Gaan vang ‘n slang!

Net as jy nie bang is nie! Platty se lekker post Sommer net… oor gediertes het my die slangstorie laat onthou:

Ons bly nog op die plaas. Seuna is klein, seker so twee en ‘n half, en hy is verkouerig. Ons is oppad dokter toe. Tussen die voordeur en die tuinhekkie van die opstal, is ‘n paadjie van ± 15m. Terwyl Liefie nog besig is om die deur te sluit, waggel Seuna solank al kwylend en geselsend aan hekkie toe, met my agterna met die doeksak en al daai dinge wat gepaard gaan met ‘n klein seuntjie. Ek is seker so 5m agter hom toe ek die slang reg in die hekkie gewaar. Reg voor hom, omtrent ‘n meter weg. Ek weet hy is nog te klein om dadelik vir my te luister as ek skree stop, en hy is net-net buite my bereik, ek kan hom nie net wegruk nie.

Toe doen ek wat natuurlik kom en gee een bloedstollende gil om Liefie se aandag te kry. Soos ‘n verspring atleet spring hy by die deur weg, en binne twee treë is hy by my verby, en hy connect vir Seuna met ‘n karate skop soos ‘n rugbybal – skop die arme kind dat hy 3m ANDERKANT die hekkie land – gryp sy rewolwer uit die holster en skiet die bliksem soos ‘n wafferse cowboy in stukke met ‘n haelpetroon!

En daar staan ons en hyg vir mekaar, terwyl Seuna huil dat die snot en grond so meng. En my eerste gedagte is…gelukkig is ons oppad dokter toe… !

 

8 Responses so far »

  1. 1

    Wessel said,

    Ai Dellie! Dis vandag snaaks…maar daardie dag het jy seker een standaard gemoedsbek@kking ondervind! Ja nee…as dit by ons kroos kom, sal ons leeus aanvat, of hoe.

  2. 2

    platterfuss said,

    ROFL!!!!!!!!!

    Jy’s… snaaks!!!!!! En….. jy laat my lag…. en en en en

    G’n wonner ek ‘luv you lots and lots’ nie!

    Heavy breathers! LOLOL!!!!!

  3. 3

    rb said,

    Nee, o vrek ek is bang vir daai goete.
    Ek sien al die arme kind daar doer lê en kan nie verstaan wat het hy dan nou verkeerd gedoen nie.

  4. 4

    Dellie said,

    Ja Wessel, vandag is dit snaaks… maar almal was darem OK, net erg geskok, en arme seuna se hele gesiggie was vol grond… shame!

    ((Platty))

  5. 5

    Wessel said,

    Ek het 8 jaar terug my 85kg boerboel reun “lights out” geslaan met een vuishou toe hy my seun Dehan onderste bo hardloop. Sorrie al die diere liefhebbers (ek is ook een), maar ek het gesien Dehan le en Nero hardloop oor hom…toe sien ek swart en die volgende ding…le Nero…uit soos n kers. Ons dra toe maar die Pick & Pay sakkies in die huis in ( trap maar oor Nero wat in die voor-deur omgeval het). Hy kom toe eventualy by. Hy was toe heel OK. Weereens SORRY, maar my bloed is my bloed.

  6. 6

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,
    Ek wonder of iemand ‘n spotprentjie kan teken oor die voorval. Wens ek kon, want ek kan dit al sien hehehehe. Ons sal snaakse dinge aanvang vir ons kids ne?

    Baie geluk ook met jou eksamen uitslae. Sien jy het toe verniet gestres 😉
    (((dellie)))

    Groetetjies
    Sonneblom

  7. 7

    Rustig said,

    Kinder mishandeling in die ergste. 😉 Jy kan bly wees dit was jare terug, anders was jy nou in die tronk. Die arme kind sal daai skop onthou tot in lengte van dae.

  8. 8

    boendoe said,

    Hiehie, Dellie, EK hyg nou van die lag!! Arme bloedjie!


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar op rb Kanselleer antwoord