50 Goue Jare

Dit is op 21 Desember 2007 my skoonouers se 50ste huweliksherdenking. Dit is ‘n leeftyd wat twee mense saam met mekaar geleef, gehuil, gelag en gegroei het. Ek en Liefie het verloof geraak op 19 Desember 1987, en hulle het hulle 30ste huweliksherdenking saam met ons verlowing gevier. Dis 20 jaar terug. Ek kan nie glo hoe vinnig die tyd verby gegaan het nie. Wat sê mens vir hulle op so ‘n asemrowende okkasie?

Liefie se suster en broer wat naby hulle woon, het vir hulle ‘n saal, spyseniering en alles gereël vir ‘n lekker partytjie op die 22ste. Al die kinders dra dan by om die koste van die hele gedoente te dek.  Skaap spitbraai, slaaie, sappies, poeding, blomme, die works. Selfs Liefie se Ouboet en gesin, wat nou in NZ bly, sal daar wees. Hou in gedagte dat Skoonpa ‘n Pastoor is… en dat die grootste deel van die familie ernstige kerkmense is. Ons is nie rerig nie. (!)

Die probleem: Liefie moet ‘n toespraak maak!

Het julle enige idees? Waar begin ‘n mens? Moet jy net konsentreer op die onmiddelike familie, of moet mens wyd gaan? Lê jy hulle hele stamboom uit, van kinders tot kleinkinders? Tel jy dié by wat intussen oorlede is? En noem jy die wat geskei is? Hoe lank moet die toespraak duur? Mens wil nou ook nie die mense verveel nie, hoeveel grappies moet daar wees? Onthou die meeste mense is baie “proper”. En oud. Die meeste van hulle. Hulle is oud.

So, ♫ help ‘n bietjie, help ‘n bietjie, help ‘n bietjie hier! O, help ‘n bietjie hier, o, help ‘n bietjie hier! ♫ Asseblief?

Advertisements

15 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    O wee, Dellie! Ek dink aan liefie, maar ek het nie raad nie! Sou mens nie eerder op die twee goue oues konsentreer nie? Sterkte!

  2. 2

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Ek ken nie van toesprake nie, maar miskien kan julle vir hulle daai liedjie van Jurie Els laat speel, ‘hoe sê mens dankie’? En soos Boendoe sê hou dit dalk by die goue oues. Dis immers hulle dag. En sterkte met al die ‘ou’ mense.
    Groetetjies
    Sonneblom

  3. 3

    Suz said,

    Dellie

    Dit is wonderlike voorreg om so lank vir mekaar gespaar te wees. As my Pa nog geleef het sou hy en my Ma Des 47jaar getroud gewees het.

    Ek stem saam boendoe en sonneblom, konsentreer op jou skoonouers en jy wat so goed met rekenaars is, kan dalk ‘n slideshow maak van die afgelope 50 jaar wat hulle saam is, en dit vir die gaste wys.

    Sterkte met die reelings en die toespraak wat jou liefie moet maak.

  4. 4

    Marina said,

    Dellie ek dink ook ‘n mooi Powerpoint programmetjie met mooi fotos mooi musiek,en van hulle gunsteling uitdrukkings en fotos van hoogtepunte in hulle lewe. Onthou “A Picture paints a thousand words!”

  5. 6

    die brein said,

    Dellie,

    Jong toe ek nog op die PAD was en dis nog so onlangs soos 2003 was ek nog jeugleier van ons kerk PPK.Met sulke dinge het ek toesprake kort gehou , met lekker kwinkslae mens wil moes nie `n stywe storie he nie.Vertel staaltjies uit vanmelewe se dae en gee erkenning dat hulle so veel kinders en kleinkinders het,dalk agterkleinkinders.

    Jurie se song kan great wees en `n slide show ook, maar `n slide show kan `n ding langdradig maak en almal wil nie heeltyd na jul fotos op `n presentation kyk nie.

    Koop `n album met fotos sit beskrywings by en laat dit op `n tafel sodat almal dit op hul tyd kan sien.Onthou julle vrouens en die braaiers gaan besig wees en hulle sal ook die fotos wil sien so ek dink `n album sal doen.

    Sterkte

  6. 7

    Suz said,

    Brein

    Jou redenasie maak sin, ek het nooit daaraan gedink nie. Miskien kan julle dalk sommer ‘n boek ook omstuur en dan kan almal vir hulle ‘n boodskap daarin skryf.

  7. 8

    sonstudio said,

    Ek weet ook nie baie van die tipe toesprake af nie, maar stem saam met almal hier. En Brein se idee van ‘staaltjies uit vanmelewe se dae” gaan dalk beter afgaan as grappies…
    Sterkte!

  8. 9

    SHARKS said,

    My skoonouers was laasjaar Junie 50 jaar getroud, ons het vir hulle plek bepsreek by ‘n AVENTURA oord, waar hulle bederf is, ‘n helse groot ruiker vir hulle afgelewer is. Ons het so dag daarna opgedaag om die twee verder te bederf, ‘n boek met ‘n mooi boodskap in, asook ‘n hout bordjie met 50 op was hulle geskenk!!

    Dit is ‘n leeftyd saam!!

    Sterkte vir julle.

  9. 10

    anne said,

    hoekom nooi u nie vir my en vader xmas en die elfs na die party toe,ek sal my kombuis tafel saam bring?ok ok jokes aside,nooi vir my en vader xmas,ok ok,nooi vir my en die elfs,of vir my en daai boring bliksem man van my,hy hou van praat.NOT!ek en vader xmas glo nooit in preparing a speech,talk from the heart.vader xmas het a speech gegee op my ouers se 120st anniversary,he spoke from the kitchen tafel.

  10. 11

    BB said,

    Dellie, jy kan ‘n backtrack koop van die spesifieke song ook en op ‘n cd speler speel – dan klink dit nie te erg as die een of ander nie heeltemal kan noot hou nie – dit help báie!!! Hier is ‘n shop in Hatfield wie se backtracks om en by R100 kos (nie seker nie) en ek weet van nog een naby Menlyn – het net nog nooit by hulle iets gaan kry nie. Laat weet gerus as ek vir jou moet uitvind.
    As jy wil help ek ook graag met ‘n gediggie of wat as toespraak of vir voordra of as kaartjie – kyk maar op my site vir voorbeelde wat ek al gedoen het en epos my dan vir meer info.

  11. 12

    boendoe said,

    Jy het oulike bloggers! Kyk net die inisiatief! Ek moet se, EK hou nogal van die powerpoint show idee…

  12. 13

    Dellie said,

    Vreeslik dankie vir al julle raad. Ek het vanaand met skoonsus gepraat, en my joppie is nou om ‘n mooi scrapbook vir hulle te maak. Al die kinders sal vir my foto’s stuur van hulle kleintyd, en foto’s van hulle troues, en kinders en, en, en dan gaan ek ‘n mooi boekie maak waarin almal wat op die funksie is, ‘n boodskappie kan skryf. Dis mos iets wat hulle vir altyd kan koester. Die PP slideshow is ‘n goeie idee, ons sal die hele funksie so vir hulle verewig.

    Skoonsus se dogter en haar man sing kareoke en speel DJ op funksies, en hulle sal kyk of hulle die backtracks EN woorde vir “Hoe sê mens dankie” in die hande kan kry, dan moet ons almal dit SING! 😯 Flip, gelukkig is daar ‘n paar wat kan noot hou! 😳

  13. 14

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Net ‘n idee – Met my ouma se 60ste verjaarsdag het al die kinders saamgespan en nuwe note by die bank gaan haal (daai tyd was dit nog die ou R1 noot – was lank terug hehe) en my ma het vir haar ‘n ruiker laat maak met die 60 note. Dit was pragtig. Die note was gedraai dat dit lyk soos tulpe.

    Groete
    Sonneblom

  14. 15

    jeanine said,

    Wil net deel my ouers is vandag 50 jaar getroud


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: