Irritasie

Ek is ‘n baie maklike mens. Baie geduldig, ek luister goed na wat mense vir my sê, baie empatie en simpatie om uit te deel. Ek vererg my nie maklik nie, my humorsin is baie skerp, (ek sien rerig snaaks in elke situasie, so erg dat Liefie hom party keer lelik vervies vir my wanneer ek in die middel van ‘n argument skielik uitbars van die lag, omdat ek so half van bo af kyk na ons en kan sien hoe stupid die hele ding is) ek probeer altyd vrede maak en enige situasie probeer ek baie diplomaties hanteer.

Maar daar is EEN ding wat my hele dag kan omkrap:

M O E T   M Y   N I E   W A K K E R   R A A S   N I E

Ek werk nie Saterdae nie. In die week is my opleidings ure van 8vm tot 7nm. Ek vat net ‘n breek tussen 1 & 2. Ek staan elke oggend so net na 6 op. Onthou, ek hoef nie te ry na my werk toe nie! Maar ek LIEF slaap! Vreeslik! Dus is Saterdae en Sondae my dae van “laat” slaap.

In die week is dit glad nie vir my ‘n probleem om op te staan nie. As daai wekkertjie sê “piep” is ek op. No problem. Maar dan kom Saterdag. En flippen 20 oor 6 in die oggend begin die girl wat hier in ons klein woonstelletjie bly, musiek speel. Hard. Nou, kry die prentjie – ons slaapkamer is bo (dubbel verdieping) en sy is tussen ons en die garages… dit alles styg op na ons kamer toe!

Dan is my moermeter tot in die rooi gerev. En ek is bef@k vir die hele dag. Liefie gee my net een kyk, en bly eerder uit my pad uit. Die arme worse ook. Rerig, kan mense nie net die rondom hulle ook in ag neem nie? Flip, ek het my beurt gehad met vroeg opstaan toe Seun klein was, hulle kan mos nie laatslaap nie en ek was so vrekbang hy jaag somewhere strooi aan as ek aanhou slaap nadat hy wakker is. Maar dis nou verby! Dis my BEURT om laat te kan slaap oor ‘n naweek!

En dis nie asof ek nog nie mooi vir haar gevra het om dit sag te hou nie. Kyk, dis aangename mense. En sy speel nie aaklikge musiek nie. Maar Sondag oggend, nog voor 7, toe maak sy my WEER wakker met die harde musiek. Ek het nie gedink dit is snaaks nie. Hoe kan ek haar beter laat verstaan dat sy net so bietjie stiller moet wees tot ten minste 9 uur? As dit my so pla, is ek amper seker die res van die bure waardeer ook nie haar harde musiek so vroeg nie! Of is ek nou net selfsugtig?

homer-sleep1.gif

Advertisements

20 Responses so far »

  1. 1

    neykie said,

    Dis nie selfsugtig nie, dis eendingetjie wat my dag opneuk…… as iemand my even wakker maak. my hel dis my slaap tyd, net omlat hulle nie kan slaap wil hul he jy moet saam hulle wakker bly….

    Genade my

    Lekker dag vir jou verder

  2. 2

    unobastardo said,

    Ek het vir jou raad. Ek het ‘n vriend wat in die stad bly. Sy bure was net so onbedagsaam. Toe leen hy een van sy dogter se vriende se doef-doef-raas musiek CD’s en een Sondagnag, 2 uur die oggend, toe sit hy daardie musiek “full blast” aan.

    Ek vermoed sy bure is nou tjoepstil!

  3. 3

    boendoe said,

    Ja, daar is niks so irriterend as om uit ‘n lekker slapie geskok te word nie! Ek is gewoonlik dan soos ‘n brullende leeu vir die res van die dag. Wat kan jy doen? Oorpluisies? Of haar dalk, minder mooi, VERTEL dat dit moet ophou? Ek weet nie, my ervaring is dat geraasmakers maar altyd geraasmakers bly!

  4. 4

    Adelem said,

    Ek verstaan jou probleem. Ons het so paar jaar terug langs ‘n pikezool in ‘n meenthuis-kompleks gebly en die maat het ook gelike van Sondae-oggende sy pikezool-musiek speel.
    Tot eendag … ek het soos ‘n mal mens uit my huis uit gehol, hare deurmekaar geslaap, dik oe – die hele werke. Ek dink die ou is nou nog geknak na daai episode, maar ten minste het hy die boodskap gekry. Gelukkig vir my was ek die voorsitter van die trusteeraad en ek het geweet hy het vir ‘n paar maande nie sy levy en krag betaal nie, so toe dreig ek om sy krag af te sit tot hy sy volle rekening vereffen het. Nie weer ‘n piep gehoor nie! So, dalk moet jy volgende keer maar ‘n ESKOM op jou trek en ‘n biedjie ‘load shedding’ toepas…. hehe!

  5. 5

    Eben said,

    Ag vader wat vertelle jy onse nou.

    Ons het daardie jaar in die huis gewoon wat ons gehuur het. Agter die huis was die woonstel wat ook uit verhuur is, en die ingang was naby onse kamer deur wat kon oop. Een aand is dit ook sulke tyd van gejol ens, sommer in die week ook.

    Ek lê nog so en tel skape in my slaap, en word wakker van Marilee wat deur oop maak … roep die mannetjie beleef nader “…. kom net nader laat ek jou iets vertel. Hou op om selfsugtig te wees en net aan jouself te dink. Hier is mense wat slaap en laat slaap. Ons pla jou nie, en ons verwag dieselfde respek aan ons. Asb(!!) ….. moenie vir ons almal moeilik maak nie!”

    Glo my nooit weer was daar gejaag weg, musiek hard, motor wat ref ….

    Ek glo jy moet beleef vir haar vra, of skrywe ‘n briefie, en vra kalm dat sy julle ook moet respekteer. Jy sê nie sit af nie, jy sê net los toe almal wakker is, en mens rus ook Sondae middae, almal werk hard deur die week. Ek glo sy sal verstaan ….

  6. 6

    ekke said,

    Moenie nog wonder/worry, wat jy moet doen nie!!

    Vertel haar in geen onduidelik wooorde nie:

    Saterdag & sondagoggende, [gee tyd] maak jy nie hier ‘n geraas/musiek nie, punt!

    As jy nie gaan praat nie, gaan sy nie weet nie!
    Mense is so kortsigtig, dink nie aan ander nie!!

  7. 7

    sonstudio said,

    Jy’s glad nie selfsugtig nie!! Gaan vra maar weer mooi.
    As sy nou regtig haar gat aan jou afsmeer, moet jy dalk maar jou sagte stem dik maak!!

  8. 8

    feetjieland said,

    Dis nie selfsugtig nie, mens neem mekaar mos in ag. Gaan praat met haar, ek het dit met ons vorige bure gedoen, ek kan dit nog hanteer as jy my uit die slaap hou, maar as dit my kinders raak is ek soos ‘n tierwyfie.

  9. 9

    Xanika said,

    Sy is die een wat selfsugtig is, nie jy nie. Ons ouderling se vrou het die nare gewoonte om Saterdae 06:00 ‘n SMS te stuur om jou te herinner van Sondagmiddag se wyksbyeenkoms en nadat sy dit die tweede keer gedoen het, het ek my behoorlik gestrip en haar daardie aand 23:00 ‘n SMS gestuur en vertel wat ek daarvan dink. Dit na aanleiding van ‘n ou wat vertel het van een van sy kliënte wat hom so vroeg in die oggend pla en hy hom toe maar laat in die aand gebel het. Kla die oom toe dat hy hom so laat pla as hy al in die bed is. Waarop die ou toe net antwoord dat hy laat gaan slaap en dus nie so vroeg opstaan nie. Hy sê die oom het hom nog nooit weer so vroeg in die oggend gepla nie!

  10. 10

    boendoe said,

    Dellie, ek het weer gaan dink. So ruk terug kom ons buurman hier ingery, een aand baaaie laat. Speel ‘n erg volksvreemde song in sy kar, kliphard, en reg voor ons balkon. Ek vervies my toe so, is uit die bed uit, op die balkon. Toe die “musiek” uiteindelik afgesit is, vra ek hom (so blind soos ‘n mol, want my kontaklense is uit) in ‘n baie ernstige stem of dit nou mooi is. Gelukkig is daar ‘n boom voor die balkon! Die arme man was so verward, weet nie WAAR kom die stem vandaan nie! Hy vra my toe wie ek is. Ek se vir hom, doodernstig: “Dis Liewe Jesus hier. Jy moet ophou lawaai.” Die arme man! Ek kon sommer hoor hoe hap hy na bubbles! Vra my toe waar ek is. “Innie boom”, se ek vir hom, en hol in die huis in. My alie behoorlik geskeur daai aand! Maar…hy het nog nie weer lawaai nie!

  11. 11

    Dellie said,

    Boendoe! 😆 Dis histeries snaaks! Die arme man was ook seker nie meer lekker vars op daardie stadium nie. Dankie hoor, ek het nou heerlik gelag!

  12. 12

    Johan Swarts said,

    veg terug. laat die worshonde in haar flat los terwyl sy slaap 😉

  13. 13

    Pienk Zuit said,

    Pikezool?! Wat’s dit?

  14. 14

    ekke said,

    Dellie n.a.v die disprin navraag op Steve se blog die volgende:

    Disprin gaan gladnie meer vervaardig/gemaak, word of whatever nie…!?

    Disprin is te WIT!!

  15. 15

    Roer said,

    Jou huis/woonstelblok. Jou reEls. Miskien tyd vir ‘n skriftelike waarskuwing.

  16. 16

    Adelem said,

    More more,
    Jong, vir julle almal wat wonder – ‘n pikezool is ‘n ‘noemnaampie’ vir ‘n swarte …

  17. 17

    sonkind said,

    boendoe, ek het gisteraand al jou comment gelees, maar terstond so aan die lag gegaan dat ek nie gebore in staat was om enigsins kommentaar te los nie. Ek het my suster later gebel om te vertel, maar weer so aan die lag gegaan dat sy niks kon uitmaak wat ek se nie en haar vererg het vir my.

    En vandag weer by die werk. Ek gee jou absoluut 12 uit 10 vir daardie een. Die arme arme man!

  18. 18

    platterfuss said,

    Dellie… jy weet, op my ‘age’ het ek ‘much needed beauty sleep’ nodig, en as jy my nou terstond seriously afgepp wil hê… raas my donnerwil wakker! Moermeter se moer…. ek verander skoon van bloedgroep van befroktgeite!!! Hey, my slaap is MY SLAAP!!! Ek’s so ‘fanaties’ oor dit… ek sal aspris laat gaan slaap net om te kan laat slaap! 😛

    En ek het hoeka horende doof en sienende blinde bure…. eendag is eendag dan gaan ek ook van erens hoogs af op hulle neerdaal!

    Boendoe… en nou’s ek wakker gesmile! EISH! HEHE!!!

    Lekker slaap julle…. 🙂

  19. 19

    Jo-Ann Schou said,

    Ek is geseënd om tussen ‘n klomp ou mense te woon; lekker stil. Maar Sondae net na sewe laai iemand ‘n klomp Rapporte af en smouse loop en skreeu Rapport, Rapport, Rapport en so 10 minute later begin dit met Rapport, die laaste Rapport. Ek dink ek bly naby die begin punt en almal loop verby my voor hulle versprei.

  20. 20

    Saar said,

    Jikkel Dellie maar jy’t ‘n lekker blog! My laatslaap is my groot bederf! Ek staan half 5 elke oggend op, ry 6vm werk toe. Saterdag, hoor my lied, 6vm staart my buurman sy grassnyer / onkruideter op en zoem tot binne-in my KOP! Seker om vroeg klaar te wees vir sy eerste bier?
    Ek raak ontslae van my tuindiens (wat gedurend die week – as almal by die werk is – kom raas) en koop vir my ‘n lekker two-stroke Victa grassnyer. Hom Vrydagaand 10nm op my stoep “getoets”, Saterdagoggend 10 oor 5 toe is dit sulke tyd. Ek rev hom in die rooi, die rookbolle so erg dat ek in my t-shirt moet asemhaal maar ek gaan voort- hoor en sien vergaan. Raai net – buurman sny nou wanneer EK HOM NIE KAN HOOR NIE!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: