Going to America

Dis amptelik! My seun gaan Amerika toe! Hy het vanmore die sms gekry wat sy goedkeuring bevestig. Ek weet nie of ek moet lag of huil nie… dis so ver weg…

Hy gaan deur Away2Xplore. En hy gaan werk op ‘n rondreisende karnaval. Hulle toer deur die hele Amerika, en verskuif so elke week of twee. Dus kan hy sommer bietjie die wêreld verken ook. ‘n Kans waarvoor ek nogal my voortande sou gee op sy ouderdom.

Dit behels basies die volgende: Away2Explore reël vir hulle die werk in Amerika (gewaarborg), en reël vir hulle onderhoude by die Konsulaat vir hulle visums. Daarvoor word ‘n administrasie fooi van ± R3 180 aan hulle betaal. Ons het ekstra versekering vir hom geneem vir ingeval hy buite werksomstandighede mediese hulp nodig het, plus hy het bietjie sakgeld nodig om te oorleef daardie kant vir die eerste week of wat. Altesaam kos dit ons ± R5 000.

Die werkgewer in Amerika betaal hulle retoerkaartjies, en sorg vir vervoer en verblyf aan daardie kant. Hy is self verantwoordelik vir sy etes en wasgoed. Die “catch” is dat hy nie die kontrak mag verbreek nie, m.a.w. as hy ontslaan word, kry hy ‘n boete van ± R20 000 en word onmiddelik huistoe gestuur! Die visum is slegs geldig vir die betrokke werkgewer, en hy mag geen ander werk doen in Amerika nie. Dus gedra jouself, geen dwelms, drank en strooi aanjaag nie. Hou by die reëls. Hulle waarborg ‘n minimum van $275 per week as vergoeding. Hy kan tot ‘n maksimum van vier jaar teruggaan, en elke keer sal dit ‘n verhoging beteken. Sy een pel gaan reeds vir die tweede keer hierdie jaar. Hy weet nou al uit ondervinding dat dit harde werk is, maar baie lekker. Anders sou hy beslis nie teruggekeer het nie!

Ek verstaan dat party ouens nogal goed gespaar het verlede jaar, een het ± R40 000 huistoe gebring! Dit was al sy derde of vierde jaar daar, maar ek dink jy gaan nogal sukkel om soveel te spaar in SA in 9 maande! Daar is natuurlik ander wat alles spandeer en eenvoudig net ‘n jol het. Ek hoop maar hy spaar redelik goed. Dit kan hom ‘n lekker hupstootjie gee vir sy toekoms.

En dit was nie eers vreeslik dramas nie. Vereistes is dat hy tussen 18 en 28 moet wees, ‘n geldige paspoort moet hê, en avontuurlus. Hy en ‘n paar pels het Vrydag ‘n eerste onderhoud gehad hier in Welkom. Saterdag was daar ‘n oriëntasie sessie in Vanderbijlpark, wat een van ons ouers ook moes bywoon. Liefie moes maar gaan, want met my kursus verlede week, het ek gou ‘n paar sertifikate gehad wat ek moes uitgee Saterdag oggend.

By die oriëntasie, is die meeste dokumente onderteken, en hulle moes ook ‘n dwelmtoets doen. Hulle het al spottend by die huis gekom en vir my gesê ek hoef nie te bekommer nie, nie een van hulle is swanger nie! Hehe!

Nou wag ons net om te hoor wanneer is die afspraak vir die visums by die Konsulaat. Hy kan dalk nog daar afgekeur word, maar ek twyfel sterk. Ek dink hulle vlieg hier in die rigting van 22 Februarie, maar dit mag dalk vroeër wees. En dan keer hulle terug in November. Dis ver weg…

Hulle word gelukkig aangemoedig om minstens een keer per week kontak te maak met ons. En hier binne weet ek hy sal OK wees. Hy gaan weggaan as ‘n seun wat verlede jaar matriek geslaag het, en terugkom as ‘n man wat ‘n groot deel van die wêreld gesien en ervaar het. Homself leer ken, regtig self verantwoordelikheid neem. Maar ai, die hart van ‘n moeder tog…

27 Responses so far »

  1. 1

    platterfuss said,

    en raai wie gaan erggg verlang?

    Maar dis n kans in n leeftyd! Hy moet dit met albei hande aangryp!

  2. 2

    Scribendius said,

    Dellie, Baie geluk vir die kind se onthalwe, maar sterkte vir julle wat in die vlees nie saamgaan nie (het jy al in-die-gees ingepak vir die trippie — hy het
    mos iemand nodig om sy tasse te dra!)

    Ofwatpraateknou!

    S

  3. 3

    boendoe said,

    Hou, hart, hou. Ai, Dellie…

  4. 4

    mykopop said,

    Moenie huil nie, lag! Gun hom dit. Alle voorspoed vir hom. Die internet is mos darem daar en sover ek weet is dit goedkoop om van daar af heerheen te bel.

  5. 5

    Eben said,

    Jou laaste sin bevat alles. Ek stem saam Mykopop, dis ‘n kans 1000. Al gaan hy net vir een jaar, watter ondervinding het hy nie dan reeds opgetel nie.

    As hy ooit moet aansoek doen vir werk, dan het hy reeds iets op sy CV wat hy kan invul, meer as baie van sy vriende. Dus, as ek jou reg lees, is die man darem terug Desember??

    Sterk wees vriendin!!

  6. 6

    sonstudio said,

    Ek dink dit gaan vir hom so lekker wees. Ons sal maar hier op jou blog baie troos, tissues en geselsies aanbied as jou hart baie seer is.

  7. 7

    CLAZINE said,

    More Dellie, (my baas)

    Baie geluk met seuna se goedkeuring. Maar jy het seker al agtergekom op SSSB dat ek ook ‘n groot seun (enigste) het in die weermag.

    Nou ja ma, ek wil net vir jou sê dis nie kinderspeletjies as hulle “weggaan” nie (myne ontplooi)! Hy is juis nou alweer naby die Mosambiekgrens vanaf 5 Noveber 2007 en kom eers Maart 2008 terug! (nodeloos om te sê Kersfees en Nuwejaar weer alleen sonder hom gevier)!

    Maar jy sal nie glo hoe maak dit hulle “groot” nie, selfstandig en verantwoordelik. Ek’s baie trots op myne en ek glo jy gaan net so voel.
    maar baaaaiiieee sterkte!

    Ns. ons hou duim vas by die VSA ambassade, want hulle kan nogal goed vol stront wees!

    Mooi dag vir jou.

  8. 8

    SHARKS said,

    Baie geluk. My seun is gister by ‘n Design School hier in die stad aanvaar. Ek hoop nou maar net ek kan ‘n lening kry vir hom, ons gaan nou Vrydag al wat bank is hier rond besoek en aansoek doen vir ene. Want ek het nie R39 000 wat iewers rond lè nie!!

    Haai ek kan weer comment op jou blog.

  9. 9

    Kokkewiet said,

    Baie geluk! Ek is seker hy gaan dit terdeë geniet.

    Al wat ek vir jou kan sê is: Sterkte!!!!

  10. 10

    Marina said,

    Ai ou Dellie ek is bly vir jou seun en dit is ‘n kans wat hy nie kan laat verbygaan nie!
    Sterkte vir jou!

  11. 11

    CLAZINE said,

    Sharks, kyk jy dalk 7de Laan?

    Jy kan sommer vir Tessa vra vir ‘n bydraetjie, want sy tel net die foon op en sê! hehe!

  12. 12

    Dellie said,

    Hehe Clazine, het dit so met ‘n halwe oog/oor gevang gisteraand. Sou darem lekker gewees het as die regte lewe ook so gewerk het…

    Sharks, weet jy van Edu-loan? Ek dink hulle website is http://www.eduloan.co.za , miskien kan jy daar regkom?

    Mykop, ek verstaan van sy ander pel dat al die biblioteke gratis internet dienste verskaf daar in die grote VSA, so hopelik kan ek weekliks vir julle vertel wat daar aangaan. Hy gaan natuurlik net baie spoedig vir hom ‘n ou kameratjie moet aanskaf, dat kry ons sommer pics ook.

  13. 13

    Sterkte!

    Mag jou kind nog baie geluk in die lewe vind, en ook nooit vergeet in wie se huis hy grootgeword het nie.

  14. 14

    SHARKS said,

    Dellie baie dankie, ek gaan sommer nou dadelik daar loer, nee jy ek het nie ‘n idee wie hierdie naamlose man is nie, nee en jy ruik nie romanse nie, as dit nou MICHAEL BOLTON was JA JA JA, die man maak my knie lam!!

  15. 15

    Annie said,

    Ai, Deliie ek weet, as ma, dat jy seker gemengde gevoelens het. Ek wens soms dat ons die geleenthede het wat vandag se kinders het. In my dae was dit net die heel rykste ouers se kinders wat sulke geleenthede gekry het.

    Sterkte!

  16. 16

    Eben said,

    Dellie, hoekom help jy hom nie nou al om sy eie blog te maak. Daar kan hy ons ook vertel en met jou ‘gesels’.

    Onthou ook om Skype aftelaai, dis so maklik en goedkoop om daarmee te gesels. So die elektroniese (soos jy weet) wereld maak dit maklik vir ons.

    Mmmm ‘Seun se dinge in die VSA’ …. hoe klink so blog se naam?

  17. 17

    Dellie said,

    Sharks, laat weet as jy reggekom het asb? En weet jy rerig nie wie is jou geheime bewonderaar nie? Dalk daai Staatsamptenaar…😳

    Annie, sover staan ek nog sterk… weet nie wat gaan gebeur daar op die lughawe nie! En dis waar, ‘n paar jaar terug kon net die rykste ouers dit bekostig, want daar moes ‘n sekere bedrag in die bankrekening wees voordat hulle kon oorgaan. Seker maar om te verseker dat hy weer kan huistoe as hulle hom nie meer daar wil hê nie! Dan het ek ook al horror stories gehoor van mense wat duisende betaal aan agente, net om anderkant te kom en niemand daar weet van niks nie. Ons het hierdie ouens eers goed nagegaan, en dit help darem dat daar al van sy pels was wat weet alles is OK.

    Ebie, dis nie ‘n slegte idee nie. Sal hoor wat hy daarvan dink!😎

  18. 18

    Die Vark said,

    Moet asseblief nie huis nie! Dit is wonderlike nuus. Hy is net so ver as Skype en email, en dit is ‘n kans van ‘n leeftyd. Hy het ‘n baie beter toekoms daar, en ek reis gereeld VSA toe, en kan jou verseker dat dit die beste ding is wat met hom kon gebeur. Jy sal die afstand gou gewoond raak, dis ten minste nie soos in die ou dae wat hy net ‘n brief kan stuur of kan bel van ‘n tiekie-boks nie. Wanneer vetrek hy?

  19. 19

    Roer said,

    Sjoe! Wat ‘n geleentheid. Dis wonderlik Delsh. Baie geluk aan julle seun en mag hy heel pad veilig wees en mag dit vir hom ‘n wonderlike ervaring wees. Sterkte vir ma en pa by die huis.

  20. 20

    Dellie said,

    Vark, nee moenie worry nie, ek sal hom nie terughou nie! Hulle vertrek moontlik 22 Februarie, maar dit sal nog bevestig word. Julle sal WEET daarvan, glo my!

  21. 21

    rb said,

    Sterkte Dellie.
    Ja-nee ek is sommer ook jaloers, dink nie ek sal ooit oor die waters kom nie.

  22. 22

    Zee said,

    Dit is wonderlike nuus Dellie!!

  23. 23

    Tersia said,

    Baie sterkte! Geniet dit, dis nie almal wat so ‘n geleentheid het nie! Sorry vir die outjies wat tuis bly! Hier teen die middel van die jaar is die hele familie daar vir ‘n visit….!

  24. 24

    boendoe said,

    Dellie, jammer dat ek jou op jou blog takel. maar ek besef nou dat jou botteltjie more moet vlieg en ek moet ‘n tel no vir Jan gee. En ek kry nie my email oop nie. Asb! Email vir my, ek sal later kyk of ek kan ingaan.

  25. 25

    Dellie, kan dink dat jou hart baie seer is. Ek het `n vriend wat presies dieselfde ding in Amerika gedoen het en hy was mal daaroor. Baie vriende gemaak en baie volwasse geword. Strongs vir julle!

  26. 26

    ockert jonker said,

    hello daar..baie geluk op die seun wat Amerika toe gaan!! Ek is 18 en van welkom en ek gaan einde Feb 2008 ook Amerika toe. Aan die begin was dit net vir my asof ek nie kon wag vir die werk daar nie maar nou raak ek biekie bang!! Ek het vir my onderhoud en alles in Vanderbjil geggaan en wag nog om te hoor wanneer ambesade toe moet gaan. My ma is vol emosies vandat ek my sms gekry het wat gese het dat ek goedgekeur is. En ek gaan oor sonder enege vriende!! Sterkte met jou kind en hoop alles verloop goed daar. Dalk werk ons saam jy weet nooit…..

  27. 27

    […] 27, 2008 · Filed under Sommer net &#183 Tagged Sommer net My seun is mos oppad VSA toe. Ons is net nie seker of dit nog hierdie jaar gaan wees […]


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: