weet jy dat jy ‘n mikpunt het waarheen jy oppad is. En jy kan self bepaal wat jou inkomste elke maand is. (Nie rerig nie, dit is erger as die weer!)

Ek gee nie meer om wat my vriende dink van my half-klaar blyplek nie. Ons het al gebreek en gebou, geverf en gekoop, maar dit kos alles geld, en ons moet mooi besluit wat is die belangrikste: ‘n mooi kombuis of ‘n skoon badkamer? Of ingevoerde linne en eetware? Of ‘n flatscreen TV, of DSTV? Of dalk moet ons nog eet ook? Dit mag miskien lank neem, maar ons weet waarheen ons oppad is, en dit is al wat belangrik is.

Ek het ook al agtergekom dat die meeste mense waardering het vir wat ons bereik het tot nou toe, met bitter min geld vir persoonlike gewin. Ons druk alles terug in ons besighede. Die lekkerste kuiers is op die sand voor die gebou, die “strand parties” en op die ou end kuier jou rerige vriende by JOU, nie by jou huis nie! My huis is ver van wat ek wil hê dit moet wees, maar hier in my hart weet ek, as jy hier gekuier het, het jy lekker gekuier.

Ek wil so graag ‘n leer sitkamerstel hê, maar my worsies sal dit seker binne twee weke verwerk tot kussing stopsels. Ek weet hulle sal!

Op hierdie stadium in my lewe, het ek al besef dat aardse goed nie soveel saakmaak nie. Rerig, dit doen nie. Hoe jy lyk ook nie. Wat saakmaak, is jou verhouding met die mense rondom jou, die mense in jou gesin, jou vriende, die mense vir wie jy lief is. En glo my, as iemand jou rerig like, het hy nie ‘n saak of julle in die fency-ste plek of in die vlaktes sit nie – dis jou company wat die ding doen!

My huis IS hier waar my hart is, ek moet nog net die prentjies mooi inkleur…

 

10 Responses so far »

  1. 1

    sonstudio said,

    Dellie, dit klink soos my storie!
    Ek en my man het ook albei ons eie besighede. En ek voel nes jy – sal nie graag weer vir ‘n ‘baas’ wil werk nie – en ek probeer hard om dit so te hou.
    Ons bou en brekery kry ook net nie klaar nie. Nie omdat ons so baie veranderings aanbring nie, maar omdat die geld nie altyd daar is nie.
    Maar dis so waar wat jy sê. Jou vriende kom kuier vir jou!
    Ek sal maar ook wag vir my inkleurkryte.

  2. 2

    Magriet said,

    I salute you! Jy is een uit ‘n duisend dellie, want jy het jouself bewys, oneag jou omstandighede. Jou vriende kan hulle gelukkig ag, om as deel van jou kringetjie gereken te word. Ons land het entrepeteurs soos jy nodig – bitereinders.

  3. 3

    Magriet said,

    Dellie, sorry dat ek toe bitterenders, verkeerd gespel het. Ja, dis lankal verby slapenstyd – 5voor een in die oggend. Ek luister na RSG (werksoek program), en my hart pyn omdat so baie mense werkloos is, in ons land. Netnou het ‘n girl in ‘n hartseer stem vertel, dat sy in ‘n spesiale skool was, en gladnie werk kan kry nie. Ek het haar sooooo jammer gekry. Sy is tog nie verantwoordelik vir die ouers waardeur sy gebore is nie

  4. 4

    Eben said,

    Pragtig my ou vriendin. Ek is so trots op jou en manlief.

    Glo my vry, ek SAL vir julle kom hallo sê oppad Kaap eendag toe. Dit sal my voorreg ook wees om by julle te kuier, en nie vir die huis nie, maar vir julle!!

    Lekker dag

  5. 5

    boendoe said,

    Julle is twee rotse! Ek glo dit vat guts en geloof om jou eie ding te begin. Ek bewonder julle.

  6. 6

    Annie said,

    Dellie, ek stem 100% saam. My huis is ook half klaar en half begin, maar die lekkerste kuier vir ons pêlle is gewoonlik by ons. Manlief is een van daai mense wat glo of kontant of niks, punt.

  7. 7

    Marina said,

    Dellie jy is reg. As jy verseker wil wees van ‘n toekoms moet jy maar self inspring en daaraan werk! Sterkte!!

  8. 8

    SHARKS said,

    Dellie my huis is my alles, ek werk my oor ‘n mik om my plekkie mooi te maak en so te hou, my huis is my tuiste waarheen ek in die aande instap, ek glo ‘n huis moet jou laat welkom voel, niks te veel nie, niks te oordoen nie, nie net die beste nie, jy moet daai warm gevoel kry as jy daar instap. Ek speel baie met kleur, en geniet dit baie. Koos hulle het ook hulle eie besigheid, sy woorde net nou die ander dag was: EK SAL IN MY LEWE NOOIT WEER VIR ‘N BAAS WIL WERK NIE!

    Ek het baie idees van hoe om my huis te verander, ons wil onder die afdak waar die spa staan juis nou in Desember laat toe bou, my dammetjie wat ek en Johannes self gemaak het, gaan ek laat oordoen, die swarte kom dit vir my rock art vroeg in Jan.

    Ek is maar ‘n huishen en baie trots op my plekkie!!

  9. 9

    Roer said,

    Ek glo ook dis die enigste manier vir ons mense. As die ‘pigmentasie’ soos jy se^ dan nou nie meer goed genoeg is vir die werkersmark nie, moet ons begin kyk na ons talente en ons eie ding doen. Liefie en ek het dit ook bietjie meer as 7 jaar terug gedoen en ons werk nogsteeds, danksy die Here se genade, goed saam. Ons albei weet van lank na 12h00 gaan slaap ter wille van ‘n besigheid op die been kry, maar ‘n mens het meer as harde werk nodig alhoewel dit vanselfsprekend nodig is. ‘n Mens het ook BAIE genade van Bo nodig.

  10. 10

    mykopop said,

    My werkstorie is bietjie anders, ek klou vas aan my werk van amper 20 jaar, In ‘n normale samelewing sou ek nou minstens ‘n junior bestuurder gewees het, maar ek is nie. Ek kan ook nêrens anders aansoek doen vir werk vir naastenby dieselfde salaris nie. Ek het ook ‘n klousule wat my ‘n mediese bydrae van die werkgewer na (moontlik ook vroeë) aftrede belowe. Ongelukkig probeer baie mense ‘n besigheid met hulle pakket, dit werk nie, en hulle verloor alles. So wat maak mens onder my omstandighede? Jy klou maar vas. As mens daar kom waar jou man was, is dit ‘n ander storie, dan moet jy dit doen. Dis hoekom ek party dae wens hulle wil my fire dat ek ook nie die keuse hoef te maak nie. Maar “hulle” is baie slim – iemand moet die werk doen.

    Wat die huis aanbetref, dit klink ook bekend. Ek werk my vingers stompies om die plek te verbeter – net op ‘n kleiner skaal, ons het nie verdiepings nie. Ek het kort nadat ek begin blog het ‘n inskrywing gemaak: http://mykopop.wordpress.com/2007/06/20/huis-met-n-hartomleiding/

    Annielie ( http://annelieseversies.blogspot.com – lees haar lekker gedigte en die van haar broer Izak W) het die kommentaar gelewer: As ‘n huis wel ‘n hart het kan hy seker ‘n hartomleiding kry. Ek raai maar oor wat sy bedoel met die hart van ‘n huis, en beplan ‘n inskrywing met ‘n soortgelyke naam nou al vir omtrent 2 maande, maar ek kom nie ver genoeg met die werk om die regte foto’s te kan neem nie! Watch my, binne ‘n week of twee!

    Maar eintlik is my hart in die Noordkaap, nie hierdie Gangsters Paradise nie – ek wil net die plek so kry dat ek maksimum kontant uit hom kan kry.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: