More skyn die son weer

Julle, dit was nag! Soos in pikgitswart NAG, seg ek julle.

Ek het glad nie goed geslaap Woensdag aand nie, was die hele nag alreeds besig met Pastel! Dus staan ek toe moeg op, en met ‘n lekker hoofpyn. Anyway, drink toe ‘n ou pilletjie, en teen half agt is ek reg, en ek check daai e-mail elke minuut of wat. Ek het mos gevra dat ek die eksamen wil begin teen 8 uur, so ek is redelik angstig. Het al die klasse vir die oggend gekanselleer, tot 11 uur.

Teen kwart voor nege is daar nog geen teken van my eksamen in my inbox nie. Toe begin ek panic. Die Assessment Manager wat veronderstel is om die eksamen vir my te e-mail, het my mooi laat verstaan dat ek net 3 ure het waarin ek dit moet voltooi! Se moer! G’n mens kan dit doen nie! Die girl by die hoofkantoor met die meeste ondervinding op Pastel, het 6 ure geneem om dit te voltooi!  Ek bel toe die Assessment Manager, en sy reken sy het dit al gestuur net na 8, maar neem toe my ander e-mail adres ook en sê sy sal dit weer stuur. Vyf minute later sit altwee toe in my inbox.

Toe eers die hele gedoente print voordat ek aan die gang kan kom. Teen daardie tyd hang my senuwees toe al aan een lang flenter, en ek spring weg met ‘n moerse spoed. Net om twee en ‘n half ure later, agter te kom ek het ‘n lekker bogger-op gemaak. En soos ‘n amateur nie ‘n onlangse backup gemaak nie! Ja, né! Ek preek vir almal daaroor, en dan doen EK dit nie!

Toe is my senuwees EERS klaar. Ek hiperventileer omtrent. Asof dit ‘n bestiering is, bel die girl van die hoofkantoor op daardie stadium om te hoor hoe dit gaan. Ek is amper in trane, vertel haar van die gemors wat ek aangevang het, en dat al genade is dat ek maar moet fail en dit weer doen. Sy begin lag, en sê ek moet ontspan, die res van die dag neem, en alles rustig doen. SY kon dit nie eers in die “toegelate” tyd doen nie, en die Assessment Manager sal my nie penaliseer as ek eers more die data files terugstuur nie. MY GOEIE F@K! Kon iemand dit nie vroeër vir my gesê het nie???

OK, om ‘n lang storie kort te maak, was dit nog nie die einde nie. My backup wil nie restore nie… Toe storm ek hier uit en vat ‘n lekker smokebreak, kanselleer al my klasse vir die res van die dag, en begin heel van voor af. Op my tyd.

Oor die algemeen was dit nie rerig moeilik nie, dit was net vreeslik baie werk. Klein goetertjies wat baie tyd neem. En op die ou end het ek darem oral gebalanseer, die trail balance is reg, en ek voel OK daaroor. Maar ek sal seker eers volgende jaar weet of ek deur is. Hoop maar vir die beste, anders doen ek dit net weer! Ek ken daai eerste deel nou al uit my kop uit!

Baie, baie dankie vir al julle ondersteuning, ek het dit vreeslik waardeer! Terwyl ek besig was, kon ek sien as die comments deur my e-mail inkom, en julle het my aan die gang gehou! Dis al afleiding wat ek myself toegelaat het!

Nou lê daar nog ene voor – maar die keer gaan ek weet om my tyd te vat van die begin af. En te ontspan!

17 Responses so far »

  1. 1

    ekke said,

    So bly vir jou onthalwe dit-is-verby!!

    Sjoe man, eksamen, bly maar net eksamen!!

  2. 2

    Adelem said,

    Bly jyt oorleef! X

  3. 3

    Eben said,

    Ja dis maar ‘n gemors as dit so begin en alle inligting word weerhoud soos tyd ens. Maak ook net seker by die girl van HO of die ander eksamen ook so tydsverbonde is. Net-nou is dit net omgedraai … gie gie dan is dit ‘n gemors.

    Maar ek hou duime was dat die uitslag ten gunste van jou sal wees.

  4. 4

    mykopop said,

    Ons hoop maar jy maak dit! Lyk my hoe ouer ons word, wil die senuwees nie meer so lekker sulke dinge hanteer nie. Ek moes vroeër die jaar ‘n kursus aanbied, wat ek al ‘n hele paar keer gedoen het. Ek het eenvoudig vir die opleidingsdepartement gesê, hierdie is die laaste keer.
    Sterkte vir die een wat nog voorlê.

  5. 5

    neykie said,

    ((((dellie))))

  6. 6

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie
    Ek is bly vir jou dis nou verby, nou kan jy die res van die jaar ontspan😉
    Groetetjies
    Sonneblom

  7. 7

    platterfuss said,

    En… FLYING COLOURS is mos hoe jy dinge doen???

    ((((HUGS))))

  8. 8

    Anoniem said,

    Klink vir soos my Rekeningkunde eind vraestel in Matriek. Het sommer later om tyd te spaar die boeke laat klop. Die begin van creative accounting. Sterkte met die volgende!

  9. 9

    Mollie said,

    Seker dit sal goed gaan. Gouer oor as wat jy dink!

  10. 10

    sonstudio said,

    Sjoe! Darem is dit nou verby! Om dinge in so flat spin te doen is NIE lekker nie…

  11. 11

    Marina said,

    Bly vir jou dat dit darem nou verby is.
    Rus nou eers bietjie…. en sterkte vir die volgende!

  12. 12

    boendoe said,

    Shame, sou my uitgefreak het. Maar ek is seker die uitslae sal goed wees. Rus nou bietjie, hoor!

  13. 13

    rb said,

    Dit is unfair dat hulle inligting van jou weerhou.
    Hoop jou smoke break het ietsie te drinke ook ingesluit?
    Ons wag nou in spanning vir die uitslae!!hehehe

  14. 14

    Nelba said,

    Sjoe, klink soos daai nagmerries wat mens soms kry. Bly vir jou dis verby.

  15. 15

    Kobus Coetzee said,

    Wanneer heropen julle i 2008? Het 2 admin klerke wat Pastel moet leer. En ek (gaan my waarskynlik die hele jaar vat!)

  16. 16

    Dellie said,

    Kobus, ek stuur vir jou e-pos Maandag met al die details. En moenie bekommer nie, ek het BAIE geduld!😆

  17. 17

    sonkind said,

    Agteros is ook nou darem in die kraal – jammer dat ek nou eers hier by jou uitkom. Die jare hardloop nou teen die spoed van witlig afdraende, sonder brieke. Ek is bly jou eksamen is verby, al was dit so “nerve racking”! En ek hou styf duime vas vir GOEIE punte. Ek het al klaar weer gaan inskryf vir my volgende jaar se modules, maar sal maar sien wanneer begin ek regtig leer!😉


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: