AFK

Ek lewe nog! Het vandag my laaste eksamen geskryf, en ek voel versigtig optimisties. Meer as die vorige keer!

Die naweek was een groot fees, en ek herstel eintlik nog so effens. Moenie vra nie. Nie nou nie. Sal julle later daarvan vertel.

Vir die res van die week sal ek maar skaars wees, dis mos die naweek my skoonouers se “do” en die scrapbook is nog nie klaar nie! Maar dit gaan lekker wees om te doen, ek het lanklaas iets kreatiefs gedoen. Het darem ‘n lekker klomp foto’s van almal gekry. En sowaar ‘n telegram van my skoonpa se ouers wat hulle geluk wens op hul huwelik 50 jaar gelede, met poskantoor stempel en al! Dis al skoon geel van ouderdom, maar wonderbaarlik nie geskeur nie. Dit kry beslis ‘n spesiale plekkie.

Ek sal ‘n draai kom maak by almal, sodra daar bietjie tyd is! Genade, dit lyk my ek het meer tyd vir blog terwyl ek werk, as wat ek het as ek VERONDERSTEL is om niks te hê om te doen nie! Hehe!

Ek sal beslis voor Kersfees ‘n inskrywing maak met ‘n spesiale boodskappie vir julle almal. Lekker week! Love you all!

Advertisements

15 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ag, hemel, Dellie, ek wou jou nog sterkte toewens, maar ek is so vroeg hier uit en het nooit daarby uitgekom nie. Maar ek is bly dit het goed gegaan. En wat het jy die naweek gedoen dat jy nou nog aan die herstel is?? Hmmm??

  2. 2

    sonkind said,

    Weet sommer hierdie een se punte sal net so goed wees, Dellie. En Boendoe, ek is bly jy is veilig terug van jou inkopietog in Luanda!

  3. 3

    BB said,

    Dellie!! sukkel met my epos! iets allerverwoedeliks verskrikliks!! hoe nou gemaak? Kan ek die gediggie hier plaas? dan kan jy die comment mos delete sodra jy dit gekry het? ek sal nounou weer kom inloer!! x

  4. 4

    Dellie said,

    Dis reg BB, plaas dit maar hier! Baie dankie, ek waardeer dit!

  5. 5

    BB said,

    Vyftig jaar is soos ‘n berg
    Wat nie alleen net liefde verg
    Dis duisende dae se ferm geloof
    In wat die ander een beloof
    En duisende treë in vaste hoop
    Dat jul saam die lewenspad sou loop
    Vyftig jaar van durf en daad
    Van minnaar wees en kameraad
    Duisende ure van vashou en dra
    Van bietjie meer gee en minder vra
    Duisende oomblikke verewig in tyd
    Van toegewyde lankmoedigheid
    Vir vyftig jaar in God se plan
    Is jul nou saam as vrou en man
    Met God se Hand oor jul as paar
    Vier julle nou die ‘Goue jaar’
    Die berg is oorwin en die piek bereik
    Die uitsig is glansryke heerlikheid
    En ons hoor in ons harte God fluister trots:
    “Kyk twee pare voete wat staan op My Rots!”
    Sy geskenk aan jou was die een aan jou sy
    En Sy ewige trou nêrens anders te kry;
    Júl geskenk aan Hom oor die jare heen
    Is dat jul steeds voor Hom staan as één.

  6. 6

    Dellie said,

    Baie dankie BB, dit is pragtig! Dit voel sowaar of jy hulle ken! Jy is dierbaar en het ‘n wonderlike gawe, en ek gaan dit net hier los sodat almal dit kan sien. Weereens dankie.

  7. 7

    platterfuss said,

    En… dit sal WEER goed gaan met die uitslae!! Hoe dan nou anders?

    Jy beter ons nie te veel vergeet nie! 😦

    ((((Dellie))))

  8. 8

    Rustig said,

    Mooi feestyd vir jou en familie. Sien uit na al die nuwe nuus in die nuwe jaar.

  9. 9

    Zee said,

    Lekker scrapbook! Ek doen dit ook so nou en dan wanneer ek ‘n tydjie kry. Laat weet maar so gou as wat jy hoor van die uitslae – weet dit sal net so goed wees 😀

  10. 10

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    My pa verjaar vandag en ek was heel oggend by my ouers. Ek was opsoek na doodsbriefie van my oorlede skoonsus en ek weet my ma bere altyd sulke goed. En so vaar ons haar ‘boks’ in. En ek sien toe die fotos raak. Wat ‘n lekker trip down memory lane. Oupas en oumas, ooms en tannies, neefs en niggies, my oorlede broer en my sussie, en ons kiddies. En ek is so exited dat my meisiekind en haar niggies net daar moes kom sit sodat ek kon verduidelik wie is wie. Ek vir moeder gesê ek wil die fotos kom haal sodat ek dit kan inscan in die pc en vir hulle lekker collage kan maak en dit dalk te laat raam. Ek hoop jy geniet die scrapboek makery. Dit moet fun wees 😀

    Groetetjies
    Sonneblom

  11. 11

    Eben said,

    En toe waaaa daardie uitslae!! Ek weet dit sal goed gaan.

    Scrapboek, soe dit klink interessant! Jaaaa Sonnie, my mammie het ook so ‘n ‘boks’ waar alles gebêre word, en kort-kort is ons daar in. Te lekker.

    Lekker dag Dellie!!

  12. 12

    Kobus Coetzee said,

    Ek is terug van die land wat ver is. Hello julle! My blog het verander na http://www.gifted1.wordpress.com. Ek is mos gifted of hoe?

  13. 13

    rb said,

    Geniet die scrapbooking. Die gedig van BB is ook baie mooi.
    Ons wag vir die uitslae en ek is sommer nou ook nuuskierig oor jou afgelope naweek!?

  14. 14

    boendoe said,

    Haai, kom bietjie op vir lug, jong! Mis jou!

  15. 15

    sonneblomseplekkie said,

    Hi Dellie,

    Wonder of het jy jouselwers in daai scrapboek vasgeplak hum? Soos Boendoe sê kom skep asem jong hehehehe

    Groete
    Sonneblom


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: