Hofsake

judge.jpg

Ek het die grootste gedeelte van my Maandag in die hof spandeer. Nou nie die lekkerste plek om te wees nie. Sonder om julle te verveel met al die details – iemand soek geld by my wat ek nie wil/gaan betaal nie. Dis nie te ernstig nie, maar hulle gaan niks uit my kry nie. Volgens my en my prokureur se mening, skuld ek hulle niks. Nou word die sakie net elke keer uitgestel. En uitgestel. En weer uitgestel.

Altesaam was ek seker 8 keer daar in die afgelope twee jaar. Die eerste keer het ons soos apies daar rondgesit en nie geweet wat om te verwag nie. Nou is ons al deel van die meubels, en ken die roetine deeglik! Hehe!

So het ons toe agtergekom na die tweede keer, dat daar daagliks ‘n hofrol opgesit word, waarvolgens die sake voorkom. (Ook nie altyd nie.) Ons word gedagvaar om reeds klokslag 8 uur in die oggend daar te wees. Dan gaan kyk ons wanneer dit ons beurt is op die hofrol, en gaan sit dan maar geduldig in die wagkamer en wag. En wag. Daar is sitplek vir ongeveer 30 mense. Teen 9 uur begin die onderskeie prokureurs een vir een indrentel. ‘n Halfuur later begin hulle die name van die mense wat hulle hanteer, uitroep, en word die sakie met elkeen bespreek.

Dan verdwyn hulle in die hofsaal. Elke nou en dan roep die Klerk van die Hof die volgende persoon wat voor die Landdros moet verskyn. Soms wil ons ons doodgiggel vir die uitsprake wat daar uitkom. Ek verkwalik niemand dat hulle nie eens hulle eie name herken nie!

As jy jou sit gekry het, moet jy BLY sit, anders vat iemand jou sitplek. Liefie het vandag vir ‘n minuut opgestaan om te gaan sekermaak wanneer dit ons beurt is, toe wil ‘n ander man langs my kom sit. Wat ruik of hy maande laas gebad het, moet ek bysê!

Teen kwart voor elf raak alles ewe skielik doodstil, want dan is dit “tea time”! In die begin het ons dit nie eers agtergekom nie, want niemand kom sê iets nie. Almal verdwyn net uit die hofsaal uit sonder om ‘n woord te sê. En daar sit ons soos kiepies en wag, selfs te bang om toilet toe te gaan, vir ingeval ons dalk geroep word. En dit terwyl ons ‘n lekker smokebreak kon geneem het. Maar onthou, ons is nou nie meer groentjies nie! Ons het slim geraak! Teen 20 voor elf gaan staan Liefie toe in die gang, en kan hy sien as die Landdros die hofsaal verlaat deur die ander deur  – ons gaan rook lekker, eet ‘n pie, drink ‘n coke, terwyl die res maar sit en wag, met g’n clue wat aangaan nie. Teen 10 oor 11 is alles weer aan die gang. Gelukkig was ons nog altyd klaar teen 12 uur, en genadiglik weet ons nie wanneer gebeur en vir hoe lank hou “lunch” aan nie!

En almal, maar almal het selfone. Van die ou in sy ontwerperspak, tot die tuintegnikus in ‘n geskeurde t-hemp met iets op wat al so uitgewas is, dat jy net 2004 daarop kan uitmaak. Die snaakste ding het vandag gebeur – een dame het actually haar selfoon gecharge (met komplimente van die hofgebou!) terwyl sy gewag het vir haar beurt! Hehe, ons paar pigment gestremdes se monde het eers oopgehang, en toe begin ons giggel! Volgende keer gaan ek dit ook doen!

Party mense lyk of hulle kom uitkamp. Bring die hele familie saam, van skreeuende babas tot kleuters met loopneuse, en Ouma en Oupa. En dan word daar geëet en gedrink, en gesels en musiek geluister op selfone. Ek sê juis vandag vir Liefie ons moet volgende keer ons kampstoele saambring, dit sal baie gemakliker wees as daardie harde bankies!

Die eerste paar kere wat ons besoek afgelê het, was daar ‘n paar kantoorstoele teen die een muur. Lekker gemaklike stoele. Ons het altyd daar gaan sit. Daar het jy darem so bietjie meer persoonlike spasie. En ek vat my koerant saam en sit daar soos ‘n queen en lees. Jy MOET iets vat om te lees, jy kan daai plakkaat oor die onderhoudstelsel net soveel keer deurlees…

Maar die afgelope twee kere was die stoele nie meer daar nie. Dan maar die harde bankies aandurf. Nou is daar een ding wat my grensloos irriteer – as dit net lyk of daar ‘n spasie van 3cm tussen jou en die ou langs jou is, sal iemand daar probeer indruk om te sit! Dis daai trippie wat ek my moer so strip, dat ek sommer teen die muur gaan STAAN en wag tot dit my beurt is! Ek hou nie daarvan as iemand wat ruik en lyk of hy weke laas gebad het, my persoonlike spasie binnedring nie.

Ag wel, die ou sakie is toe weer uitgestel tot Januarie 2008. Hopelik sal dit volgende jaar afgehandel word. Anders gaan ek regtig my kampstoel saamvat! En my selfoon charger! Hehe! OF vir julle laat weet om my te kom peanuts voer…

12 Responses so far »

  1. 1

    mykopop said,

    Lyk my as ek net hier op die blokke rondkuier kan ek later alles leer wat mens nodig het om ‘n roman te skryf!

  2. 2

    Dellie said,

    Jy weet dan Koppie! Is dit nie ongelooflik om in almal se “dinge” te deel nie? Dis so asof jy dit self ervaar, sonder die t-shirt!😆 Skryf daai roman, ons almal sal hom koop!

  3. 3

    Eben said,

    Dellie, dis ook geen wonder die howe kry nie klaar en sake snoer en snoer. Dis die verdomde ouens self wat hulle tyd neem. Ek glo en weet daar is mense in die regstelsel wat ook teen die dak kan uitklim omdat alles so stadig gaan, maar wat kan hulle doen … niks!!

    Gie gie charge selfoon op staatskostes … dit klink weer reg vir my!!

    Dit ‘pla’ my ook so bietjie as ek so sit en een donner wil regtig tussen my en iemand indruk. Jammer, maar dan raak ek ongeskik en help hom reg. ek het eerste gesit, en ek gaan nie ter wille van sy/haar laatkommery ongemaklik sit nie. Punt. Dit gebeur ook so met my as ek bv by die grensposte is, en dan stamp almal aan jou ens, bliksem, dan word ek ongeduldig en ‘sorg’ dat daar ‘n spasie is tussen my en hulle agter my is. Mens weet nooit hoekom stamp hulle so aan jou, net-nou is dinge uit jou sakke missing, en hulle maak so!!

  4. 4

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Ja ek ken daai hof gedingery. Het sopas gister ‘n brief gekry wat MY nogals vertel EK moet in die hof wees vir ONDERHOUD vir MY kinders. Ek is so moerig ek kan slange vang. My kinders het hulle (Biofart)Pa meer as 3 jaar laas gesien of mee gepraat. Wat moet ek daar loop soek. Hy is so ver agter met onderhoud hy sal al dood wees voor hy dit kan inhaal. Maak my so moeg.

    En daai stinkende massas wat teen jou MOET sit/skuur/druk!! En dan sal hulle nog hoes en nies ook hier teen jou. Ek vlug sommer land uit…….

    Lekker daggie vir jou
    Groetetjies
    Sonneblom

  5. 5

    platterfuss said,

    Hehe! Ek simpatiseer met jou Dellie…..

    Ek het ‘n goeie paar uur in hof deurgebring, komplimente my totally insane ex… toe hy die ‘beskermingsbevel’ teegestaan het… MAAR in die proses het hy my ongelooflik gestraf…

    Daar’s een ding (reuk) in die lewe wat ek NIE KAN HANTEER NIE! En… dis ‘n vrot asem… nou, veral dan nou in die hof waar EK moes wees, is dit die dronkgatte wat nog die laaste sluk alkohol afsluk.. en wat die laaste 8 jaar nie ‘n stukkie gesonde kos oor die lippe gehad het nie, so die spysverteringstelsel is relatief gekonfokulate… EN ‘n TANDEBORSEL EN TANDEPASTA HET NIE DAAI MOND BEREIK VIR AT LEAST 120 LIGJARE NIE! Fokkit, seepsoda sal nie eers help nie…… En… ek MOES sit… OMF!

  6. 6

    Marina said,

    Plattie, jy laat my nou dink aan Jan Spies se storie van die meisie met die brug in haar mond, toe s^e die ou dit smaak hom daar het ‘n hond onder daai brug gek-k.
    Ek deel jou gevoelentheid oor ‘n slegte asem!
    Dellie ons het so ‘n gesins grappie as ons verby of langs so ‘n ongegeurde loop. “ai die ou is omtrent moeg!” Dan giggel ons lekker ondermekaar.

  7. 7

    sonkind said,

    Kop se storie sal nader aan ‘n soapy as ‘n roman wees as hy oor die blogs begin skryf!😆

    As iemaa my persoonlike spasie binnedring, kan ek BAIE ongeskik raak. Soos in ‘n ry by die kassiere in Pick ‘n Pay, byvoorbeeld. Dis die tyd wat ek ewe ongeerg my elmboë skerp kant toe uitsteek en so onskuldig omdraai om kamma iets agter my te kyk of so en daai persoon een moerse hou met die elmboog slaan en dan ewe liefies jammer sê, maar dat ek nie gesien het hy/sy staan so NABY my nie!

  8. 8

    boendoe said,

    Hehe, Dellie, dit klink my die hof “is the place to be”! Klink nogals heel amusant!

  9. 9

    Nelba said,

    ‘n Mensemassa wat gedwee totaal onlogiese goed doen net oor die ‘stelsel’ dit so vereis. En ‘n wagtery. Nie een my sterk punt nie.

    Ek hou duime vas dat die spulletjie gouer eerder as later uitgesorteer kan word…

  10. 10

    efjou said,

    Jy kan darem bly wees jys nie een van die tewe waaroor ek in my eerste post geskryf het nie, ek het darem my geld gekry!

  11. 11

    mykopop said,

    ‘n Geseënde Kersfees, en ‘n mooi 2008 vir jou en jou gesin! (Ons wag vir daai mp3 volgende jaar!)

    Blogging off.

  12. 12

    kat said,

    Christmas carols irriteer die swart kat uit my uit.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: