Slaap…

…o wat ‘n wondersoete ding…

Of hoe gaan daai gedig?

Ek lief slaap. Ek moet ten minste agt ure daarvan kry ‘n nag, anders is ek useless en moet Liefie gaan BlouBul juice of iets dergliks koop om my aan die gang te kry. Net koffie doen g’n niks die trick nie.

Ek slaap maklik en vinnig. Wanneer ek vir Liefie nagsê, bedoel ek elke woord. Ek sit my kop op die kussing neer, en ek slaap. Binne minute, soms sekondes. Maar dit het nie vanself gekom nie.

Dis nogal ‘n trick wat ek aangeleer het so agt jaar terug toe ek my besigheid begin het. Nagte het omgegaan waarin ek nie kon slaap of rus nie, dis net rekenaarskerms en dialogue boxes en studente wat my vasvra die heeltyd in my onderbewussyn.

Toe besluit ek eendag, tot hiertoe en nie verder nie. Genade, ek is skoon moeg “gewerk” in die oggend, en dan kan ek nie die dag hanteer soos wat ek moet nie, ek kan nie helder dink nie, en ek kan nie die beste diens lewer wat ek kan nie. Ek wroeg heelnag met probleme en dinge waaraan ek actually niks kan DOEN in die middernagtelike ure nie. Daar is ‘n doel met donkerte, dis bedoel vir SLAAP en RUS.

Toe lees ek erens ‘n artikel, en begin dit toepas. Elke aand as ek in die bed klim, begin ek deur te visualiseer dat ek op ‘n strand loop, oppad na my happy plekkie. (Dit kan enige plek wees waar jy veilig en gemaklik voel.) En ek het hierdie stokkies, ‘n stokkie vir elke ding waaroor ek worry en elke probleem wat moet aandag kry, by naam. En soos wat ek loop op die strand, plant ek hierdie stokkies doelbewus een vir een in die sand. Die voorwaarde is dat jy al die stokkies moet plant voordat jy by jou happy plekkie kom. En daar bly hulle, ek kan in elk geval nie in die middernagtelike ure enigiets aan hulle verander nie. En glo my, niemand gaan jou stokkies kom steel nie, hulle het hulle eie probleme! Dus gaan ek nou rustig slaap, en more-oggend tel ek hulle weer op. Dan kan ek met nuwe en uitgeruste oge na hulle kyk, en hulle beter hanteer as wat ek sou as ek nie lekker geslaap het nie.

As dit nie werk nie, is daar ‘n ander ene: begin by jou tone, roep letterlik in jou gedagtes jou groottoon op, en laat hom ontspan. En so werk jy elke toon en elke spier deur, totdat jy by jou kop kom. Konsentreer ernstig daarop dan jy elke spier laat ontspan. En menig male het ek gevind dat alles nou al so ontspan het dat ek nie my lyf kan voel nie, maar my kakebeen is opmekaar geklem. En sodra ek doelbewus my kakebeen ontspan, en diep asemhaal, voel ek lig en ervaar ek geen spanning nie. Dit alles is natuurlik nog beter as jy strelende musiek op die agtergrond het.

Deur die jare het dit nou al baie makliker geword. My onderbewussyn weet nou seker al, o donner, sy wil nou slaap, bere weg die probleme! Want ek dink nie meer letterlik deur die hele senario nie, ek sê net nag, en dan slaap ek! Hehe! (Tensy Liefie natuurlik ander planne het waarop ek en my onderbewussyn nie gereken het nie!) Maar julle kry die idee.

Liefie kon nog nie hierdie trick aanleer nie. Ek weet van nagte waarin hy glad nie slaap nie.  Hy is soms heelnag bedrywig, maar ek hoor eers in die oggend daarvan. Dan voel ek skoon skuldig omdat ek so lekker geslaap het, en hy ‘n k@k nag gehad het. Wat is dit dan met party mense dat hulle nie kan afskakel nie? Wat dink jy gaan jy uitgerig kry in die donker ure? Hoe voel jy more oggend?

Hoe lekker slaap jy? En as jy sukkel, volg bietjie my raad en rapporteer terug? Dis lekker daar in never-never land!

sleep.jpg

Advertisements

17 Responses so far »

  1. 1

    mykopop said,

    In die jare toe ek nog studeer het (en op skool) het ek ook dikwels “eksamen geskryf” terwyl ek probeer slaap, met vrae in daardie vraestel oor goed wat niemand nog ooit van gehoor het nie!

    ‘n Maat van my het eenkeer so ‘n plaat oor selfhipnose gekoop by ‘n hipnotiseer wat daar opgetree het. Ek het ‘n keer of wat daarna geluister en kan dit ook nogal toepas.

  2. 2

    boendoe said,

    Dellie, ek het nou so gelag vir jou stokkie-storie!! Maar as dit werk, wie is ek om te lag daarvoor??! Ek het gelukkig nie probleme om te slaap nie. Ek is soms traag om in die bed te klim, want ek weet wat dit behels: tande borsel, gevreet was, kontaklense uithaal. Dit is vir my so helse effort om dit te loop doen, dat ek soms eers twee, drieuur in die bed kom! Maar, as ek in die bed klim, is ek weg voor. Sonder stokkies!

  3. 3

    rb said,

    Ek is ook nie vir my bed kwaad nie en slaap redelik maklik en vinnig. Behalwe as my dogtertjie nie lekker voel nie, dan kan ek nie slaap nie en kyk kort-kort of sy nog ok is.
    Ek het op ‘n stadium gesukkel om aan die slaap te raak en toe die raad gekry om van 99 terug te tel, maar op dit te konsentreer en elke nr voor jou te sien. Sodra jou gedagtes afdwaal of jy verkeerd tel, dan moet jy weer oorbegin.

  4. 4

    Eben said,

    Ek kan doen met min slaap, regtig. Dis net daardie Sondag middagslapie wat ek eenvoudig moet in werk.

    Na ek bietjie TV gekyk het, sal ek eers begin lees. En lê ek, dan maal alles weer deur my kop en probeer dink wat ek gelees het ens.

    Wat my vang is dat ek die skape(ies) tel uit die kraal, en dan bly ek tel, en dan die laaste tyd sien ek daar is van hulle wat verneuk en terug spring dan tel ek hulle dubbel, dan moet ek oor tel, teen daardie tyd is ek reeds weggggggggg …..

  5. 5

    skoorblok said,

    Nee jong, ek is te aandag afleidbaar. Ek sal begin konstentreer by groottoon, en opeindig waar ek dink aan die gangkas wat gesorteer moet word!!!

    Nee wat, ek kyk so ‘n bietjie BBC Food, en so gou soos nou is ek vas aan die slaap. onder die Ingilse se gekook.

  6. 6

    SHARKS said,

    Ek sukkel om te slaap.

  7. 7

    Jaco said,

    My konsentrasie vermoëens laat my nie toe om die truuks te probeer nie. Teen die tyd wat ek by my derde toon kom is my gedagtes lankal op ‘n ander plek.

    Maar ek het darem geleer om met 2 ure slaap oor die weg te kom

  8. 8

    Eben said,

    Sharks ek sou ook nie aan die slaap gekom het as ek vir die Sharks geskree het nie !! Probeer die Bulle, ons slaap gewoontlik vinnig … of hoe Dellie?

  9. 9

    vygie said,

    Ek moes lag vir die BBC Food oplossing. Is hulle kos so vervelig?

  10. 10

    neykie said,

    ek is ok saam jou sharks sukkel my gat af om aand die slaap te raak en niks help nie

  11. 11

    Marina said,

    Ek het ook al die ontspan tegniek gebruik en dit het al gewerk. Deesdae sukkel ek ook om te relax. Ek kry nie my brein om af te sluit nie. En dan staan ek moeilik in die oggend op, want ek kan ook nie funksioneer as ek nie my 8 ure van slaap in het nie. In die Winter drink ek warm melk met kaneel en heuning en so klein bietjie cayene peper. Dit maak die magie lekker warm en jy ontspan nogal lekker.

  12. 12

    Dellie said,

    Hehe, Vygie, ek sit ook hier en giggel oor daai arme kosprogram…maar ek kan aan ‘n paar TV reekse dink wat my ook aan die slaap sal kry!

    Ebie, ek sal dit nou maar saam met jou waag op die dun eish: Neykie, is jy ook ‘n Sharks ondersteuner…? 😆 (Dellie koes…) Miskien moet julle van span verander! 😆

  13. 13

    Ek het strande vol stokkies en menige ontspanne tone, maar slaap, slaap ek nie! Ek is ‘n gebore insomniak.

  14. 14

    Ek sukkel nie om te slaap nie. Ek sukkel om wakker te word.

  15. 15

    sonkind said,

    Ek slaap ook meeste nagte net 4 ure. Ek ly aan 3:15 slaaploosheid. Dis soos ‘n scary movie – as die rooi syfers vab die digitale wekker 3:15 oorklik, vlieg my oë oop. In die begin het ek nog gewag vir die psycho met die sker of die mes, nou lê ek maar net wakker en probeer nie eers meer slaap nie. En dan, somewhere, op ‘n dag, dan slaap ek sommer ‘n dag en ‘n nag aanmekaar. Ek dink my brein se tripswitch skop dan af.

    Daarna is dit maar weer die 3:15 trein. Niks van daai slaaptegnieke werk vir my nie.

  16. 16

    skoorblok said,

    Nee, BBC Food is FABULOUS, dis net sommige van die aanbieders se manier van probeer oogkontak maak, interessant klink, en eiers klits, wat my so verveeld laat, ek slaap eerder…

    Nie almal is ‘n Nigella nie!

  17. 17

    mykopop said,

    Sonkind, ons het ook so ‘n ou rooisyferwekker, hy’s seker al 20 jaar oud. Kort na ons hom gekry het, het sy knoppies gebreek en ek het hom self reggemaak. Nou kry ons hom nie klaar nie, hy hou en hou. Ek hou altyd ‘n sakdoek langs die bed en gooi hom oor die wekker se gesig. Een geheim is om as dit nog regtig donker is nie te kyk hoe laat dit is nie. Moenie jou kop optel of enigiets nie. Sê net vir jouself – ek slaap nog. Dit werk partykeer.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: