Skryf dit teen die mure

“Ek is lief vir jou. Skryf dit teen die mure. Van jou hart, ja, maar sommer teen die mure in jou kamer, jou ma s’n, jou kar s’n, jou klaskamers en gym s’n, en sommer ook by jou local cafe en jolplek. Sommer by Roos se plek ook. Net vir ingeval.”

Dis vir my so mooi. Kon ‘n song gewees het, kan dalk nog een word… ‘n Man wat in sulke prentjies met ‘n vrou praat, smokkel maklik met haar kop… maar hy voel ook tog iets.

Ek het al oral my eiertjies gelê hieroor. Ek gaan dit nie weer hier herhaal nie. Net dit: ek voel nog baie teleurgesteld. En dit gaan ‘n wyle wees voordat ek weer na Waarmaker sal kan luister, want skielik het die hele betekenis vir my verander. Maar ek sal dit verwerk, op MY manier.

As jy dus die afgelope 48 uur onder ‘n klip erens in die berge deurgebring het, my maat, dan mis jy BAIE! Almal praat daaroor! Ten spyte van die feit dat ons nie krag het nie. Maar voordat jy begin lees, hier is ‘n paar tips vir jou eie gerief:

  • Maak seker jou baas is nie op kantoor nie.
  • Gaan laai die kinders by jou skoonma af.
  • Kry sneesdoekies – erens in hierdie sage gaan jy óf huil, óf histeries lag soos ‘n mal mens, óf slakstrepe moet opvee.
  • Sit ‘n “Do not distrub” teken op jou deur.
  • Kry genoeg drinkgoed – verkieslik alkoholies van aard, jy gaan dit nodig kry.
  • Wees voorbereid op ‘n droeë keel, uitermatige sweet, en moontlike hartkloppings.
  • Kry ‘n gemaklike stoel.
  • Hou maar ‘n emmer ook gereed, net vir ingeval.
  • Bid ernstig dat dit nie jou beurt is vir beurtkrag in die volgende 2-3 ure nie. Daai sal nou vir jou ‘n showstopper wees!

OK. Gemaklik? GO… Platterfuss, Platkuif, Boegie, Karoles,  Die Gestorwe Soldaat en o ja, SSSB. Ek is seker jy sal nog kry as jy bietjie soek. Lees die comments ook, anders gaan jy nie almal se emosies ervaar nie.

As jy klaar alles gelees het, staan op en gaan aan met jou lewe. Die son skyn weer more-oggend. En staan so bietjie terug en KYK na jouself. En jou mede Afrikaners. Kyk mooi. Kyk diep. Is dit wragtig hoe ons is? Sjoe… !

19 Responses so far »

  1. 1

    boendoe said,

    Ag, weet jy, Dellie, ek voel rerig ‘n veer vir Steve en sy kaskenades. Genuine. Wat my wel grief, is die klomp keffertjies wat so al om sy hakskene is. Regtig waar, dis moeilik om te dink dis ‘n klomp volwasse mense wat hul toys so uit die kot kan gooi. Maar ek durf dit seker ook nie se nie, want dan is ek ‘pro-Steve’, en op die oomblik is dit tog soooo polities on-korrek! Een ding het ons darem vandag geleer: enige inskrywing met ‘Steve’ of ‘Hofmeyr’ in die opskrif, gaan meer hits kry as een met ‘Sex’ in! En dis so verkeerd. Sex bo!! 😀

  2. 2

    ding said,

    Dellie
    Jou inskrywing se slotwoorde laat vir ding nogals klipsit vir ‘n oomblik. Ding het nogal gewonner oor daai ene: hoekom trek die gedoente soveel aandag? Hoekom het so baie mense so ‘n sterk mening? Maar jou vraag of dit wragtig is hoe ons is? Maar natuurlik, liewe mens! Is jy ontnugter?

    Neeee, kan tog nie wees nie – ons weet mos ons is so! Ding wonner regtig net nog steeds hoekom dit so aangenaam is om ‘n anner ou te stenig – maak nou nie saak waaroor nie. Maar veral as die ou nou ‘n bietjie te veel man was vir een vrou – is ‘n bydraende faktor moontlik dat net te veel mense (manne en vroue) in ons samelewing al “slagoffers” moes wees van sulke gedrag, hmmm?

    Ding wonner regtig hoeveel van die kwaai emosies wat deurslaan in die gesprekke, is deels geprojekteerde emosie?

  3. 3

    BB said,

    Thanks Dellie! Jy is ‘n ongelooflike mooi mens!!

  4. 4

    platterfuss said,

    (((((((((Dellie)))))))))))

    Jy bly enig in jou soort…….. Dankie tog daar’s nog van jou soort oor!
    🙂

  5. 5

    Marina said,

    Ja ou Dellie wie sal ooit die kompleksiteit van menswees kan verstaan. Hoekom mense optree soos hulle doen. Mens staan maar net elke dag verstom en voel verskrikllik “klein” tussen al hierdie menswees goete!

  6. 6

    Butterfae said,

    Ja, ou Del! Het die comments gelees op SSSB en dis absoluut vieslik! Ek kan regtig GEEN kommentaar lewer daar nie, want ek gaan nie so laag daal soos – onder andere daai Anene – nie. Wat egter die heeltyd in my kop bly maal is daai grappie van Sasol…

  7. 7

    CLAZINE said,

    Dellie,

    Weet jy die “skryf dit teen jou mure” was vir my net so treffend en jy is reg, dit sal enige vrou se hart laat vermurwe! maar…… dit laat nou so wrang smaak in die mond, want wat sê hy dan net daarna vir sy vrou?

    Maar ek’s nou moeg met Steve geploeg, laat hy vir hom kry, hierdie “ou” bedjie het hy en hy alleen vir hom opgemaak, laat hy maar gaan slaap waar hy wil.

    Jou blog lyk pragtig, en dis lekker om saam met my maaikies hier te kan gesels!

    LOL

  8. 8

    Roer said,

    Boendoe, jou stelling van ‘sex bo’ is baie dubbelsinnig.😀
    Alles grappies op ‘n stokkie. Ek het ook nou genoeg hiervan gehad en nes Boendoe is dit nie Steve se soapie wat my so dismay het nie, dis wragtig die kommentaar. Ek wonder ook is dit nou hoe ons is?

  9. 9

    Adelem said,

    Kan ek nou maar ‘n pyn wees? Ek’s ‘n Steve-fan, maar ek erken hy het goed aanjaag en my respek vir hom is nie meer wat dit was nie. Hyt geweet hy jaag aan en het maar net blindelinks voortgegaan en gehoop dit sal nie uitkom nie. Wel, dit het – dit kom altyd een of ander tyd uit… Al wat vir my baie snaaks is, is die tydsberekening… ek het ‘n groot spesmaas daars iemand daar buite wat Steve Hofmeyr wil gelyk maak en sy troon tot ‘n val bring.
    Ek kan verkeerd wees, maar wie se voete sal vuiste word as STEVE HOFMEYR en sy empire tot ‘n val kom???
    Kan Louis van Wyk agter die gordyn uitkom, asb?
    Ek vra maar net …

  10. 10

    Dellie said,

    Hmm, Adelem, jy laat my nou ook wonder. Ek skat ons sal volgende jaar hierdie tyd met sekerheid weet. ‘n Geval van “stille waters, diepe grond…?”

  11. 11

    sonstudio said,

    Dellie, jy’s skreeu-snaaks!

  12. 12

    Annie said,

    Hi Dellie en al die bloggers

    Voor ek my eier lê wil ek net sê: Alles wat mooi is vir 2008 en mag jou jaar gevul wees met alles wat goed is en alles waarvan jy droom.

    Nee, ek was nie so geskok toe ek die Rapport Sondag oopmaak nie, want wat het ons dan gedink? Dat Steve alles in sy lewe met ons sal deel? Die wat so dink leef sowaar in ‘n ander wêreld.

    Ek voel persoonlik dat ek nie die reg het om enigsins klippe te gooi nie. Moet my nie verkeerd verstaan nie ek praat glad nie sy doen en late goed nie, maar wie is ek om te oordeel?

    Daar is ‘n paar dinge in my lewe wat ek ook nie graag in die koerante se voorblaaie sou wou sien nie.

    Dellie ek voel baie sterk oor jou woorde:”Is dit wragtig hoe ons is? Sjoe…!

    Mooi bly
    Annie

  13. 13

    karoles said,

    Dellie jy is ‘n wonderlike mens, ek kuier altyd lekker op jou blog. Ek dink ons is net almal baie teleurgesteld. Ek gaan niemand verwyt nie, ons het almal geraamtes in ons kassies. As alles eers afgekoel is na ‘n paar weke dink ons miskien anders oor die hele saak.
    Julle moet die dag verder geniet, ek GAAN beslis!!

    LEWE VANDAG VOLUIT, MORE KAN MISKIEN TE LAAT WEES.

  14. 14

    vokof said,

    Della, sit eerder ordentlike musiek op man, dan het jy nie nodig om die vokin man se ‘waarmaker’ te verwerk nie. Wat weet hy anyway van ‘waarheid’?

    Sex is meer interessant, Boendoe, jy’s reg!

  15. 15

    lizelle said,

    hi ek staan bank agter steve, en ek sal altyd
    ek dink min dinge wat daai vrou skryf is waarhede want als
    is op liedjies gebaseer dit klink soos ‘n bejamerins brief in raport

  16. 17

    Zee said,

    En ek dink al van vanoggend af seker so 20 min na jy hierdie post gedoen het (ja ek slaap ook nie soos jy en boendoe nie) wat om te se, ek het gecomment by ander, maar ek dink ek moet maar gaan diep nadink oor wat ek kwytgeraak het oor iets wat ek ook amper aan skuldig was. Moet ek die submit druk of nie is nou my vraag? Ja, want ek het bietjie selfondersoek nodig hier vandag! Na Sonkind en Ding se inskrywings vandag kan ek nie meer’n moordkuil van my hart maak nie, ja, ek is kwaad vir hom, het die reg om seker ook my opinie te lig, maar ek dink voor ek dit weer doen, sal ek seker 10 keer dink voor ek die submit knoppie druk. Ek glo nie ek sal daarvan hou as ander my so aanvat op my blog soos ons hom aangevat het nie. Amen nou vir my oor hierdie onderwerp!

  17. 18

    Dellie said,

    Zee, ek stem saam met jou hieroor. Skielik het ‘n liggie vir my aangegaan hier erens deur die dag terwyl ek die hele sage weer so dopgehou het, EN gecomment het op ander se sieninge EN saam gespot het. (Sorry, vir die spot ene is ek nie jammer nie, dis bleddie snaaks!) Iemand het op SSSB (ek dink dit was Defender) iets gesê wat min of meer op dit neerkom: as ons hom nie op ‘n troontjie geplaas het nie, sou hy nie afgeval het nie. Hy sou maar net ‘n doodnormale man gewees het wat k@k aangejaag het. Niemand sou dit eers geweet het nie. En die wat geweet het, sou hulle in vrede gelos het om dit self uit te sorteer.

    So, wat gee ons dan die reg om kwaad vir hom te wees? Hoekom voel ek dan nogsteeds of EK gecheat is? Menslike natuur? Miskien gaan dit alles oor perspektief. Draai bietjie jou kop en kom uit die tonnel uit, miskien sien jy iets anders raak: ‘n hele paar mense wat liederlik seerkry, en ons trek hulle nog verder uitmekaar. Dis nie mooi van ons nie. Rerig.

    Ek vir een verander dan nou hiermee my siening. Ek los jou in vrede Steve, dis JOU lewe waarvoor NET jy verantwoording sal moet doen. In my oë in jy van nou af net Steve, die sanger. Jou privaat lewe is joune. Deel wat jy wil. Jy skuld my niks. Ek kies om jou nie weer op ‘n troontjie te plaas nie. Sterkte.

  18. 19

    Lizelle said,

    Ek is ‘n groot ondersteuner van Steve. Sjoe wat ‘n teleurstelling. Ja, sure ons het maar almal ons (klein / groot) sond(“kies”) Of jy nou lieg of owerspel pleeg, bly seker maar dieselde in die oë van die Here.
    Steve maar ongelukkig het jy die volk nou baie teleurgestel en woedend gemaak. Sure it takes 2 to tango, as jy gelukkig by die huis was, sou jy seker nie “rond geloop” het nie, maar Natasha lyk na ‘n baie stunning girl. Ons sal mos nou nie weet hoe dit by die huis gaan nie. Ek wil nie soos BAIE ANDER OORDEEL NIE!!!!!!! Ma jy sal moet leer as ‘n nice girl verby kom, om nie jou broek te op jou knieë te laat val nie.

    Soos ek dit sien, het jy 2 keuses:
    1 ) Om te skei, ek glo dat Natasha jou cleaners toe gaan vat. Maar om heeltyd aan die geld te dink, gaan nie vir jou geluk bring nie. Jy sal kan weer geld maak. (doen maar weer die Afrikaner ding – mense val daarvoor en jy maak geld)
    2 ) Om vas te staan, rêgtig voor Jesus te gaan bely en teenoor jou vrou en dan jou kop hoog te hou en aan te gaan met jou lewe. Maar dan moet jy onthou dat girls is UIT. As jy voor Jesus gaan bely, GEEN egbreuk in jou lewe, verstand, gedagtes en begeertes nie. Dan begin jy ‘n nuwe blaadjie omslaan en reg lewe.

    Persoonlik dink ek nie dat jy die getroude tipe is nie, jy moet geen commitment met enige vrou hê nie, jy is te lief vir ‘n mooi vrou.


Comment RSS · TrackBack URI

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: