Skaam

Ek voel skaam vandag oor my kleingelowigheid.

Gister was nie ‘n lekker Maandag nie. Ek het depressief opgestaan. (wat nogal nie my algemene neiging is nie, so dit voel 10 keer erger as wat dit seker is. Ek is nogal geneig om effens te oor-reageer.) Ek was baie bekommerd oor hoe ek al die uitgawes van die komende twee maande gaan dek, jy weet, al die normale goed PLUS Kersfees. Desember is nie baie besig by my nie, die energievlakke is al laag en mense het nie meer krag vir leer nie. Ons sluit die 14de. Nuwe studente begin eers rerig weer aan die einde van Januarie, nadat almal rustig geraak het en die uitgawes van “terug skool” toe gedek is. Dus moet ek baie mooi werk gedurende die jaar om hierdie tydperk te oorleef. Dis nou al nadeel van werk vir jouself, geen baas om ‘n 13de tjekkie in jou hand te stop om mee te gaan vakansie hou nie!

Om eerlik te wees, is Kersfees en al die “glitter” wat daarmee gepaard gaan, glad nie meer vir my belangrik nie. Toe Seun nog klein was, was die hele huis opgemaak, liggies oral, die kersboom was opgeslaan. Ons het self sterre gemaak uit ou papbokse wat ons geknip, gespray en geglitter het. Kerse en lampies oral. Maar nou is hy groot, en ek sukkel so effens om die “Kersfees-feeling” te kry.

Gister-oggend sit ek toe so half en half op moedverloor se vlaktes rond. Voel jammer vir myself, kwaad vir myself, omdat ek nie beter voorsiening gemaak het nie. Ek het probeer, ek belowe, maar soms gebeur daar dinge wat heel onbeplan was en ‘n lekker gat in jou sak ruk. Dit was ook nie my beste jaar nie…

Daar is nog ‘n paar rand wat moet inkom van studente wat nog besig is, en wie ek basies moes dreig om hulle geld in te kry, maar dit gaan net genoeg wees om alles net-net te dek. Geen ekstra’s vir onvoorsiene uitgawes nie. En terwyl ek die begroting probeer uitwerk, wat ek doelbewus die hele naweek soos ‘n stopstraat geïgnoreer het, stuur ek kort-kort so ‘n skietgebedjie op. Asseblief Here, gee my uitkoms, maak my iets raaksien wat ek mis, help my asseblief.

prayer.jpg

Teen 4uur gister middag het 3 nuwe studente kom inskryf, wat sommer op een slag vir die hele kursus betaal het wat hulle wil doen. Nog 2 begin later in die week, en een van my huidige studente wil gou nog ‘n kursussie inpas voor ons sluit…

Dankie Liewe Jesus, dat U ten spyte van my kleingelowigheid, elke keer my gebedjies verhoor. Dankie. Dankie dat ek ‘n man het wat my liefhet respekteer, wie my hanteer soos ‘n vrou, en wie se hande vir niks verkeerd staan nie. Dankie dat ek ‘n seun het wat gisteraand die lekkerste kerrie en rys gemaak het, omdat Ma en Pa nog aan die werk was tot na 7uur. Dankie vir die nuwe studente! En dankie vir my blogmaats, vir wie ek positief wil bly. Dankie.

En skielik weet ek waaroor Kersfees eintlik gaan… ek hoop jy weet ook!

 

18 Responses so far »

  1. 1

    SHARKS said,

    Dellie ek wonder ook maar oor geld – Jaco is nie aanvaar by Tukkies nie, en die kind is nou so negatief, ek soek nou maar werk vir hom, Sasol kan hom nie help nie, hy het Wet gelos in die eerste termyn vir Geskiedenis. Meer worries, minder slaap.

  2. 2

    Jaco said,

    Ons almal kry maar daardie dae. Ek self het laasweek so een gehad.
    Wat belangrik is is dat jy deal met whatever die issues is en aangaan met wat gedoen moet word. Uitkoms sal kom

  3. 3

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Ek is bly jou gebedjie is beantwoord. Dis lekker om te weet jy kan rustig gaan slaap in die aand. Die tyd van die jaar is vir my ‘n totale nagmerrie. Ek sal dit eerder skip en by Januarie begin.
    Lekker daggie
    Groetetjies
    Sonneblom

  4. 4

    neykie said,

    is almal nie maar een of ander tyd ongelowig nie? Ek is baie bly jou bekommernis is opgelos.

    Geniet jou dag

  5. 5

    mykopop said,

    Mooi geskryf. Ons salaristrekkers kry ook nie meer almal daardie 13de tjek nie. By ons het jy nou ‘n keuse om ‘n “salary saving” te doen die eerste 10 maande van die jaar. Dit beteken vir daardie 10 maande trek die werkgewer lekker rente op jou geldjies. Ek het dus gereël om dit om liewer ekstra in my verband in te betaal, en vat so self verantwoordelikheid. Maar soos jy sê, ons moenie te swaar aan die verantwoordelikheid dra nie.

  6. 6

    Xanika said,

    Betrap my ook gereeld dat ek so kleingelowig is en dan die aller wonderlikste antwoord of oplossing ontvang. My laaitie het gister vir die eerste keer heeltemal alleen die kersboom opgeslaan. En toe ek weer daar kom, sit daar drie van my lappoppe onder die boom – Josef, Maria en die baba Jesus. En toe baklei ek oor hy die poppe daar gesit het. Besef nou eers hoe wonderlik dit was dat hy dit gedoen het. Sal vanmiddag groot om verskoning moet gaan vra!

  7. 7

    Roer said,

    Dellie, mag jy en jou gesin ‘n wonderlike Kersfees he^, mag daar altyd genoeg werk, kos op julle borde en liefde in julle huis wees. ((Dellie))

  8. 8

    Suz said,

    Dit wys net weer vir mens dat God nie iets oor jou pad sal bring wat jy nie kan hanteer nie en Sy genade is baie groot.

    Sterkte en glo en vertrou net dat alles sal uitwerk

  9. 9

    unobastardo said,

    Dellie, hierdie inskrywing van jou het my nou sommer nederig dankbaar gemaak – vir alles. Ook vir die mooi en soms onverwagte in my eie lewe. Mag jou feestyd een hele fees wees!

  10. 10

    adelem said,

    God se genade is groot, en om dit opnuut raak te sien, moet ons maar biedjie nederig raak voor Hom. Ek is bly saam met jou! ((Dellie))

  11. 11

    rb said,

    Dankie vir die inskrywing Dellie. Ek het dit nou nodig gehad. Ons moet net aanhou glo en God sal die antwoorde en uitkoms gee!!!!
    Ek probeer nou al om te kyk na die begroting vir Januarie en hoe ek hierdie maand kan spaar. Deur die jaar probeer ek persente koop, dan is alles nie op een mand nodig nie. Hierdie jaar moet ek egter begin met die skooltoe aankope vir die Gr 0 volgende jaar. Gelukkig wil my dogtertjie sommer hê dat ek al haar benodigdhede moet toedraai en dit is sommer deel van haar kerspersente. Sal maar net so ietsie ekstra koop wat nou nie vir skool is nie.
    Ek gaan definitief die naweek sterre uit die bokse maak, dan kan sy lekker speel. Moes so 2 naweke terug koekies bak, kersbome en engeltjies wat versier is en skool toe is.

  12. 12

    Eben said,

    Weet jy wat is die beste van jou posting …. dat jy die Here dankie sê vir al sy genade wat hy so vrylik vir ons gee.

    Mens is geneig as dit goed gaan, om Hom te vergeet, maar Hy vergeet ons nooit. Ek glo en ek weet alles sal opplek val, en dit bring mens ook nader aan jou geliefdes.

    Lekker dag en pas julle self mooi op in Welkom.

  13. 13

    Marina said,

    Dellie, dis sulke dinge wat my so ontsettend klein en nederig voor Ons Vader laat voel….. en so voorsien hy aan elkeen van ons as ons dit die nodigste het! Hoekom is ons dan soms skugter om sommer net voor Hom te jubel en dans? HY VOORSIEN !!!
    Ek is soo bly en dankbaar saam met jou!

  14. 14

    Mollie said,

    Danki Dellie. Ek kry sommer nou skaam. Loop ook heeldag en bekommer terwyl ek net moet glo. Daar is baie mense wat baie minder het…Dankie

  15. 15

    annedelicious said,

    ek het die storie vir vader xmas gelees,hy het begin huil!aai toggie!wat kan ek se^,i admire u for your faith,wanneer ek depressed voel klim ek op my kombuis tafel.vader xmas huil nog altyd,ek is nie so excited oor xmas hierdie jaar nie,vader xmas gaan besig wees,die elfs gaan weg wees,ek het een van die elfs gevra om by my te bly,hy se^ hy sal maar on the condition dat ons heel festive season op die kombuis tafel speel,ek kon nie nee se^ nie.

  16. 16

    platterfuss said,

    ((((((((((HUGS)))))))))))

    Jy het maar net die gawe om my oge ook so af en toe ‘oop te ruk’!!!!!

  17. 17

    Anoniem said,

    Amazing, né!
    Dellie, ek is bly saam met jou!

  18. 18

    Zee said,

    Dellie,

    Die Here is goed vir sy kinders. Glo en Hy sal altyd voorsien. Ek weet partykeer twyfel ons maar Hy het nog altyd op Sy tyd voorsien!

    Lekker aand (Sjoe amper more) vir jou


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: