Tag Speletjie

Hier’s ‘n lekker speletjie. As jy “getag” word, moet jy 8 interessante (?) dinge oor jouself vertel wat nie baie mense weet nie. Soort van, ons leer mekaar ken. Dankie Boendoe!

  1. Ek het lang hare gehad vir die grootste deel van my volwasse lewe. Met lank bedoel ek tot op my boude. Tot so 2 jaar terug, toe kon ek dit nie meer uithou nie. Te dik en te swaar. (Ek EN die hare! hehe)

  2. My regtervoet is ‘n hele nommer kleiner as my linkervoet. Sandale koop is ‘n nagmerrie, en met hofskoene moet ek altyd ‘n heelguard of twee in die skoen plant sodat dit nie van my voet afval nie. So tien jaar terug kon ek, of Liefie, dit nog regkry om die skoene so te ruil dat elke voet pas… ja, ek weet dit was nie mooi nie, maar f@k, try jy nou loop met skoene wat either te groot of te klein is vir jou voete! Maar deesdae kan ek nie meer nie, hulle check alles…

  3. My kind was twee weke oud toe kry ek waterpokkies, en moes dadelik ophou borsvoed. Dis een ding waaroor ek vreeslik spyt is, want ek het dit so geniet om te borsvoed.

  4. Toe ek klein was, wou ek ‘n sangeres word. Ek het vir die voëltjies en hoenders in Ouma se tuin konsert gehou, op die asblik langs die kleinhuisie. Elke dag.

  5. My bestuurslisensie het verval, en ek het nie die moeite gedoen om dit te hernu nie. Ek werk mos waar ek bly, en het manne wat my kan rondry vir inkopies!

  6. Ek was ‘n ongeluksvoël tussen 6 en 8 jaar. Eers het ek harsingskudding opgedoen nadat ek soos ‘n bergbok ‘n klimraam aangepak het. Die jaar daarna het ek my neus gebreek toe ek van een beton blompot na ‘n ander wou spring. Ek het erg gelyk, en die kleure het gewissel van blou-pers tot geel-groen. Eish.

  7. Ek en Liefie het in ‘n woonstel ingetrek net nadat ons verloof geraak het. Sonder sy ouers se medewete. Skoonpa is ‘n Pastoor. Sulke dinge word nie goedgekeur nie. Een oggend sit ek (net in my kamerjas) en Liefie in die sit/eetkamer, toe daar ‘n klop aan die deur is… Skoonouers! Ek vlug in die badkamer in, maar dis die verkeerdste move, want daar is nie klere in die badkamer nie. En ek moet deur die sit/eetkamer om by die kamer te kom. Waar my klere is… erg embarrassing…

  8. Ek kan onthou hoe my pa eenkeer my sussies en boeties met ‘n klereborsel al om die huis gejaag het. Ek weet tot vandag toe nog nie hoekom nie, maar ek sien hulle koppies so by die kombuisvenster verby kom, eers die boeties, dan die sussies – met Pa agterna.

Nou ja, dit was nogal lekker! Ek “tag” dan nou hiermee die volgende blogs: Boer in Ballingskap, Sonkind van die Kaap, Skoorblok, Platterfuss, Bastardo en Wosonki. You’re on!

Advertisements

17 Responses so far »

  1. 1

    Jy sal ons meer MOET vertel van nommer 7. Wat se^ julle toe?! Dankie Dellie. Baie insiggewend… 😉 (veral nr 4! ons soek ‘n liedjie op die blog gesing deur die uwe).

  2. 2

    Dellie said,

    Hehe, Roer, nee ek het na so 10 minute in die badkamer besef ek kan nie heeldag daar sit nie. Maak toe maar my hare nat sodat dit lyk of ek gebad het. Die oumense het nie ‘n woord gesê nie. Later het Skoonpa net vir Liefie gevra of hy seker is hy doen die regte ding… wel, dis 20 jaar later, en ons is baie lief vir mekaar! 😆

    Wat nommer 4 betref – daar is ‘n groot verskil tussen wil en kan… ek het mos van die verhoog afgeval in die laerskool en my stem gebreek… 😆 ek kan nie sing nie!

  3. 3

    platterfuss said,

    ROFL @ Dellie… eish!

    En ek SKULD jou…. is JOU skuld dat ek vandag tyd STEEL! LOLOL!!!

    (((Dellie)))

  4. 4

    Skoor said,

    Lekker plan, so op die donnirdagse Dinsdag…gaan loer gerus!

  5. 5

    […] persone.  As jy nie weet wat hierdie speletjie behels nie, gaan lees gerus op Dellie se werf, https://delliesedinge.wordpress.com/2007/11/26/tag-speletjie/ Sy het dit mooi […]

  6. 6

    boendoe said,

    Dellie, ek is bly ek is nie die enigste een sonder ‘n lisensie op hierdie stadium nie! (maar ek ry nog rond, terwyl jy baie verantwoordelik die manne die rywerk laat doen…)

  7. 7

    Jaco said,

    As jou straf vir die feit dat jy my getag het, gaan ek myself eendag anoniem kom inskryf op een van jou kursusse. En ek gaan rerig probeer om onopleibaar te wees! LOL

  8. 8

    Dellie said,

    Hehe Jaco, jy sal ongelukkig jou ID moet flash as jy wil inskryf…

  9. 9

    sonstudio said,

    Hehe! vir no 7. Daai 10 min het seker soos 10 ure gevoel…

  10. 10

    […] « Die lyk in die stoel Gemerk! November 27, 2007 Agt dinge oor myself, soos wat Dellie vra. Strange enough is my numerologiese nommer ook ‘n 8. Well, here […]

  11. 11

    anne said,

    nommer 7 klink exciting,ek het vader xmas vertel,toe remind hy my van die tyd toe my ma en pa my vang op die kombuis tafel met vader xmas en die elfs,ons het hulle gaan kuier vir easter!ons het gedink hulle was vas aan die slaap,almal die elfs was in bunny outfits,ek het een van die elfs gevra om soute te hou,maar toe kry hy so lekker van ons aankyk toe spring hy in,ma en pa kom in kaalgat,want hulle wou strond aan jaag!dis die laaste keer toe ek my ouers sien.

  12. 12

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Ek sal in jou klas kan sit sonder jy weet wie ek is, hehehehe. Die tag gedoente is interresant. Ek gaan so bietjie daar by my werk aan die idee…

    Groetetjies
    Sonneblom

  13. 13

    […] oor die Bastard. November 27, 2007 Posted by unobastardo in Trivia. trackback As gevolg van Dellie se tag, moet ek nou hier 8 dinge oor myself vertel. Dit gaan maar donder, want meer dae het ek nie eers […]

  14. 14

    Marina said,

    LOL@ no 8!!
    Ek het ook Waterpokkies saam met my kiddies gekry!
    Wanneer nooi jy ons vir konsert ek dink dis nou tyd vir ‘n Blog-audience!

  15. 15

    mykopop said,

    Nee, ons gaan nie sommer glo jy kan nou skielik nie meer sing nie!
    We want Dellie, we want Dellie!!!!

  16. 16

    Roer said,

    Sal onthou volgende keer as ek gaan ski… 🙂

  17. 17

    Gemerk! said,

    […] dinge oor myself, soos wat Dellie vra. Strange enough is my numerologiese nommer ook ‘n 8. Well, here […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: